Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 3 rowers met publiek se hulp aangekeer
3 rowers met publiek se hulp aangekeer [boodskap #117636] Vr, 13 Junie 2008 21:27
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi, as jy net miskien kontak het met Virginia Keppler,
moet jy asseblief my komplimente met die skryf van hierdie berig
aan haar oordra. Sy noem die bliksems 'rowers' en slegs in die
voorlaaste paragraaf word, eenmaal, van 'verdagtes' gepraat.
Sy skryf 'n lekkerlees berig. As jy kan, sê dit vir haar asseblief.

3 rowers met publiek se hulp aangekeer
Jun 13 2008 08:51:38:033PM - (SA)

Die rower kreun van pyn terwyl 'n polisielede sy wond behandel wat hy
opgedoen het toe hy oor 'n pallisadeheining probeer vlug het. Foto:
Leon Botha

Virginia Keppler

Inwoners van Pierre van Ryneveld in Centurion het die polisie gister
gehelp om strate in hul woonbuurt af te sper om drie rowers vas te
trek.

Die rowers is onder meer gesoek nadat hulle verlede Saterdag op 'n
dominee van die buurt geskiet het. Hulle is gister in Blanestraat
aangekeer ná 'n wilde jaagtog en skietgeveg met die polisie en 'n
veiligheidsmaatskappy.

Die eerste rower is in albei bene gewond en 'n tweede het sy hand erg
beseer toe hy oor 'n palissadeheining probeer spring het. Die derde
rower was ongedeerd.

Dir. André Wiese, stasiebevelvoerder van die Lyttelton-polisiekantoor,
het gesê die rowers vorm deel van 'n bende van sowat tien wat
Brooklyn, Lyttelton, Pierre van Ryneveld en Garsfontein die afgelope
twee weke teister.

Dr. Sampie Niemand (67) van die NG-gemeente Pierre van Ryneveld het
die rowers uitgewys as dié wat vroeër op hom en sy seun, Ferdi (43),
geskiet het. Hy het saam met ander inwoners die polisie gehelp deur
die woonbuurt se strate af te sper.

Niemand, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het
gesê dié rowers het 'n “terroriste-gees”.

“Hulle het geen respek vir die lewe nie en sal jou op die plek
doodskiet.”

Wiese het gesê die rowers is gister omstreeks 10:00 deur polisielede
op patrollie in Daan Pienaarstraat in Pierre van Ryneveld opgemerk.
Hulle het in 'n rooi Volkswagen Jetta gery. “Die polisie het hulle van
die pad probeer trek, maar toe jaag hulle weg. Die polisie is agterna
en daar het 'n skietgeveg uitgebreek waartydens die polisie hul
motorbande stukkend geskiet het.”

Hy het gesê die drie rowers het op die hoek van Verwoerdlaan en
Blanestraat uit die motor gespring en probeer weghardloop. “Die een is
in die bene geskiet en die ander een is ongedeerd aangekeer,” het
Wiese gesê.

Mnr. Martin Siebert van die Monitor Net-veiligheidsmaatskappy, wat by
die soektog aangesluit het, het die derde rower by 'n nabygeleë
vulstasie aangekeer.

“Die bliksem het op die gras tussen die plante probeer wegkruip, maar
ek het gesien sy hemp is vol bloed en daar was 'n besering aan sy
regterarm en toe weet ek dis een van hulle (die rowers),” het Siebert
gesê.

Die beseerde rowers het in pyn uitgeroep terwyl 'n polisiebeampte op
die toneel hul wonde behandel het.

“Toe jy op ons geskiet het, het jy nie jô, jô geskreeu nie, jou m**r.
Jy het Saterdag byna my dominee doodgeskiet,” het mnr. Frans
Esterhuyse, 'n inwoner, die rower wat in die bene geskiet is,
toegesnou.

Wiese het gesê gister se sukses sluit aan by verlede Donderdag se
sukses toe drie van dié rowers se ander makkers in Elarduspark
aangekeer is terwyl hulle by 'n huis ingebreek het.

Volgens hom word die ses verdagtes met sowat 24 sake van gewapende
roof, huisbraak, huisroof, poging tot moord, diefstal van 'n
motorvoertuig, besit van ongelisensieerde vuurwapens en die rig van 'n
vuurwapen verbind.

Die polisie het beslag gelê op die Jetta en 'n .357 Magnum-rewolwer.
Vorige onderwerp: Blanke Huishulp Pretoria
Volgende onderwerp: Boodskap van Stevie Wonder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:39:39 MGT 2024