Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Sokker - Afrika Juig
Sokker - Afrika Juig [boodskap #63795] So, 16 Junie 2002 09:06 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Met Senegal se oorwinning oor Swede gaan ons more seker hoor Afrika het
gearriveer in WB sokker - hoekom sal die Suid-Amerikas, die Ooste, die
Europeërs, die Engelse en die Skandinawiërs nie so vreeslik tekere gaan as
een van hulle spanne deurdring nie? - daar is elke land vir homself.
Wonderlike samehorigheidsgevoel wat ons mense hier het - alhoewel die meeste
van die juigendes hier nie eers 'n idee het waar Senegal is nie.

Kameroen het al voorheen ook die halfeindronde gehaal - maar kon nie hul
vorige seges herhaal of daarop verbeter nie.
Hopelik kan Senegal bewys dat hulle meer konstant welslae kan behaal in
toekomstige WB toernooie.

Annette
Re: Sokker - Afrika Juig [boodskap #63803 is 'n antwoord op boodskap #63795] So, 16 Junie 2002 11:00 Na vorige boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:aehkfr$6ojtt$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Met Senegal se oorwinning oor Swede gaan ons more seker hoor Afrika het
> gearriveer in WB sokker - hoekom sal die Suid-Amerikas, die Ooste, die
> Europeërs, die Engelse en die Skandinawiërs nie so vreeslik tekere gaan as
> een van hulle spanne deurdring nie? - daar is elke land vir homself.
> Wonderlike samehorigheidsgevoel wat ons mense hier het - alhoewel die meeste
> van die juigendes hier nie eers 'n idee het waar Senegal is nie.
> Annette

My seun was in April vir drie weke in Senegal en hy sê die mense daar het
toe al gehoop/geglo/gereken hulle gaan teen Frankryk wen en, wie weet, die
beker huis toe bring. Hy sal in iedergeval vir Senegal skreeu :-).
In Europa sal jy nooit daardie soort samehorigheid kry nie. My skoonseun
hoop Brasilië gaan die beker wen en België moet nou teen Brasilië speel. Hy
sê hy sal nie teleurgesteld wees as Brasilië wen nie :-)).
Hilda.
Vorige onderwerp: Skrumpette
Volgende onderwerp: sokker, rugby en klas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 20:52:31 MGT 2024