Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Boksfiasko
Boksfiasko [boodskap #74812] Sa, 22 Maart 2003 07:42
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Enigiemand hier gisteraand se titelgeveg gesien?
Kon nie die deelnemers se name hoor nie, en niks in Argus vanoggend nie -
maar die een se ruggraat was getatoeëer en en ander een het gordyne vir 'n
broek gehad.
Nietemin - nie 'n slegte geveg nie, tot die 6de rondte, toe Gordynman vir
Ruggraat per ongeluk vreeslik erg met die kop stamp. Soveel so, dat die
geveg dadelik stopgesit moes word.
Ruggraat se wenkbrou het in die gat verdwyn.
Toe kom die sports - nieteenstaande die feit dat van die grootbase van
boks - CEO van Boks SA, sowel as die baas van boks in Mpumalanga ook
teenwoordig was.
Dit blyk ook toe dat slegs die kommentators die reëls ken.
Tot op daardie stadium was daar geen twyfel dat Gordynman die geveg moes wen
nie - maar hoe - en dis waar SA boks se fatcatmentaliteitkleure begin wys
het.
Hier is 'n opsomming van die gebeure.
1) Nadat die geveg gestop is, kon die skeidsregter een van die beoordelaars
nie in die hande kry nie - hy was nie op sy stoel nie.
2) Daar was blykbaar 'n besluit geneem, ( technical draw) maar na vele
protes deur beide kampe het die CEO TWEE keer iemand geskakel voordat 'n
antwoord na 10 minute aan die skeidsregter op skrif gegee is. - technical
knockout. - wat eintlik ook verkeerd was.
3) Volgens die reëls moet na die tellings gekyk word as so iets na die
vierde rondte gebeur. Volgens die ref is so 'n beslissing nodig na die 3de
rondte, volgens die CEO na die 5de rondte.
4) Toe die CEO uiteindelik toestem om kommentaar voor die kameras te lewer,
val hy die ondersteuningspanne aan, en het niks te sê van die feit dat hy
nie in staat was om dadelik 'n beslissing te kon gee nie, of wie hy eers
moes skakel nie. Hy verklaar toe onomwonde dat die geveg 'n technical win
s - wat reg is - maar dit is nie wat hy aan die ref gegee het as beslissing
nie.

Mens kan maar net die kop in verwondering skud.

Annette
Vorige onderwerp: Sharks - naamsverandering ...
Volgende onderwerp: Krieket - Australië wen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 22:10:14 MGT 2024