Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Bogaardse: Waar is mev. Suzman nou?
Bogaardse: Waar is mev. Suzman nou? [boodskap #112174] Wo, 17 Januarie 2007 09:02
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Bogaardse: Waar is mev. Suzman nou?
Geskryf deur Dan Roodt
Woensdag, 17 Januarie 2007
Die nuus dat 'n boere-egpaar van Nylstroom, Jaco en Bess Bogaards,
tans sonder verhoor op Warmbad aangehou word, is op sy minste
kommerwekkend. Die Bogaardse word beskuldig van "hoogverraad,
terrorisme en dat hulle glo hulp verleen het aan voortvlugtige
verdagtes."

Klink dit dalk bekend? Hulle mag ook nie besoek by hul selle ontvang
nie. Dit gaan hier nie om hulp aan gemeenregtelike verdagtes soos Tony
Yengeni of Robert McBride wat as't ware amptelik verleen word nie,
maar om bystand aan politieke beskuldigdes wat tydens die sogenaamde
Boeremagverhoor vanuit die Paleis van Justisie ontsnap het.

Toe die NP finaal in 1994 oorgegee het en die nuwe "demokratiese"
grondwet aanvaar is, is ons belowe dat niemand ooit weer sonder verhoor
aangehou sal word op vae klagtes van sedisie nie of bloot om
ideologiese redes nie.

Trouens, in die tydvak vóór 1994 was daar 'n hele bedryf van
menseregte-aktivisme wat met oorsese geld aan die gang gehou is sodat
enigiemand wat met 'n kattebak vol AK-47's gevang is die beste en
duurste advokate in Johannesburg kon bekostig. Vanuit die parlement het
mev. Helen Suzman en ander liberale luidkeels beswaar gemaak en dit
gereeld bekla dat die regstaat en menseregte in die naam van
staatsveiligheid vertrap word. Linkse akademici het Suid-Afrika gereeld
as 'n "polisiestaat" uitgekryt.

In die Bogaards-geval is presies dieselfde nou besig om te gebeur.
Behalwe dat die Bogaardse nie met enige plofstof of onwettige wapens in
hul besit betrap is nie, maar met - luidens berigte - 'n motorfiets
en 'n tent. Indien die besit van 'n motorfiets en 'n tent genoeg
is om van hoogverraad en terrorisme aangekla te word, dan is u en ek en
ons almal potensieel skuldig.

Die Zimbabwifisering van Suid-Afrika is moontlik al heelwat verder
gevorder as wat ons dink. Dat die ANC-staat vinnig besig is om by die
glybaan van totalitarisme af te daal, soortgelyk aan soveel ander state
benede die Sahara, is gewis. Nie net verskaf geweldsmisdaad 'n
dekmantel vir staatsterreur teen politieke dissidente nie (moord is so
alledaags, wie sal nou agterkom as 'n paar mense om politieke redes
omgebring word?), maar enige lid van die opposisie kan van hoogverraad
en terreur beskuldig word.

Die dawerende stilte wat rondom die Bogaards-geval in linkse en
liberale geledere heers, toon net weer aan ons hoe skynheilig die
menseregtekritiek op die vorige bewind was. Soos die politieke ontleder
Raymond Aron reeds in die vyftigerjare aangetoon het: solank
menseregtevergrype deur Links gepleeg word, is hulle aanvaarbaar.

Laatste opdatering ( Woensdag, 17 Januarie 2007 )
http://praag.org/mambo/content/view/64/42/
Vorige onderwerp: Mbeki se rassekaart 'n pitseer wat skaaf
Volgende onderwerp: ANC wyk af van ons ooreenkoms in 1994-----Pik Botha, Pretoria
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:53:58 MGT 2024