Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Jong pa van 2 sterf vir R300, selfoon
Jong pa van 2 sterf vir R300, selfoon [boodskap #117061] Sa, 03 Mei 2008 14:09
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Jong pa van 2 sterf vir R300, selfoon
May 02 2008 08:57:43:887PM - (SA)

Hilda Fourie

'n Pa van twee kleuters is, minder as 50 m van sy ouerhuis af, 15 keer
deur rowers geskiet vir R300 en 'n selfoon.

Mnr. Ansen van der Colff (24) van Eersterust, Pretoria, is eergister
omstreeks 20:00 op die toneel dood.

Sy vrou, Nora (23), wat vyf maande swanger is met hul derde kind, het
gesê haar man was op pad na sy ouerhuis en het by die bank gestop om
geld te trek.

"Hulle het geskiet om hom dood te skiet. Vir R300 en 'n selfoon," het
sy gesê.

"Ek het niks wraak nie. Ek wil net weet hoekom. Hy het niemand gepla
nie. Hy was nie deel van bendes nie. Ek was sy tjommie."

Me. Rolisha van der Colff (23), Ansen se suster, het gesê sy het in
die straat gestaan en vir haar broer gewag toe sy sien hoe op iemand
geskiet word.

Sy het agter 'n muur gaan wegkruip en gehoor hoe nog 14 skote op die
persoon geskiet word.

Min het sy geweet dit is haar broer op wie drie rowers losgebrand het.

"Voor die winkel (wat minder as 50 m van hul huis af is) het ek gesien
hoe iemand geskiet word en hoe iemand op die pad val," het Rolisha
gesê.

"Die man van langsaan wat 'n opsigter by die winkel is, het
uitgehardloop en hy is ook geskiet. Ek het in ons erf ingehardloop en
agter die muur weggekruip.

"Toe het ons die skote gehoor. Daar was 15 skote. My familielede het
teruggehardloop om seker te maak dit is 'n lyk. Ek het die polisie
gaan bel.

"My familie het toe vir my kom sê dit is my broer wat daar lê.

"Ek het nog gehoor hoe skree hy vir die ouens (wat op Ansen losgebrand
het): 'Wat maak julle!' voordat die geweerskote op hom afgegaan het,"
het sy gesê.

Die Van der Colff-familie het gesê Ansen se dood het niks te doen met
bendegeweld wat die laaste tyd hoogty vier in Eersterust nie. Volgens
hulle hou sy dood ook nie verband met die twee jong mans wat verlede
week, in teregstellingstyl, sowat 1 km van die Van der Colffs se huis
af doodgeskiet is nie.

Hulle het gesê hy is doodgemaak vir geld vir dwelms.

Benewens sy vrou en suster laat Ansen ook sy pa, Robert (55), ma,
Lillian (49), broers Shane (32) en Randahll (27), en twee seuns, Jade
(6) en Ruth (1), agter.

Die begrafnisreëlings is nog nie getref nie.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2315888,00. html
Vorige onderwerp: Drie keelaf gesny
Volgende onderwerp: Hierdie is Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:40:59 MGT 2024