Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog enjins: Wrywing
Nog enjins: Wrywing [boodskap #116012] Ma, 21 Januarie 2008 08:20
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie is duidelik vir my een van die meer interessante onderwerpe en een
van die mees algemene dinge waarmee die publiek lekker gevang word, is die
olies wat wrywing in die enjin van jou motor help uitskakel wat voorgestel
word as die alfa en die omega van brandstofbesparing en betroubaarheid.
Advertensies word gemaak en vertoon van enjins wat sonder olie kan bly loop
en die manne gooi die geld en koop, maar daar is so 'n paar dinge wat
niemand sê nie:
1. Hoekom hoef enige enjin sonder olie te kan loop?
2. Vir enige enjin om effektief te kón werk, móét dit slyt op die ringe
van sy suiers.

Dis amper so erg soos die petrolbesparingstoestelle wat aan die publiek
gesmous word! Nie een werk nie.
Vorige onderwerp: Uhuru - Kenia
Volgende onderwerp: Torreke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 09:39:38 MGT 2024