Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Saskatchewan bo
Saskatchewan bo [boodskap #116989] So, 27 April 2008 21:28
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tradisioneel word Kanada verdeel in die "have-not"
en "have" provinsies. So 'n paar dekades gelede
sou mens Ontario, Quebec en British Columbia
en Alberta ( afhangende van die prys van olie) as
die "have" provinsies beskou, veral omdat hulle
die grootste getalle mense bevat in die basies
skaarsbevolkte Kanada van dertig miljoen of so.
Daar is dan ook 'n gelykmaak-ooreenkoms
op fiskale gebied. Die "have-not" provinsies
kry effens meer geld as wat hulle aan inkomste-
belasting vir die federale regering inbring, en die
groter "have" provinsies kry effens minder as wat
hulle belastings aan die federale koffers lewer.
In die afgelope paar jaar het die situasie
egter drasties verander. Noudat die Kanadese
dollar omtrent gelyk is aan die Amerikaanse
dollar, gaan dit nie meer so goed met Ontario
nie. En British Columbia, jare gelede dié plek
om heen te trek, is ook nie meer so gesog nie.
Vir 'n hele ruk, noudat die prys van olie so
drasties styg, was Alberta die plek om te gaan
werk soek. Maar onlangs het 'n nuwe provinsie
begin bloei, tot die groot vermaak van Kanadese.
Saskatchewan het nie net olie nie. Dit het ook
die prairie, waar grootskaals kos gelewer word,
waarvan die pryse nou ook drasties styg. Maar
dit is nie die grootste geldmaker vir die provinsie
nie. Saskatchewan is die grootste leweraar
van potas, wat op groot skaal in bemesting
gebruik word. Veral Sjina is so honger vir
potas, dat die fabrieke 24 'n dag werk om in
die aanvraag te voldoen, natuurlik teen hoër
pryse as jare gelede. So enigiemand wat
Kanada toe wil emigreer, moenie vir die
provinsie van Saskatchewan vergeet nie.

Gloudina
gebruik word, word
Vorige onderwerp: Hijack gangs sow panic
Volgende onderwerp: Duitse Liegbek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 16:45:17 MGT 2024