Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hospitale in SA
Hospitale in SA [boodskap #115733] Di, 08 Januarie 2008 19:11 na volgende boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
Die 8ste Desember het ons vertrek om vir die familie te gaan kuier.
Enkele dae vroeër is my jongste broer in 'n hospitaal opgeneem as
gevolg van asma.

Toe my dogter op 'n stadium aan die hospitaal personeel gevra het
waar die dokter is wat hom moes behandel, is sy geantwoord met "it is
weekend." Hy was te siek om sy klere te vervang met slaapklere, en
hulle het hom vir dae laat lê in 'n sweetpak.

Dit is nie 'n staatshospitaal nie maar 'n privaathospitaal waarvoor
ten duurste betaal is - Leslie Williams van Goldfields in
Carletonville. Vroeër jare was dit 'n bekende hospitaal. Nou is dit
berug - soos die res.

Die agste Desember het ons vertrek met die veronderstelling dat ons
hom in die hospitaal sal besoek, en hy dan later na sy huis sal gaan
waar ons saam sal kuier en alles met hom goed sal gaan.

Intussen het hy gesterf. Omtrent die tyd wat ons hier vertrek het
het hy 'n finale aanval gehad - met geen hulp nie want hy was in 'n
hospitaal.

Eers gister is 'n doodsertifikaat uitgereik en dus moes die verassing
wag tot vandag, omdat die dokter met verlof was.

Die familie het, terwyl ons op reis was, met mekaar geskakel en
afgespreek om dit nie vir ons te sê nie totdat ons gearriveer het.
Baie wyse besluit gewees.
Re: Hospitale in SA [boodskap #115737 is 'n antwoord op boodskap #115733] Di, 08 Januarie 2008 23:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jan, 20:11, Dave wrote:
> Die 8ste Desember het ons vertrek om vir die familie te gaan kuier.
> Enkele dae vroeër is my jongste broer in 'n hospitaal opgeneem as
> gevolg van asma.
>
> Toe my dogter op 'n stadium aan die hospitaal personeel gevra het
> waar die dokter is wat hom moes behandel, is sy geantwoord met "it is
> weekend." Hy was te siek om sy klere te vervang met slaapklere, en
> hulle het hom vir dae laat lê in 'n sweetpak.
>
> Dit is nie 'n staatshospitaal nie maar 'n privaathospitaal waarvoor
> ten duurste betaal is - Leslie Williams van Goldfields in
> Carletonville. Vroeër jare was dit 'n bekende hospitaal. Nou is dit
> berug - soos die res.
>
> Die agste Desember het ons vertrek met die veronderstelling dat ons
> hom in die hospitaal sal besoek, en hy dan later na sy huis sal gaan
> waar ons saam sal kuier en alles met hom goed sal gaan.
>
> Intussen het hy gesterf. Omtrent die tyd wat ons hier vertrek het
> het hy 'n finale aanval gehad - met geen hulp nie want hy was in 'n
> hospitaal.
>
> Eers gister is 'n doodsertifikaat uitgereik en dus moes die verassing
> wag tot vandag, omdat die dokter met verlof was.
>
> Die familie het, terwyl ons op reis was, met mekaar geskakel en
> afgespreek om dit nie vir ons te sê nie totdat ons gearriveer het.
> Baie wyse besluit gewees.

Baie sterkte aan jou en die familie Dave!
Ek admireer die helder wyse waarop jy daaroor kan skryf. Ek kan net
imagine wat se agressiewe gedagtes deur my brein sou gaan onder sulke
omstandighede en ek sal heel waarskynlik teen die tyd in 'n tronk of
malhuis gesit het.
Re: Hospitale in SA [boodskap #115739 is 'n antwoord op boodskap #115737] Wo, 09 Januarie 2008 05:09 Na vorige boodskap
duif  is tans af-lyn  duif
Boodskappe: 590
Geregistreer: April 2007
Karma: 1
Senior Lid
, Jottie wrote:

>
> Baie sterkte aan jou en die familie Dave!
> Ek admireer die helder wyse waarop jy daaroor kan skryf. Ek kan net
> imagine wat se agressiewe gedagtes deur my brein sou gaan onder sulke
> omstandighede en ek sal heel waarskynlik teen die tyd in 'n tronk of
> malhuis gesit het.

Dankie Jottie. My ma besit sowat 10 winkels, 'n paar woonstelle
en ook huise, en hy was in beheer van al die eiendom, insluitend
onderhoud, verhuring en invordering van huurgeld. Nou moet sy alles
self beheer te midde van die emosie.
Hy het as geskeide man, in dieselfde huis as sy gewoon.
Ek verneem dat sy 'n prokureur opdrag gegee het om ondersoek te laat
instel oor wat by die hospitaal gebeur het.
Vorige onderwerp: Meneer met 'n gesplete tong
Volgende onderwerp: Bok Afrigter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:02:34 MGT 2024