Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Barbaarse strawwe...
Barbaarse strawwe... [boodskap #117348] Wo, 21 Mei 2008 06:22 na volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
Ek merk dat Dave en Jottie in 'n gesprek gewikkel geraak het wat verskeie
punte aangesny het rondom straf, insluitend die vraag na geweld met geweld
beantwoord, hoe 'n misdadiger aangespreek moet word, die doodstraf, ens.

Kom ons gesels oor een onderwerp op 'n slag: Die vraag oor tronkstraf.

Is dit 'n beskaafde vorm van straf?
Teenstanders van die doodstraf sê die doodstraf is barbaars. Is tronkstraf
minder barbaars?

Die naam is jare terug na "korrektiewe dienste", maar die enigste
korrektiewe dienste is die mishandeling wat gevangenis teenoor mekaar
uitdeel. In die St. Albans gevangenis in PE is daar bv net 2 maatskaplike
werker poste vir meer as 400 vroue-gevangenis. Toe ek laas met iemand
gesels het wat daar aangehou was, was daar net 1 pos gevul. Die gevangenes
met meer karakter - meesal 1e oortreders! - stig ondersteuningsgroepe en
probeer mekaar uit die drek help opstaan.

Wat baat die samelewing daarby om mense soos 'n Adriaan Nieuwoudt, 'n Arthur
Brown, en ander intelligente (beweerde) witboordjie misdadigers vir jare
toe te sluit? Vergoed dit die mense of die samelewing wat skade gely het,
of ly die samelewing net meer skade deur die belastingslas wat dit
veroorsaak? Waarom nie dié soort mense in 'n omgewing "aanhou" waar hulle
hul breins en kreatiwiteit kan gebruik om die skade wat hulle aangerig het,
weer goed te maak nie?
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117351 is 'n antwoord op boodskap #117348] Wo, 21 Mei 2008 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 May 2008 08:22:06 +0200, "Torreke" wrote:

> Ek merk dat Dave en Jottie in 'n gesprek gewikkel geraak het wat verskeie
> punte aangesny het rondom straf, insluitend die vraag na geweld met geweld
> beantwoord, hoe 'n misdadiger aangespreek moet word, die doodstraf, ens.
>
> Kom ons gesels oor een onderwerp op 'n slag: Die vraag oor tronkstraf.
>
> Is dit 'n beskaafde vorm van straf?
> Teenstanders van die doodstraf sê die doodstraf is barbaars. Is tronkstraf
> minder barbaars?
>

Dit bring die kollig op my siening. Is die barbare waarmee Suid Afrika
nou te doen het geregtig op 'n 'minder barbaarse straf as wat hulself
uitgedeel het'? En as jy my nou sou vra of ons dan moet terug na ' 'n
oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand' sou jy dit vir my moeilik maak
om te antwoord. Heelwaarskynlik sou ek met 'n teenvraag antwoord en
vra of jy dan dink dat die ander wang gedraai moet word ten opsigte
van dit waarmee Suid Afrika nou opgeskeep sit.

> Die naam is jare terug na "korrektiewe dienste", maar die enigste
> korrektiewe dienste is die mishandeling wat gevangenis teenoor mekaar
> uitdeel. In die St. Albans gevangenis in PE is daar bv net 2 maatskaplike
> werker poste vir meer as 400 vroue-gevangenis. Toe ek laas met iemand
> gesels het wat daar aangehou was, was daar net 1 pos gevul. Die gevangenes
> met meer karakter - meesal 1e oortreders! - stig ondersteuningsgroepe en
> probeer mekaar uit die drek help opstaan.
>
> Wat baat die samelewing daarby om mense soos 'n Adriaan Nieuwoudt, 'n Arthur
> Brown, en ander intelligente (beweerde) witboordjie misdadigers vir jare
> toe te sluit? Vergoed dit die mense of die samelewing wat skade gely het,
> of ly die samelewing net meer skade deur die belastingslas wat dit
> veroorsaak? Waarom nie dié soort mense in 'n omgewing "aanhou" waar hulle
> hul breins en kreatiwiteit kan gebruik om die skade wat hulle aangerig het,
> weer goed te maak nie?

Ek wonder of dit reg is om Adriaan Nieuwoudt onder dieselfde kam te
skeer, maar dit is nie waaroor dit gaan nie. As jy sou bedoel dat
hulle moet klippe kap, ja natuurlik. Die probleem gaan wees wanneer
hulle as arbeiders in openbare plekke gebruik word, wat onsnappings
moontlikhede veel meer sal maak.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117352 is 'n antwoord op boodskap #117348] Wo, 21 Mei 2008 07:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 21 May, 08:22, "Torreke" wrote:
> Is dit 'n beskaafde vorm van straf?
> Teenstanders van die doodstraf sê die doodstraf is barbaars. Is tronkstraf
> minder barbaars?

Wanneer dit bloot daaroor gaan om die gevangene uit die samelewing te
verwyder sonder enige poging om hom te probeer rehabiliteer, dan gaan
dieselfde probleem maar net weer op 'n later stadium aan die
gemeenskap teruggelewer word. Ongelukkig is dit so dat in sommige
lande die hoeveelheid gevangenes eenvoudig te veel is om 'n praktiese
rehabilitasie program moontlik te maak. Die minste wat dan nog gedoen
kan word is om te voorkom dat dit in 'n hok vol wilde diere ontaard
soos ons ook al in verskeie flieks gesien het.

> Wat baat die samelewing daarby om mense soos 'n Adriaan Nieuwoudt, 'n Arthur
> Brown, en ander intelligente (beweerde) witboordjie misdadigers vir jare
> toe te sluit? Vergoed dit die mense of die samelewing wat skade gely het,
> of ly die samelewing net meer skade deur die belastingslas wat dit
> veroorsaak? Waarom nie dié soort mense in 'n omgewing "aanhou" waar hulle
> hul breins en kreatiwiteit kan gebruik om die skade wat hulle aangerig het,
> weer goed te maak nie?

Ek stem volkome saam met hierdie punt. Een van die redes vir
tronkstraf is sodat die veroordeelde sy skuld aan die gemeenskap
terugbetaal. Dus maak gemeenskapsdiens in sommige gevalle baie sin. Ek
beskou daardie "omgewing" waar hulle hul kreatiwiteit kan gebruik
nogsteeds as 'n tronk.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117356 is 'n antwoord op boodskap #117352] Wo, 21 Mei 2008 09:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Jottie" < wrote

Ek stem volkome saam met hierdie punt. Een van die redes vir
tronkstraf is sodat die veroordeelde sy skuld aan die gemeenskap
terugbetaal. Dus maak gemeenskapsdiens in sommige gevalle baie sin. Ek
beskou daardie "omgewing" waar hulle hul kreatiwiteit kan gebruik
nogsteeds as 'n tronk.

Mens kan dit noem wat jy wil, maar dit moet 'n omgewing wees waar die
persoon uit die samelewing verwyder is, so onder toesig is dat hulle nie net
weer nuwe streke kan uithaal nie, maar terselfdertyd hulle briljante breins
kan inspan om weer geld te genereer en terug te betaal wat hulle gesteel
het.

Brown het nie sy B.Com graad klaar gemaak nie, en hy is deur die media op 'n
baie negatiewe wyse voorgestel, maar feit is: Hy het 'n fenomeniale
besigheidsbrein! Noseweek het verlede Maart - toe die ondersoek pas begin
het! - 'n artikel gepubliseer waarin aangetoon is hoe hy vanuit 'n motorhuis
begin het en binne twee of drie jaar 'n reuse finansiële instelling opgebou
het - ook hoe hy ABSA ore aangesit het ten opsigte van die administrasie van
effektetrusts, met die een na die ander baie "clever" oorname Fidentia
oornag tot 'n reus in die finansiële wêreld opgebou het. Die artikel wys
uit hoe die FSB se ondersoek teen Fidentia begin het nadat Fidentia 'n
finansiële instelling wat voorheen sonder die nodige klaring geopereer het
oorgeneem het en die FSB versoek het om Fidentia te vrywaar van
verantwoordelikheid vir wat voorheen gebeur het - hoe Brown geweier het om
korrup op te tree ten einde die FSB se "goedkeuring" te kry.

Een van Brown se probleme is dat hy in die proses op baie groot tone - onder
andere ABSA s'n! - getrap het.

Hy word verantwoordelik gehou vir die feit dat die weduwees en wese hulle
geld verloor het. Wat nie vertel word nie is dat die FSB Fidentia so
ongeveer Augustus 2006 verbied het om enige bates tot gelde te maak.
Fidentia het voortgegaan om uit die beskikbare kontant die weduwees en wese
tot in Februarie 2007 elke maand uit te betaal. Toe was die kontant op - en
Fidentia tegnies in stryd met die wet op Finansiële Instellings - en het 'n
aansoek om Kuratorskap geslaag.

Wat nie vir die publiek vertel word nie, is dat Brown en Maddock net lank
genoeg in die tronk gehou is voordat borg toegestaan is dat dit praktiese
onmoontlik vir hom was om die finale bevel om die maatskappy onder kurators
te plaas, effektief teen te staan.

Wat nie vir die publiek vertel word nie, is dat die kurators met miljoene
Rande se "betaling vir hulle dienste" wegloop - dat hulle 'n multi-miljoen
Rand se "retreat" oord by Stellenbosch wat in 2006 'n internasionale
toekenning gekry het en waar net die rykstes in SA tuisgegaan het, oornag
toegemaak en 'n uiters lonende "going concern" tot die blote bate-waarde
daarvan gereduseer het. Trouens, dit geld van die hele Fidentia-besigheid.
Die gewone publiek het nie die vaagste benul oor hoeveel geld Fidentia vir
die beleggers gegenereer het op die aandele markte, met die strategiese
oorname van ander finansiële instellings en met vaste eiendomme wat
aangekoop en op strategiese tye weer teen wins verkoop is nie - ALLES tot
niet as gevolg van die kuratorskap! - en Brown word vir al die verliese
verantwoordelik gehou.

Trouens, ek het met mense gepraat wat daar gewerk het. Hulle het vir my
gesê dat oudwerknemers met handevol kantoortoerusting soos laptops,
printers, ens. onder hulle arms by die voordeur uitgeloop het - die plek
gestroop het! - omdat die kurators, nadat hulle oorgeneem het, almal
afgedank het, insluitend die sekuriteitsmaatskappy!
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117357 is 'n antwoord op boodskap #117356] Wo, 21 Mei 2008 10:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 May 2008 11:42:21 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Jottie" < wrote
>
> Ek stem volkome saam met hierdie punt. Een van die redes vir
> tronkstraf is sodat die veroordeelde sy skuld aan die gemeenskap
> terugbetaal. Dus maak gemeenskapsdiens in sommige gevalle baie sin. Ek
> beskou daardie "omgewing" waar hulle hul kreatiwiteit kan gebruik
> nogsteeds as 'n tronk.
>
> Mens kan dit noem wat jy wil, maar dit moet 'n omgewing wees waar die
> persoon uit die samelewing verwyder is, so onder toesig is dat hulle nie net
> weer nuwe streke kan uithaal nie, maar terselfdertyd hulle briljante breins
> kan inspan om weer geld te genereer en terug te betaal wat hulle gesteel
> het.
>
> Brown het nie sy B.Com graad klaar gemaak nie, en hy is deur die media op 'n
> baie negatiewe wyse voorgestel, maar feit is: Hy het 'n fenomeniale
> besigheidsbrein! Noseweek het verlede Maart - toe die ondersoek pas begin
> het! - 'n artikel gepubliseer waarin aangetoon is hoe hy vanuit 'n motorhuis
> begin het en binne twee of drie jaar 'n reuse finansiële instelling opgebou
> het - ook hoe hy ABSA ore aangesit het ten opsigte van die administrasie van
> effektetrusts, met die een na die ander baie "clever" oorname Fidentia
> oornag tot 'n reus in die finansiële wêreld opgebou het. Die artikel wys
> uit hoe die FSB se ondersoek teen Fidentia begin het nadat Fidentia 'n
> finansiële instelling wat voorheen sonder die nodige klaring geopereer het
> oorgeneem het en die FSB versoek het om Fidentia te vrywaar van
> verantwoordelikheid vir wat voorheen gebeur het - hoe Brown geweier het om
> korrup op te tree ten einde die FSB se "goedkeuring" te kry.
>
> Een van Brown se probleme is dat hy in die proses op baie groot tone - onder
> andere ABSA s'n! - getrap het.
>
> Hy word verantwoordelik gehou vir die feit dat die weduwees en wese hulle
> geld verloor het. Wat nie vertel word nie is dat die FSB Fidentia so
> ongeveer Augustus 2006 verbied het om enige bates tot gelde te maak.
> Fidentia het voortgegaan om uit die beskikbare kontant die weduwees en wese
> tot in Februarie 2007 elke maand uit te betaal. Toe was die kontant op - en
> Fidentia tegnies in stryd met die wet op Finansiële Instellings - en het 'n
> aansoek om Kuratorskap geslaag.
>
> Wat nie vir die publiek vertel word nie, is dat Brown en Maddock net lank
> genoeg in die tronk gehou is voordat borg toegestaan is dat dit praktiese
> onmoontlik vir hom was om die finale bevel om die maatskappy onder kurators
> te plaas, effektief teen te staan.
>
> Wat nie vir die publiek vertel word nie, is dat die kurators met miljoene
> Rande se "betaling vir hulle dienste" wegloop - dat hulle 'n multi-miljoen
> Rand se "retreat" oord by Stellenbosch wat in 2006 'n internasionale
> toekenning gekry het en waar net die rykstes in SA tuisgegaan het, oornag
> toegemaak en 'n uiters lonende "going concern" tot die blote bate-waarde
> daarvan gereduseer het. Trouens, dit geld van die hele Fidentia-besigheid.
> Die gewone publiek het nie die vaagste benul oor hoeveel geld Fidentia vir
> die beleggers gegenereer het op die aandele markte, met die strategiese
> oorname van ander finansiële instellings en met vaste eiendomme wat
> aangekoop en op strategiese tye weer teen wins verkoop is nie - ALLES tot
> niet as gevolg van die kuratorskap! - en Brown word vir al die verliese
> verantwoordelik gehou.
>
> Trouens, ek het met mense gepraat wat daar gewerk het. Hulle het vir my
> gesê dat oudwerknemers met handevol kantoortoerusting soos laptops,
> printers, ens. onder hulle arms by die voordeur uitgeloop het - die plek
> gestroop het! - omdat die kurators, nadat hulle oorgeneem het, almal
> afgedank het, insluitend die sekuriteitsmaatskappy!

Jy kry dit reg om by my nogal simpatie vir Brown te laat onstaan.
Jy laat dit klink (en as ek vir jou klink asof ek in twyfel trek wat
jy sê, hoor jy verkeerd:-) asof Fidentia 'n volgende Sanlam kan wees.

Intussen is die moontlikheid van 'n volgende Fidentia geopper.
Die een waar daardie vol van homself rugbyspeler werk.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117359 is 'n antwoord op boodskap #117357] Wo, 21 Mei 2008 11:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < wrote

> Jy kry dit reg om by my nogal simpatie vir Brown te laat onstaan.
> Jy laat dit klink (en as ek vir jou klink asof ek in twyfel trek wat
> jy sê, hoor jy verkeerd:-) asof Fidentia 'n volgende Sanlam kan wees.

Jy bedoel seker "Saambou". Ja, dis presies wat ek vir jou probeer sê.
Ongelukkig vir Brown het hy nie die soort geld wat Edwards van Saambou gehad
het om sy saak te veg nie.
Ek weet wie sy borg betaal het - hy't nie die geld gehad nie! - en die
Skerpioene het geweier om enige van sy bates as borg te aanvaar omdat dit
dan kwansuis bates is wat uit misdaad bekom is.

Waarom het die Skerpioene nog geen beslagleggingsbevel op enige van dié
bates verkry wat na bewering die opbrengs van misdaad is nie?
Waar's die geld wat hy na bewering gesteel en in oorsese bankrekenings
weggesteek het?
Na meer as 'n jaar het hulle nog nie 'n enkele sodanige bankrekening
opgespoor nie.
Na meer as 'n jaar is hy nog nie op 'n enkele van die baie aanklagte verhoor
nie, ten spyte dat Maddock 'n pleitooreenkoms aangegaan het op voorwaarde
dat hy teen Brown getuig.

> Intussen is die moontlikheid van 'n volgende Fidentia geopper.
> Die een waar daardie vol van homself rugbyspeler werk.

Dis die maatskappy waarby Susan Brown ook betrek is, as ek Rapport reg
verstaan het. Die rekening wat na bewering hare is waarna R800k oorgeplaas
is, is in werklikheid 'n gesamentlike tjekrekening wat sy en haar man
sedert hulle studentdae besit - hulle is binne gemeenskap van goedere
getroud. Susan Brown het gewoon NIKS met die hele Fidentia-storie te doen
nie.

Let wel, ek praat van "storie" en nie soos die koerante van "skandaal" nie -
want daar's nog voor geen hof bewys dat daar in werklikheid 'n skandaal is
nie! - en dat die enigste skandaal nie die wyse is waarop 'n multi-miljoen
Rand finansiële instelling doelbewus deur korrupte ... amptenare gesink is
vir die sprinkane om die oes te stroop nie. As jy die Noseweek artikel in
die hande kan kry, gaan lees bietjie wat Noseweek se redakteur oor die
spesifieke kurators en hulle betrokkendheid by ander sulke sake (as ek reg
onthou ook Saambou) te sê het. Wonder of hulle 'n webblad het waar mens dit
sal kan vind en aflaai?

Die koerante het op die sensasie-wa gespring, bewerings teen Brown en
Fidentia as feite verkondig, en niemand het die moeite gedoen om 'n stukkie
objektiewe ondersoekende joernalistieke werk te doen nie, behalwe Noseweek.
'n Rapport joernalis wat verlede jaar 'n onderhoud met Susan Brown gevoer en
'n simpatieke stuk oor haar geskryf het, moes haar pos ontruim.

Die koerante het sy agtergrond nagevors tot by UPE en Mthatha, maar geen
verdere moeite gedoen nie. Of miskien het hulle, maar toe besluit dat hulle
nie dié belangrike stukke agtergondsinligting oor die man wat self op
8-jarige ouderdom wees geword het en van niks af geklim het tot waar hy
gekom het vir hulle leserspubliek wil gee nie. Daar is baie meer oor die
Brown-verhaal as wat die publiek vertel word. Byvoorbeeld: Hoe is sy
biologiese pa dood?

En ek wil graag sien of Ferdi gaan waag om my te weerspreek?

Nou waarom het Graham Maddock 'n pleitooreenkoms aangegaan?

Want hy't nie 'n keuse gehad nie; hy't o.a. nie as direkteur by sy
Ouditeursfirma, Maddock Inc. bedank, soos met Fidentia ooreengekom, toe hy
finansiële bestuurder by Fidentia geword het nie.
Brown het dit eers baie later, ek dink nadat die bom gebars het, uitgevind.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117364 is 'n antwoord op boodskap #117359] Wo, 21 Mei 2008 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" < wrote

> As jy die Noseweek artikel in die hande kan kry, gaan lees bietjie wat
> Noseweek se redakteur oor die spesifieke kurators en hulle betrokkendheid
> by ander sulke sake (as ek reg onthou ook Saambou) te sê het. Wonder of
> hulle 'n webblad het waar mens dit sal kan vind en aflaai?

http://www.noseweek.co.za/article.php?current_article=1388

Jy kan die betrokke artikel vir R30 koop en dit sal aan jou ge-epos word, as
jy belangstel. Daar's 'n skakel na die bladsy waar jy dit kan bestel en dit
per epos laat aflewer.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117366 is 'n antwoord op boodskap #117359] Wo, 21 Mei 2008 14:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 May 2008 13:18:20 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave" < wrote
>
>> Jy kry dit reg om by my nogal simpatie vir Brown te laat onstaan.
>> Jy laat dit klink (en as ek vir jou klink asof ek in twyfel trek wat
>> jy sê, hoor jy verkeerd:-) asof Fidentia 'n volgende Sanlam kan wees.
>
> Jy bedoel seker "Saambou". Ja, dis presies wat ek vir jou probeer sê.

lag.. as Sanlam dit moes hoor:-)
Natuurlik praat ek van Saambou:-)

> Ongelukkig vir Brown het hy nie die soort geld wat Edwards van Saambou gehad
> het om sy saak te veg nie.
> Ek weet wie sy borg betaal het - hy't nie die geld gehad nie! - en die
> Skerpioene het geweier om enige van sy bates as borg te aanvaar omdat dit
> dan kwansuis bates is wat uit misdaad bekom is.
>

Torreke, ek ys om te dink dat dit wat jy hier vertel die waarheid kan
wees. Die man het reeds onherstelbare skade opgedoen.
Skade wat geen geld as vergoeding (as dit die waarheid sou wees)
sou kon opmaak nie.

Moet mens nou hoop dat dit nie die waarheid is nie?
Dat hy 'n skurk is?
Moet mens nou hoop dat dit die waarheid is?
Dat hy onskuldig AFRIKA straf verduur?

Moet ons hier bly tot ons niks het om te verkoop nie?
Kan ons hoop dat Suid Afrika weer eerstewêrelds gaan word?
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117367 is 'n antwoord op boodskap #117366] Wo, 21 Mei 2008 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" [/color]
> Torreke, ek ys om te dink dat dit wat jy hier vertel die waarheid kan
> wees. Die man het reeds onherstelbare skade opgedoen.
> Skade wat geen geld as vergoeding (as dit die waarheid sou wees)
> sou kon opmaak nie.

Jy behoort te kan aflei dat ek meer van die man en sy besigheid af weet as
wat die persmanne en mense op straat weet.

Presies hoe baie ek weet, sal jy nie kan raai nie, en ek gaan dit ook om
vanselfsprekende redes nie hier sê nie.

Adv Klaus von Lieres und Wilkau het hom verteenwoordig met sy borgaansoek.
Die toeskouers het knaend uitgebars van die lag oor die verleentheid van die
Skerpioene se ondersoekbeampte wat nie antwoorde op sy vrae gehad het nie.
Die Skerpioene het net die 1e verslag van die FSB gehad. Von Lieres het in
die hof vir die ondersoekbeampte 'n tweede verslag gewys - een week later se
datum!!! - waar die FSB reeds die bedrae wat hulle beweer weggeraak het, met
'n baie groot som verminder het. Die indruk van hofgangers was dat die
Skerpioene gewoon geen saak gehad het nie en waarskynlik van "bo af" opdrag
gekry het om hulle te arresteer.

Die pers het NIKS gerapporteer oor hoe Von Lieres en Maddock se advokaat in
kruisondervraging die ondersoekbeampte opgekerf het nie - net die
ondersoekbeampte se bewerings - let wel! - gepubliseer!

Dit gaan my verstand te bowe waarom R1m borgtog opgedok moes word, terwyl
mense wat van geweldsmisdade aangekla word, daagliks op 'n paar honderd of
'n paar duisend rand borg losgelaat word.

Ek wag nuuskierig om te sien hoe Ferdi gaan reageer.

>
> Moet mens nou hoop dat dit nie die waarheid is nie?
> Dat hy 'n skurk is?
> Moet mens nou hoop dat dit die waarheid is?
> Dat hy onskuldig AFRIKA straf verduur?

Of hy onskuldig is, weet ek nie! Dat hy 'n "raw deal" kry, is seker. En
dat die behandeling wat hy in hierdie laaste week by die landdros gekry het,
aan boendoe-geregtigheid herinner, is ook seker.

Die Kurators het verskeie kere gedurende 2007 aansoek gedoen dat sy en Susan
Brown se boedel gesekwestreer word. Dit is telkens met koste van die hand
gewys - in een geval het die regter opgemerk dat die vir hom lyk na
"litigation by defamation". Uiteindelik is dit toegestaan deur 'n regter
met 'n struggle agtergrond wat klaarblyklik so bevooroordeeld was dat hy
opmerkings soos "jou kliënt het miljoene gesteel" van die bank af gemaak
het - gekorigeer tot " kom ons veronderstel hy het miljoene gesteel" toe die
advokaat hom daarop wys dat daar niks teen Brown bewys is nie.

>
> Moet ons hier bly tot ons niks het om te verkoop nie?
> Kan ons hoop dat Suid Afrika weer eerstewêrelds gaan word?

Jy weet ek en my gesin oorweeg om te emigreer. Ons was onlangs op 'n
seminaar waar die ou gesê het: Kry jou geld uit hierdie land uit terwyl dit
nog iets werd is.

Kom ons kyk hoe dinge oor die laaste 2/3 dekades verloop het. In sondag se
Rapport sê Alex Borain John Vorster was 'n formidabele leier, intelligent en
deur die opposisie gevrees. PW het net nie oor dieselfde intelligensie en
statuur as Vorster beskik nie (aldus Borain). Toe het ons FW gehad,
intelligent, reguit en skerp, wat die beslissende treë gegee het weg van
apartheid af, maar hy't ook nie 'n Vorster se statuur gehad nie. Daarna
Madiba, formidabele statuur, maar gewoon nie die leierseienskappe van enige
van sy voorgangers nie. Toe Mbeki, intelligent, geleerd, maar hy het nie
die statuur van Mandela nie en sy regering gaan mank aan rassisme,
besluitloosheid en ontkennings. Volgende jaar kry ons Zuma, nie geleerd
nie, geen statuur nie, geen rigting nie - die SAKP en Cosatu se puppet. Wie
is volgende? Zwelinzima Vavi? Dis afdraande pad in die kwaliteit leiers
behoort genoeg te sê.

Ons is onherroeplik op pad na 'n piesangrepubliek - in vandag se Dispatch is
daar 'n artikel van Bantu Holomisa waar hy presies dit sê.

Ek swyg liewers oor wat Brown moontlik daarop sou antwoord.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117369 is 'n antwoord op boodskap #117367] Wo, 21 Mei 2008 16:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
As ek Torreke se verslag so lees dan klink dit
vir my asof Brown sy kompetisie (lede van die
geldmag en die vrymesselaars natuurlik) 'n har-
de tyd verskaf het. En toe smee hulle saam 'n
plan om hom te sink. En sink, dié gaan hulle
hom.

Want as die Staat en die sg "regstelsel" op sul-
ke (blatante, agterbakse en onregverdige) wyses
dit kan vermag om voort te stoom soos in hierdie
geval, dan het Brown ongelukkig met die vrymes-
selaars te make (...wat natuurlik op alle gebiede
saam staan en saam werk). - Indien wel, staan
Brown nie 'n kans nie.

Jim
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117372 is 'n antwoord op boodskap #117369] Do, 22 Mei 2008 06:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Jim Again..." < wrote

As ek Torreke se verslag so lees dan klink dit
vir my asof Brown sy kompetisie (lede van die
geldmag en die vrymesselaars natuurlik) 'n har-
de tyd verskaf het. En toe smee hulle saam 'n
plan om hom te sink. En sink, dié gaan hulle
hom.

Want as die Staat en die sg "regstelsel" op sul-
ke (blatante, agterbakse en onregverdige) wyses
dit kan vermag om voort te stoom soos in hierdie
geval, dan het Brown ongelukkig met die vrymes-
selaars te make (...wat natuurlik op alle gebiede
saam staan en saam werk). - Indien wel, staan
Brown nie 'n kans nie.

Jim

Jimmy, ek het nog nie dikwels in die verlede met jou saamgestem nie, maar in
hierdie geval moet ek jou gelykgee: Onskuldig of dalk skuldig aan minder
ernstige tegniese oortredings van die Wet op Finansiële instellings, hy gaan
nie toegelaat word om te wen nie - hulle gaan hom sink!!!

Presies wie daaragter sit, het ek my vermoedens, en selfs name is teenoor my
genoem. Maar hierdie is 'n openbare ng, en ek het min twyfel dat dit
"gemonitor" word. Ek sou baie verbaas wees as die ouens wat hierdie ng
stilswyend besoek en lees wat hier geskryf word, nie presies weet wie
"torreke", "jim again", "jottie", "walter die wonderman", "mon", ens. is nie

Ek het persoonlik gesien wat gebeur as iemand in die "verkeerde mense" se
visier kom.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117375 is 'n antwoord op boodskap #117367] Do, 22 Mei 2008 07:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
> Dave vra
>> Moet ons hier bly tot ons niks het om te verkoop nie?
>> Kan ons hoop dat Suid Afrika weer eerstewêrelds gaan word?
>
> Torreke antwoord
> Jy weet ek en my gesin oorweeg om te emigreer. Ons was onlangs op 'n
> seminaar waar die ou gesê het: Kry jou geld uit hierdie land uit terwyl dit
> nog iets werd is.
>
> Kom ons kyk hoe dinge oor die laaste 2/3 dekades verloop het. In sondag se
> Rapport sê Alex Borain John Vorster was 'n formidabele leier, intelligent en
> deur die opposisie gevrees. PW het net nie oor dieselfde intelligensie en
> statuur as Vorster beskik nie (aldus Borain). Toe het ons FW gehad,
> intelligent, reguit en skerp, wat die beslissende treë gegee het weg van
> apartheid af, maar hy't ook nie 'n Vorster se statuur gehad nie. Daarna
> Madiba, formidabele statuur, maar gewoon nie die leierseienskappe van enige
> van sy voorgangers nie. Toe Mbeki, intelligent, geleerd, maar hy het nie
> die statuur van Mandela nie en sy regering gaan mank aan rassisme,
> besluitloosheid en ontkennings. Volgende jaar kry ons Zuma, nie geleerd
> nie, geen statuur nie, geen rigting nie - die SAKP en Cosatu se puppet. Wie
> is volgende? Zwelinzima Vavi? Dis afdraande pad in die kwaliteit leiers
> behoort genoeg te sê.
>
> Ons is onherroeplik op pad na 'n piesangrepubliek - in vandag se Dispatch is
> daar 'n artikel van Bantu Holomisa waar hy presies dit sê.
>
> Ek swyg liewers oor wat Brown moontlik daarop sou antwoord.
>
>
>

Daar is soveel dinge om op die skaal te sit.
My oudste dogter is getroud met 'n man wat voorheen getroud was
en wat twee kinders het, van wie een in Kallifornië woon en die ander
in England. Hulle bedryf hul eie besigheid lokaal en het nog nooit van
landuit gaan gepraat nie.

My ander dogter het reeds gepraat van Australië toe emigreer en wil hê
ons moet saamgaan.

My suster kom onlangs van New York af na 'n drie maande kuier by 'n
vriendin, en praat van emigrasie daarheen.

My broer het grond langs die vaalrivier en hy praat nie eens van
weggaan nie.

Behalwe vir die onbetwisbare feit dat ons finansieël swakker daaraan
toe sal wees daar, kom daar ook die moontlikheid van
familieverspreiding in die gedrang. Ek is geen familiemens nie, want
my pa het gesterf toe ek 3 jaar oud was, en ek ken geen familie nie.
Nie eens 'n neef of niggie nie.
Maar... ek is 'n gesinsmens. Soveel dinge om op 'n skaal te sit.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117378 is 'n antwoord op boodskap #117372] Do, 22 Mei 2008 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:26GdnYfw0t4MiKjVnZ2dnUVZ8uadnZ2d@saix.net...

> Presies wie daaragter sit, het ek my vermoedens, en selfs name is teenoor
> my genoem. Maar hierdie is 'n openbare ng, en ek het min twyfel dat dit
> "gemonitor" word. Ek sou baie verbaas wees as die ouens wat hierdie ng
> stilswyend besoek en lees wat hier geskryf word, nie presies weet wie
> "torreke", "jim again", "jottie", "walter die wonderman", "mon", ens. is
> nie

Ek dink jy gee die regering en die hedendaagse NIA te veel krediet. In elk
geval sal enige ou wat die NG langer as 'n week dophou besef dat hier
niemand is wat 'n gevaar vir die land inhou nie. Die ouens wat moontlik hier
spy sal tien teen een jou eerder kontak in die hoop om jou af te pers vir
geld, eerder as om jou te rapporteer by hul base as 'n gevaar vir die land,
want dit sal beteken hy moet admin werk - Afrika styl.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117379 is 'n antwoord op boodskap #117375] Do, 22 Mei 2008 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" < skryf

> Daar is soveel dinge om op die skaal te sit.
> My oudste dogter is getroud met 'n man wat voorheen getroud was
> en wat twee kinders het, van wie een in Kallifornië woon en die ander
> in England. Hulle bedryf hul eie besigheid lokaal en het nog nooit van
> landuit gaan gepraat nie.
>
> My ander dogter het reeds gepraat van Australië toe emigreer en wil hê
> ons moet saamgaan.
>
> My suster kom onlangs van New York af na 'n drie maande kuier by 'n
> vriendin, en praat van emigrasie daarheen.
>
> My broer het grond langs die vaalrivier en hy praat nie eens van
> weggaan nie.
>
> Behalwe vir die onbetwisbare feit dat ons finansieël swakker daaraan
> toe sal wees daar, kom daar ook die moontlikheid van
> familieverspreiding in die gedrang. Ek is geen familiemens nie, want
> my pa het gesterf toe ek 3 jaar oud was, en ek ken geen familie nie.
> Nie eens 'n neef of niggie nie.
> Maar... ek is 'n gesinsmens. Soveel dinge om op 'n skaal te sit.
>

Ek onderstreep jou laaste sin: Daar is baie om te oorweeg.

Ek is nie net 'n gesinsman nie, maar het ook baie sterk uitgebreide
familiebande. Aan vaderskant gaan my stamregister terug tot binne 40 jaar
na die koms van Van Riebeeck. Van moederskant - sy was 'n Du Plessis! -
behoort jy te weet die familiegeskiedenis gaan terug tot met die Franse
Revolusie, 1795, toe Jean Pierre du Plessis, 'n lid van die adel, na SA
gevlug het om die die wraak van die gepeupel te ontkom - ons gemeenskaplike
stamvader! Jy het "familie", Dave, al is hulle dalk nie naby verwante
nie - al die du Plessis stam van die een stamvader af.

Feit is ook: Elke persoon met vaardighede wat in ander lande gesoek word en
wat SA verlaat, plaas groter druk op dié wat agterbly - maak dit 'n bietjie
minder waarskynlik dat die land ekonomies kan oorleef! Ek is bevrees dat
die vaardigheids-vakuum wat ontstaan het en by die dag groter word, die
kanse op ineenstorting by die dag meer waarskynlik maak. Daar is mense wat
meen dat ons reeds by die kritieke punt verby is en dat die vakuum reeds te
groot is dat ons die ineenstorting kan vermy.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117380 is 'n antwoord op boodskap #117378] Do, 22 Mei 2008 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
, "Riaan"
> In elk
> geval sal enige ou wat die NG langer as 'n week dophou besef dat hier
> niemand is wat 'n gevaar vir die land inhou nie.

Verkeerd. Hier is mense op die nuusgroep wat saam met hul meelopers
die land se ondergang was. O, ek sien wat jy sê. Dis juis hul
meelopers wat spy:-)
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117382 is 'n antwoord op boodskap #117379] Do, 22 Mei 2008 08:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
, "Torreke" wrote:

>
> Ek onderstreep jou laaste sin: Daar is baie om te oorweeg.
>
> Ek is nie net 'n gesinsman nie, maar het ook baie sterk uitgebreide
> familiebande. Aan vaderskant gaan my stamregister terug tot binne 40 jaar
> na die koms van Van Riebeeck. Van moederskant - sy was 'n Du Plessis! -
> behoort jy te weet die familiegeskiedenis gaan terug tot met die Franse
> Revolusie, 1795, toe Jean Pierre du Plessis, 'n lid van die adel, na SA
> gevlug het om die die wraak van die gepeupel te ontkom - ons gemeenskaplike
> stamvader! Jy het "familie", Dave, al is hulle dalk nie naby verwante
> nie - al die du Plessis stam van die een stamvader af.
>

Cardinal Richelieu was born Armand Jean du Plessis in Paris on
September 9, 1585. He took the name Richelieu from the name of his
family's estate. Armand was extremely intelligent and at the age of
nine was sent to College de Navarre in Paris. In 1602, at age
seventeen he began studying theology seriously. In 1606 he was
appointed Bishop of Luçon, and in 1622 Pope Gregory made Richelieu a
Cardinal.

> Feit is ook: Elke persoon met vaardighede wat in ander lande gesoek word en
> wat SA verlaat, plaas groter druk op dié wat agterbly - maak dit 'n bietjie
> minder waarskynlik dat die land ekonomies kan oorleef! Ek is bevrees dat
> die vaardigheids-vakuum wat ontstaan het en by die dag groter word, die
> kanse op ineenstorting by die dag meer waarskynlik maak. Daar is mense wat
> meen dat ons reeds by die kritieke punt verby is en dat die vakuum reeds te
> groot is dat ons die ineenstorting kan vermy.

Dit is Torreke, waarom ek, gister weer vir my vrou genoem het, dat ons
net nie op 'n stadium moet kom waar ons nie verkoopswaarde vir ons
eiendom kan kry nie.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117383 is 'n antwoord op boodskap #117382] Do, 22 Mei 2008 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 May 2008 10:03:18 +0200, Dave wrote:

> , "Torreke" wrote:
>

>> Ek onderstreep jou laaste sin: Daar is baie om te oorweeg.

>> Ek is nie net 'n gesinsman nie, maar het ook baie sterk uitgebreide
>> familiebande. Aan vaderskant gaan my stamregister terug tot binne 40 jaar
>> na die koms van Van Riebeeck. Van moederskant - sy was 'n Du Plessis! -
>> behoort jy te weet die familiegeskiedenis gaan terug tot met die Franse
>> Revolusie, 1795, toe Jean Pierre du Plessis, 'n lid van die adel, na SA
>> gevlug het om die die wraak van die gepeupel te ontkom - ons gemeenskaplike
>> stamvader! Jy het "familie", Dave, al is hulle dalk nie naby verwante
>> nie - al die du Plessis stam van die een stamvader af.

>
> Cardinal Richelieu was born Armand Jean du Plessis in Paris on
> September 9, 1585. He took the name Richelieu from the name of his
> family's estate. Armand was extremely intelligent and at the age of
> nine was sent to College de Navarre in Paris. In 1602, at age
> seventeen he began studying theology seriously. In 1606 he was
> appointed Bishop of Luçon, and in 1622 Pope Gregory made Richelieu a
> Cardinal.
>
>

Die feit dat ek dit vir jou onmiddelik kon pos, Torreke, sonder om dit
te gaan opsoek, behoort vir jou te sê dat ek nie onverskillig
daarteenoor staan nie:-)
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117384 is 'n antwoord op boodskap #117378] Do, 22 Mei 2008 08:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" < wrote

> Ek dink jy gee die regering en die hedendaagse NIA te veel krediet. In elk
> geval sal enige ou wat die NG langer as 'n week dophou besef dat hier
> niemand is wat 'n gevaar vir die land inhou nie. Die ouens wat moontlik
> hier spy sal tien teen een jou eerder kontak in die hoop om jou af te pers
> vir geld, eerder as om jou te rapporteer by hul base as 'n gevaar vir die
> land, want dit sal beteken hy moet admin werk - Afrika styl.
>

Lees weer die draad van Jim se plasing af en my antwoord. As jy fyn lees,
behoort jy te kan aflei dat ek nie eintlik NIA in gedagte gehad het nie.

Dink bietjie wat die implikasie is van die oorname van SA se grootse Bank,
ABSA, deur Barclays? Het jy jou al ooit die vraag afgevra waarom hulle nie
belanggestel het in FNB nie? - die Bank wat hulle hier agtergelaat het toe
hulle hul destyds aan SA onttrek het?

Doen jouself die guns, Riaan, spandeer die R30 en gaan lees die Noseweek
artikel en vind vir jouself uit hoe Brown ABSA laat retireer het, en dan vra
jy jouself die vraag af wat die implikasie daarvan is vir wat Brown en sy
Fidentia later getref het?

Kom ek vertel jou nog iets: Brown het die belegging van R250m van die
Mynwerkers se weduwees en wese pensioenfonds voor ABSA se neuse weggeraap.
Daarmee het hy R25m - 10% kommissie! - verdien! Dit was sy 1e groot
transaksie en dit het hom oornag 'n miljoenêr gemaak. Daardie R25m wat hy
na my beste wete wettiglik as kommissie verdien het, word nou deur die
Skerpioene voorgehou as geld wat hy "gesteel" het.

Ek weet alles van daardie transaksie af van die dag af wat hy dit beklink
het!
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117385 is 'n antwoord op boodskap #117379] Do, 22 Mei 2008 09:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 May 2008 09:52:59 +0200, "Torreke"
>
> Ek is nie net 'n gesinsman nie, maar het ook baie sterk uitgebreide
> familiebande. Aan vaderskant gaan my stamregister terug tot binne 40 jaar
> na die koms van Van Riebeeck. Van moederskant - sy was 'n Du Plessis! -
> behoort jy te weet die familiegeskiedenis gaan terug tot met die Franse
> Revolusie, 1795, toe Jean Pierre du Plessis, 'n lid van die adel, na SA
> gevlug het om die die wraak van die gepeupel te ontkom - ons gemeenskaplike
> stamvader! Jy het "familie", Dave, al is hulle dalk nie naby verwante
> nie - al die du Plessis stam van die een stamvader af.
>

Interessant.. dan is ons familie:-)
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117386 is 'n antwoord op boodskap #117383] Do, 22 Mei 2008 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" [/color]
>>> Ek onderstreep jou laaste sin: Daar is baie om te oorweeg.
>
>>> Ek is nie net 'n gesinsman nie, maar het ook baie sterk uitgebreide
>>> familiebande. Aan vaderskant gaan my stamregister terug tot binne 40
>>> jaar
>>> na die koms van Van Riebeeck. Van moederskant - sy was 'n Du Plessis! -
>>> behoort jy te weet die familiegeskiedenis gaan terug tot met die Franse
>>> Revolusie, 1795, toe Jean Pierre du Plessis, 'n lid van die adel, na SA
>>> gevlug het om die die wraak van die gepeupel te ontkom - ons
>>> gemeenskaplike
>>> stamvader! Jy het "familie", Dave, al is hulle dalk nie naby verwante
>>> nie - al die du Plessis stam van die een stamvader af.
>

>> Cardinal Richelieu was born Armand Jean du Plessis in Paris on
>> September 9, 1585. He took the name Richelieu from the name of his
>> family's estate. Armand was extremely intelligent and at the age of
>> nine was sent to College de Navarre in Paris. In 1602, at age
>> seventeen he began studying theology seriously. In 1606 he was
>> appointed Bishop of Luçon, and in 1622 Pope Gregory made Richelieu a
>> Cardinal.


>
> Die feit dat ek dit vir jou onmiddelik kon pos, Torreke, sonder om dit
> te gaan opsoek, behoort vir jou te sê dat ek nie onverskillig
> daarteenoor staan nie:-)
>

Jy weet duidelik meer as ek van die Du Plessis se agtegrond. Ek het bloot
maar gekonsentreer op ons SA voorvader.

Het jy geweet dat Jean Pierre vir 'n tyd terug is Frankryk toe en weer daar
gewoon het - toe Napoleon Bonaparte probeer het om die guns van die
adellikes oor Europa heen te wen en die landgoedere wat tydens die rewolusie
afgeneem is, weer aan regmatige aanspraakmakers terugbesorg het?
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117387 is 'n antwoord op boodskap #117384] Do, 22 Mei 2008 09:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:wrSdnQyaSp9Ur6jVnZ2dnUVZ8qydnZ2d@saix.net...
>
> "Riaan" < wrote
>
>> Ek dink jy gee die regering en die hedendaagse NIA te veel krediet. In
>> elk geval sal enige ou wat die NG langer as 'n week dophou besef dat hier
>> niemand is wat 'n gevaar vir die land inhou nie. Die ouens wat moontlik
>> hier spy sal tien teen een jou eerder kontak in die hoop om jou af te
>> pers vir geld, eerder as om jou te rapporteer by hul base as 'n gevaar
>> vir die land, want dit sal beteken hy moet admin werk - Afrika styl.

>
> Lees weer die draad van Jim se plasing af en my antwoord. As jy fyn lees,
> behoort jy te kan aflei dat ek nie eintlik NIA in gedagte gehad het nie.
>
> Dink bietjie wat die implikasie is van die oorname van SA se grootse Bank,
> ABSA, deur Barclays? Het jy jou al ooit die vraag afgevra waarom hulle
> nie belanggestel het in FNB nie? - die Bank wat hulle hier agtergelaat het
> toe hulle hul destyds aan SA onttrek het?
>
> Doen jouself die guns, Riaan, spandeer die R30 en gaan lees die Noseweek
> artikel en vind vir jouself uit hoe Brown ABSA laat retireer het, en dan
> vra jy jouself die vraag af wat die implikasie daarvan is vir wat Brown en
> sy Fidentia later getref het?

Ek is nie op hoogte van die Fidentia debakel nie, maar sal graag wil hoor
hoekom Barclays se oorname van ABSA en nie FNB nie van belang is.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117389 is 'n antwoord op boodskap #117387] Do, 22 Mei 2008 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" < wrote

> Ek is nie op hoogte van die Fidentia debakel nie, maar sal graag wil hoor
> hoekom Barclays se oorname van ABSA en nie FNB nie van belang is.

FNB behoort jy te onthou was BNB (Barclays Nasionale Bank) voordat Barclays
hom gedurende die apartheidsjare ontrek het. FNB is 'n klein rolspeler in
SA en nog kleiner in Sub-Sahara Afrika.

Daarenteen is ABSA by verre die grootste bank in Suidelike Afrika. Wie ABSA
beheer, beheer tot 'n groot mate die SA ekonomie en dié van die meeste
Suider-Afrikaanse lande.

Iets meer skrikwekkend - my inligting is dat daar effektief GEEN kapitaal
die land ingekom het met die verkoop van die meerderheidsaandeel in ABSA aan
Barclays nie - dat Barclays in London net skriftelike waarborge vir die geld
uitgereik het. Met ander woorde: Steve Booysen en Trevor Manuel het een van
die belangrikste van SA se bates op 'n skinkbord en effektief verniet aan
die geldmagnate in London oorhandig.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117391 is 'n antwoord op boodskap #117389] Do, 22 Mei 2008 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 May 2008 14:05:16 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Riaan" < wrote
>
>> Ek is nie op hoogte van die Fidentia debakel nie, maar sal graag wil hoor
>> hoekom Barclays se oorname van ABSA en nie FNB nie van belang is.
>
> FNB behoort jy te onthou was BNB (Barclays Nasionale Bank) voordat Barclays
> hom gedurende die apartheidsjare ontrek het. FNB is 'n klein rolspeler in
> SA en nog kleiner in Sub-Sahara Afrika.

Barclays, Chris Ball, en 'n huis wat hy
in Soweto vir Winnie Mandela laat bou het.

>
> Daarenteen is ABSA by verre die grootste bank in Suidelike Afrika. Wie ABSA
> beheer, beheer tot 'n groot mate die SA ekonomie en dié van die meeste
> Suider-Afrikaanse lande.
>

Maar jy sal ook weet dat Absa by verre nie die grootste finansiële
instelling in die land is nie. Ou Mutual, wat al meer as 'n dekade en
'n half die Top van die Top Ten beklee, is soveel groter,
dat Absa nie eens in dieselfde geselsskap genoem kan word nie.

> Iets meer skrikwekkend - my inligting is dat daar effektief GEEN kapitaal
> die land ingekom het met die verkoop van die meerderheidsaandeel in ABSA aan
> Barclays nie - dat Barclays in London net skriftelike waarborge vir die geld
> uitgereik het. Met ander woorde: Steve Booysen en Trevor Manuel het een van
> die belangrikste van SA se bates op 'n skinkbord en effektief verniet aan
> die geldmagnate in London oorhandig.
Re: Barbaarse strawwe... - bottelwyn3.jpg (0/1) [boodskap #117393 is 'n antwoord op boodskap #117386] Do, 22 Mei 2008 12:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 May 2008 11:20:23 +0200, "Torreke" wrote:

>
> "Dave" >
>>>> Ek onderstreep jou laaste sin: Daar is baie om te oorweeg.
>>
>>>> Ek is nie net 'n gesinsman nie, maar het ook baie sterk uitgebreide
>>>> familiebande. Aan vaderskant gaan my stamregister terug tot binne 40
>>>> jaar
>>>> na die koms van Van Riebeeck. Van moederskant - sy was 'n Du Plessis! -
>>>> behoort jy te weet die familiegeskiedenis gaan terug tot met die Franse
>>>> Revolusie, 1795, toe Jean Pierre du Plessis, 'n lid van die adel, na SA
>>>> gevlug het om die die wraak van die gepeupel te ontkom - ons
>>>> gemeenskaplike
>>>> stamvader! Jy het "familie", Dave, al is hulle dalk nie naby verwante
>>>> nie - al die du Plessis stam van die een stamvader af.
>>
>
>>> Cardinal Richelieu was born Armand Jean du Plessis in Paris on
>>> September 9, 1585. He took the name Richelieu from the name of his
>>> family's estate. Armand was extremely intelligent and at the age of
>>> nine was sent to College de Navarre in Paris. In 1602, at age
>>> seventeen he began studying theology seriously. In 1606 he was
>>> appointed Bishop of Luçon, and in 1622 Pope Gregory made Richelieu a
>>> Cardinal.
>
>

>> Die feit dat ek dit vir jou onmiddelik kon pos, Torreke, sonder om dit
>> te gaan opsoek, behoort vir jou te sê dat ek nie onverskillig
>> daarteenoor staan nie:-)

>
> Jy weet duidelik meer as ek van die Du Plessis se agtegrond. Ek het bloot
> maar gekonsentreer op ons SA voorvader.
>
> Het jy geweet dat Jean Pierre vir 'n tyd terug is Frankryk toe en weer daar
> gewoon het - toe Napoleon Bonaparte probeer het om die guns van die
> adellikes oor Europa heen te wen en die landgoedere wat tydens die rewolusie
> afgeneem is, weer aan regmatige aanspraakmakers terugbesorg het?

Nee, maar ek weet dat 'n Dokter Du Plessis terug is na Frankryk om te
trou en weer terug gekeer het. Ek kan nie onthou of sy vrou hom ontval
het of waarom hy terug is nie, maar hy het (weer) in Frankryk gaan
trou en terug gekom. Kan nie sy naam onthou nie.

>>> Cardinal Richelieu was born Armand Jean du Plessis in Paris on
>>> September 9, 1585. He took the name Richelieu from the name of his
>>> family's estate. Armand was extremely intelligent and at the age of
>>> nine was sent to College de Navarre in Paris. In 1602, at age
>>> seventeen he began studying theology seriously. In 1606 he was
>>> appointed Bishop of Luçon, and in 1622 Pope Gregory made Richelieu a
>>> Cardinal.

n 1999 het ek 'n bottel Richeleu in die vorm van die Eiffel Toring
geskenk gekry. Nie presies so groot nie maar met die vorm daarvan.
Ek dink ek sal volgende jaar proe hoe dit smaak. Nie dat ek nie
Richeleu ken nie, dit is een van die lekkerste brandewyne op die mark.
Met water. Waar's die klippies en Coke mense?

Ek was ook nuuskierig oor waar die van 'Richeleu' aan die van Du
Plessis gekoppel het.

Anyway, vanmiddag het ek 'n bottel wyn gekoop. Nie vir die geur nie
maar vir die naam. Julle sal my nie glo nie, so ek het dit afgeneem
en pos die foto hier. Ek plak dit sommer hier aan.
Re: Barbaarse strawwe... - bottelwyn3.jpg (0/1) [boodskap #117394 is 'n antwoord op boodskap #117393] Do, 22 Mei 2008 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 22 May 2008 14:46:40 +0200, Dave wrote:

>
> Anyway, vanmiddag het ek 'n bottel wyn gekoop. Nie vir die geur nie
> maar vir die naam. Julle sal my nie glo nie, so ek het dit afgeneem
> en pos die foto hier. Ek plak dit sommer hier aan.
>
>
>

defnitief onleesbaar klein.
Kyk by http://dave.photos.gb.net/p50635180.html
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117399 is 'n antwoord op boodskap #117389] Do, 22 Mei 2008 18:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jim Again  is tans af-lyn  Jim Again
Boodskappe: 246
Geregistreer: Januarie 2007
Karma: 0
Senior Lid
Ja, alles gaan oor totale mag en beheer. Satan se
koninkryk.

Torreke, ek sien dat jy so effens meer weet (miskien
as wat sekere magtige mense wil hê jy moet weet)
rakende die Fidentia debakel. Dit is dalk beter vir
jou gesondheid as jy jouself in hierdie geval maar
dom hou. ;-) ...Want vir die Geldmag moet mens
maar lig loop. Hulle is boos en ongenaakbaar.

Ja, eintlik is FNB (indirek) reeds in Barclays se sak.
En ABSA was buitendien reg van die begin af goed
deur die Vrymesselaars gerysmier - die dat hulle so
relatief maklik deur Barclays oorgeneem was - nogal
sonder enige fisiese ruiltransaksie daarby. Slegs skrif-
telike waarborge. Dit verklap baie.

Gaan kyk maar gerus na ABSA se "logo". - Daardie
bekende driehoek met die oog daarbinne. Die oog is
die "all seeing eye", en die driehoek is die Piramide,
'n bekende Vrymesselaarsteken. ABSA behoort aan
die Illuminati. Ons praat hier van groot magte - deel
van die Satan se rebelse koninkryk op aarde.

Gelukkig is die teenstander (ou slang) se tyd min...
ek sien uit na die koms van die Rots, die Messiah
van Israel.

Jim
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117405 is 'n antwoord op boodskap #117399] Vr, 23 Mei 2008 06:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Jim Again..." < wrote

Torreke, ek sien dat jy so effens meer weet (miskien
as wat sekere magtige mense wil hê jy moet weet)
rakende die Fidentia debakel. Dit is dalk beter vir
jou gesondheid as jy jouself in hierdie geval maar
dom hou. ;-) ...Want vir die Geldmag moet mens
maar lig loop. Hulle is boos en ongenaakbaar.

Jim, ek vrees niks en niemand nie! - nie 'n mens, die duiwel of die dood
nie! - ek vrees net een: Ek vrees God.

Ek weet presies waartoe die ouens in staat is. Ek het persoonlik onder
hulle vorm van
"geregtigheid" deurgeloop! - oorleef! - en weer opgestaan!

En ek het min twyfel daaroor dat J Arthur Brown (terloops, ongeag die
Engelse naam kom hy uit 'n suiwer Afrikaanse familie) dit sal oorleef en
weer
opstaan. Die soort stoffasie waarvan daardie man gemaak is, kry jy nie
maklik onder nie.

Kom ek vertel jou hoe sy biologiese pa dood is; dan sal jy verstaan van
watter soort materiaal die man gemaak is wat vreesloos die geldmagte
aangepak het. Sy oorlede pa, Kobus
Brown, is in 1978 dood toe hy vreesloos in 'n rioolmangat ingeklim het om
'n swart man - let wel! - se lewe te probeer red. Kobus Brown is een van
die min ontvangers van die Wolraad Woltemade Toekenning Klas Goud!!! -
postuum toegeken. Drie dienspligtiges het hom gevolg, ook gesterf en die
Honoris Crux postuum ontvang. Die verhaal word vertel in die boek wat
handel oor die ontvangers van die Honoris Crux. Toe die boek gepubliseer is
was die Woltemade toekenning nog nie aan Brown gemaak nie - dit is eers
sowat 10 jaar na sy dood deur PW Botha aan Brown se weduwee oorhandig.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117406 is 'n antwoord op boodskap #117405] Vr, 23 Mei 2008 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf in boodskap news:JMqdnRGvwKJp96vVnZ2dnUVZ8qvinZ2d@saix.net...

> Kom ek vertel jou hoe sy biologiese pa dood is; dan sal jy verstaan van
> watter soort materiaal die man gemaak is wat vreesloos die geldmagte
> aangepak het. Sy oorlede pa, Kobus
> Brown, is in 1978 dood toe hy vreesloos in 'n rioolmangat ingeklim het om
> 'n swart man - let wel! - se lewe te probeer red. Kobus Brown is een van
> die min ontvangers van die Wolraad Woltemade Toekenning Klas Goud!!! -
> postuum toegeken. Drie dienspligtiges het hom gevolg, ook gesterf en die
> Honoris Crux postuum ontvang. Die verhaal word vertel in die boek wat
> handel oor die ontvangers van die Honoris Crux. Toe die boek gepubliseer
> is was die Woltemade toekenning nog nie aan Brown gemaak nie - dit is eers
> sowat 10 jaar na sy dood deur PW Botha aan Brown se weduwee oorhandig.

Ek neem aan hulle het verdrink ?. Ek dink om te verdrink en om dood te brand
moet seker die ergste manier wees om die tydelike met die ewigheid te
verwissel.
Re: Barbaarse strawwe... [boodskap #117407 is 'n antwoord op boodskap #117406] Vr, 23 Mei 2008 08:03 Na vorige boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" [/color]
> Ek neem aan hulle het verdrink ?. Ek dink om te verdrink en om dood te
> brand moet seker die ergste manier wees om die tydelike met die ewigheid
> te verwissel.

Gas!!! Net die swart man het verdrink!

Dit was 'n nuwe rioolinstalasie op 'n landbouproefplaas en landboukollege
vir swart - let wel! - boere!!! 'n Sylyn wat in die mangat ingeloop het
was verstop; dit het later geblyk dat 'n rubberprop wat tydelik diens moes
doen, deur die aambagsmanne per abuis in die sylyn vergeet is. 'n Blanke
opsigter het die swart werknemer in die mangat afgestuur met 'n flitslig om
in die sylyn op te lig en te kyk of hy kan sien wat die blokkasie
veroorsaak. Hy het net 'n ent met die leer afgeklim toe hy sy greep op die
leer verloor en in die gat afval, nie ver genoeg om hom te beseer nie.
Brown wat aan die hoof van die landbouskool en proefplaas gestaan het, het
na die nabygeleë weermagbasis gery om hulp te soek. Die diensplig dokter
was nie daar nie, maar vier diensplig "medics" het saam met hom gegaan.
Terug by die mangat het Brown sy bril en horlosie afgehaal en ingeklim en is
met die leer af om die swart man te probeer red. Halfpad met die leer af,
het hy ook sy greep verloor en geval, weer regop gekom en teen die wand van
die mangat gestaan. Die een na die ander "medic" het hom gevolg, met
dieselfde resultaat. Toe die 4e "medic" wou inklim het die SAW dokter
opgedaag en hom gekeer. Hulle het toe 'n tou afgegooi vir Brown wat hulle
reg voor sy gesig gehou het, maar hy het hoegenaamd nie gereageer nie -
klaarblyklik verlam deur die gas. Voordat hulle enigiets verder kon doen,
het die verstopping losgekom en is almal met varkmis oorspoel. Die post
mortems het getoon dat slegs die swartman water in sy longe gehad het -
m.a.w. nog gelewe het toe die riool oor hulle gespoel het en derhalwe
verdrink het. Mens sou verwag dat die vergiftiging deur metaangas
veroorsaak is wat gewoonlik in riole voorkom, maar post mortems het 'n ander
gas as hoofoorsaak uitgewys.

Ek het Kobus Brown persoonlik geken. J Arthur wat net 8 jaar oud was toe sy
pa dood is, lyk nie net verstommend baie soos hy nie, maar sy hele manier
van doen herinner baie sterk aan sy oorlede pa.
Vorige onderwerp: Vir wie sal ons vertrou ?
Volgende onderwerp: Doodse linkse stilte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:08:05 MGT 2024