Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Biltong Resep
Biltong Resep [boodskap #104963] Do, 11 Augustus 2005 08:20 na volgende boodskap
Deneile Riffel  is tans af-lyn  Deneile Riffel
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Kan 'n mens dit so noem? Ek is opsoek na 'n biltong resep vir 'n Aussie
vriend van my, kan enige een help? Dankie
Re: Biltong Resep [boodskap #104998 is 'n antwoord op boodskap #104963] Vr, 12 Augustus 2005 13:27 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Biltongmaak is nie moeilik nie, maar dalk ook nie so eenvoudig nie. Ek
neem aan jy wil nie weet van goeie snitte en sulke dinge nie, so ons neem
aan jy het 'n stuk vleis wat jy wil opsny en biltong van wil maak? Dit sal
natuurlik afhang van watter tipe vleis dit is, want beesvleis sny jy oor die
algemeen dikker en swaarder as wildsvleis omdat beesvleis normaalweg vet aan
het en daarom word die biltong natter geëet as wildsvleis. 'n Gemiddelde
biltong [natvleis] sny jy so 10-20mm dik x 30-50mm wyd en dit sal vir jou 'n
droë grootte van so 10 x 30mm gee.
Die voglende stap is die insout van die biltong. Jy het 'n groot
metaalbak, of skottel nodig. Die heel beste wat ek nog gesien het, is 'n
ou roomkan. Jou biltongmengsel:

Vir elke kg vleis:
65gr growwe sout
6gr koljander [gemaal]
2gr gemaalde swart peper
13gr bruin suiker
2gr koeksoda
en
100ml asyn
25ml Worcestershire sous
500ml water
Nou is daar twee maniere: 1. Die droë bestanddele vryf jy in elke
individuele biltong in. Pak dié biltonge in jou bak... 2. Ons self
strooi net die mengsel onder in die bak en pak die biltonge laag vir laag in
en strooi net die mengsel oor die lae soos jy hulle inpak. Die nat mengsel
sprinkel jy ook oor elke laag soos jy dit inlê.
Weerens verskil die idees. Baie mense reken jy kan die biltonge laat
lê vir 24 uur en dan uithang, ons doen hom anders. Ons laat lê hom in die
drom vir ten minste twee dae. . Ons pak die kan toe met komberse om die
koue te behou en roer so twee keer per dag die biltonge om sommer so in die
drom. Die volgende nag hang ons hulle uit in die koue op 'n ketting wat
tussen bome op die plaas gespan is. Hulle drup dan af en die biltonge
begin winddroog raak. Die vogende oggend haal jy dit af, en pak die
winddroog biltonge in 'n bak en beskerm dit teen die warmte van die dag [as
jy dit nie doen nie en die biltonge kry warm, dan gaan jy sulke
lugkompartemente kry in die vleis] met komberse. Vanaand hang jy hom weer
uit totdat dit heeltemal winddroog is en die volgende oggend kan jy dit op
'n koel plek uithang totdat dit droog genoeg en eetbaar is.
Die ouens met biltongkaste die hang dit sommer reguit kas [toegemaak met
gaas om die vlieë uit te hou] toe en sit 'n waaier permanent op die vleis.
Dan kan jy eet binne 3 - 4 dae. Hier op die plaas maak ons dit nog maar op
die veld manier en in Namibië is selfs die winterdag se middaguur lekker
warm.
Hoop dit help!

"Deneile" skryf in boodskap news:ddf1pi$7kb$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Kan 'n mens dit so noem? Ek is opsoek na 'n biltong resep vir 'n Aussie
> vriend van my, kan enige een help? Dankie
>
Vorige onderwerp: Snoek
Volgende onderwerp: Varkboud resep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 13:19:09 MGT 2024