Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » 'SA vorder, maar land bly verdeel'
'SA vorder, maar land bly verdeel' [boodskap #88367] Wo, 17 Desember 2003 18:43
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
'SA vorder, maar land bly verdeel'
Eagan Williamson en Mandy Rossouw

Die Suid-Afrikaanse samelewing bly verdeeld en min mense omhels die
idee van nasionale eenheid, het pres. Thabo Mbeki Dinsdag by die
Versoeningsdagseremonie by die Uniegebou in Pretoria gesê.

Hy het gesê baie vordering is gemaak om die land te herbou en
versoening te bewerkstellig, "maar ons moet ook erken dat baie nog
gedoen moet word".

Verskeie politieke leiers het die regering se uitnodiging aanvaar om
Dinsdag se viering by die Uniegebou by te woon.

Saam met Mbeki was mnre. Tony Leon, DA-leier, Daryl Swanepoel, NNP-
hoofsweep, en Cassie Aucamp, NA-leier. Dr. Pieter Mulder, leier van
die VF+, het die viering by die Voortrekkermonument bygewoon het.

Meer as 2 000 mense het by die Uniegebou opgedaag terwyl sowat 6 000
by die Voortrekkermonument was.

Die organiseerders van die Uniegebou-viering het sowat 20 000 mense
verwag vir die seremonie wat sowat R13 miljoen gekos het.

Mbeki het gesê dit is nou die tyd vir alle Suid-Afrikaners om hulle
tot 'n mense-kontrak te verbind vir die verbetering van die land,
onder meer om rassisme, armoede en dakloosheid te beveg. "Ons het 'n
stewige fondament gelê om op te bou."

Hy het gesê dis belangrik dat die helde van die stryd teen apartheid -
diegene verantwoordelik vir die geboorte van die nuwe Suid-Afrika -
erkenning kry en geëer word.

Aucamp het gevra dat die dag nie gepaard gaan met "volkshoogmoed
en 'n beskouing dat Afrikaners God se uitverkore volk in Suid-Afrika
is nie".

Hy het gesê die dag is 'n "teken van roepingsbesef" en het Afrikaners
herinner aan die "taak en roeping wat Afrikaners steeds in Suid-
Afrika het".
Leon het gesê politici moet gewoond raak aan die idee van politieke
opposisie omdat dit gesonde politieke wrywing veroorsaak en daarom
tot nuwe en konstruktiewe idees lei.
Volgens Leon is die ware toets vir versoening eerder die "oorgee van
mag".

"Toe die ANC aan die bewind gekom het, was dit 'n kritieke tyd in die
land se geskiedenis. Die klimaks sal wees wanneer hy sy mag afstaan
aan 'n opposisie wat 'n oorwinning by die stembus behaal het."

Swanepoel het elke Suid-Afrikaner uitgedaag om te help met die proses
om die nasie byeen te bring.
Mulder het in sy verklaring na die vakansiedag as "Geloftedag"
verwys en gesê as Afrikaners "feeste soos Geloftedag" moet
prysgee, "is die prys te duur en die versoeningsresep verkeerd".

Mulder het sy besorgdheid uitgespreek oor apatiese Afrikaners en
gesê "hul negatiwiteit verlam mede-Afrikaners omdat hulle kritiseer
sonder om oplossings aan te bied".

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1460303,00. html
Vorige onderwerp: Thabo, soos Bob, duld nie opposisie
Volgende onderwerp: Nog grond-sake in SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 18:50:29 MGT 2024