Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Bobotie
Bobotie [boodskap #78649] So, 01 Junie 2003 17:02 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Weskusresep

1 kg maalvleis
1 desertlepel suiker
1 gerasperde appel
2 t kerriepoeier
1 dik sny brood
2 eiers
2 e beesvet
2 gekapte middelslaguie
1 desertlepel appelkooskonfyt
1 k warm melk
1/2 k asyn
sout

Braai gekapte uie bruim in warm beesvet en voeg kerriepoeier en suiker by.
Verwyder van hitte en voeg konfyt, appel en asyn by. Meng maalvleis met
brood wat in warm melk geweek is. Voeg sout en dan kerriemengsel by en meng
goed.
Bak sowat 45 min in louwarm oond. Giet mengsel van 2 eiers gelop met 1/2 k
melk en wout en peper oor en bak in matige oond tot bruin.
Dien op met rys.

( ek voeg soms rosyntjies ook by die vleismengsel)

Annette
Re: Bobotie [boodskap #78651 is 'n antwoord op boodskap #78649] So, 01 Junie 2003 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:bbdbft$894o1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Weskusresep

Dankie Annette. Kan jy masala gebruik vir kerriepoeier?

Lorinda
Re: Bobotie [boodskap #78653 is 'n antwoord op boodskap #78651] So, 01 Junie 2003 18:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, selfs ook borrie.

Bobotie is nie veronderstel om die mond te brand nie, maar net daardie effe
gelerige skynsel te hê.

Annette

"Lorinda" skryf in boodskap news:bbde4c$kqi$1@newsg1.svr.pol.co.uk...
> "Annette" wrote in message
> news:bbdbft$894o1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Weskusresep
>
> Dankie Annette. Kan jy masala gebruik vir kerriepoeier?
>
> Lorinda
>
Re: Bobotie [boodskap #78802 is 'n antwoord op boodskap #78649] Wo, 04 Junie 2003 12:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
dit klink weer baie lekker Annette,
maar ek glo ek maak so ongeveer my bobotie en ek doen dit met borrie
(koenjit).
en natuurlik geel rys.
Ek maak dan melktert toe en so trakteer ek my vriende op 'n heerlik
Afrikaanse aand, met Afrikaanse wyn en musiek :-)

"Annette" skryf in boodskap news:bbdbft$894o1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Weskusresep
>
> 1 kg maalvleis
> 1 desertlepel suiker
> 1 gerasperde appel
> 2 t kerriepoeier
> 1 dik sny brood
> 2 eiers
> 2 e beesvet
> 2 gekapte middelslaguie
> 1 desertlepel appelkooskonfyt
> 1 k warm melk
> 1/2 k asyn
> sout
>
> Braai gekapte uie bruim in warm beesvet en voeg kerriepoeier en suiker by.
> Verwyder van hitte en voeg konfyt, appel en asyn by. Meng maalvleis met
> brood wat in warm melk geweek is. Voeg sout en dan kerriemengsel by en meng
> goed.
> Bak sowat 45 min in louwarm oond. Giet mengsel van 2 eiers gelop met 1/2 k
> melk en wout en peper oor en bak in matige oond tot bruin.
> Dien op met rys.
>
> ( ek voeg soms rosyntjies ook by die vleismengsel)
>
> Annette
>
Re: Bobotie [boodskap #78804 is 'n antwoord op boodskap #78802] Wo, 04 Junie 2003 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek sien vandag, lewensgroot op 'n restaurant se spyskaartbord net langs die
Grootte Kerk: Babotie!!! Nogal in gekleurde kryt!!

Nietemin Rico - jy gaan goed aan om te Afrikaanseer:)) Het jy 'n
boereworsresep nodig?:))

Annette

"Rico" skryf in boodskap news:3eddeab9$0$49099$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> dit klink weer baie lekker Annette,
> maar ek glo ek maak so ongeveer my bobotie en ek doen dit met borrie
> (koenjit).
> en natuurlik geel rys.
> Ek maak dan melktert toe en so trakteer ek my vriende op 'n heerlik
> Afrikaanse aand, met Afrikaanse wyn en musiek :-)
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:bbdbft$894o1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Weskusresep
>>
>> 1 kg maalvleis
>> 1 desertlepel suiker
>> 1 gerasperde appel
>> 2 t kerriepoeier
>> 1 dik sny brood
>> 2 eiers
>> 2 e beesvet
>> 2 gekapte middelslaguie
>> 1 desertlepel appelkooskonfyt
>> 1 k warm melk
>> 1/2 k asyn
>> sout
>>
>> Braai gekapte uie bruim in warm beesvet en voeg kerriepoeier en suiker by.
>> Verwyder van hitte en voeg konfyt, appel en asyn by. Meng maalvleis met
>> brood wat in warm melk geweek is. Voeg sout en dan kerriemengsel by en meng
>> goed.
>> Bak sowat 45 min in louwarm oond. Giet mengsel van 2 eiers gelop met 1/2 k
>> melk en wout en peper oor en bak in matige oond tot bruin.
>> Dien op met rys.
>>
>> ( ek voeg soms rosyntjies ook by die vleismengsel)
>>
>> Annette
>>
>
Re: Bobotie [boodskap #78827 is 'n antwoord op boodskap #78804] Wo, 04 Junie 2003 23:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nee Annette ek Afrikaniseer nie, dit sal nie moontlik wees nie, ek geniet
net die beste dinge van Afrika en Europa :-)

En ja boerewors is heerlik om te eet, maar ek kan dit nie maak nie, ek weet
ook nie, waar ek darms kan kry, ek ken net 'n paar darms, maar ek wil niet
my wors daar in stop nie :-))))

Babotie, is dit soos Bababotie, Bobotie vir kleintjies????

Gr.Rico

Btw, ek het inmiddels die kookboek van die Afrikaners,
Kook en Geniet!!

"Annette" skryf in boodskap news:bbkr65$aj15h$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek sien vandag, lewensgroot op 'n restaurant se spyskaartbord net langs die
> Grootte Kerk: Babotie!!! Nogal in gekleurde kryt!!
>
> Nietemin Rico - jy gaan goed aan om te Afrikaanseer:)) Het jy 'n
> boereworsresep nodig?:))
>
> Annette
>
>
>
> "Rico" wrote in message
> news:3eddeab9$0$49099$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> dit klink weer baie lekker Annette,
>> maar ek glo ek maak so ongeveer my bobotie en ek doen dit met borrie
>> (koenjit).
>> en natuurlik geel rys.
>> Ek maak dan melktert toe en so trakteer ek my vriende op 'n heerlik
>> Afrikaanse aand, met Afrikaanse wyn en musiek :-)
>>
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:bbdbft$894o1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Weskusresep
>>>
>>> 1 kg maalvleis
>>> 1 desertlepel suiker
>>> 1 gerasperde appel
>>> 2 t kerriepoeier
>>> 1 dik sny brood
>>> 2 eiers
>>> 2 e beesvet
>>> 2 gekapte middelslaguie
>>> 1 desertlepel appelkooskonfyt
>>> 1 k warm melk
>>> 1/2 k asyn
>>> sout
>>>
>>> Braai gekapte uie bruim in warm beesvet en voeg kerriepoeier en suiker by.
>>> Verwyder van hitte en voeg konfyt, appel en asyn by. Meng maalvleis met
>>> brood wat in warm melk geweek is. Voeg sout en dan kerriemengsel by en meng
>>> goed.
>>> Bak sowat 45 min in louwarm oond. Giet mengsel van 2 eiers gelop met 1/2 k
>>> melk en wout en peper oor en bak in matige oond tot bruin.
>>> Dien op met rys.
>>>
>>> ( ek voeg soms rosyntjies ook by die vleismengsel)
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Bobotie [boodskap #78902 is 'n antwoord op boodskap #78804] Sa, 07 Junie 2003 07:31 Na vorige boodskap
Intact  is tans af-lyn  Intact
Boodskappe: 13
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
"Annette" skryf:
> Ek sien vandag, lewensgroot op 'n restaurant se spyskaartbord net langs die
> Grootte Kerk: Babotie!!! Nogal in gekleurde kryt!!

In die sestigerjare het ek op 'n keer vakansiewerk by die SAUK
(voorganger van die SABC) in Seepunt, Kaapstad gedoen.
Die restaurantkok (hy was g'n sjef nie) het een dag op die spyskaart
('n swartbord waarop met kryt geskryf is) die dis van die dag as
"Bobbetaai" aangedui.
In albei gevalle hierbo het die skrywers waarskynlik KVA (Kaapse
Vlakte Afrikaans - die teenhanger van KFI: Kyp Flets Ienglish)
gepleeg.
Vorige onderwerp: koeksisters
Volgende onderwerp: Kook Skrywe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 09:32:46 MGT 2024