Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Barbare met strykysters
Barbare met strykysters [boodskap #116631] Vr, 14 Maart 2008 11:16
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Vrou verkrag, vermoor in nog 'n strykyster-voorval
Mar 14 2008 11:13:53:567AM - (SA)

'n Middeljarige vrou van Ottoshoop naby Rustenburg is in haar huis
verkrag en na bewering met 'n strykyster gemartel voordat sy vermoor
is.

Supt. Lesego Metsi , polisiewoordvoerder, het aan Sapa gesê die vrou
se lyk is Donderdagmiddag gevind.

"Dit wil voorkom asof die aanvallers toegang tot die huis verkry het
deur 'n agterdeur wat nie gesluit was nie en dat hulle die vrou
verkrag en gemartel het voordat hulle haar vermoor het," het Metsi
gesê.

Volgens hom was daar brandmerke op haar maag en arms wat moontlik deur
'n stoom-strykyster veroorsaak is.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie-ondersoek gaan
voort. - Sapa
Vorige onderwerp: Data oor krag-krisis
Volgende onderwerp: Re: Stellenbosch police brutality
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:55:58 MGT 2024