Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pap en vleis
Pap en vleis [boodskap #119190] Wo, 22 Julie 2009 16:05
Nou....@gmail.com  is tans af-lyn  Nou....@gmail.com
Boodskappe: 116
Geregistreer: Junie 2005
Karma: 0
Senior Lid
As deel van ons gemeenskapsdiens is dit weer nodig om hier uit die suidland te berig.

Soos al die jare, het ons weer 'n winter met onluste en skietery. Daar was weer brandende
bande, polisie met traanrook en rubberkoeels, mense dood en so aan. Snaaks genoeg was
daar min daaroor in die buitelandse media. Hierdie tipe onluste was tydens die pre-94 jare
voorbladberigte oral. Oor die kapings, plaasmoorde en rowery kan mens net berig dat dit
toeneem en dat die situasie kommerwekkend is. Omkopery en korrupsie kom op groot
skaal voor in beide staats- en privaatinstellings, en dikwels word die beste veiligheidsmeganismes
omseil deur iemand by bv 'n selfoonmaatskappy wat medepligtig is. Daar is dikwels
berigte van politici of hulle familie wat ook in misdaad betrokke is. Die gesondheids-,
onderwys- en maatskaplike hulpstelsels het almal ernstige probleme en daar is geen
teken dat dit aan die verbeter is nie, inteendeel. Die dokters het gestaak, byvoorbeeld.
Aan die een kant is daar glo nie geld vir hospitale nie, aan die ander kant sit die lotto
op biljoene wat nie uitgegee word nie. Dan is daar nog mense wat hierdie soort van
simpel video's maak en versprei! Tannie Gogga! Bid jou dit aan...
Vorige onderwerp: Jan
Volgende onderwerp: Paul Kruger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 19:17:50 MGT 2024