Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Regstel-aksie werk nie vir wit of swart
Regstel-aksie werk nie vir wit of swart [boodskap #119337] Di, 02 Maart 2010 15:37
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Regstel-aksie werk nie vir wit of swart

2010-02-28 22:30

Die onbillike toepassing van regstellende aksie is ’n gevoelige knou
toegedien met die oorwinning van kapt. Renate Barnard in die
arbeidshof.

Regstellende aksie is ’n mislukking.

Dit vervreem baie Afrikaanse mense en verhinder hulle om ’n bydrae te
maak wat tot die heil van almal in die land kan wees.

’n Ondersoek van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge
het tot die gevolgtrekking gekom dat wit mense die onbedoelde
begunstigdes van regstellende aksie is.

Volgens die instituut het die meeste wit mense sedert 1994
vooruitgeboer omdat hulle ondernemers geword het of hulle tot die
sakewêreld gewend het. Dis ’n indruk dat regstellende aksie hul
vooruitgang belemmer.

Nie alle wit mense wil ondernemers of sakelui wees nie.

Van hulle verkies om in die polisie, weermag, hospitale en onderwys te
werk.

En daar word hulle dikwels gruwelik deur regstellende aksie benadeel,
soos Barnard se geval wys.

Sy het om ’n bevorderingspos in die polisie aansoek gedoen en was die
beste kandidaat.

Sy het jare lank nie die gekry nie omdat die polisie ’n swart mens wou
aanstel om sy transformasieteikens beter te laat lyk. Die pos is toe
vakant gehou.

Dit is soos om nie ’n ingenieur vir ’n dorp se watersuiweringswerke
aan te stel nie omdat die geskikte kandidate wit is.

Almal in die dorp moet vuil water drink totdat ’n swart ingenieur
gekry is.

Die arbeidshof het beslis die polisie het hom aan onbillike
rassediskriminasie skuldig gemaak. Barnard moet nou terugwerkend
bevorder word.

Regstellende aksie werk ook nie vir die meeste arm, swart mense nie.

Volgens die instituut het swak openbare onderwys in die algemeen swart
mense se kanse gesaboteer om voordeel uit regstellende aksie te trek.

Die regering moet onderwys en opleiding sy prioriteit maak. Die geld
is daar.

Dit moet net doeltreffend aangewend word. Rasgedrewe transformasie
gaan die land net dieper in ellende dompel.

Uit Beeld
( http://tinyurl.com/yelukv8 )
Vorige onderwerp: Rower steek sesjarige meisie ses keer vir R8
Volgende onderwerp: Revolusionêre Toekom van SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 15:47:34 MGT 2024