Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Eish..........ons noem hulle polisie?
Eish..........ons noem hulle polisie? [boodskap #113610] So, 25 Maart 2007 15:32 na volgende boodskap
Vuur  is tans af-lyn  Vuur
Boodskappe: 283
Geregistreer: April 2007
Karma: 0
Senior Lid
Metropolisie kom tweede


Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend

Maretha Botes
Sasolburg


Die Johannesburgse metropolisie het die dag 'n vét kans gevat toe
hulle mev. Erika Swanepoel wederregtelik by 'n padblokkade in hul wit
bussie geprop het. Sy het bewys wat baie vóór en ná haar nog net die
moed gehad het om onderlangs oor te mor.

Swanepoel het onlangs met 'n breë glimlag by die Johannesburgse
landdroshof uitgestap nadat sy 'n siviele saak teen die metropolisie
gewen het. Sy het hulle vir R100 000 gedagvaar nadat sy wederregtelik
in hegtenis geneem is.

Die saak is buite die hof geskik. Swanepoel wil egter nie die
skikkingsbedrag bekend maak nie. "Dit maak nie saak nie - dit maak wel
saak dat ek gewen het. Hulle het skuld erken deur buite die hof te
skik," sê sy.

Sy het ook die minister van veiligheid en sekuriteit gedagvaar, maar
dié saak laat vaar weens die uitgawes wat so 'n saak vir haar sou
inhou.

Toe Swanepoel op 30 Mei 2005 by 'n kruising tussen Lenasia en
Kliprivier voorgekeer is, kon sy nie dink dat sy in 'n oorvol sel in
die Johannesburg-sentraal-polisiekantoor sou beland nie. Nadat die
metropolisielid egter Swanepoel se rybewys geskandeer het, het dinge
begin skeefloop.

Swanepoel is sonder 'n dagvaarding saam met ander "oortreders" in 'n
bussie geprop vir 'n uitstaande boete.

Dié boete het sy egter reeds in Maart 2003 betaal, maar dit het nie op
die polisie se stelsel gewys nie.

Toe haar man vyf uur later die bewys van betaling bring, was die
metropolisielid se antwoord glo "dis nie geldig nie; ek kan dit nie
lees nie". Hulle moes 'n skulderkenningsboete van R300 plus die
"uitstaande boete" van R200 op die plek betaal.

Ná dié vernedering is Swanepoel op 'n soektog gestuur vir haar motor,
wat sonder haar toestemming van die toneel tot by die metropolisie se
kantore in Lovedaystraat bestuur is.

Swanepoel sou ook later uitvind slegs R200 van die R500 wat sy betaal
het, het 'n maand ná haar inhegtenisneming op die metropolisie se
stelsel gewys.

Sy wou op aandrang van haar prokureur seker maak die stelsel wys sy
het betaal, maar moes uitvind háár kwitansienommer vir R500 verskil
van dié op die stelsel wat wys slegs R200 is inbetaal.

Met dít alles agter die rug, sê Swanepoel so ewe: "Ek was ook nou in
die tronk . . . been there, done it."

"Ek het 'n punt bewys. Al het dit baie moeite gekos. Die metropolisie
kan nie net maak en breek soos hulle wil nie. Selfs húlle moet binne
die wet optree," sê sy.
http://www.news24.com/Rapport/Gauteng-Rapport/0,7718,752-798 _2088470,00.html
Re: Eish..........ons noem hulle polisie? [boodskap #113612 is 'n antwoord op boodskap #113610] Ma, 26 Maart 2007 14:30 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat is nuut? Hier by ons leen 'n swart werker sy fiets vir 'n ander werker
om winkel toe mee te ry. Daar word die fiets gesteel en teen die tyd wat
hulle die fiets kry, is dit ge-'strip' van alle los goete wat daaraan was.
Die diewe is gekry: Een was die kind van een van die polisiemanne op ons
dorp.
"Vuur" wrote in message
news:1174836725.269613.255380@o5g2000hsb.googlegroups.com...
Metropolisie kom tweede

Maretha Botes
Sasolburg

Die Johannesburgse metropolisie het die dag 'n vêt kans gevat toe
hulle mev. Erika Swanepoel wederregtelik by 'n padblokkade in hul wit
bussie geprop het. Sy het bewys wat baie vóór en ná haar nog net die
moed gehad het om onderlangs oor te mor.

Swanepoel het onlangs met 'n breë glimlag by die Johannesburgse
landdroshof uitgestap nadat sy 'n siviele saak teen die metropolisie
gewen het. Sy het hulle vir R100 000 gedagvaar nadat sy wederregtelik
in hegtenis geneem is.

Die saak is buite die hof geskik. Swanepoel wil egter nie die
skikkingsbedrag bekend maak nie. "Dit maak nie saak nie - dit maak wel
saak dat ek gewen het. Hulle het skuld erken deur buite die hof te
skik," sê sy.

Sy het ook die minister van veiligheid en sekuriteit gedagvaar, maar
dié saak laat vaar weens die uitgawes wat so 'n saak vir haar sou
inhou.

Toe Swanepoel op 30 Mei 2005 by 'n kruising tussen Lenasia en
Kliprivier voorgekeer is, kon sy nie dink dat sy in 'n oorvol sel in
die Johannesburg-sentraal-polisiekantoor sou beland nie. Nadat die
metropolisielid egter Swanepoel se rybewys geskandeer het, het dinge
begin skeefloop.

Swanepoel is sonder 'n dagvaarding saam met ander "oortreders" in 'n
bussie geprop vir 'n uitstaande boete.

Dié boete het sy egter reeds in Maart 2003 betaal, maar dit het nie op
die polisie se stelsel gewys nie.

Toe haar man vyf uur later die bewys van betaling bring, was die
metropolisielid se antwoord glo "dis nie geldig nie; ek kan dit nie
lees nie". Hulle moes 'n skulderkenningsboete van R300 plus die
"uitstaande boete" van R200 op die plek betaal.

Ná dié vernedering is Swanepoel op 'n soektog gestuur vir haar motor,
wat sonder haar toestemming van die toneel tot by die metropolisie se
kantore in Lovedaystraat bestuur is.

Swanepoel sou ook later uitvind slegs R200 van die R500 wat sy betaal
het, het 'n maand ná haar inhegtenisneming op die metropolisie se
stelsel gewys.

Sy wou op aandrang van haar prokureur seker maak die stelsel wys sy
het betaal, maar moes uitvind haar kwitansienommer vir R500 verskil
van dié op die stelsel wat wys slegs R200 is inbetaal.

Met dít alles agter die rug, sê Swanepoel so ewe: "Ek was ook nou in
die tronk . . . been there, done it."

"Ek het 'n punt bewys. Al het dit baie moeite gekos. Die metropolisie
kan nie net maak en breek soos hulle wil nie. Selfs húlle moet binne
die wet optree," sê sy.
http://www.news24.com/Rapport/Gauteng-Rapport/0,7718,752-798 _2088470,00.html
Vorige onderwerp: Eish..........ons noem hulle polisie?
Volgende onderwerp: Zuma to meet Afrikaners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 23:53:00 MGT 2024