Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 'Meer boere op plase vermoor as in dié oorloë’
'Meer boere op plase vermoor as in dié oorloë’ [boodskap #119201] So, 23 Augustus 2009 21:50
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
(Geneem van die 'Die Nuwe Suid Afrika' omsendbrief, van die 'DnSA
Blog' : www.dienuwesuidafrika.com, met erkenning aan die artikel in
beeld :
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/ac15fafbd 4704f19b5c7db6be97c5712/20-08-2009%2011-08/Meer_boere_op_pla se_vermoor_as_in_di%C3%A9_oorlo%C3%AB%E2%80%99
)

Sarel van der Walt

Meer boere het die afgelope 16 jaar in plaasmoorde in Suid-Afrika
gesterf as die algehele getal boere wat gedurende die destydse Mau-Mau-
opstand in Kenia en die oorloë in Mosambiek, Rhodesië (Zimbabwe),
Angola en Suidwes-Afrika (Namibië) dood is.

So het genl.maj. Chris van Zyl, ’n assistent-hoofbestuurder van die
landbou-organisasie TLU SA, gister op ’n eiendomsregkonferensie van
dié organisasie in Pretoria gesê.

Van Zyl het gesê volgens inligting tot hul beskikking het 1 127 mense
sedert 1993 in altesame 1 864 “aangemelde plaasaanvalle” gesterf.

Hoewel daar die laaste tyd ’n afname in plaasaanvalle was, het die
wreedheid daarvan toegeneem.

“Die brutaliteit wat met plaasaanvalle in Suid-Afrika gepaardgaan, is
ongekend op ander plekke in die wêreld. Daarom is dit vir my
onverklaarbaar dat daar nie in die buiteland baie oor die plaasmoorde
in Suid-Afrika berig word nie,” het Van Zyl gesê.

“Vir elke plaasmoord wat plaasvind, is daar 12 of 13 plaasaanvalle.

“Bykans 78% van dié aanvalle word uitgevoer deur vreemdelinge. Die
aanvallers is selde oudstryders, maar gewoonlik mense van tussen 22 en
28 jaar,” het Van Zyl gesê.

Daar is ook ’n verband tussen landelike misdaad en grond.

Navorsing het volgens hom bewys dit neem tot agt jaar om die plaas van
’n vermoorde produktiewe boer weer op dieselfde vlak te kry as voor
die moord.
Vorige onderwerp: Sharpville
Volgende onderwerp: Pretoria vrou vermoor vir foon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 21:40:23 MGT 2024