Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Vrou lieg oor verkragting
Vrou lieg oor verkragting [boodskap #112104] Vr, 12 Januarie 2007 15:04
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Ek't gejok - plaasvrou
LUCILLE BOTHA 11/01/2007 09:43:47 PM - (SA)
RAWSONVILLE. - Die jong vrou wat valslik beweer het dat vier boere
haar verkrag het, het gister met trane in haar oë vertel hoe dankbaar
sy is dat "die leuens eenkant toe geskuif kon word".

Me. Anneline Davids (22) het gesê sy is deur 'n vriend, Anthony
Ntonzeni (15), se familie "gedruk en gedruk om te begin lieg".

Hulle het beweer Anthony is wreed deur die boere aangerand en sy is
verkrag. Die direkteur van openbare vervolging het egter besluit daar
is nie voldoende getuienis om met die saak voort te gaan nie.

Drukgroepe het ná dié bewerings oorlog teen die boere verklaar, en
dit het tot optogte gelei.

"Ek weet self nie waarin ek my ingedruk het nie," het Davids met
haar kop onderstebo gesê.

"Wat my die meeste bekommer, is wat die leuens aan ander mense gedoen
het. Hulle het daaronder gely. Die boere kon só baie verloor het: hul
plase, vroue, huise."

Davids het gesê mnr. John Matimba en mev. Rebeca Ntonzeni, Anthony se
grootouers, het haar gedreig om met hulle saam te stem.

"Die mense van Women on Farms het hier aangekom en hulle (Matimba en
Ntonzeni) het vir hulle die storie vertel. Ek moes net saamstem."

Volgens haar het sy nog nooit probleme met die boere gehad nie en weet
sy ook nie van die sogenaamde vergrype teen plaaswerkers in die
omgewing nie.

"Ek wil nou net dinge regmaak wat verkeerd is, maar ek weet nie of ek
die moed het om te kan praat nie. Dit sal swaar wees om hulle in die
oë te kyk.

"Ek wil baie graag om verskoning vra. En ek hoop hulle sal dit
aanvaar, want anders sal ek die res van my lewe daarmee moet
saamleef," het Davids gesê.

Volgens haar is daar eerder 'n probleem tussen die bruin en swart
mense (Ntonzeni se grootouers) in die omgewing.

"Hier is 'n helse ding aan die gang. Hulle kom nie reg met dié
plaas se mense nie."

Volgens gerugte bedryf Matimba en Ntonzeni 'n sjebien en het daarom
'n houvas op baie van die plaaswerkers. Die egpaar het ook verblyfreg
op die plaas Groenvlei.

"Dit is wrede mense. Hulle het nie 'n hart vir ander nie. As hulle
jou kan omry, dan sal hulle.

"Dit het in die gesprekke opgekom dat hulle twee van die boere se
plase en geld wou gehad het. Hulle het gesê die boere sal met hul kaal
voete hier uitstap, want hulle sal nie eens 'n ryding oor hê om hier
weg te ry nie," het Davids gesê.

Oor die moontlikheid dat sy vir regsverydeling en meineed aangekla kan
word, sê Davids: "Ek kan nie sê hoe ek daaroor voel nie. Solank die
waarheid nou uit is, kan alles maar kom soos dit wil. Ek het so ver
almal om die bos gelei, maar nou kan ek nie verder nie. Ek het myself
in die gemors gebring, nou moet ek myself daaruit kry."

Sy het intussen ook tot bekering gekom.

"Ek moet nou net op God vertrou. Hy is ál Een wat kan vergewe, want
die mense op aarde vergewe nie."

Een van die boere wat van die verkragting beskuldig is, het gesê hy
hoop nie dié mense kom weg met die leuens nie. Hy het 'n beroep
gedoen dat hulle vervolg word.

"Beskuldig my van enigiets anders, maar nie van verkragting nie.

"As die mense wat die leuens versprei het nie aan die pen gaan ry
nie, waarheen gaan ons same­lewing dan?"
http://www.dieburger.com/Stories/News/13.0.1835254256.aspx
Vorige onderwerp: Ferdi sien die Lig!!!
Volgende onderwerp: Mbeki se rassekaart 'n pitseer wat skaaf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 01:09:38 MGT 2024