Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Nuwe AWS beskikbaar.
Nuwe AWS beskikbaar. [boodskap #66751] Do, 26 September 2002 12:38 na volgende boodskap
Voetleuce en fênsievry  is tans af-lyn  Voetleuce en fênsievry
Boodskappe: 6
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
Ek kruispos wat ek op 'n ander poslys gepos het.

==

Samuel:
Nouja, dis 'n baie mooi boek. Ek het so pas 'n eksemplaar by
Boekehuis in Auckland Park gekoop, vir R150. Dis 'n A5-sagtebandboek
met 'n kleurvolle voorblad en keurige lettersetting.

Ek skryf gou 'n oorsig:

Daar is nie so baie van spellingsbeginsels gemaak as wat ek gehoop het
nie, maar dit lyk nietemin of die reëls makliker lees. Die voorwoord
is sowat 20 bladsye lank, en daarna kom die spelreëls (190 bladsye
lank). Daarna kom die woordelys met (so sê Die Burger) 30 000 woorde
(dis 250 bladsye dik). Daar is klaarblyk nie probeer spasie spaar in
die woordelys nie, want verbuigings van woorde word op beide hul
alfabetiese plekke geskryf. Daarna volg 'n kort lysie afkortings (40
bladsye), die berugte lys Omgangstaal woorde (10 bladsye), 'n lys
buitelandse plekname en hul inwonername (20 bladsye), 'n gids tot die
transliterasie van Kirilliese klanke, en 'n terminologielys wat
AWS-terme verduidelik (20 bladsye).

Die afdeling met reëls lees lekker, en elke reël is in 'n vergrysde
raampie om dit duidelik te laat uitstaan.

Baie hoe-ha is gemaak oor die Omgangstaal woordelys wat kwansuis baie
Engelse woorde bevat, maar die Engelse inhoud daarvan is eintlik min.
Voorbeelde van die Omgangstaal is bôl (om te kul), dêmmit, fensie
(sonder kappie), grênd, hanna-hanna, intjip, koel (vir cool),
krismisboks, moewies (soos in "groot"), nip (bang wees), sexy (?? ek
wonder wat is die Standaardafrikaans dan), toksak, uitvang (betrap) en
wine en dine. Ek kou egter maar moeilik aan die skryfwyse van "ge="
in plaas van "ge-" by Engelse verbindings soos "gegear".

Dis jammer die pleknaamlysie bevat nie ook die taalname wat mense
praat nie. Dis ook jammer daar is nie 'n transliterasiegids vir ander
lettertipes soos Viëtnammees/Japannees, Koreaans/Sjinees of
Sanskrit/Hindi/Tamil nie. Plekname is nie in die woordelys opgeneem
nie, want daar is mos 'n aparte publikasie daarvoor (myns insiens
onverkrygbaar, egter). Die "wenke vir gebruikers"-afdeling is ook
ontoereikend.

http://www.kalahari.net/HOME/product.asp?toolbar=&sku=25 555671&format=detail

R120 by kalahari.net (maar het Kalahari nie die gewoonte om "out of
stock" te gaan en dan koepons uit te deel nie?)

.
Re: Nuwe AWS beskikbaar. [boodskap #66752 is 'n antwoord op boodskap #66751] Do, 26 September 2002 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce en fênsievry wrote:

> Baie hoe-ha is gemaak oor die Omgangstaal woordelys wat kwansuis baie
> Engelse woorde bevat, maar die Engelse inhoud daarvan is eintlik min.
> Voorbeelde van die Omgangstaal is bôl (om te kul), dêmmit, fensie
> (sonder kappie), grênd, hanna-hanna, intjip, koel (vir cool),
> krismisboks, moewies (soos in "groot"), nip (bang wees), sexy (?? ek
> wonder wat is die Standaardafrikaans dan), toksak, uitvang (betrap) en
> wine en dine. Ek kou egter maar moeilik aan die skryfwyse van "ge="
> in plaas van "ge-" by Engelse verbindings soos "gegear".

Verskoon my onkunde, maar wat is "hanna-hanna"?
Van watter Engelse oorsprong kom "nip" vir
"bang wees"? En "toksak"? Dit klink soos iets
wat van iets anders as Engels moet afkom.
Bedoel jy dat mens dan "ge=gear" skryf?
Hoe gaan dit met die baba. Kruip hy al?

Gloudina
Re: Nuwe AWS beskikbaar. [boodskap #66769 is 'n antwoord op boodskap #66752] Vr, 27 September 2002 05:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willie Vorster  is tans af-lyn  Willie Vorster
Boodskappe: 38
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Volle Lid
Hanna-hanna is 'n lekker woord wat jy in verskeie kontekste kan gebruik. Ek
sou raai die engelse weergawe sou wees "small talk." of "idle talk"
* As jy sit en hanna-hanna dan praat jy 'n storm los sonder om werklik iets
te se.
* As jy iemand uitvang wat besig is on strooi te praat kan jy vir hom se:
"nee, nou hanna-hanna jy."
* As iemand aanhoudend kla oor 'n netlige probleem sonder om 'n oplossing te
bied kan jy vir hom se: hou op hanna-hanna en doen iets daaraan.
* Vraag: "waar is die vrouens?" antwoord: "Hulle staan in die kombuis en
hanna-hanna."
* "julle staan hier en hanna-hanna en die huis brand af!"

Ek vermoed die woord het sy oorsprong in die weermag gehad.

Willie


>
> Verskoon my onkunde, maar wat is "hanna-hanna"?
> Van watter Engelse oorsprong kom "nip" vir
> "bang wees"? En "toksak"? Dit klink soos iets
> wat van iets anders as Engels moet afkom.
> Bedoel jy dat mens dan "ge=gear" skryf?
> Hoe gaan dit met die baba. Kruip hy al?
>
> Gloudina
>
Re: Nuwe AWS beskikbaar. [boodskap #66774 is 'n antwoord op boodskap #66769] Vr, 27 September 2002 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Willie Vorster wrote:

> Hanna-hanna is 'n lekker woord wat jy in verskeie kontekste kan gebruik. Ek
> sou raai die engelse weergawe sou wees "small talk." of "idle talk"

Maar hoekom word dit aangedui as 'n
woord wat 'n Engelse oorsprong het?

Gloudina
Re: Nuwe AWS beskikbaar. [boodskap #66776 is 'n antwoord op boodskap #66769] Vr, 27 September 2002 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Antie - jammer, maar die woord (hanna-hanna) is eerste deur Rhodesiërs
gebruik - nog voor Zim.
Moontlik aan Shona of Matabele (Zulu) ontleen - wie weet?

"Willie Vorster" skryf in boodskap news:3d94435a$0$18842@hades.is.co.za...
> Hanna-hanna is 'n lekker woord wat jy in verskeie kontekste kan gebruik. Ek
> sou raai die engelse weergawe sou wees "small talk." of "idle talk"
> * As jy sit en hanna-hanna dan praat jy 'n storm los sonder om werklik iets
> te se.
> * As jy iemand uitvang wat besig is on strooi te praat kan jy vir hom se:
> "nee, nou hanna-hanna jy."
> * As iemand aanhoudend kla oor 'n netlige probleem sonder om 'n oplossing te
> bied kan jy vir hom se: hou op hanna-hanna en doen iets daaraan.
> * Vraag: "waar is die vrouens?" antwoord: "Hulle staan in die kombuis en
> hanna-hanna."
> * "julle staan hier en hanna-hanna en die huis brand af!"
>
> Ek vermoed die woord het sy oorsprong in die weermag gehad.
>
> Willie
>
>
>>
>> Verskoon my onkunde, maar wat is "hanna-hanna"?
>> Van watter Engelse oorsprong kom "nip" vir
>> "bang wees"? En "toksak"? Dit klink soos iets
>> wat van iets anders as Engels moet afkom.
>> Bedoel jy dat mens dan "ge=gear" skryf?
>> Hoe gaan dit met die baba. Kruip hy al?
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Nuwe AWS beskikbaar. [boodskap #66778 is 'n antwoord op boodskap #66776] Vr, 27 September 2002 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

die woord (hanna-hanna) is eerste deur Rhodesiërs
> gebruik - nog voor Zim.
> Moontlik aan Shona of Matabele (Zulu) ontleen - wie weet?

Dankie. Miskien het ek Samuel Murray se
opmerkings verkeerd gelees, en gedink dat
hy 'n lys gee van woorde in die Omgangs-
taal wat van Engelse oorsprong is. Miskien
wou hy maar net voorbeelde van die Omgangs-
taal self gee.

Gloudina
Re: Nuwe AWS beskikbaar. [boodskap #66782 is 'n antwoord op boodskap #66752] Vr, 27 September 2002 19:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote
>
> Verskoon my onkunde, maar wat is "hanna-hanna"?
> Van watter Engelse oorsprong kom "nip" vir
> "bang wees"? En "toksak"? Dit klink soos iets
> wat van iets anders as Engels moet afkom.
> Bedoel jy dat mens dan "ge=gear" skryf?
> Hoe gaan dit met die baba. Kruip hy al?
>
> Gloudina

Die woord nip, vir bang, kom nie van Engels af nie. Ek ken die woord
van my kinderdae af en toe ek op hoërskool in Pietermaritzburg was het
die outjies van die Engelse skole dieselfde woord gebruik, en ook nog
van "nipping" gepraat. Nip is ook die woord wat in Engels, Afrikaans
en selfs Xhosa gebruik word vir die kleinste botteltjie sterk drank
(200 ml) wat hier by drankwinkels te koop is.

Hanna-hanna is hier eerste in die weermag gebruik. Dit beteken gesels,
of praat in die algemeen, omtrent so iets soos "chin-wagging." Soos
byvoorbeeld, "Moenie hier sit en hanna-hanna nie, gaan doen julle
werk," of, "Die majoor is daar anderkant besig om met die manne te
hanna-hanna," wat sal beteken dat hy iets verduidelik of 'n lesing
gee.

Toksak kom van "tog bag" af, wat min of meer dieselfde as "kit bag"
beteken maar meer deur sportmanne, veral rugbyspelers, gebruik word.
Drom
Re: Nuwe AWS beskikbaar. [boodskap #66907 is 'n antwoord op boodskap #66752] Ma, 30 September 2002 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce en fênsievry  is tans af-lyn  Voetleuce en fênsievry
Boodskappe: 6
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Junior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...

> Voetleuce en fênsievry wrote:

>> Baie hoe-ha is gemaak oor die Omgangstaal woordelys wat kwansuis baie
>> Engelse woorde bevat, maar die Engelse inhoud daarvan is eintlik min.
>> Voorbeelde van die Omgangstaal is...

>> Ek kou egter maar moeilik aan die skryfwyse van "ge="
>> in plaas van "ge-" by Engelse verbindings soos "gegear".

> Verskoon my onkunde, maar wat is "hanna-hanna"?

Hanna-hanna beteken om tyd te mors (gewoonlik deur te klets, of deur
lank te vat om iets te doen wat eintlik nie tyd moet vat om gedoen te
word nie).

> Van watter Engelse oorsprong kom "nip" vir
> "bang wees"? En "toksak"? Dit klink soos iets
> wat van iets anders as Engels moet afkom.

Nee, ek het nie gesê dié woorde kom van Engels af nie. Ek het gesê
die kritiek op die omgangstaallys voor die uitgee van die AWS was dat
baie van dié omgangswoorde niks anders as 'n spul Engelse woorde is
nie. Op die ou end is baie min "Engelse" woorde in die omgangstaallys
opgeneem.

> Bedoel jy dat mens dan "ge=gear" skryf?

Nee, ek bedoel "gegear". Die gelykaanteken word in leksikografie
gebruik om 'n verbindingsvorm aan te dui wat sonder koppelteken of
spasie is.

Vergelyk:

gelyk-
aanteken

en

gelyk=
aanteken.

As eersgenoemde in 'n woordelys staan, kan dit verwarrend wees en
mense mag dink dit moet "gelyk-aanteken" wees. Maar laasgenoemde is
die manier wat aandui dat dit een woord sonder koppelteken is, d.w.s.
"gelykaanteken".

> Hoe gaan dit met die baba. Kruip hy al?

Hy kruip amper al. Hy het eergister ontdek dat hy hom kan
voortsleep... ek sal 'n gereedskapskuur moet kry vir al my tools wat
op die vloer staan. Hy begin nou ook besef dat hy 'n reaksie kry as
hy huil (vroeër was die huil 'n outomatisme, nou is dit nie meer altyd
nie), so ons moet begin om "streng" te wees (in 'n mindere mate...
hy's nog nie eens 8 maande oud nie).

==

'n Vinnige reënboog-AWS-quiz... (antwoorde ge-ROT13 onder)

1. Watter spelling dink jy is die regte ene:
Sowetoxhosa
Soweto-xhosa
Soweto-Xhosa

2. Watter van die volgende is verkeerd gespel:
Mazda onderdele
Mazda-Onderdele
Mazda-onderdele
Mazdaonderdele

3. Watter van dié motorname se meervoude is verkeerd gespel:
Camry = Camry's
Tazz = Tazz'e
Toyota = Toyota's
Hilux = Hilux'e

4. Watter van die volgende woorde is verkeerd gespel:
Radioöpaak (radioopaak met deelteken op tweede o)
Radioönderhoud (radioonderhoud met deelteken op tweede o)
Radioïsotoop (radioisotoop met deelteken op tweede i)

5. Watter van dié chemiese name is verkeerd gespel:
yster-(III)hidroksied
yster(III)-hidroksied
yster-(III)-hidroksied
yster(III)hidroksied
yster-(III) hidroksied
yster(III) -hidroksied

6. Watter hooflettergebruik is verkeerd:
Haar Eksellensie die ambassadeur van Swede
Haar Eksellensie die Ambassadeur van Swede
Haar eksellensie die ambassadeur van Swede
Haar eksellensie die Ambassadeur van Swede

Antwoorde:

1. Qvr rrefgr rar vf qvr ertgr rar.
2. Qvr rrefgr gjrr vf irexrreq, qvr ynnfgr gjrr vf xbeerx.
3. Ny ivre ina uhyyr vf irexrreq trfcry, trra ina uhyyr xel
nsxncgrxraf avr.
4. Qvr zvqqryfgr rar zbrg zrg 'a xbccrygrxra trfxels jbeq.
5. Qvr ivreqr rar vf ert, qvr erf vf nyzny irexrreq.
6. Fyrtf qvr gjrrqr rar vf ert.

As jy 'n Bill Gates nuusleser het wat nie kan ROT13 nie, kopieer en
plak dan na http://smjg.port5.com/faqs/usenet/rot13c.html.
Re: Nuwe AWS beskikbaar. [boodskap #66909 is 'n antwoord op boodskap #66907] Ma, 30 September 2002 17:07 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce en fênsievry wrote:

> Hy kruip amper al. Hy het eergister ontdek dat hy hom kan
> voortsleep... ek sal 'n gereedskapskuur moet kry vir al my tools wat
> op die vloer staan.

Jy praat nou al 'n rukkie oor daardie
gereedskapskuur. Doen dit. Maar jou
penarie gaan nie oor wees nie. Wag maar
as hy hom in moontlike en onmoontlike
skeurtjies en hoekies begin inwikkel.
Beste is om 'n kamer te kry waar alles
veilig is en hy vry kan rondbeweeg. En
om 'n klein play pen te hê waar hy sy
ma in die kombuis kan sien en waar sy
met hom kan gesels, maar waar hy totaal
veilig is, veral wanneer daar iets vinnig
in die kombuis gedoen moet word. Ek kry
kleintjies as ek sien waar sommige ma's
hulle kinders neersit terwyl hulle vinnig
in die kombuis moet inhardloop om iets te
red van oorkook of aanbrand.

Gloudina
Vorige onderwerp: Afrikaanse bargoens
Volgende onderwerp: z woorde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 18:48:50 MGT 2024