Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Nuus 9/9
Nuus 9/9 [boodskap #83581] Di, 09 September 2003 07:09
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die boot sit nog steeds vas in die sand.

SABC se hofaansoek om die rugbyverhoor in die openbaar te laat geskied, is
met koste van die hand gewys.

Ons krieketspan het teen Engeland verloor in die laaste toets, en die reeks
gedeel.

RSG se vraag van die week - gaan ons rugbyspan die wêreldbeker wen?

Alle gratis parkeerplekke wat nog in Kaapstad beskibaar was, is van vandag
af nie meer nie. Parkering in die straat by 'n meter is nou R5,80 per uur
met 'n halfuur die minimum, in die parkeergarage oorkant die ontvanger is
dit R10 per uur of gedeelte daarvan, en by die oop parkeerareas is dit
tussen R4 en R5 per uur of gedeelte daarvan.

Daar is op 'n klomp taxi's beslag gelê agv onbetaalde boetes. Onbetaalde
boetes vir taxi's beloop R130 000

Ons is meegedeel dat daar nie so iets soos misdaadareas bestaan nie, en
sedert uitkenning dmv vingerafdrukke ingestel is, is daar nou minder
misdaad.

1 Oktober is die sperdatum vir gelyke indiensneming. Werkgewers met 150 of
meer werknemers moet 'n arbeidsverslag indien.

Annette
Vorige onderwerp: Nuwe Konsepwet: Grondonteiening
Volgende onderwerp: Nuus 21/9
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 11:30:08 MGT 2024