Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » koeksisters
koeksisters [boodskap #78105] Wo, 21 Mei 2003 19:02 na volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kan me iemand helpen met een recept van koeksisters...
Alvast bedankt

grt emmy
Re: koeksisters [boodskap #78107 is 'n antwoord op boodskap #78105] Wo, 21 Mei 2003 19:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"emmy" skryf in boodskap news:3ecbcd3d$0$45384$1b62eedf@news.wanadoo.nl...
> Kan me iemand helpen met een recept van koeksisters...
> Alvast bedankt
>
> grt emmy

Hierdie resep is nie sleg nie
http://www.sacolorado.org/koeksisters.html

maar Annette weet dalk van n beter een.

Lorinda
Re: koeksisters [boodskap #78112 is 'n antwoord op boodskap #78107] Do, 22 Mei 2003 03:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Resep 1 is meer bekend vir my.

Resep 1:
Stroop:
6 k suiker
3 k water
2 e suurlemoensap
Stukkie pypkaneel of gekneusde gemmer of nartjieskil
6 druppels gliserien

Kook vinnig vir 5 minute. Laat staan oornag om koud te word.

Deeg:
3 k bruismeel
1 e botter
1 k yskoue melk
knippie sout

Sif droë bestanddele saam
Maak aan met melk en knie
Laat staan vir 'n paar uur
Rol uit op 'n plank met vlapoeier gestrooi
Sny en vleg
Verhit olie - plaas koeksisters daarin
Draai om sodat koeksister heeltemal goudbruin is. Haal uit en druk in koue
stroop.

Resep 2:
Stroop:
Kook vir 5 minute:
4 k suiker
1 e goue stroop
4 k water
knippie wynsteensuur
Verkoel tot yskoud

Deeg:
2 k meelblom
1 t bakpoeier
1 t suiker
1 t botter
1 eier
3/4 k melk
knippie sout

Vryf botter in die meel en voer bakpoeier en suiker by. Meng met melk en
eier wat saam geklits is.
Rol deeg uit en vleg.
Bak in diep olie of vet tot goudbruin en doop dadelik in stroop.

"Raj" skryf in boodskap news:3ecbd0cc$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "emmy" wrote in message
> news:3ecbcd3d$0$45384$1b62eedf@news.wanadoo.nl...
>> Kan me iemand helpen met een recept van koeksisters...
>> Alvast bedankt
>>
>> grt emmy
>
>
> Hierdie resep is nie sleg nie
> http://www.sacolorado.org/koeksisters.html
>
> maar Annette weet dalk van n beter een.
>
> Lorinda
>
Re: koeksisters [boodskap #78495 is 'n antwoord op boodskap #78112] Do, 29 Mei 2003 14:19 Na vorige boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
'n Sleutel-faktor: YSKOUE stroop. As die olie-koeksister die yskoue
stroop tref, suig dit stroop in.

Die stroom raak agter mettertyd warm, so dit help om twee stelle
stroop te he. Een wat jy gebruik en een in die vrieskas. Dan kan jy
dit omruil.

As die enigste een in die huis met n serious soet-tand het ek gou
geleer om dit self te maak.

Ook pannekoek wat die beste smaak as crepe susette deeg gebruik word.

On Thu, 22 May 2003 05:36:28 +0200, "Annette" wrote:

> Resep 1 is meer bekend vir my.
>
> Resep 1:
> Stroop:
> 6 k suiker
> 3 k water
> 2 e suurlemoensap
> Stukkie pypkaneel of gekneusde gemmer of nartjieskil
> 6 druppels gliserien
>
> Kook vinnig vir 5 minute. Laat staan oornag om koud te word.
>
> Deeg:
> 3 k bruismeel
> 1 e botter
> 1 k yskoue melk
> knippie sout
>
> Sif droë bestanddele saam
> Maak aan met melk en knie
> Laat staan vir 'n paar uur
> Rol uit op 'n plank met vlapoeier gestrooi
> Sny en vleg
> Verhit olie - plaas koeksisters daarin
> Draai om sodat koeksister heeltemal goudbruin is. Haal uit en druk in koue
> stroop.
>
>
> Resep 2:
> Stroop:
> Kook vir 5 minute:
> 4 k suiker
> 1 e goue stroop
> 4 k water
> knippie wynsteensuur
> Verkoel tot yskoud
>
> Deeg:
> 2 k meelblom
> 1 t bakpoeier
> 1 t suiker
> 1 t botter
> 1 eier
> 3/4 k melk
> knippie sout
>
> Vryf botter in die meel en voer bakpoeier en suiker by. Meng met melk en
> eier wat saam geklits is.
> Rol deeg uit en vleg.
> Bak in diep olie of vet tot goudbruin en doop dadelik in stroop.
>
Vorige onderwerp: Namib Snoektert
Volgende onderwerp: Bobotie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 19:09:52 MGT 2024