Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waarskuwing
Waarskuwing [boodskap #118736] Di, 10 Februarie 2009 16:15 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
'n Waarskuwing aan julle oor 'n nuwe scam waarop ek afgekom het
terwyl ek inkopies gedoen het.

Moet nie naief wees en dink dat dit nie met jou of jou vriende kan
gebeur nie. Hier is hoe hierdie nuwe truuk werk.

Terwyl ek besig was om inkopies in die kattebak te pak, kom twee
mooi 20-21-jarige meisiekinders en begin my windskerm was met lappe
en Windowlene. Hulle doen dit met borste wat byna by hul eina
T-hempies uitval. Jy kan net nie anders as om te kyk nie.

Wanneer jy hulle 'n fooitjie aanbied word dit geweier.
In die plek daarvan word 'n geleentheid gevra om saam te ry na die
volgende winkelkompleks.

Jy stem in en hulle klim op die agtersitplek. Op die pad begin hulle
ontklee. Een klim oor die ruglening na vorentoe en terwyl sy oor jou
klouter steel die ander een jou beursie.

My beursie is gesteel Januarie die 5de, 8ste en 10de, twee keer op die
15de, weer die 17de 18de en 23ste. Dit het weer gebeur die 3rde
Februarie, die 5de en twee keer op die 9de. Drie keer gister gebeur en
heel waarskynlik weer die komende naweek.

Vertel asseblief julle vriende om versigtig te wees.

Dave
Re: Waarskuwing [boodskap #118737 is 'n antwoord op boodskap #118736] Di, 10 Februarie 2009 17:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uitstekend!!
Re: Waarskuwing [boodskap #118738 is 'n antwoord op boodskap #118737] Di, 10 Februarie 2009 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Feb 2009 09:47:04 -0800 (PST), Jottie
wrote:

> Uitstekend!!

LOL... sorg natuurlik maar dat dat daar
nie meer as R5 in 'n cheap beursie is nie:-)))
Re: Waarskuwing [boodskap #118739 is 'n antwoord op boodskap #118738] Di, 10 Februarie 2009 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Feb 2009 21:56:20 +0200, Dave wrote:

> On Tue, 10 Feb 2009 09:47:04 -0800 (PST), Jottie
> wrote:
>
>> Uitstekend!!
>

ek's bly jy't dit geniet:-)
Re: Waarskuwing [boodskap #118743 is 'n antwoord op boodskap #118736] Wo, 11 Februarie 2009 09:03 Na vorige boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" My beursie is gesteel Januarie die 5de, 8ste en 10de, twee keer op die[/color]
> 15de, weer die 17de 18de en 23ste. Dit het weer gebeur die 3rde
> Februarie, die 5de en twee keer op die 9de. Drie keer gister gebeur en
> heel waarskynlik weer die komende naweek.
>

Ek het 'n boek van Dr Theresa Larsen Crenshaw oor liefde en seks.
Dr Crenshaw het onder die beroemde Masters en Johnson seksiologie gestudeer.

Dr Crenshaw sê: 'n Rot sal net een keer in 'n tonnel afhardloop waar daar
nie kos is nie...
Maar mense hardloop keer op keer in dieselfde tonnel af...
in die valse geloof/hoop dat as hulle genoeg keer in dieselfde leë tonnel
afhardloop,
dan SAL daar kos aan die einde van die tonnel wees.

Gevolgtrekking: Mense is dommer as rotte!!!

:)))))
Vorige onderwerp: Een van die 'ses anties' dink terug
Volgende onderwerp: bygelowig of nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:25:51 MGT 2024