Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Hoës se plase nie in grondeis
Hoës se plase nie in grondeis [boodskap #97376] So, 29 Augustus 2004 05:43 na volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hoës se plase nie in grondeis
LOUIS OELOFSE

Die Makgoba-gemeenskap eis omtrent al die plase in die wêreldberoemde
Magoebaskloof-distrik in Limpopo, maar die plase van drie prominente
Suid-Afrikaners in die middel van die betwiste gebied is nie op die lys
vir herverdeling nie.

Die grond van mnr. Tito Mboweni, president van die Reserwebank, dié van
mnr. Ngoako Ramathlodi, voormalige premier van Limpopo, en dié van
biskop Egenas Lekganyane, hoof van die St. Egenas Zion Church, 'n
splintergroep van die ZCC, is nie deel van dié opspraakwekkende grondeis
nie.

Al die grond rondom hul eiendomme word wel opgeëis. Toe die lys van die
plase in die Magoebaskloof-gebied wat geëis word in die Staatskoerant
verskyn, was dié drie se plase nie daarop nie.

Mnr. Mashili Mokono, grondeise-kommissaris in Limpopo, het die afgelope
week gesê daar is niks "verdags" daaraan dat dié drie bekendes se plase
nie op die lys in die Staatskoerant is nie.

Hy sê die afwesigheid van hul name beteken bloot dat die
grondeise-kommissie nog nie die aktes op die grond kon verifieer nie of
dat dit onseker is of daar teenstrydige eise op die grond is.

Hy wou nie op spesifieke vrae van Rapport oor die grond reageer nie,
maar het gesê die beskrywing van die grond kon nog nie gekry word nie.
Uit Rapport se navrae het geblyk die drie se plase is nie op 'n lys van
teenstrydige grondeise nie.

Mnr. Theo de Jager, woordvoerder van Agri Letaba, sê wat hier gebeur, is
teenstrydig met die provinsie se gewone praktyk. "In Moketsi is 225
plase in die Staatskoerant gepubliseer. Al 225 plase het twee of meer
teenstrydige eise."

Mokono sê daar is wel die moontlikheid dat die grond van Mboweni,
Ramathlodi en Lekganyane en enkele ander wat nie in die Staatskoerant
verskyn het nie "later" in die koerant kan verskyn. Hy wou nie sê
wanneer nie.

Die grond vorm deel van ses oorspronklike plase wat die Makgoba-stam
opeis in een van die grootste en duurste grondeise in Suid-Afrika. Dr.
Mamphela Ramphele, gewese rektor van die Universiteit van Kaapstad wat
deesdae 'n senior pos by die Wêreldbank beklee, en prof. Malegapuru
Makgoba, rektor van die Universiteit van KwaZulu-Natal, is luidens
berigte onder die eisers.

Magoebaskloof is internasionaal bekend as 'n toeriste-attraksie. Daar is
ook plantasies en tee- en vrugteplase ter waarde van R3,5 miljard in die
gebied.

Mboweni het sy plaas Troutwaters in Maart vanjaar vir R550 000 gekoop,
terwyl Ramathlodi byna R1,1 miljoen vir sy grond betaal het. Hy het
reeds 'n groot huis, Pumpkin Palace, op die grond gebou wat voorheen 'n
pampoenplaas was. Lekganyane het glo sy grond deur sy kerk gekoop.
Re: Hoës se plase nie in grondeis [boodskap #97411 is 'n antwoord op boodskap #97376] Ma, 30 Augustus 2004 08:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
P65  is tans af-lyn  P65
Boodskappe: 126
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Plato gebruikte zijn klavier om te schrijven :
> Hoës se plase nie in grondeis
> LOUIS OELOFSE
>
> Die Makgoba-gemeenskap eis omtrent al die plase in die wêreldberoemde
> Magoebaskloof-distrik in Limpopo, maar die plase van drie prominente
> Suid-Afrikaners in die middel van die betwiste gebied is nie op die lys vir
> herverdeling nie.
>
> Die grond van mnr. Tito Mboweni, president van die Reserwebank, dié van mnr.
> Ngoako Ramathlodi, voormalige premier van Limpopo, en dié van biskop Egenas
> Lekganyane, hoof van die St. Egenas Zion Church, 'n splintergroep van die
> ZCC, is nie deel van dié opspraakwekkende grondeis nie.
>
> Al die grond rondom hul eiendomme word wel opgeëis. Toe die lys van die plase
> in die Magoebaskloof-gebied wat geëis word in die Staatskoerant verskyn, was
> dié drie se plase nie daarop nie.
>
> Mnr. Mashili Mokono, grondeise-kommissaris in Limpopo, het die afgelope week
> gesê daar is niks "verdags" daaraan dat dié drie bekendes se plase nie op die
> lys in die Staatskoerant is nie.
>
> Hy sê die afwesigheid van hul name beteken bloot dat die grondeise-kommissie
> nog nie die aktes op die grond kon verifieer nie of dat dit onseker is of
> daar teenstrydige eise op die grond is.
>
> Hy wou nie op spesifieke vrae van Rapport oor die grond reageer nie, maar het
> gesê die beskrywing van die grond kon nog nie gekry word nie. Uit Rapport se
> navrae het geblyk die drie se plase is nie op 'n lys van teenstrydige
> grondeise nie.
>
> Mnr. Theo de Jager, woordvoerder van Agri Letaba, sê wat hier gebeur, is
> teenstrydig met die provinsie se gewone praktyk. "In Moketsi is 225 plase in
> die Staatskoerant gepubliseer. Al 225 plase het twee of meer teenstrydige
> eise."
>
> Mokono sê daar is wel die moontlikheid dat die grond van Mboweni, Ramathlodi
> en Lekganyane en enkele ander wat nie in die Staatskoerant verskyn het nie
> "later" in die koerant kan verskyn. Hy wou nie sê wanneer nie.
>
> Die grond vorm deel van ses oorspronklike plase wat die Makgoba-stam opeis in
> een van die grootste en duurste grondeise in Suid-Afrika. Dr. Mamphela
> Ramphele, gewese rektor van die Universiteit van Kaapstad wat deesdae 'n
> senior pos by die Wêreldbank beklee, en prof. Malegapuru Makgoba, rektor van
> die Universiteit van KwaZulu-Natal, is luidens berigte onder die eisers.
>
> Magoebaskloof is internasionaal bekend as 'n toeriste-attraksie. Daar is ook
> plantasies en tee- en vrugteplase ter waarde van R3,5 miljard in die gebied.
>
> Mboweni het sy plaas Troutwaters in Maart vanjaar vir R550 000 gekoop, terwyl
> Ramathlodi byna R1,1 miljoen vir sy grond betaal het. Hy het reeds 'n groot
> huis, Pumpkin Palace, op die grond gebou wat voorheen 'n pampoenplaas was.
> Lekganyane het glo sy grond deur sy kerk gekoop.

Die grond wat opgeeis word,sal die dan ook almal onteien word of word
een ernstige ondersoek gedoen?

--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
Re: Hoës se plase nie in grondeis [boodskap #97419 is 'n antwoord op boodskap #97411] Ma, 30 Augustus 2004 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sug! Ken julle dan nou nog nie vir Afrika nie? In Namibië is vele
politici van Swapo wat meer as een plaas besit en sommige soos Oom Sam wat
'n klompie besit....maar word hulle plase geoormerk vir hervestiging? Nie
maklik nie.

"P_65" skryf in boodskap news:mn.f2597d485400e2dd.14359@hotmail.com...
> Plato gebruikte zijn klavier om te schrijven :
>> Hoës se plase nie in grondeis
>> LOUIS OELOFSE
Re: Hoës se plase nie in grondeis [boodskap #97442 is 'n antwoord op boodskap #97411] Ma, 30 Augustus 2004 14:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Seker nie alles nie, maar 'n groot gedeelte.

P_65 wrote:
>
> Die grond wat opgeeis word,sal die dan ook almal onteien word of word
> een ernstige ondersoek gedoen?
>
Re: Hoës se plase nie in grondeis [boodskap #97453 is 'n antwoord op boodskap #97442] Ma, 30 Augustus 2004 17:14 Na vorige boodskap
soforkenwhat  is tans af-lyn  soforkenwhat
Boodskappe: 75
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Volle Lid
hulle wil kwansuis gaan boer, sogenaamde betsaansboere, verbou 4 sakke
mielies 'n jaar, 3 masels beeste en 9 Newcastle hoeners en dan kry hulle elk
12 kinners by die hele buurt. DIe vrouens skoffel in die lande en die manne
sit onner die bome en gooi dollosse en drink kafferbier.

Dit som hul besigheidsplan op

"Plato" skryf in boodskap news:n_idndhE0Jv7oa7cRVn-gg@is.co.za...
> Seker nie alles nie, maar 'n groot gedeelte.
>
> P_65 wrote:

>> Die grond wat opgeeis word,sal die dan ook almal onteien word of word een
>> ernstige ondersoek gedoen?

>
Vorige onderwerp: http://www.news24.com/Beeld/Wereld/0,,3-71_1573454,00.html
Volgende onderwerp: ANC-opvolg-stryd het reeds begin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 20:35:33 MGT 2024