Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SA en die Dalai Lama
SA en die Dalai Lama [boodskap #119081] Vr, 27 Maart 2009 14:48 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Goeie ding dat Tutu en De Klerk weier om deel te
neem aan enigiets as die Dalai Lama nie in SA
toegelaat word nie. In alle geval, die Dalai Lama
was onlangs baie siek, en het seker nie vooruit-
gesien na 'n trip na SA nie.
Sjina is 'n netelige kwessie vir baie regerings.
Hilary Clinton se eerste besoek in die buiteland was
aan Sjina, wat omtrent die bank van die VSA se
regering is. Ons vorige Liberale regering was ook
maar afsydig teenoor die Dalai Lama. Die huidige
konserwatiewe regering is nogal meer militant teen
die Sjinese druk. ( Die Dalai Lama is een van net
twee mense wat honorary Canadian citizens is.)
Die Dalai Lama is nou sewentig jaar oud.
Dus is die kwessie van wie hom gaan opvolg, 'n
netelige een.

Gloudina
Re: SA en die Dalai Lama [boodskap #119090 is 'n antwoord op boodskap #119081] So, 29 Maart 2009 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mar 27, 4:48 pm, Hessie wrote:
> Goeie ding dat Tutu en De Klerk weier om deel te
> neem aan enigiets as die Dalai Lama nie in SA
> toegelaat word nie. In alle geval, die Dalai Lama
> was onlangs baie siek, en het seker nie vooruit-
> gesien na 'n trip na SA nie.
>         Sjina is 'n netelige kwessie vir baie regerings.
> Hilary Clinton se eerste besoek in die buiteland was
> aan Sjina, wat omtrent die bank van die VSA se
> regering is. Ons vorige Liberale regering was ook
> maar afsydig teenoor die Dalai Lama. Die huidige
> konserwatiewe regering is nogal meer militant teen
> die Sjinese druk. ( Die Dalai Lama is een van net
> twee mense wat honorary Canadian citizens is.)
>           Die Dalai Lama is nou sewentig jaar oud.
> Dus is die kwessie van wie hom gaan opvolg, 'n
> netelige een.
>
>  Gloudina

Anti - in beginsel stem ek met jou saam. Maar ek stem, na vele
oorwegings nie saam met die lofliedere wat die Lama besing nie. Hy't
weggehardloop van sy/die probleem. Baie gemaklik om in die buiteland
te sit terwyl sy mense dit ontgeld. Hy kan baie meer doen om 'n
versetbeweging van die grond af te kry.
Re: SA en die Dalai Lama [boodskap #119091 is 'n antwoord op boodskap #119090] So, 29 Maart 2009 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Anti - in beginsel stem ek met jou saam. Maar ek stem, na vele
> oorwegings nie saam met die lofliedere wat die Lama besing nie. Hy't
> weggehardloop van sy/die probleem. Baie gemaklik om in die buiteland
> te sit terwyl sy mense dit ontgeld. Hy kan baie meer doen om 'n
> versetbeweging van die grond af te kry

Nee, die Dalai Lama sal nooit aktiewe verset
in Tibet voorstaan nie. Daarvoor word hy hewig
gekritiseer deur sekere dele van die Tibetaanse
gemeenskap wat nie streng Buddhistiese
beginsels aanhang nie. Maar aktiewe verset sal
net ly na bloedvergieting, en dis 'n doodloop
straat.
Ek dink wat swaarder op die Dalai Lama se
hart weeg, is die kwessie van opvolging. Hoe sal
die volgende Dalai Lama gevind word. Tradisioneel
het die Tibetane 'n baie slinkse manier gehad om
'n spirituele leier te kies: soek 'n baie intelligente
kind en lei hom op in die tradisie terwyl daar 'n
regent is intussentyd. Nou vrees die Dalai Lama
dat die Sjinese die soekery gaan oorneem en
hulle eie Dalai Lama uitroep. Hulle het dit alreeds
met die Panchen Lama gedoen.
Ek persoonlik dink die Dalai Lama is wys
genoeg om alles in perspektief te sien. In sy
leeftyd het Buddhisme wyd in die weste versprei.
Miskien selfs as gevolg van wat met hom in Tibet
gebeur het.

Gloudina
Re: SA en die Dalai Lama [boodskap #119099 is 'n antwoord op boodskap #119091] So, 29 Maart 2009 20:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mar 29, 2:26 pm, Hessie wrote:
>  Jonas skryf
>
>> Anti - in beginsel stem ek met jou saam. Maar ek stem, na vele
>> oorwegings nie saam met die lofliedere wat die Lama besing nie. Hy't
>> weggehardloop van sy/die probleem. Baie gemaklik om in die buiteland
>> te sit terwyl sy mense dit ontgeld. Hy kan baie meer doen om 'n
>> versetbeweging van die grond af te kry
>
>          Nee, die Dalai Lama sal nooit aktiewe verset
>          in Tibet voorstaan nie. Daarvoor word hy hewig
>          gekritiseer deur sekere dele van die Tibetaanse
>          gemeenskap wat nie streng Buddhistiese
>          beginsels aanhang nie. Maar aktiewe verset sal
>          net ly na bloedvergieting, en dis 'n doodloop
>          straat.
>                Ek dink wat swaarder op die Dalai Lama se
>          hart weeg, is die kwessie van opvolging. Hoe sal
>          die volgende Dalai Lama gevind word. Tradisioneel
>          het die Tibetane 'n baie slinkse manier gehad om
>          'n spirituele leier te kies: soek 'n baie intelligente
>          kind en lei hom op in die tradisie terwyl daar 'n
>          regent is intussentyd. Nou vrees die Dalai Lama
>          dat die Sjinese die soekery gaan oorneem en
>          hulle eie Dalai Lama uitroep. Hulle het dit alreeds
>          met die Panchen Lama gedoen.
>                 Ek persoonlik dink die Dalai Lama is wys
>          genoeg om alles in perspektief te sien. In sy
>          leeftyd het Buddhisme wyd in die weste versprei.
>          Miskien selfs as gevolg van wat met hom in Tibet
>          gebeur het.
>
>          Gloudina

Anti - Jammer ek verskil, hy het 'n goedkoop uitweg gekies. Ghandi was
ook teen geweld gekant.
Re: SA en die Dalai Lama [boodskap #119100 is 'n antwoord op boodskap #119099] So, 29 Maart 2009 21:14 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf

> Anti - Jammer ek verskil, hy het 'n goedkoop uitweg gekies. Ghandi was
> ook teen geweld gekant>

Ek vind dit snaaks dat jy, wat so vir Mandela
gekritiseer het omdat hy "geweld" as 'n opsie
in die struggle nie uitgesluit het nie, nou skielik
vir die Dalai Lama en Ghandi kritiseer, wat wel
geweld as 'n opsie in hul struggle teengestaan
het en nog teenstaan.
Toe die Dalai Lama onlangs gevra is of dit deel
van Tibet se karma is dat die Sjinese hulle probeer
domineer, toe het hy ja gesê. Dit het baie mense
geskok. Mense wat egter die geskiedenis van
Tibet ken, weet dat daar baie rusies en weerstande
was tussen verskillend Tibetaanse faksies, en dat
die Gelugpa, waaraan die Dalai Lama behoort,
uiteindelik geseëvier het en ander Buddhiste-
lyne onderdruk het. Hulle leier het dus begin om
soos 'n koninklinke lyn oor Tibet te regeer. As
daar nie meer 'n Dalai Lama is nie, is dit ongeveer
asof 'n dinastie die stof byt.
Die lyn van die groep waaraan ons so effens
gekonnekteer is, is nie Gelug nie. Dis 'n onderafdeling
van die Ningma. Die hoof daarvan is verlede Vrydag
oorlede. Sy opvolger bly in Tibet. Die Sjinese owerhede
het geen kritiek op die Palyul nie. Moet dus nie alle
Buddhiste
sien as deel van die groep waaraan die Dalai Lama
behoort nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: verouderd en smaak verbeter
Volgende onderwerp: Koos Kombuis se twak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 13:54:09 MGT 2024