Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Snoek
Snoek [boodskap #103165] Ma, 16 Mei 2005 15:37 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek merk vandag die woord "snoek" in die Oxford Dictionary.
Die verklaring is as volg:

South African. A barracouta. ( Afrikaans from Dutch = pike.)
From Middle Low German snök, probably related to SNACK.

Sover ek weet, is die woord snoek nie algemeen in gebruik in
Nederlands of Vlaams nie. Hoekom so 'n woord dan nou so
wydverspreid in SA gebruik word, is dus ietwat verbasend.
Die woord moes sy oorsprong baie vroeg, seker aan die weskus
van die Kaap, gehad het en toe oor die hele land versprei het.
Dus het mense op die weskus vroeg die Middel Lae Duitse
woord snök gebruik vir hulle gedroogde vis. Die woord verwys
blykbaar nie na die soort vis waarvan dit gemaak word nie,
maar na die feit dat dit 'n "snack" is, dus 'n lekkerny.

Word snoek altyd van barracuda ( die spelling waaraan
ek gewoond is) gemaak?

Ek besluit toe om ook die woord "snoek" in die Dictionary
of South African English na te slaan. Hulle vertel die
volgende.

Thyrsites atun, the edible, small-scaled marine
fish of the Germpylidae family common in Cape
waters. It is frequently salted and dried, or smoked,
especially at the Cape where it is used for the
traditional dishes smoor ~~.. Afrikaans from
Dutch ( zee) snoek, sea pike.
J. Ewart 1811
" Snoek, a long oily fish.. forms the principal
food of the slaves."
L.G. Green 1951
" In naming the snoek "zee snoek" the pioneers
obviously realised that they had found something
different from the Dutch fresh-water pike."

Die twee woordeboeke verskil dus drasties oor die oorsprong
van die woord snoek. Die een sê dit kom van "zee snoek" af,
die ander van die Middel Lae Duitse " snök." Ek wonder wat
is die waarheid.

Gloudina
Re: Snoek [boodskap #103169 is 'n antwoord op boodskap #103165] Ma, 16 Mei 2005 15:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het al rou snoek gesien, gesmoorde, gerookte, gesoute en snoekpastei
geëet, maar snoekbokkoms het ek nog nooit gesien of geëet nie.
--
Groetnis
Annette

"@rogers.com" skryf in boodskap news:f7ydnaawZ43zIRXfRVn-1Q@rogers.com...
> Ek merk vandag die woord "snoek" in die Oxford Dictionary.
> Die verklaring is as volg:
>
> South African. A barracouta. ( Afrikaans from Dutch = pike.)
> From Middle Low German snök, probably related to SNACK.
>
> Sover ek weet, is die woord snoek nie algemeen in gebruik in
> Nederlands of Vlaams nie. Hoekom so 'n woord dan nou so
> wydverspreid in SA gebruik word, is dus ietwat verbasend.
> Die woord moes sy oorsprong baie vroeg, seker aan die weskus
> van die Kaap, gehad het en toe oor die hele land versprei het.
> Dus het mense op die weskus vroeg die Middel Lae Duitse
> woord snök gebruik vir hulle gedroogde vis. Die woord verwys
> blykbaar nie na die soort vis waarvan dit gemaak word nie,
> maar na die feit dat dit 'n "snack" is, dus 'n lekkerny.
>
> Word snoek altyd van barracuda ( die spelling waaraan
> ek gewoond is) gemaak?
>
> Ek besluit toe om ook die woord "snoek" in die Dictionary
> of South African English na te slaan. Hulle vertel die
> volgende.
>
> Thyrsites atun, the edible, small-scaled marine
> fish of the Germpylidae family common in Cape
> waters. It is frequently salted and dried, or smoked,
> especially at the Cape where it is used for the
> traditional dishes smoor ~~.. Afrikaans from
> Dutch ( zee) snoek, sea pike.
> J. Ewart 1811
> " Snoek, a long oily fish.. forms the principal
> food of the slaves."
> L.G. Green 1951
> " In naming the snoek "zee snoek" the pioneers
> obviously realised that they had found something
> different from the Dutch fresh-water pike."
>
> Die twee woordeboeke verskil dus drasties oor die oorsprong
> van die woord snoek. Die een sê dit kom van "zee snoek" af,
> die ander van die Middel Lae Duitse " snök." Ek wonder wat
> is die waarheid.
>
>
> Gloudina
>
Re: Snoek [boodskap #103179 is 'n antwoord op boodskap #103165] Ma, 16 Mei 2005 19:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Daar is ten twee vissoorte wat amper dieselfde naamspelling het, maar twee
afsonderlike spesies is. Hulle lyk nogal ietwat na mekaar en is albei
roofvisse. Die grootste verskil is dat die een 'n warmwater (tropiese) vissoort
is en die ander kouewater.

baracuda (ook barracuda): Sphyraena spp. (lw daar kan verskeie vissoorte in
dié één klas wees). Kyk hier:
http://www7.taosnet.com/platinum/data/light/species/barracud a.html

barracouta: Thyrsites atun, ons snoek, 'n kouewatervis. Kyk hier:
http://www.sea-ex.com/fishphotos/barracouta.htm

@rogers.com het geskryf:
> Ek merk vandag die woord "snoek" in die Oxford Dictionary.
> Die verklaring is as volg:
>
> South African. A barracouta. ( Afrikaans from Dutch = pike.)
> From Middle Low German snök, probably related to SNACK. en:
> Word snoek altyd van barracuda ( die spelling waaraan
> ek gewoond is) gemaak?
>
> Ek besluit toe om ook die woord "snoek" in die Dictionary
> of South African English na te slaan. Hulle vertel die
> volgende.
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Snoek [boodskap #103180 is 'n antwoord op boodskap #103165] Ma, 16 Mei 2005 19:23 Na vorige boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 16 May 2005 11:37:07 -0400, "@rogers.com" wrote:
> Ek merk vandag die woord "snoek" in die Oxford Dictionary.
> Die verklaring is as volg:

>
> Die twee woordeboeke verskil dus drasties oor die oorsprong
> van die woord snoek. Die een sê dit kom van "zee snoek" af,
> die ander van die Middel Lae Duitse " snök." Ek wonder wat
> is die waarheid.
>
>
> Gloudina

Ek hou nie van barakuda nie. Dit is te droog en moet gemarineer word.
Snoek is heerlik en nie so droog nie,

Distributions : Generally found in coastal waters, it also occurs
off-shore.... Snoek. Name : Snoek (Barracuda) Scientific Name :
Thyrsites atun ... Feeding or Diet : The Snoek shows a preference for
small food such as krill, anchovies, pilchards, other small fish
...winelands.hotelguide.co.za/africa_snoek.html

Roofvis site over vissen op snoek, snoekbaars en baars met info over
kunstaas en bucktailspinners ... roofvis gaat en dan met name over het
vissen op snoek. Je vindt er informatie over snoekvissen in de polder
en vissen op snoek, baars en snoekbaars op groter water
...www.roofvissite.nl

I. Snoek Sheet Music 1!
I. Snoek Sheet Music, Scores and Tabs. Digital and Paper sheets.
Digital Sheet Music is downloadable and printable now! Free Previews,
Free Sample Music! ... I. Snoek. Sheet Music, Scores, Tabs. 1 FOUND:
I. Snoek ! Sheet Music at Laura's MIDI Heaven ...
more hits from:
http://www.laurasmidiheaven.com/Sheet-Music/I.%20Snoek.html - 48 KB
Vorige onderwerp: Souttert.
Volgende onderwerp: Biltong Resep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 17:13:24 MGT 2024