Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » die blêddie apartheidsvarke..!
die blêddie apartheidsvarke..! [boodskap #117486] Do, 29 Mei 2008 09:29
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
'Onderdrukkers van swartes agter geweld'
May 28 2008 08:18:35:913PM - (SA)

'n Jong vrou se skadu val gister op 'n onderstebo vlag van die
Ivoorkus in 'n optog in Durban ter bekendstelling van 'n veldtog teen
xenofobie deur die KwaZulu-Natalse regering. Die mense wat dié vlag
gedra het, het nie geweet watter land s'n dit is nie. Foto: Dries
Liebenberg
Click here to find out more!
Verwante Berigte
# Gesloer keer glo dat krisissentrum help
# Dalk 14 kampe vir dié wat onder geweld ly
# 'Vergoed ons arme burgers!'
# Eetstaking 'totdat VN tot redding kom'
# 'Sien toeriste in 2010 as beleggers'
# SA se mense dalk in gevaar in Kenia
Dries Liebenberg

drieslb@worldonline. co.za

Durban. - Dit is die onderdrukkers van swart mense wat agter die vlaag
van geweld teen buitelanders in Suid-Afrika sit.

Só het premier S'bu Ndebele van KwaZulu-Natal gister aangevoer toe hy
'n veldtog bekend gestel het om Afrika se diversiteit te vier.

“Dit is die onderdrukkers wat vir mense wysmaak dat Mosambiekers ons
vyande is,” het Ndebele by die bekendstelling van die Love for
Africa-veldtog gesê.

“Sê vir hierdie mense wat deur ons onderdukkers gestuur is, hulle kan
ons net onderdruk as ons verdeeld is,” het hy voorts gesê.

Ndebele wou weet waarom net swart mense van Afrika-state in die vlaag
van geweld en intimidasie as buitelanders gebrandmerk word. “Niemand
hier sê dat 'n wit Engelsman, Duitser of Portugees 'n buitelander is
nie.

“Niemand het ooit gesê dat dit maklik gaan wees om demokrasie in die
Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te vestig nie. Ons vyande
rus nie.

“Nie een van julle behoort in 'n bus te klim om terug te gaan na jul
land van herkoms nie,” het Ndebele gesê.

Dié uitsprake kom nadat Ndebele en mnr. Bheki Cele, LUR vir
gemeenskapsveiligheid en -skakeling, verlede week die skuld vir een
van die eerste aanvalle op buitelanders in die stad op die IVP gepak
het.

Misdadigers het toe en sedertdien ook die skuld vir die geweldvlaag
gekry.

Ofskoon slegs buitelanders in daardie aanval in die Durbanse buurt
Umbilo uitgesonder en gemaan is om pad te gee, het Ndebele en Cele
voet by stuk gehou xenofobie het geen rol in die geweld gespeel nie.

Eergister het Ndebele gesê dit is nie in die aard van Suid-Afrikaners
om xenofobies te wees nie en dat dit ondenkbaar is dat die geweld
spontaan uitgebreek het.

Die bekendstelling van die Love for Africa-veldtog het musiekgroepe en
kultuurvertonings van verskillende Afrika-state ingesluit, asook 'n
sokkerwedstryd tussen beroep- spelers van Suid-Afrika en ander lande
wat aan KwaZulu-Natalse klubs verbonde is.

Onder die toeskouers was buitelanders wat die afgelope week by die
Cato Manor-polisiekantoor gaan skuiling soek het toe die geweld na dié
provinsie uitgebrei het.

Al het die sokkerspanne in rooi en blou truie met die woorde “Africa
United” daarop gespeel, was die kennis oor die vlae van Afrika
gebrekkig.

Niemand het eens opgemerk dat die vlag van die Ivoorkus onderstebo
gedra is in die optog nie.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2330866,00. html
Vorige onderwerp: Riaan
Volgende onderwerp: Arm witmense
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:20:47 MGT 2024