Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Resep (te) - maklik en lekker
Resep (te) - maklik en lekker [boodskap #87113] Vr, 14 November 2003 08:04 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In die nuwe Dit:

1) Pynappelroomys:
1 x 440g blik pynappelmoes, gedreineer.
60ml van die gedreineerde pynapplelsap
1 x 397g blikkie kondensmelk ( dis hoekom dit 'n lekker resep is:)) )
500ml vars room.
1 x 440g blik pynappelringe.

Puree pynappelmoes tot glad, Voeg sap, kondensmelk en room by en meng met 'n
houtlepel. Giet in roomysbak en vries oornag. bedien op pynappelringe.

2) Rissiekonfyt:
Puree 550g baie ryp tamaties en 3 rooi brandrissies, ontpit en fyngekap, in
'n voedselverwerker. Kap 'n verdere 550g baie ryp tamaties rofweg.
Plaas bg bestanddele, saam met 50g tamatiepasta, 600g suiker, 2ml vars
gekneusde gemmer, 1 knoffelhuisie, gepers, 60 ml suurlemoensap, 20ml
balsemiekasyn en 15 ml worcestersous in 'n kastrol en bring stadig tot
kookpunt terwyl jy heeltyd roer.
Wanneer dit kook, verlaag die hitte en prut stadig vir 30 - 40 minute - roer
elke 5 minute. Skep die skuim van die oppervlak af. Wanneer die kkoksel die
helfte minder is, skep in gesteriseerde flesse, laat afkoel, maak toe en sit
in die yskas.

3) Kaashappies:
Plaas 220g meelblom, 2 groot eiergele, 110g botter, 100g vars gerasperde
parmesaan (kaas) en1 ml elk gedroogde basilie en origanum in 'n
voedselverwerker en meng goed. Voeg 'n biejie water by om 'n stywe deeg te
vorm.
Druk die deeg in 'n bal, en rol dit so dun as moontlik uit op 'n oppervlak
wat liggies met meelblom bestrooi is. Druk sirkels uit.
Sit op 'n gesmeerde bakplaat en bak in 'n voorverhitte oond vir 6 - 10
minute.( niks van die hitte van die oond nie - 150 behoort genoeg te wees)
( Die koekies is lig van kleur - moet nou nie dat dit brand nie) Haal uit
die oond en laat hard word voordat jy dit van die bakplaat afhaal. Bêre in
'n lugdigte houer.

--
Annette
Re: Resep (te) - maklik en lekker [boodskap #87116 is 'n antwoord op boodskap #87113] Vr, 14 November 2003 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hier's nou 'n wenresep:

Die soc.culture.south-africa.afrikaans Kookboek.
(scs-aa Kookboek vir kort)
Redaksie: Annette.

Almal koop kookboeke en nogal teen 'n stewige prys ook. Die vrou se rakke
staan vol van die boeke (almal onder die stof). Die dogter se skool het weer
al die klasma's gevra vir 'n resep of twee en voila kookboek teen R60 stuk -
eenvoudige gebind by iemand se kantoor met "chef" foto van kind voorop - wie
smelt nie vir so 'n foto nie?

Watse resepte sal in die scs-aa Kookboek moet wees? Eg Afrikaanse?

:-)

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:bp22gj$s2u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> In die nuwe Dit:
>
> 1)Pynappelroomys:
> 1 x 440g blik pynappelmoes, gedreineer.
> 60ml van die gedreineerde pynapplelsap
> 1 x 397g blikkie kondensmelk ( dis hoekom dit 'n lekker resep is:)) )
> 500ml vars room.
> 1 x 440g blik pynappelringe.
>
> Puree pynappelmoes tot glad, Voeg sap, kondensmelk en room by en meng met 'n
> houtlepel. Giet in roomysbak en vries oornag. bedien op pynappelringe.
>
> 2) Rissiekonfyt:
> Puree 550g baie ryp tamaties en 3 rooi brandrissies, ontpit en fyngekap, in
> 'n voedselverwerker. Kap 'n verdere 550g baie ryp tamaties rofweg.
> Plaas bg bestanddele, saam met 50g tamatiepasta, 600g suiker, 2ml vars
> gekneusde gemmer, 1 knoffelhuisie, gepers, 60 ml suurlemoensap, 20ml
> balsemiekasyn en 15 ml worcestersous in 'n kastrol en bring stadig tot
> kookpunt terwyl jy heeltyd roer.
> Wanneer dit kook, verlaag die hitte en prut stadig vir 30 - 40 minute - roer
> elke 5 minute. Skep die skuim van die oppervlak af. Wanneer die kkoksel die
> helfte minder is, skep in gesteriseerde flesse, laat afkoel, maak toe en sit
> in die yskas.
>
> 3) Kaashappies:
> Plaas 220g meelblom, 2 groot eiergele, 110g botter, 100g vars gerasperde
> parmesaan (kaas) en1 ml elk gedroogde basilie en origanum in 'n
> voedselverwerker en meng goed. Voeg 'n biejie water by om 'n stywe deeg te
> vorm.
> Druk die deeg in 'n bal, en rol dit so dun as moontlik uit op 'n oppervlak
> wat liggies met meelblom bestrooi is. Druk sirkels uit.
> Sit op 'n gesmeerde bakplaat en bak in 'n voorverhitte oond vir 6 - 10
> minute.( niks van die hitte van die oond nie - 150 behoort genoeg te wees)
> ( Die koekies is lig van kleur - moet nou nie dat dit brand nie) Haal uit
> die oond en laat hard word voordat jy dit van die bakplaat afhaal. Bêre in
> 'n lugdigte houer.
>
> --
> Annette
>
Re: Resep (te) - maklik en lekker [boodskap #87130 is 'n antwoord op boodskap #87116] Vr, 14 November 2003 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Koek- susters!!:)))
--
Annette

"TJ" skryf in boodskap news:bp249s$sje$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hier's nou 'n wenresep:
>
> Die soc.culture.south-africa.afrikaans Kookboek.
> (scs-aa Kookboek vir kort)
> Redaksie: Annette.
>
> Almal koop kookboeke en nogal teen 'n stewige prys ook. Die vrou se rakke
> staan vol van die boeke (almal onder die stof). Die dogter se skool het weer
> al die klasma's gevra vir 'n resep of twee en voila kookboek teen R60 stuk -
> eenvoudige gebind by iemand se kantoor met "chef" foto van kind voorop - wie
> smelt nie vir so 'n foto nie?
>
> Watse resepte sal in die scs-aa Kookboek moet wees? Eg Afrikaanse?
>
> :-)
>
> TJ
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:bp22gj$s2u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> In die nuwe Dit:
>>
>> 1)Pynappelroomys:
>> 1 x 440g blik pynappelmoes, gedreineer.
>> 60ml van die gedreineerde pynapplelsap
>> 1 x 397g blikkie kondensmelk ( dis hoekom dit 'n lekker resep is:)) )
>> 500ml vars room.
>> 1 x 440g blik pynappelringe.
>>
>> Puree pynappelmoes tot glad, Voeg sap, kondensmelk en room by en meng met 'n
>> houtlepel. Giet in roomysbak en vries oornag. bedien op pynappelringe.
>>
>> 2) Rissiekonfyt.
>> Puree 550g baie ryp tamaties en 3 rooi brandrissies, ontpit en fyngekap, in
>> 'n voedselverwerker. Kap 'n verdere 550g baie ryp tamaties rofweg.
>> Plaas bg bestanddele, saam met 50g tamatiepasta, 600g suiker, 2ml vars
>> gekneusde gemmer, 1 knoffelhuisie, gepers, 60 ml suurlemoensap, 20ml
>> balsemiekasyn en 15 ml worcestersous in 'n kastrol en bring stadig tot
>> kookpunt terwyl jy heeltyd roer.
>> Wanneer dit kook, verlaag die hitte en prut stadig vir 30 - 40 minute - roer
>> elke 5 minute. Skep die skuim van die oppervlak af. Wanneer die kkoksel die
>> helfte minder is, skep in gesteriseerde flesse, laat afkoel, maak toe en sit
>> in die yskas.
>>
>>
>> 3) Kaashappies.
>> Plaas 220g meelblom, 2 groot eiergele, 110g botter, 100g vars gerasperde
>> parmesaan (kaas) en1 ml elk gedroogde basilie en origanum in 'n
>> voedselverwerker en meng goed. Voeg 'n biejie water by om 'n stywe deeg te
>> vorm.
>> Druk die deeg in 'n bal, en rol dit so dun as moontlik uit op 'n oppervlak
>> wat liggies met meelblom bestrooi is. Druk sirkels uit.
>> Sit op 'n gesmeerde bakplaat en bak in 'n voorverhitte oond vir 6 - 10
>> minute.( niks van die hitte van die oond nie - 150 behoort genoeg te wees)
>> ( Die koekies is lig van kleur - moet nou nie dat dit brand nie) Haal uit
>> die oond en laat hard word voordat jy dit van die bakplaat afhaal. Bêre in
>> 'n lugdigte houer.
>>
>> --
>> Annette
>>
>
Re: Resep (te) - maklik en lekker [boodskap #87133 is 'n antwoord op boodskap #87130] Vr, 14 November 2003 12:21 Na vorige boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
O koek en die susters (hoeveel?)

:-)

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:bp2fal$326$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Koek- susters!!:)))
> --
> Annette
> "TJ" wrote in message
> news:bp249s$sje$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Hier's nou 'n wenresep:
>>
>> Die soc.culture.south-africa.afrikaans Kookboek.
>> (scs-aa Kookboek vir kort)
>> Redaksie: Annette.
>>
>> Almal koop kookboeke en nogal teen 'n stewige prys ook. Die vrou se rakke
>> staan vol van die boeke (almal onder die stof). Die dogter se skool het weer
>> al die klasma's gevra vir 'n resep of twee en voila kookboek teen R60 stuk -
>> eenvoudige gebind by iemand se kantoor met "chef" foto van kind voorop - wie
>> smelt nie vir so 'n foto nie?
>>
>> Watse resepte sal in die scs-aa Kookboek moet wees? Eg Afrikaanse?
>>
>> :-)
>>
>> TJ
>>
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:bp22gj$s2u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> In die nuwe Dit:
>>>
>>> 1)Pynappelroomys:
>>> 1 x 440g blik pynappelmoes, gedreineer.
>>> 60ml van die gedreineerde pynapplelsap
>>> 1 x 397g blikkie kondensmelk ( dis hoekom dit 'n lekker resep is:)) )
>>> 500ml vars room.
>>> 1 x 440g blik pynappelringe.
>>>
>>> Puree pynappelmoes tot glad, Voeg sap, kondensmelk en room by en meng met 'n
>>> houtlepel. Giet in roomysbak en vries oornag. bedien op pynappelringe.
>>>
>>> 2) Rissiekonfyt.
>>> Puree 550g baie ryp tamaties en 3 rooi brandrissies, ontpit en fyngekap, in
>>> 'n voedselverwerker. Kap 'n verdere 550g baie ryp tamaties rofweg.
>>> Plaas bg bestanddele, saam met 50g tamatiepasta, 600g suiker, 2ml vars
>>> gekneusde gemmer, 1 knoffelhuisie, gepers, 60 ml suurlemoensap, 20ml
>>> balsemiekasyn en 15 ml worcestersous in 'n kastrol en bring stadig tot
>>> kookpunt terwyl jy heeltyd roer.
>>> Wanneer dit kook, verlaag die hitte en prut stadig vir 30 - 40 minute - roer
>>> elke 5 minute. Skep die skuim van die oppervlak af. Wanneer die kkoksel die
>>> helfte minder is, skep in gesteriseerde flesse, laat afkoel, maak toe en sit
>>> in die yskas.
>>>
>>>
>>> 3) Kaashappies.
>>> Plaas 220g meelblom, 2 groot eiergele, 110g botter, 100g vars gerasperde
>>> parmesaan (kaas) en1 ml elk gedroogde basilie en origanum in 'n
>>> voedselverwerker en meng goed. Voeg 'n biejie water by om 'n stywe deeg te
>>> vorm.
>>> Druk die deeg in 'n bal, en rol dit so dun as moontlik uit op 'n oppervlak
>>> wat liggies met meelblom bestrooi is. Druk sirkels uit.
>>> Sit op 'n gesmeerde bakplaat en bak in 'n voorverhitte oond vir 6 - 10
>>> minute.( niks van die hitte van die oond nie - 150 behoort genoeg te wees)
>>> ( Die koekies is lig van kleur - moet nou nie dat dit brand nie) Haal uit
>>> die oond en laat hard word voordat jy dit van die bakplaat afhaal. Bêre in
>>> 'n lugdigte houer.
>>>
>>> --
>>> Annette
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Sop, soep en koek
Volgende onderwerp: Gebraaide Kaas met Makaronie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 09:30:48 MGT 2024