Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wereld Ekonomie
Wereld Ekonomie [boodskap #118886] Di, 17 Februarie 2009 11:03 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Waar is die oudste antie van dae AKA Gloudina

Het die wereld ekonomie Gloudina se Internet afgesny, of is sy in self
opgestelde ballingskap.
Re: Wereld Ekonomie [boodskap #118887 is 'n antwoord op boodskap #118886] Di, 17 Februarie 2009 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Het die wereld ekonomie Gloudina se Internet afgesny, of is sy in self
> opgestelde ballingskap.

Nee, wat, Riaan. Ek sit en giggel maar net oor
hoe julle klomp vir mekaar aan die kele gryp.
Onder die klomp is natuurlik Torreke en Dave,
wat as ek reg onthou, na ander oorde getrek
het omdat veral Torreke my beskuldig het dat
ek die onrusstoker was.
Wat die ekonomie betref: Kanada doen
glad nie te sleg nie. Ons banke is stabiel, en
meeste mense het konserwatiewe verbande
op hulle huise. Die huispryse is wel besig om
bietjie af te kom. Ons word natuurlik getref deur
die feit dat ons grootste trading partner nou in
die sop is. En Ontario, waar meeste van die
karre van GM en Ford aanmekaar gesit word,
staar ook baie lay offs in die gesig. Maar Kanada
en Spanje word deesdae voorgehou as voorbeelde
van hoe mens jou staat moet bestuur.

Gloudina
Re: Wereld Ekonomie [boodskap #118888 is 'n antwoord op boodskap #118886] Di, 17 Februarie 2009 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 Feb 2009 13:03:37 +0200, "Riaan" wrote:

> Waar is die oudste antie van dae AKA Gloudina
>
> Het die wereld ekonomie Gloudina se Internet afgesny, of is sy in self
> opgestelde ballingskap.
>

Onthou jy Riaan, ons het afgespreek om eendag 'n bier saam te drink.
Ek sal vir jou Milk Stout koop - dit is die bitterste bier wat ek van
weet.
Re: Wereld Ekonomie [boodskap #118890 is 'n antwoord op boodskap #118888] Wo, 18 Februarie 2009 07:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:cjflp4p23a9f8akpd7s87amuepdkhecugl@4ax.com...
> On Tue, 17 Feb 2009 13:03:37 +0200, "Riaan"

> Onthou jy Riaan, ons het afgespreek om eendag 'n bier saam te drink.
> Ek sal vir jou Milk Stout koop - dit is die bitterste bier wat ek van
> weet.

NEEE ... So kan 'n man mos nie lekker kuier nie ou Dave. Kom ons hou maar
by die LAGER biere.

PS - Kom jy baie in Amanzimtoti. Ek oorweeg dit sterk om vir my 'n eiendom
daar te koop. Ek wil iewers in April maand so bietjie gaan rond kyk daar om
te sien wat is in die mark, en teen watter prys.

Groete
Re: Wereld Ekonomie [boodskap #118898 is 'n antwoord op boodskap #118890] Wo, 18 Februarie 2009 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 18 Feb 2009 09:33:22 +0200, "Riaan" wrote:

>
> "Dave" wrote in message
> news:cjflp4p23a9f8akpd7s87amuepdkhecugl@4ax.com...
>> On Tue, 17 Feb 2009 13:03:37 +0200, "Riaan"
>
>> Onthou jy Riaan, ons het afgespreek om eendag 'n bier saam te drink.
>> Ek sal vir jou Milk Stout koop - dit is die bitterste bier wat ek van
>> weet.
>
> NEEE ... So kan 'n man mos nie lekker kuier nie ou Dave. Kom ons hou maar
> by die LAGER biere.
>
> PS - Kom jy baie in Amanzimtoti. Ek oorweeg dit sterk om vir my 'n eiendom
> daar te koop. Ek wil iewers in April maand so bietjie gaan rond kyk daar om
> te sien wat is in die mark, en teen watter prys.
>
>
> Groete
>

Nee Riaan, Lager sou dit wees, as jy nie weer vir Gloudina probeer
inlok het nie. Nou is dit Milk Stout. 'n Platte... halfuur voor dit
geskink word oopgemaak.

Toti, is net sowat 30ks hiervandaan.
Jy hoef nie hierheen te ry om te sien wat is in die mark nie.
Makliker, ry virtueel oftewel, digitaal.
Rekenaars het die wêreld makliker gemaak.
Ek kyk hoe drink Jan sy bier by die toonbank in Aus
en ek kyk wat kos die die woonplekke in Toti
en stap sommer in en kyk hoe lyk dit binne.

Kliek op www.wakefields.co.za
Select Area - South Durban
Suburb - Amanzintoti
en pas die geld wat jy bereid is
om te spandeer aan, maar gaan so een kerf hoër
om te voorkom dat jy 'n goeie koop mis omdat dit
R5000 (of R1000!) meer kos as wat jy ingetik het.

Gaan kyk by Winkelspruit en al daai plekkies.
Daar is ook veel meer websites van die aard.
Wakefields is egter baie dominant hier.

As jy 'n verkoopman gaan vra wat beskikbaar is,
kan hy 'n bargain wegsteek omdat sy opponent dit verkoop en hy geen
kommissie daaruit gaan maak nie. En sy opponent het buitendien
laaskeer vir hom 'n Milk Stout in plaas van 'n Lager gekoop.
Hier sien jy wat is op die mark in al die verskillende stede en
voorstede.

Toe my vrou en ek hierheen verhuis het, het ons vergadering gehou en
een van die belangrikste opsies was of ons 'n huis of woonstel wil hê.
Ons het 'n groot huis verkoop en in 'n veel kleiner woonstel ingetrek
omdat ons ooreengekom het dat die voordele veelvuldig ten gunste van
'n woonstel is.

1. 'n Woonstel is 'n veiligheidskompleks sonder weerga.
2. Die woonstelle is in die omgewing waar ons wil woon en huise nie.
3. As jy 'n woonstel besit verf jy nie dak of buitemure nie en jy sny
ook nie gras nie. Jy het geen buiteonderhoud om te doen nie. Veral as
jy jou woonstel wil verhuur, is dit die absoluut beter opsie. As aan
die dak gewerk moet word, betaal 80 mense daarvoor.
4. Jy gaan met vakansie en bekommer jou nie oor wat tuis aangaan nie.
Die sekuriteistwagte pas die plek op.

Die inligting wat ek jou gegee het oor hoe om te soek vir eiendom hier
spaar jou soveel geld, dat ek nou 'n quart wil hê. Jy gaan my nou nie
net 'n Long Tom gee nie. (Ek drink Black Label.)
Re: Wereld Ekonomie [boodskap #118901 is 'n antwoord op boodskap #118898] Wo, 18 Februarie 2009 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 18 Feb 2009 15:03:34 +0200, Dave wrote:

> Die inligting wat ek jou gegee het oor hoe om te soek vir eiendom hier
> spaar jou soveel geld, dat ek nou 'n quart wil hê. Jy gaan my nou nie
> net 'n Long Tom gee nie. (Ek drink Black Label.)
>
>
>

Wat ek nagelaat het om te sê Riaan, is dat hulle goedkoper
by die dosyn is.
Re: Wereld Ekonomie [boodskap #118902 is 'n antwoord op boodskap #118901] Wo, 18 Februarie 2009 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
>
> Wat ek nagelaat het om te sê Riaan, is dat hulle goedkoper
> by die dosyn is.
Die huise, nie die biere nie:-)))
Re: Wereld Ekonomie [boodskap #118916 is 'n antwoord op boodskap #118898] Do, 19 Februarie 2009 05:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:1cvnp49lksepra1m4tj2ulr06un9co038o@4ax.com...
> On Wed, 18 Feb 2009 09:33:22 +0200, "Riaan"
> wrote:
>

>> "Dave" wrote in message
>> news:cjflp4p23a9f8akpd7s87amuepdkhecugl@4ax.com...
>>> On Tue, 17 Feb 2009 13:03:37 +0200, "Riaan"

Ek gaan in April met so mini vakansie Toti toe. Sal van die geleentheid
gebruik maak om so bietjie rond te kyk wat daar is. Indien jy in daai tyd in
die omgewing is moet ons probeer om bymekaar te kom en ietsie te gaan vat
vir die stress. Sal later die datums deurgee sodra ek bevestiging het
Re: Wereld Ekonomie [boodskap #118928 is 'n antwoord op boodskap #118916] Do, 19 Februarie 2009 16:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
, "Riaan"
> Ek gaan in April met so mini vakansie Toti toe. Sal van die geleentheid
> gebruik maak om so bietjie rond te kyk wat daar is. Indien jy in daai tyd in
> die omgewing is moet ons probeer om bymekaar te kom en ietsie te gaan vat
> vir die stress. Sal later die datums deurgee sodra ek bevestiging het
>

Riaan, kom ek gee vir jou nou baie interessante inligting.

Ek weet net nie hoe ernstig jy is nie, en as jy nie is nie
hoef jy nie verder te lees nie, maar as jy is, is hierdie inligting
goud werd:

Gaan kyk eers na hierdie woonstel:
http://www.wakefields.co.za/property.asp?Prop=20110

Ek ken die woonstel baie goed want ek kom somtyds daar.
Die eienaar en ek is baie goeie kennisse wat somtyds saamkuier.
Ongetroud, geen vrou in sy woonstel nie, en die vloere blink soos
spieëls:-)
Nee, ek dink daar is 'n swart skoonmaker een of twee dae per week.
Kyk waarvoor wil hy verkoop R1.3m.

Nou, die woonstel reg langs hom is identies met syne,
behalwe dat dit nie naastenby in so 'n goeie toestand is nie.
Daar moet opgradering gedoen word.
120m wat yslik is vir 'n woonstel en gaan lees die beskrywing.
Nou, ek het gehoor, let wel, gehoor, maw geen bevestiging maar
ek het rede om dit te glo, dat die eienaar van die een langsaan
dit wil verkoop vir 8.5k. Ek kan vaagweg iets onthou wat daarop dui
dat die huidige eiena(res) dit ge-erf het, en nou wil verkoop.

Dit is 'n superblok om in te woon en as ek dit kon bekostig het ek dit
gedoen met 'n baie breë smaail. Uitsig na agter oor die hawe en na
voor, reg bo-oor die dak van Silver Sands, uitsig oor die Golden Mile.

As jy 'n honderd duisend rand sou spandeer aan opgradering
het jy dieselfde as die buurman s'n, wat hy vir 'n baie realistiese
1.3m wil verkoop. Oordragkoste sal die koopprys natuurlik met sowat
10% lig maar dit is steeds die beste koop wat ek van weet.

Ek ken nie die eienaars nie, die woonstel word verhuur, maar ek het in
my kluis die name en addresse van al die blok se eienaars. By die
R85000 sal kommissie gevoeg wees as jy dit deur 'n agent koop.
Miskien kan ek jou die eienaar laat kontak met 'n persoonlike aanbod.

Dit het nou in my gedagtes opgekom en dit is waarom ek jou nou hiervan
vertel. Jy weet waarvoor jy wil koop, en kopersmark wat dit is, twyfel
ek of jy beter sal doen as dit. Weet nie hoe lank dit beskikbaar sal
wees nie. Kopers koop traag nou, maar kopers koop steeds.

Doen met hierdie inligting soos jy goed vind.
Re: Wereld Ekonomie [boodskap #118937 is 'n antwoord op boodskap #118928] Sa, 21 Februarie 2009 02:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> Kyk waarvoor wil hy verkoop R1.3m. By die
> R85000 sal kommissie gevoeg wees as jy dit deur 'n agent koop.


Ek is geinteresseerd in die pryse wat jy kwoteer.
Ek kan my oë nie glo as 'n woonstel vir R1.3 miljoen
gaan nie. Selfs al is dit 'n wonderbaarlike luukse
woonstel. Kan die gewone man in die straat hierdie
soort pryse in SA bekostig?
Nou, drie jaar gelede het een van ons kinders
'n vier-slaapkamer huis in Melkbosstrand in 'n
gehekte golf estate gekoop, waar die paaie gedurende
die nag gepatrolleer word, en die wildsbokke in die
tuin kom wei. Hulle het R3.1 miljoen rand betaal en
ek het kleintjies gekry toe ek dit in Kanadese dollars
omsit. Maar as 'n woonstel in Durban vir R1.3 gaan,
dan lyk die R3.1 vir 'n groot huis nie so sleg nie.
Hulle het hul huis in Kalifornië verkoop net
voor die housing bubble gebars het. Ongelukkig,
noudat hulle die huis in Melkbosstrand wil verkoop,
het die housing bubble in SA ook gebars en ek dink
nie hulle gaan hulle prys kry nie. Wat is die toestand
in die huismarkte in SA?

Gloudina
Re: Wereld Ekonomie [boodskap #118938 is 'n antwoord op boodskap #118937] Sa, 21 Februarie 2009 08:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 20 Feb 2009 18:12:37 -0800 (PST), Hessie wrote:

> Dave skryf
>
>> Kyk waarvoor wil hy verkoop R1.3m.
> By die
>> R85000 sal kommissie gevoeg wees as jy dit deur 'n agent koop.
>
>
> Ek is geinteresseerd in die pryse wat jy kwoteer.
> Ek kan my oë nie glo as 'n woonstel vir R1.3 miljoen
> gaan nie. Selfs al is dit 'n wonderbaarlike luukse
> woonstel. Kan die gewone man in die straat hierdie
> soort pryse in SA bekostig?

> Gloudina

Jy het nie gesê dat jy op die link wat ek verskaf het, gekliek het
nie. Lees jy net die teks of volg jy die skakels? Indien wel, kliek
hier. Hier is 'n paar voorbeelde:

Suburb : Umhlanga
Type : House
Price : R7,950,000
http://www.wakefields.co.za/property.asp?Prop=27372

South Beach
Type : Flat
Price : R3,500,000
http://www.wakefields.co.za/property.asp?Prop=28738

Suburb : South Beach
Type : Duplex
Price : R2,180,000
http://www.wakefields.co.za/property.asp?Prop=19500

Suburb : Umhlanga
Type : House
Price : R12,000,000
http://www.wakefields.co.za/property.asp?Prop=22758

Suburb : Umhlanga
Type : Garden Flat
Price : R15,000,000
http://www.wakefields.co.za/

Suburb : Umhlanga
Type : Pent House
Price : R17,500,000
http://www.wakefields.co.za/property.asp?Prop=11318

Suburb : Umdloti
Type : Small Holdings
Price : R15,000,000
http://www.wakefields.co.za/property.asp?Prop=26320

Suburb : North Beach Add this property to my shortlist
Type : Flat
Price : R3,850,000
2 Bedroom/s
2 Bathroom/s
1 Lounge/s
ELO, Fitted Kitchen, HOB, Pantry
Single Garage, Under cover Parking
Dining Room
http://www.wakefields.co.za/property.asp?Prop=19157

My suster se huis in La Lucia is R6 000 000 werd.
Ek dink dat dit onderskat is want die huis is 600 vkm
en 'n leë erf kos daar R2m.

Hierdie is slegs voorbeelde van wat met eiendoms pryse gebeur het.
'n Woonstel vir 'n R1 000 000 is dus op 'n redelik beskeie plek geleë
en werklik deel van die baie (selfs onderstandaard) pryse. En dan
praat ons van 84m en selfs kleiner. Ek het geweier om in die blok
langs Silver Sands te koop want dit is te klein en het nie eens
parkerings nie. Hulle pryse is nòu vir 'n *65m(!) woonstel R960 000.
Batchelor flats oftewel een man woonstelle kos R½m.
Een slaapkamer woonstelle kos R¾m.
Eiendomseienaars het almal arm miljoeners geword.

Daar is effe verligting as jy weg van die see af koop, op heel
standaard plekke soos Glenwood of Pinetown, maar dan gaan jy ook net
sowat R100 000 of wat minder betaal.

Die plekke wat ek vir jou hierbo gewys het - ek sou nie kon bekostig
om 'n maandelikse heffing daarop te betaal nie. Ek het nie 'n idee wat
dit is nie, maar maandelikse heffing (munisipale tariewe ingesluit) op
die standaard 2 slaapkamer woonstel is sowat R1000 met 'n +.

Nie net jong mense nie, maar die standaard eerste koper kan nie koop
nie. Ek dink nie daar bestaan meer so iets soos 'n 100% lening nie, en
daar moet dus 10% deposito betaal word. Voeg oordragkoste daarby
wat die prys met 10% gaan lig!

Hier was 'n woonstel te koop by die punt. Ek kyk uit my sitkamer
daarop maar weet noe of dit verkoop is nie. Die prys was R11½m.
Later het die verkoper (iemand in Arabië), toe hy sukkel om te
verkoop, die prys met 'n miljoen afgebring. Ek het vir die
verkoopagent gesê dat sy 'n woonstel met die kommissie kan koop,
en sy het gelag en saamgestem.

As ek nòu hier moes koop, sou ek dit nie kon bekostig het nie.
Dinge het belaglik geraak. 'n Eienaar van 'n eiendomsagentskap
het twee dae gelede kom kuier na 8 maande in Skotland. Hy sê sy
besigheid staan. Daar 'gaan niks aan nie.'

Eiendomsagente se inkomstes kom nou uit verhuring. R4500pm
is 'n riglyn waarvoor 2 slaapkamer woonstelle verhuur word.
En die kommissie wat 'n agent maak op die verkoop van 'n woonstel
is meer as wat ek vir my eerste woonstel hier betaal het.
Re: Wereld Ekonomie [boodskap #118939 is 'n antwoord op boodskap #118937] Sa, 21 Februarie 2009 08:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 20 Feb 2009 18:12:37 -0800 (PST), Hessie wrote:

> Dave skryf
>
>> Kyk waarvoor wil hy verkoop R1.3m.
> By die
>> R85000 sal kommissie gevoeg wees as jy dit deur 'n agent koop.
>
>
> Ek is geinteresseerd in die pryse wat jy kwoteer.
> Ek kan my oë nie glo as 'n woonstel vir R1.3 miljoen
> gaan nie. Selfs al is dit 'n wonderbaarlike luukse
> woonstel. Kan die gewone man in die straat hierdie
> soort pryse in SA bekostig?
> Nou, drie jaar gelede het een van ons kinders
> 'n vier-slaapkamer huis in Melkbosstrand in 'n
> gehekte golf estate gekoop, waar die paaie gedurende
> die nag gepatrolleer word, en die wildsbokke in die
> tuin kom wei. Hulle het R3.1 miljoen rand betaal en
> ek het kleintjies gekry toe ek dit in Kanadese dollars
> omsit. Maar as 'n woonstel in Durban vir R1.3 gaan,
> dan lyk die R3.1 vir 'n groot huis nie so sleg nie.
> Hulle het hul huis in Kalifornië verkoop net
> voor die housing bubble gebars het. Ongelukkig,
> noudat hulle die huis in Melkbosstrand wil verkoop,
> het die housing bubble in SA ook gebars en ek dink
> nie hulle gaan hulle prys kry nie. Wat is die toestand
> in die huismarkte in SA?
>
> Gloudina

Jou kinders se huis se waarde is nou veel hoër as wat hulle daarvoor
betaal het. Alhoewel, mense wat om finansiële redes moet verkoop
is besig om hul pryse af te bring. Soos jy sê, die bubble (wat die
mense wat voorgee om te weet) oorspronklik slegs 'n regstelling
genoem het, het gebars. Dit was mi wel oorspronklik, toe die pryse
begin styg het, 'n regstelling. Want tot toe het karre meer gekos as
huise. En dit is tog belaglik. Die rgestelling het egter aangehou
'regstel' en 'regstel', en ek dink dat eiendomsagente 'n groot aandeel
daarin het, want ek het eendag vir een gesê dat hy my R100 000 meer
sal laat betaal sodat hy R7000 meer kommissie kan maak. Belaglik, maar
dit is so.
Dit het hulle egter gekos, want nou verkoop hulle niks.

As jou kinders nie haastig is nie, às hulle kan wag, sal hulle hul
geld met 'n gesonde wins terug kry.
Re: Wereld Ekonomie [boodskap #118940 is 'n antwoord op boodskap #118939] Sa, 21 Februarie 2009 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> Jou kinders se huis se waarde is nou veel hoër as wat hulle daarvoor
> betaal het. Alhoewel, mense wat om finansiële redes moet verkoop
> is besig om hul pryse af te bring. ek dink dat eiendomsagente 'n groot aandeel
> daarin het,
> Dit het hulle egter gekos, want nou verkoop hulle niks.
>
> As jou kinders nie haastig is nie, às hulle kan wag, sal hulle hul
> geld met 'n gesonde wins terug kry.- Hide quoted text -

Dankie vir die analise. Hulle gaan terug na Kalifornië,
en ek moedig hulle aan om daar te huur. Want alhoewel
die huispryse in die VSA nou drasties daal, weet mens
nie waar die bottom is nie, en koop jy dalk 'n huis en
binne 'n paar jaar is jou lening nog meer as wat die huis
werd is. Die ding maak my werklik bang, wat nou in die
wêreld aangaan in ekonomiese kringe. Alles word
geaffekteer.
As ek nou terug dink dan dink ek my generasie
was nog die gelukkigste. Ons het agtien jaar in dieselfde
huis gebly en toe ons dit verkoop in die middel-negentigs
om Ottawa toe te trek, toe verkoop ons die huis vir meer
as dubbel wat ons betaal het.
Hier in Kanada het hulle nie die subprime mortgages
gebruik wat hulle in die VSA aan mense afgesmeer het nie,
en ons huispryse daal dan ook nie so drasties nie. Ook
is geen van ons banke in gevaar nie. Maar die feit dat die
VSA nou ekonomies en finansieel in die sop is, affekteer
hulle koopvermoë geweldig, en omdat ons so baie uitvoer
na die VSA, affekteer dit ons natuurlik baie.

Gloudina
Re: Wereld Ekonomie [boodskap #118941 is 'n antwoord op boodskap #118940] Sa, 21 Februarie 2009 14:42 Na vorige boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 21 Feb 2009 05:14:53 -0800 (PST), Hessie
>
> Dankie vir die analise. Hulle gaan terug na Kalifornië,
> en ek moedig hulle aan om daar te huur. Want alhoewel
> die huispryse in die VSA nou drasties daal, weet mens
> nie waar die bottom is nie, en koop jy dalk 'n huis en
> binne 'n paar jaar is jou lening nog meer as wat die huis
> werd is. Die ding maak my werklik bang, wat nou in die
> wêreld aangaan in ekonomiese kringe. Alles word
> geaffekteer.
> As ek nou terug dink dan dink ek my generasie
> was nog die gelukkigste. Ons het agtien jaar in dieselfde
> huis gebly en toe ons dit verkoop in die middel-negentigs
> om Ottawa toe te trek, toe verkoop ons die huis vir meer
> as dubbel wat ons betaal het.
> Hier in Kanada het hulle nie die subprime mortgages
> gebruik wat hulle in die VSA aan mense afgesmeer het nie,
> en ons huispryse daal dan ook nie so drasties nie. Ook
> is geen van ons banke in gevaar nie. Maar die feit dat die
> VSA nou ekonomies en finansieel in die sop is, affekteer
> hulle koopvermoë geweldig, en omdat ons so baie uitvoer
> na die VSA, affekteer dit ons natuurlik baie.
>
> Gloudina

Jy is welkom. Hier is nog een link na 'n ander koop wat ek, as kenner
van die omgewing, (ek woon hier) as 'n absolute bargain, of ten minste
baie goeie koop) beskou.
Weer 'n bewys dat die mense verkoop want daar is finansiële druk.
Ek plaas weer die besonderhede want ek weet steeds nie of jy die links
gebruik nie. Ek plaas hierdie een ook ter wille van Riaan, wat homself
as potensiële koper uitspreek. As jy hierna gaan kyk sal jy ook
bevestiging sien van wat ek gesê het wat die gemiddelde heffing is op
'n woonstel van daardie grootte. (Levy R1,114.00 per month)
Ek het reeds verduidelik waarom ek sê dat 'n woonstel, wanneer
voordele en nadele opgeweeg word, by verre die beter opsie is.
(behalwe miskien vir die entrepeneur wat buite ruimte nodig het.)

South Beach
Price : R900,000
3 Bedroom/s
2 Bathroom/s
1 Lounge/s
Fitted Kitchen
Under cover Parking
Dining Room
http://www.wakefields.co.za/property.asp?Prop=26095

> As ek nou terug dink dan dink ek my generasie
> was nog die gelukkigste. Ons het agtien jaar in dieselfde
> huis gebly en toe ons dit verkoop in die middel-negentigs
> om Ottawa toe te trek, toe verkoop ons die huis vir meer
> as dubbel wat ons betaal het.

Ons het 'n huis laat bou in 1970, en aanbouings gedoen in die vroeë
tagtigs wat 'n snoekerkamer met 'n volgrootte tafel ingesluit het.
Dit verkoop in 2004 teen 10 maal wat ons daarvoor betaal het (sonder
die tafel, dié het 'n dokter in Noord Transvaal by my gekoop vir 7X
wat ek daarvoor betaal het ongeveer 10 jaar vroeër) .

Die 10X klink vreeslik maar as jy geldwaardes en inflasiekoerse beskou
is dit dalk nie so erg nie, want in 1970 was my verbandpaaiement 'n
yslike (±) R50pm wat 'n week se salaris was.

Steeds, is daar geen belegging beter as eiendom. Niks absoluut niks
kan dit klop as (middel tot langtermyn) belegging.
Vorige onderwerp: Vryheid-park
Volgende onderwerp: Ferdi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 17:50:21 MGT 2024