Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vanaf 'Litnet' ge-copy
Vanaf 'Litnet' ge-copy [boodskap #117420] Sa, 24 Mei 2008 06:07 na volgende boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Ek het dit hieronder op Litnet gelees. Hou veral van dit wat Ben in die
laaste paragraaf te sê het.

Jan van Perth

Ben Schoeman:
Boesak is eenogig en versand in sy weergawe van die verlede

Armoede is deel van die menswees. Armes sal altyd daar wees. Geld koop nie
noodwendig sukses of eerbaarheid of waardes nie, inteendeel. Hy self behoort
te weet, want daar is vir hom geleenthede geskep om die banvloek van armoede
te ontvlug. Dit is baie maal die kinders uit arm huise wat presteer en wat
"versadig, verstandig en vol mededoë", om van Wyk Louw buite konteks aan te
haal, hulle verlede gebruik om betekenis aan die hede en waardigheid aan
medemense te gee. Nee, die uitsigloosheid en verydelde hoop bring ?
weerloosheid en juis ook onderdrukte en ontploffende aggressie wat goeie
mense slegte dinge laat doen. Na 14 jaar se verval en leë beloftes het hoop
op die ashoop beland en het die vensters na ? beter toekoms dof geword.
Daarom verkas die geslag kundiges wat geen deel aan die regime of die beleid
gehad het nie, ook maar, want die Afrika-manier van doen en die hoog
geroemde ubuntu het nóg hoop nóg vrede gebring. Mugabe, die ikoon van
Afrika, wat na al die jare nog Brittanje en die Weste verwyt vir sy eie
versuim om insigtelik te dink is ? hartseer en eentonige wysie op die
Afrika-maat. Altyd ander se skuld!

Die Afrikaner was ook arm na die Anglo-Boereoorlog. So het elke land sy eie
eentonige verhaal van armoede en wandade. Maar die Reddingsdaadbond en
Helpmekaarbeweging is in die kultuur ingeweef. Hulle was ook uitgelewer aan
omstandighede en regerings wat hulle nie geag het nie en hulle ken die
vernedering van armoede, die magteloosheid van armoede, die verwonding en
woede ja, maar die armes is nie aksiomaties misdadigers en verkragters en
moordenaars nie. Nie diere nie. Dit klink al of Allan behaaglik agteroorsit
en wag dat die melodrama soos hy dit profeteer, homself ontvou en dan kan hy
sê: "Ons het julle mos gesê." Die vreesaanjaende dierlikheid waarvan hy
praat en waarvan daar tot vervelens toe gelees word is nie verskoonbaar nie.
Dol diere moet dierlik behandel word, ook in Afrika. Versoening, hoe nodig
ookal, of die gebrek daaraan, is geen rede om wetteloosheid te vergoeilik
nie. Armoede in ons ryk land moet kundig aangespreek en verminder word
sonder om sondermeer aanvaar te word as ? ewigdurende erfenis, of oorsaak
van al die ellende.

Die oplossing lê in die behoud van kundigheid en ? waardige skoolstelsel
waar waardes en harde werk weer beloon word. ? Regstelsel wat ons Grondwet
eer aandoen. ? Stelsel van meriete gegrond op meriete en nie blinde
lojaliteit aan ? gestorwe ideaal nie. ? Lewensingesteldheid wat nie na 14
jaar nog skuld aan gestorwe en begrawe apartheid toedig nie en ? gees wat
versoening adem en nie bevraagteken nie - dit is die oplossing. Enige
interaksie, positief of negatief, tussen kultuurgroepe kan nie sondermeer,
as dit jou nie pas nie, aan rassisme gewyt word nie. Ek dink ons het almal
al meer volwasse as dit geword. Jy is reg, Allan, ons moet die guts hê om
hierdie lewensweg by die kruispad te kies waar vergifnis, soos altyd, die
voorwaarde vir versoening is.
Re: Vanaf 'Litnet' ge-copy [boodskap #117422 is 'n antwoord op boodskap #117420] Ma, 26 Mei 2008 02:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Daniel le Roux" skryf
:
> Ek het dit hieronder op Litnet gelees. Hou veral van dit wat Ben in die
> laaste paragraaf te sê het.

> Die oplossing lê in die behoud van kundigheid en ? waardige skoolstelsel
> waar waardes en harde werk weer beloon word. ? Regstelsel wat ons Grondwet
> eer aandoen. ? Stelsel van meriete gegrond op meriete en nie blinde
> lojaliteit aan ? gestorwe ideaal nie. ? Lewensingesteldheid wat nie na 14
> jaar nog skuld aan gestorwe en begrawe apartheid toedig nie en ? gees wat
> versoening adem en nie bevraagteken nie - dit is die oplossing. Enige
> interaksie, positief of negatief, tussen kultuurgroepe kan nie sondermeer,
> as dit jou nie pas nie, aan rassisme gewyt word nie. Ek dink ons het almal
> al meer volwasse as dit geword. Jy is reg, Allan, ons moet die guts hê om
> hierdie lewensweg by die kruispad te kies waar vergifnis, soos altyd, die
> voorwaarde vir versoening is.

Sonder om te weet wat Boesak oorspronklik gesê het,
weet ek natuurlik nie waarop die bostaande skrywer
antwoord nie. Kan jy egter vir my opsom wat die
bostaande skrywer werklik bedoel. Dit klink vir my of dit
'n hele klomp clichés is wat saamgeflans is, en klink
na iets belangriks, maar ek kan nie besluit wat hy vir
my wil sê nie. Die laaste sin maak 'n sekere sin, maar
ek kan ook nie uitmaak wie vir wie moet vergewe en
vergiffenis vra nie. In my kop is dit 'n uitgemaakte saak
wie vir wie om vergiffenis moet vra. Boesak het in
Kakamas grootgeword, waar ek hoërskool toe gegaan
het. Die Kakamas hoërskool VIR WITTES was 'n baie
goeie skool, tot in Stellenbosch gewaardeer vir sy
kwaliteit studente. Boesak, egter, kon nooit daardie
skool bywoon nie. Ek vermoed sy skool was erens
in die bulte, waar daar geen lopende water was nie.
Hulle moes dit ver met die hand uit die kanale kom
skep wat net die wit mense se blyplekke gedien het.
Nogtans, ten spyte van al dié soort dinge, het Boesak
sy Doktorsgraad in Hebreeus ( dink ek) in Nederland
verkry, iets wat sommige van die Afrikaner joggies
wat hom so kritiseer nie sou regkry, selfs al het hulle
in wit skole skoolgegaan waarop meeste van die
belastingsgeld in SA bestee is tot taamlik onlangs.

Gloudina
Re: Vanaf 'Litnet' ge-copy [boodskap #117436 is 'n antwoord op boodskap #117422] Ma, 26 Mei 2008 13:51 Na vorige boodskap
Daniel Le Roux  is tans af-lyn  Daniel Le Roux
Boodskappe: 106
Geregistreer: Februarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie die agtergrond hiervan nie... ek dink dat hierdie moontlik die
derde plasing oor die onderwerp kan wees. Teken in by LitNet en lees self
as jy belangstel.

Jan van Perth

"Hessie" wrote in message
news:172d3f04-5739-48e8-b855-021b8b1508d4@c65g2000hsa.google groups.com...
"Daniel le Roux" skryf
:
> Ek het dit hieronder op Litnet gelees. Hou veral van dit wat Ben in die
> laaste paragraaf te sê het.

> Die oplossing lê in die behoud van kundigheid en ? waardige skoolstelsel
> waar waardes en harde werk weer beloon word. ? Regstelsel wat ons Grondwet
> eer aandoen. ? Stelsel van meriete gegrond op meriete en nie blinde
> lojaliteit aan ? gestorwe ideaal nie. ? Lewensingesteldheid wat nie na 14
> jaar nog skuld aan gestorwe en begrawe apartheid toedig nie en ? gees wat
> versoening adem en nie bevraagteken nie - dit is die oplossing. Enige
> interaksie, positief of negatief, tussen kultuurgroepe kan nie sondermeer,
> as dit jou nie pas nie, aan rassisme gewyt word nie. Ek dink ons het almal
> al meer volwasse as dit geword. Jy is reg, Allan, ons moet die guts hê om
> hierdie lewensweg by die kruispad te kies waar vergifnis, soos altyd, die
> voorwaarde vir versoening is.

Sonder om te weet wat Boesak oorspronklik gesê het,
weet ek natuurlik nie waarop die bostaande skrywer
antwoord nie. Kan jy egter vir my opsom wat die
bostaande skrywer werklik bedoel. Dit klink vir my of dit
'n hele klomp clichés is wat saamgeflans is, en klink
na iets belangriks, maar ek kan nie besluit wat hy vir
my wil sê nie. Die laaste sin maak 'n sekere sin, maar
ek kan ook nie uitmaak wie vir wie moet vergewe en
vergiffenis vra nie. In my kop is dit 'n uitgemaakte saak
wie vir wie om vergiffenis moet vra. Boesak het in
Kakamas grootgeword, waar ek hoërskool toe gegaan
het. Die Kakamas hoërskool VIR WITTES was 'n baie
goeie skool, tot in Stellenbosch gewaardeer vir sy
kwaliteit studente. Boesak, egter, kon nooit daardie
skool bywoon nie. Ek vermoed sy skool was erens
in die bulte, waar daar geen lopende water was nie.
Hulle moes dit ver met die hand uit die kanale kom
skep wat net die wit mense se blyplekke gedien het.
Nogtans, ten spyte van al dié soort dinge, het Boesak
sy Doktorsgraad in Hebreeus ( dink ek) in Nederland
verkry, iets wat sommige van die Afrikaner joggies
wat hom so kritiseer nie sou regkry, selfs al het hulle
in wit skole skoolgegaan waarop meeste van die
belastingsgeld in SA bestee is tot taamlik onlangs.

Gloudina
Vorige onderwerp: Wat sê julle van
Volgende onderwerp: Meer oor Neil Turok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:11:45 MGT 2024