Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Revolusionêre Toekom van SA
Revolusionêre Toekom van SA [boodskap #119338] Di, 02 Maart 2010 16:23
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Te danke aan nie net die VSSR nie, maar ook Britanje en Switserland is
ons op pad na 'n sosialisties/kommunistiese bestel. Britanje het die
kommunisties/terroristiese ANC gefinansier en gehuisves (dankie
daarvoor, né). Die sterk intellektuele maar agterbakse geaardheid van
die kommuniste moet nie onderskat word nie. Die Weste word tans slegs
tevrede gestel totdat sterker (sosialistiese) maatreels in plek gaan
val. Ek haal die volgende uit 'n artikel in die Beeld uit:

( NDR = Nasionale Demokratiese Revolusie )

" Die NDR se oorsprong lê in die kommunistiese diskoers in die
struggle-jare. Daar was verwysings daarna in die Mbeki-era, maar vir
alle praktiese doeleindes is dit toe geïgnoreer. "

( Demokrasie as sulks is ook net 'n tydelike middel tot 'n doel, en
ook om die Weste tevrede te hou ) : " Volgens dié beskouing sou daar
genoeg tyd wees ná die val van apartheid om ’n sosialistiese land te
bou en moes daar teen te radikale maatreëls gewaak word om moontlike
bondgenote nie af te skrik nie "

" Die opkoms – danksy die linkses – van ’n populistiese leier sonder
sigbare vaste beleidsoortuigings het die NDR weer op die voorgrond
gedruk "

" Die “demokratiese deurbraak” word deur baie vertolk as ’n fase in
die voortdurende revolusie, waarvolgens politieke, maatskaplike en
ekonomiese wanbalanse wat deur kolonialisme geskep is, deur
staatsinmenging reggestel moet word. "

“Ons kan in ’n tydvak inbeweeg waar dit al hoe makliker gaan word om
alles ‘in die naam van die revolusie’ te regverdig.”

" Dit (NDR) het sy ontstaan in ons politieke diskoers gehad toe dit
gebruik is om Marxiste en sosialiste te oorreed om nie dadelik ná die
koms van demokrasie op ’n sosialistiese staat aan te dring nie,” sê
Friedman "

" Daarin argumenteer hy (Joe Slovo) die NDR moet beskou word as ’n
fase waardeur die revolusie moet gaan voordat ’n ware sosialistiese
staat in Suid-Afrika gevestig kan word. "

" Die hersiene Strategy and Tactics-dokument, wat ná Polokwane deur
die ANC se nasionale uitvoerende komitee bekragtig is, word afgesluit
met ’n beroep op revolusionêre om die stryd voort te sit. "

TYD VIR DIE WERELD OM WAKKER TE SKRIK
============================================================ ==========
Volle Artikel uit beeld:
============================================================ ==========
Pieter du Toitverduidelik waar die ANC se nasionale demokratiese
revolusie vandaan kom en hoe die party dié revolusie blykbaar na die
letter wil uitvoer.

Die nasionale demokratiese revolusie, of die NDR, soos in ANC-
omgangstaal daarna verwys word, is benewens die Vryheidsmanifes die
ANC se belangrikste rigtende filosofie.

Dit is die hoeksteen van die party se denkraamwerk, die grondslag vir
interne debatvoering en die helderste aanwyser van wat die ANC, deur
middel van die regering, vir die land beplan.

Prof. Hermann Giliomee het verlede week in Beeld geskryf die NDR het
nie in die eerste uitgawe van sy boek The Afrikaners: Biography of a
People voorgekom nie, maar beklee in die tweede uitgawe ’n belangrike
plek.

Die rede daarvoor is dat die eerste uitgawe gedruk is toe oudpres.
Thabo Mbeki ’n stewige greep op interne debatvoering in die regerende
party gehandhaaf het en die regering sterk op die makro-ekonomiese
koers gehou het waarop die sogenaamde “Klasseprojek van 1996” besluit
het.

Dit het daartoe gelei dat die ANC se linkser alliansievennote na die
kantlyn geskuif is en hul filosofieë – wat duidelik van Mbeki s’n
verskil het – geen vastrapplek in die alliansie se gesagsliggame kon
kry nie.

Die verwydering van Mbeki in 2007 (as ANC-leier) en 2008 (as
staatshoof) deur ’n samedromming van uiteenlopende belangegroepe deur
Cosatu, die SAKP en die ANC-jeugliga georganiseer, het gelei tot die
herlewing van die NDR as die breë bevrydingsbeweging se vernaamste
beleidsraamwerk.

Die NDR se oorsprong lê in die kommunistiese diskoers in die struggle-
jare. Daar was verwysings daarna in die Mbeki-era, maar vir alle
praktiese doeleindes is dit toe geïgnoreer.

Die opkoms – danksy die linkses – van ’n populistiese leier sonder
sigbare vaste beleidsoortuigings het die NDR weer op die voorgrond
gedruk.

By die tweede uitgawe van Giliomee se boek was die NDR weer sterk
gevestig as die ANC-alliansie se bloudruk waarvolgens hy sy
deurlopende revolusie en transformasie van die samelewing wil
uitvoer.

Dít is nie net by Polokwane in die vorm van ’n gewysigde Strategy and
Tactics-dokument en die gepaardgaande resolusies vasgemaak nie, maar
ook in September verlede jaar by Cosatu se nasionale kongres en drie
maande later by die SAKP se spesiale kongres as die rigtende filosofie
bekragtig.

NDR het verskillende vertolkings

Die NDR behels die deurlopende en aanhoudende transformasie van die
samelewing tot ’n nie-rassige, nie-seksistiese, unitêre staat gegrond
op die wil van sy inwoners.

Die aard en karakter van dié staat word bepaal deur die behoeftes van
die mense soos vergestalt in die bevrydingsbeweging, gelei deur die
ANC en in vennootskap met Cosatu en die SAKP.

Volgens die NDR is die omvorming van die samelewing slegs moontlik met
die ANC aan die spits.

Dié organisasie is die enigste wat kan verseker dat “blacks in general
and Africans in particular” politiek en sosiaal-ekonomies geëmansipeer
word terwyl witmense terselfdertyd van die vals ideologie van
superioriteit bevry word.

Die NDR vereis ANC-leiding op elke denkbare vlak van die samelewing
(politiek, ekonomies, maatskaplik en kultureel) en die gevolglike
ontplooiing van kaders in strategiese posisies.

Dit lei, volgens prof. André Duvenhage, politieke wetenskaplike aan
die Noordwes-Universiteit, na die amperse samesmelting van staat en
party.

“Daar is min twyfel die NDR is die ANC se leidinggewende denkraamwerk,
hoewel daar tans ’n vurige debat oor die presiese interpretasie
daarvan is,” sê Duvenhage.

Volgens hom is daar twee denkskole waarvolgens die NDR vertolk word:
een waar dit ná 1994 van toepassing is en een wat die NDR terugwerkend
van 1652 geldig maak.

“Laasgenoemde is die meer radikale vertolking waaruit dit volg dat
1994 en die gepaardgaande grondwetlike bedeling bloot ’n tydelike
kompromis is.”

Die “demokratiese deurbraak” word deur baie vertolk as ’n fase in die
voortdurende revolusie, waarvolgens politieke, maatskaplike en
ekonomiese wanbalanse wat deur kolonialisme geskep is, deur
staatsinmenging reggestel moet word.

Die debat oor die vertolking van die NDR word al hoe feller en vind
toenemend in die openbaar beslag, soos die onlangse geraas oor die
nasionalisering van myne en Pretoria se naamsverandering wys.

“Die sogenaamde nasionaliste in die ANC en die kommuniste verskil oor
die vertolking en instelling van die NDR, met eersgenoemde wat ’n
radikaler en meer populistiese aanslag het.”

Duvenhage sê WB 2010 is een van die faktore wat die radikaler elemente
nog in balans hou, maar dat die einde van dié sokkerskouspel daardie
balans maklik ten gunste van groter populisme kan versteur.

“Ons kan in ’n tydvak inbeweeg waar dit al hoe makliker gaan word om
alles ‘in die naam van die revolusie’ te regverdig.”

Dr. Steven Friedman van die Sentrum vir die Studie van Demokrasie stem
saam daar is onsekerheid oor die vertolking van die NDR, maar is nie
daarvan oortuig dat dit die grondslag van ANC-ideologie is nie.

“Die konsep is al 40, 50 jaar lank met ons, maar daar is steeds geen
sekerheid oor presies wat dit beteken nie.

Dit het sy ontstaan in ons politieke diskoers gehad toe dit gebruik is
om Marxiste en sosialiste te oorreed om nie dadelik ná die koms van
demokrasie op ’n sosialistiese staat aan te dring nie,” sê Friedman.

Dit is inderdaad die onderwerp van ’n gespreksdokument wat mnr. Joe
Slovo, voormalige hoofsekretaris van die SAKP, in 1988 geskryf het.

Daarin argumenteer hy die NDR moet beskou word as ’n fase waardeur die
revolusie moet gaan voordat ’n
ware sosialistiese staat in Suid-Afrika gevestig kan word.

Volgens dié beskouing sou daar genoeg tyd wees ná die val van
apartheid om ’n sosialistiese land te bou en moes daar teen te
radikale maatreëls gewaak word om moontlike bondgenote nie af te skrik
nie.

“Dit het nie sin om die NDR te verhef tot ANC-bloudruk nie, want daar
bestaan nie konsensus daaroor nie.

As jy Cyril Ramaphosa en Tokyo Sexwale gaan vra wat die NDR beteken,
gaan hul antwoorde heel anders as dié van Blade Nzimande en Zwelinzima
Vavi wees,” sê Friedman.

Hy beskou die Vryheidsmanifes steeds as die ANC se belangrikste
rigtende dokument, hoewel dit ook dikwels op verskillende maniere
vertolk word.

Die waarde van die NDR lê egter daarin dat dit geloofwaardigheid gee
aan wie ook al hom daarop beroep - en ruimte vir maneuvrering skep.

“Deur hulle daarby neer te lê, kan dit mense soos Gwede Mantashe die
ruimte gee om te kritiseer sonder om as ’n ‘teenrevolusionêr’
gebrandmerk te word.”

’n Uitgerekte proses

Die hersiene Strategy and Tactics-dokument, wat ná Polokwane deur die
ANC se nasionale uitvoerende komitee bekragtig is, word afgesluit met
’n beroep op revolusionêre om die stryd voort te sit.

“Prysenswaardige vordering is gemaak en besliste optrede vroeg in die
tweede dekade van vryheid hou die belofte van vinniger vordering om
ons ideale te bereik in.

“Ons is egter maar net aan die begin van ’n uitgerekte proses van
verandering.”

Hoewel die party in die eerste jaar ná pres. Jacob Zuma se verkiesing
tot leier gesukkel het om die resolusies waarop ingevolge die NDR
besluit is deur te voer, is daar die afgelope paar jaar vinniger
gevorder.

Benewens die Skerpioene wat tot niet is, is maatskaplike toelaes
uitgebrei, groter klem word op die behoeftes van militêre veterane
gelê (die departement van verdediging heet nou verdediging en militêre
veterane) en die beginsel van gewillige koper/verkoper in die land se
grondherstelproses gaan hersien word.

Nog ingrypender – en in ooreenstemming met die NDR – is planne vir ’n
enkele staatsdiens (wat provinsiale magte sal inkort) en ’n nasionale
gesondheidsversekeringstelsel, terwyl die hernude fokus op die
Vryheidsmanifes tot debatte soos dié oor nasionalisering lei.

Tot dusver was daar geen aanduidings dat die NDR ’n blote riglyn
eerder as ’n vaste plan is nie. Inteendeel, dit lyk of die ANC dié
revolusie na die letter gaan uitvoer.

( http://tinyurl.com/yfs36cs )
Vorige onderwerp: Regstel-aksie werk nie vir wit of swart
Volgende onderwerp: Illegal immigrants are stretching police resources and manpower
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 21:57:16 MGT 2024