Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuwe jaar voorneme
Nuwe jaar voorneme [boodskap #115741] Do, 10 Januarie 2008 12:00 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Vanjaar is die eerste keer in my lewe wat ek 'n nuwe jaar voorneme gehad
het, en op die oomblik besig is om dit uit te voer. Dit is nou al 10 dae
sedert ek opgehou rook het, en kan nie glo ek het dit nie al vroeër gedoen
nie. Moenie 'n fout maak nie, die eerste week was vrek moeilik, maar dit
raak elke dag makliker.

Het enige van julle 'n nuwe jaar voorneme wat jy besig is om uit te leef ?
Re: Nuwe jaar voorneme [boodskap #115742 is 'n antwoord op boodskap #115741] Do, 10 Januarie 2008 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf
> Vanjaar is die eerste keer in my lewe wat ek 'n nuwe jaar voorneme gehad
> het, en op die oomblik besig is om dit uit te voer. Dit is nou al 10 dae
> sedert ek opgehou rook het

Baie geluk dat jy opgehou rook het. Elke persoon wat
oorgaan om hom los te maak van 'n verslawing, is 'n
held. Ek het dit 45 jaar gelede gedoen. Gelukkig is
ons sosiale omgewing nou baie meer teen rook en
hoef mens nie meer so aanmekaar die verslawende
dampe in te asem nie. In my jong dae was dit in
die mode om te rook. Nou is dit 'n sosiale euwel.
Wees dankbaar daarvoor.

Gloudina
Re: Nuwe jaar voorneme [boodskap #115744 is 'n antwoord op boodskap #115741] Do, 10 Januarie 2008 12:21 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf in boodskap news:1199965970.175827@vasbyt.isdsl.net...
> Vanjaar is die eerste keer in my lewe wat ek 'n nuwe jaar voorneme gehad
> het, en op die oomblik besig is om dit uit te voer. Dit is nou al 10 dae
> sedert ek opgehou rook het, en kan nie glo ek het dit nie al vroeër gedoen
> nie. Moenie 'n fout maak nie, die eerste week was vrek moeilik, maar dit
> raak elke dag makliker.
>
> Het enige van julle 'n nuwe jaar voorneme wat jy besig is om uit te leef ?
----Ek het 'n voorneme om soveel moontlik geld uit regstellende aksie te
maak as moontlik! Hehe! Maar ophou rook is fantasties. Probeer om dit
met rook te doen, as daarsonder. Wat ek bedoel, is dat as jy rook
heeltemal uit jou lewe verban, dan gaan jy die verslawing nooit klop nie.
Kyk hom in die oë en besluit dat dit 'n vieslike gewoonte is wat jou
gesondheid opneuk en jy gaan dit nooit weer doen nie. Dan sal jy nooit
weer rook nie.
Vorige onderwerp: Bok Afrigter
Volgende onderwerp: Bees loer in
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 13:35:26 MGT 2024