Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » apartheidsregering het opdrag gegee om hulle van mekaar te beveilig.
apartheidsregering het opdrag gegee om hulle van mekaar te beveilig. [boodskap #117454] Di, 27 Mei 2008 16:15
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Dis moordorgie leiers bo verdenking moet lei
May 26 2008 08:31:35:150PM - (SA)

Ex Echo Een Nege, Vereeniging

Toe . . . en nou? Dit is 1993. In Katlehong, Thokoza, Vosloorus en
Pholapark laat politieke twis, rassehaat, faksiegevegte en jaloesie
tussen plaaslike en migrerende werkers daagliks talle dood. In so 'n
mate dat die Germiston-lykhuis toegeboude vragmotors stuur om die
dooies van die vorige dag op die plaaslike onluste-eenheid se basis te
gaan haal . . . as almal op een vrag gelaai kan word.

Die skuld vir die onluste, geweld en moorde id destyds gepak op 'n
derde mag, (lees, apartheidsregering, hul polisiemag, regse elemente .
. .). My ondervinding dui daarop dat 99% van hierdie moorde gepleeg is
deur die faksies binne die Zoeloe- en Sotho-groepe wat die
"apartheidsregering" ons opdrag gegee het om hulle van mekaar te
beveilig.

Nou het ons weer 'n situasie waar 'n moordorgie landwyd heers Met dié
verskil dat Zoeloe-, Sotho- en Xhosa-faksies saam buitelanders in die
visier het.

Nog 'n verskil is dat die polisie (-diens) nie opgewasse is teen
hierdie situasie nie. Hul "diens" (gelees teenoor "-mag") bevoordeel
net die misdadige element wat die bevolking terroriseer.

En nou word 'n derde mag weer geblameer. Tree op teen die misdadige
element in regerende posisies, staak die beskerming van korrupte en
onbeholpe leiers wat nie standpunt kan stel nie!

As die leiers bo verdenking kan lei, kan die gemeenskap met vertroue
volg. Andersins word eie reg gebruik en sal laagtepunte van nou en in
ons land se geskiedenis vaal vertoon teen dit wat gaan kom.
Vorige onderwerp: Hier kom ou Dave weer, so oop en toe, oop en toe
Volgende onderwerp: Afrikaners is plesierig, dit kan jul wel glo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:40:51 MGT 2024