Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lewe in Jhb Deel 2
Lewe in Jhb Deel 2 [boodskap #115889] Do, 17 Januarie 2008 11:15 na volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
Gister op pad huis toe is die krag weer in Braamfontein af. Al die
verkeersligte is weer dus buite werking. Nodeloos om te se, geen
metropolisie weer sigbaar nie en karre en taxi's moet hulself maar met
woede en moeite deur mekaar vleg.

By die huis gekom, is die krag WEER af tot so 8 uur. Moes dus weer
uitry en soek na 'n winkelsentrum met krag sodat take aways gekoop kan
word.

Hoe 20 minute aan op die foom om te praat met City Power se "hulplyn"
(Ha, ha... snaakse naam daai!!). Hulle se ja die krag is af. Dis
Eskom, dis nie hulle nie (Eskom se natuurlik dis City Power en nie
hulle nie - die werklikheid is dat Eskom aan City Power laat weet
hulle moet nou soveel kilowat minder gebruik en City Power besluit dat
watter woonbuurte om af te skakel en vir hoe lank en wanneer).
Die hulplys se ook dit sal so 2 tot 4 ure duur voor die krag weer
aankom.

Hulle verstaan ook nie hoekom ek kwaad is dat hulle 'n mens nie laat
weet nie of dat hulle nie weet vir hoe lank hulle die krag afskakel
nie.

Soos ek sit ek tik, is die krag by doe werk af. Kinders het netnou
gebel en gese die krag is weer af by die huis.

Het ek genoem dat die bare van Eskom hulself iets in die lyn van 'n
miljoen rand "performance bonusses" per jaar betaal?

Vandag in Beeld is daar 'n berig dat Eskom vorentoe nog van sy
kundigheid gaan verloor. Hulle menselike hulpbronne- afdeling het 'n
stelsel in werking geplaas wat gaan veroorsaak dat werkers die
volgende drie jaar of so nie verhogings gaan kry nie.

Het ook pas 'n 2,7 kilowat krag-opwekker gekoop. Sal dit by die huis
gebruik om basiese dinge aan die gang te hou wanneer die
onaangekondigde krag-onderbrekings gebeur.

Heg hier onder aan 'n e-pos wat tans die ronde doen:

-------------------------------
Dear Electricity Consumer,

Just a little note to let you know we understand your anger in the
recent price hike & power cuts.

But it should be noted that you have no choice.

We are a big company and you will pay what we tell you.

You have no choice.

We have the power, you need the power.

So sad, too bad. Sucks to be you.

We have enclosed a little picture to help outline our response.

Have a nice day and keep those cheques coming, loser!

Regards

ESKOM
Re: Lewe in Jhb Deel 2 [boodskap #115892 is 'n antwoord op boodskap #115889] Do, 17 Januarie 2008 12:20 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:4oduo35ejrfmpm9ccild648tacir78n3tn@4ax.com...
>
> Het ook pas 'n 2,7 kilowat krag-opwekker gekoop. Sal dit by die huis
> gebruik om basiese dinge aan die gang te hou wanneer die
> onaangekondigde krag-onderbrekings gebeur.
----Vrede, broer, vrede en fok hulle! Dis die gevoel as daai
generator'tjie doer in die agtergrond klop. Sit hom in die garage en lig
jou garagedeure so 'n voet op [sit 'n kan onder] sodat die swaar CO2 kan
uitventileer. Of so nie, maak 'n sydeur oop en sit 'n fên aan naby die
generator om die swaar gasse na die deur se kant toe te beweeg.
Hou maar so deur jou vensters na die buurmanne se kant toe en as jy sien
hulle ligte is aan, dan kan jy jou gennie afsit. Voor jy jou main switch
weer aansit, moet jy eers jou gennie ontkoppel om te keer dat hy nie
ge-spike word nie.
Ook belangrik:
-Die ding wat jou die meeste probleme gaan gee, is die vergasser wat
op-'clog' as hy ou petrol het wat in hom staan en jellie vorm as hy lank nie
gebruik word nie. So, jy maak nie die gennie dood deur eenvoudig sy vonk
af te draai nie. Jy draai sy brandstoftoevoer toe en wag dat die enjin
loop tot hy leeggeloop het en dan vrek.
- Pasop tog om nie die draad sommer by die muur se plug uit te trek
terwyl die gennie nog loop nie....daai draad dra 220V!

Geniet die vryheid!
Vorige onderwerp: enjins
Volgende onderwerp: Gatiep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:34:27 MGT 2024