Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Neil Turok
Re: Neil Turok [boodskap #117174] Sa, 10 Mei 2008 20:13
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Neil Turok
> From Wikipedia, the free encyclopedia

> On May 9, 2008 Mike Lazaridis announced that Turok would become the
> new Executive Director of the Perimeter Institute for Theoretical
> Physics starting on October 1, 2008.

Die Perimeter Institute for Theoretical Physics se
stigter is Mike Lazarides, een van die twee CEO's van
Research in Motion (RIM) die makers van die
blackberry. Hy het 'n paar jaar gelede $100 miljoen van
sy eie geld gebruik om die Instituut te begin in
Waterloo, in Ontario. Die idee is om dit finansieel
aantreklik te maak vir die beste Fisika-wetenskaplikes
van die wêreld om in Waterloo te kom werk. Lazarides
wil die vrugbare teelaarde skep vir die ontwikkeling van
'n toekomstige Einstein.
Waterloo is omtrent honderd kilometers noord-
wes van Toronto. Dis nie 'n groot plek nie. Die
Universiteit van Waterloo is eers in die sestigerjare
geskep deur die regering van Ontario, toe die
babyboomers deur die universiteite gegaan het en
Ontario drasties universiteitsplekke vir die baby-
boomers moes voorsien. Dis die enigste universiteit
in die wêreld wat 'n Fakulteit van Wiskunde het,
en waar die departemente almal verskillende
soorte Wiskundige wetenskappe verteenwoordig.
( Daar is dus nie 'n Dekaan van Wetenskap nie,
maar 'n dekaan van Wiskunde.) Hulle departement
van Rekenaarswetenskap is ook van die beste in
die wêreld. Hulle sê dat Bill Gates, wanneer hy
Kanada besoek, nie kom jag nie, maar na die
Universiteit van Waterloo kom om werknemers
te kom soek.
Die Universiteit van Waterloo is ook
bekend vir sy Mennonite Studies. Die Mennonites
is 'n Christelike groep wat uit Europa gevlug het
omdat hulle pasifiste is en nie onder die regerings
van Europa wou veg 'n paar eeue gelede nie.
Baie van hulle weier om in motorkarre te ry en
ry in klein swart kapkarretjies. As die meer
progressiewes van hulle 'n motor koop, is dit
gewoonlik 'n groot swarte. Hulle is baie na
verwant aan die Pennsylvania Dutch in die
VSA.
Neil Turok is veronderstel om 'n baie
groot vonds te wees vir die Perimeter Institute.
Dit was vir my interessant om uit te vind dat
hy oorspronklik van SA is.

Gloudina
Vorige onderwerp: Kragdag 10 Mei 2008
Volgende onderwerp: Biografie van Neil Turok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 16:36:21 MGT 2024