Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Galg poppe by hof skok
Galg poppe by hof skok [boodskap #119118] Ma, 20 April 2009 07:18
Sanderis  is tans af-lyn  Sanderis
Boodskappe: 8
Geregistreer: Mei 2008
Karma: 0
Junior Lid
Apr 18 2009 12:22:44:970AM

Tom de wet

“Meer bloed van boere het die afgelope tyd gevloei as in al die
boereoorloë saam. Nie eens Dingaan het in sy waansin daaraan gedink om
ons vroue met gebreekte bottels dood te martel nie.” Dit was gister
die woorde van mnr. Eugene Terre’Blanche, AWB-leier.

ODENDAALSRUS. – “Meer bloed van boere het die afgelope tyd gevloei as
in al die boereoorloë saam. Nie eens Dingaan het in sy waansin daaraan
gedink om ons vroue met gebreekte bottels dood te martel nie.”

Dit was gister hier by die landdroshof op Odendaalsrus die woorde van
mnr. Eugene Terre’Blanche, AWB-leier, op ’n saamtrek van die
Boerevolk-Vryheidstigting waar teen borgtog vir die aanklaagdes in die
moord op mev. Alice Lotter en haar dogter Helen, verlede maand op
Allanridge, betoog is.

’n Konfliksituasie is op die laaste nippertjie ontlont toe
Terre’Blanche se aanhangers die toespraak van mev. Mathabo Leeto,
uitvoerende burgemeester van Matjhabeng, met die sing van Die Stem
uitgedoof het.

Sy en ANC-aanhangers was ook vir dié hofsaak en die van twee boere en
hul werknemers wat van die moord op ’n mieliedief aangekla word by die
hof.

Leeto, wat toestemming vir haar optog gehad het, het die
Boerevolk-aanhangers, wat nie toestemming gehad het nie, genooi om
hulle by hulle aan te sluit en oor die kleurgrens heen teen misdaad te
betoog. Hierop het Terre’Blanche sy groep aangehits om met trompette
en die sing van Die Stem vir Leeto stil te maak.

Leeto het by die polisie daarop aangedring om hul werk te doen en die
onwettige optoggangers vas te vat. Terre’Blanche se groep het daarna
op sy aandrang begin wegbeweeg.

Terre’Blanche het aan sy aanhangers gesê hy is bereid om vir sy saak
weer tronk toe te gaan, en sal nog sterker daar uitkom. “Moet nooit
oorgee nie, want dan sal ons almal bottelstukke vreet!”

Ontstellende tonele het daarna afgespeel, waar mnr. Edwin Leemans van
die Boerevolk-Vryheid-stigting opgestopte poppe eers met ’n mes en ’n
gebreekte bottel gesteek het en dit toe aan die brand gesteek het.

Nagemaakte bloed het op sy hemp en op omstanders gespat.

Hy sê hy wil hiermee die wreedheid en die trauma rondom die vroue se
moorde uitbeeld.

Mev. Elize Potterton, sakevrou van Odendaalsrus, het hierop sy
mikrofoon gevat en gesê dit is so dat almal keelvol vir misdaad is,
maar om soos barbare op te tree is nie reg nie. “Ons moet ons land in
die hande van die Here gee en nie in die hande van ’n politieke party
nie. Ons moet ons knieë voor God buig dat Hy oor ons regeer.”

Adv. Siphiri Moshodi, voorsitter van Odendaalsrus se
gemeenskapspolisiëringsforum, het voor die hof gevra dat almal moet
saamstaan teen misdaad, maak nie saak of dit wit of swart is nie.


Lees die storie by:
http://jv.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_2503376,00.h tml

Fotos en meer by :
http://onsstem.blogspot.com
Vorige onderwerp: Die (beter en/of) nuwe (Mev. en) President F Hartzenberg om te verhoog ? Vorentoe vervorming (aansluiting) voorstel wenk (Inisiatief)
Volgende onderwerp: Gaap!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 00:40:59 MGT 2024