Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Afrikaanse woorde
Afrikaanse woorde [boodskap #94711] Wo, 07 Julie 2004 23:04 na volgende boodskap
Noddy  is tans af-lyn  Noddy
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Wat is lekker afrikaans vir die volgende?

Soundbite, Coffee-to-go, Skinhead

Wat van geluid happie, koffie-op-voete, nerfkop?

Kantelberg.
Re: Afrikaanse woorde [boodskap #94719 is 'n antwoord op boodskap #94711] Do, 08 Julie 2004 02:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Klankstuk, Kartonkoffie, Haarlose.
--
Groetnis
Annette
"Johannes Kantelberg" wrote in message
news:40ec818a$0$26546$ed2619ec@ptn-nntp-reader02.plus.net...
> Wat is lekker afrikaans vir die volgende?
>
> Soundbite, Coffee-to-go, Skinhead
>
> Wat van geluid happie, koffie-op-voete, nerfkop?
>
> Kantelberg.
>
Re: Afrikaanse woorde [boodskap #94722 is 'n antwoord op boodskap #94719] Do, 08 Julie 2004 10:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Noddy  is tans af-lyn  Noddy
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ag neewat Annette. Jou voorstelle is nie chic genoeg nie. Probeer weer.

Kantelberg.

"Annette" skryf in boodskap news:ccieo6$ear$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Klankstuk, Kartonkoffie, Haarlose.
> --
> Groetnis
> Annette
> "Johannes Kantelberg" wrote in message
> news:40ec818a$0$26546$ed2619ec@ptn-nntp-reader02.plus.net...
>> Wat is lekker afrikaans vir die volgende?
>>
>> Soundbite, Coffee-to-go, Skinhead
>>
>> Wat van geluid happie, koffie-op-voete, nerfkop?
>>
>> Kantelberg.
>>
>
Re: Afrikaanse woorde [boodskap #94723 is 'n antwoord op boodskap #94711] Do, 08 Julie 2004 10:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
klankbrokkie

koffie-in-'n-kits

skeerkop

:-)

TJ

"Johannes Kantelberg" wrote in message
news:40ec818a$0$26546$ed2619ec@ptn-nntp-reader02.plus.net...
> Wat is lekker afrikaans vir die volgende?
>
> Soundbite, Coffee-to-go, Skinhead
>
> Wat van geluid happie, koffie-op-voete, nerfkop?
>
> Kantelberg.
>
Re: Afrikaanse woorde [boodskap #94724 is 'n antwoord op boodskap #94723] Do, 08 Julie 2004 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
klankbrokkie - klankstukkie - klankie (nie 'n reukie nie)

koffie-in-'n-kits - klitskoffie - glips-koppie

skeerkop - spieelkop - tafeldop

:-)

TJ
Re: Afrikaanse woorde [boodskap #94725 is 'n antwoord op boodskap #94724] Do, 08 Julie 2004 12:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Noddy  is tans af-lyn  Noddy
Boodskappe: 50
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ag nee wat. Nog nie stuitig genoeg nie. Wat van geraasgreep, voetsoolkoffie,
domastrant?

Snaaks dat daardie professor uit Kanada nog nie van haar laat hoor het nie. Sy
met die sewe PhDs in Afrikaanse letterkunde.

Die tweede wet van die termodinamika: die entropie van die heelal neem
onverbiddelik toe. Behalwe in Kanada.

Kantelberg.

"TJ" skryf in boodskap news:ccj9ql$t6p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> klankbrokkie - klankstukkie - klankie (nie 'n reukie nie)
>
> koffie-in-'n-kits - klitskoffie - glips-koppie
>
> skeerkop - spieelkop - tafeldop
>
> :-)
>
> TJ
>
Re: Afrikaanse woorde [boodskap #94726 is 'n antwoord op boodskap #94725] Do, 08 Julie 2004 14:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Johannes Kantelberg"

> Snaaks dat daardie professor uit Kanada nog nie van haar laat hoor het nie. Sy
> met die sewe PhDs in Afrikaanse letterkunde.
>
> Die tweede wet van die termodinamika: die entropie van die heelal neem
> onverbiddelik toe. Behalwe in Kanada.

O so, die pos was dus 'n gevissery.

Luister, ek gee nie aandag aan enige groep mense
wat "cute" wil wees met nuwe Afrikaanse woorde
nie. Ek merk op in die afgelope paar jare dat dit 'n
geliefkoosde speelding van sekere mense geword
het. Ek sou dié soort aktiwiteit aanmoedig, omdat
dit ten minste die fokus op Afrikaans hou. Maar daar
is gewoonlik so 'n oorvloed van "cuteness" in die
poging, dat ek weier om aktief deel te neem aan
sulke pogings.
Nou vra ek vir jou, wat is die Afrikaans vir
"cute." Daar is verskillende betekenisse vir "cute"
in Engels. Die amelioratiewe (positiewe) betekenis
kan seker weergegee word met die Afrikaanse "oulik."
Maar as ek "cute" pejoratief gebruik ( dit dus
veroordeel) , hoe vertaal ek dit dan?

Tant Hessie van die Suid-Eiland
Re: Afrikaanse woorde [boodskap #94727 is 'n antwoord op boodskap #94726] Do, 08 Julie 2004 14:43 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 08 Jul 2004 14:04:50 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Luister, ek gee nie aandag aan enige groep mense
> wat "cute" wil wees met nuwe Afrikaanse woorde
> nie. Ek merk op in die afgelope paar jare dat dit 'n
> geliefkoosde speelding van sekere mense geword
> het. Ek sou dié soort aktiwiteit aanmoedig, omdat
> dit ten minste die fokus op Afrikaans hou. Maar daar
> is gewoonlik so 'n oorvloed van "cuteness" in die
> poging, dat ek weier om aktief deel te neem aan
> sulke pogings.

"Oulike" vertalings - so geliefd in Afr - oorleef gewoonlik nie lank
nie.

Wie praat nog van 'n "komper" vir 'n computer?

Tog was dit die vertaling wat deur die taal-magshebbers verkies was.
Intussen het die sypaadjie van rekenaar gepraat.
Vorige onderwerp: Hoekom altyd Jan?
Volgende onderwerp: Wat in kapok in Engels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 20:57:10 MGT 2024