Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Pretoria vrou vermoor vir foon
Pretoria vrou vermoor vir foon [boodskap #119260] So, 17 Januarie 2010 16:05
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-01-14 07:33

Virginia Keppler

’n Bejaarde vrou van Hermanstad in Pretoria is gisteroggend oorval en
doodgeslaan vir ’n selfoon terwyl sy vermoedelik skottelgoed gewas
het.

Mev. Ria van den Bergh (65) van Welthagenstraat se buurman het haar
lyk gister ná 10:00 ontdek.

Insp. Louis de Bruin, polisiewoordvoerder, het gesê mnr. Jan van den
Bergh, die vermoorde se man, het gesê hy is gisteroggend om 06:00 werk
toe.

De Bruin het gesê toe mnr. Van den Bergh die huis verlaat het, was ’n
werker besig om op sy huis se dak te werk.

“Net voor 10:00 het mnr. Van den Bergh sy vrou probeer bel, maar sy
het nie die telefoon geantwoord nie. Hierna het hy die buurvrou gebel
en haar gevra om te gaan kyk of alles reg is by sy huis.”

Volgens hom het die buurvrou na die huis gegaan en mev. Van den Bergh
van die heining geroep, maar sy het nie geantwoord nie.

“Die buurvrou het toe haar man gaan roep. Nadat hy van die straat
gesien het die kombuisdeur se veiligheidshek is oop, het hy oor die
heining gespring. Kort daarna het hy die tannie gekry waar sy in die
sitkamer gelê het,” het De Bruin gesê.

“Sy is erg aangerand, maar dis nie duidelik waarmee sy geslaan is nie.
Die man wat op die dak gewerk het, het spoorloos verdwyn en mev. Van
den Bergh se selfoon is ook weg. Dit lyk of sy besig was om
skottelgoed te was toe sy oorval is.”

Die polisie ondersoek ’n klag van moord en diefstal.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/02f32bfeb 24b4cb7812f75cb0ed84e54/14-01-2010-07-33/Pta-vrou_vermoor_vi r_foon
Vorige onderwerp: 'Meer boere op plase vermoor as in dié oorloë’
Volgende onderwerp: Afrika-geregtigheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 16:47:04 MGT 2024