Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Thabo, soos Bob, duld nie opposisie
Thabo, soos Bob, duld nie opposisie [boodskap #88296] Ma, 15 Desember 2003 08:59
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Thabo, soos Bob, duld nie opposisie
Charles du Preez, Louis Trichardt

Dit is geweldig interessant om S.M.J. Wessels van Gordonsbaai se
brief (11 Desember) te lees en op te merk dat hy 'n antwoord verskaf
oor waarom pres. Thabo Mbeki nie 'n onderhoud aan Tony Leon wil
toestaan nie.

Dit kom duidelik daarop neer dat Mbeki, soos sy bondgenoot oorkant
die Limpopo, hoegenaamd geen opposisie duld nie. Daar is selfs sprake
van haat omdat dit indruis teen die denkskool waaruit Mbeki en Robert
Mugabe kom. Dit dra tereg die voortekens van 'n eenpartystaat met hom
saam!

Nee wat, Mbeki weet dat 'n splinter-partytjie soos die VF+ geen
gevaar inhou vir sy doelwitte nie, juis nou met die VF+ se
verbintenis met 'n verkrampte party soos die KP, wat die VF+ op 'n
syspoor gaan rangeer soos nog nooit tevore nie en die plus in sy naam
in 'n minus gaan verander!

http://www.news24.com/Beeld/Briewe/0,,3-73_1459485,00.html
Vorige onderwerp: Nuus: Danie Smuts oorlede
Volgende onderwerp: 'SA vorder, maar land bly verdeel'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 15:37:25 MGT 2024