Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Afrikaans op laaste tree
Afrikaans op laaste tree [boodskap #49827] So, 09 September 2001 13:29 na volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil 'n klip in die gras gooi en hoor of iets grom. Dink jy nie dalk
Afrikaans is op sy doodsbed nie? Probeer om die vraag so on emosioneel as
moontlik te beantwoord. Dink aan die feite dat Afrikaans nie meer akademiese
waarde het nie. Studente draf in Afrikaans klas maar die boeke is in Engels.
Simpel, nie waar nie?

Afrikaans word ook nie meer in die bestuur van ons land gebruik nie, dus is
daardie nut ook na sy moer. Min mense lees Afrikaanse literatuur. Dus is
daai prentjie ook aan het taan.

Dus, hoe nou?
Re: Afrikaans op laaste tree [boodskap #49828 is 'n antwoord op boodskap #49827] So, 09 September 2001 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hier is my uiters emosionele antwoord:
Oë wat traan, albei hande vol sneesdoekies:
Jy praat strooi.

Solank as wat nog met mekaar Afrikaans kan praat of vir mekaar kan skryf,
en nuwe woorde en beskrywings kan uitdink, draf Afrikaans nog vrolik voort.
Annette

--
news:3b9b6f55.0@news1.mweb.co.za...
> Ek wil 'n klip in die gras gooi en hoor of iets grom. Dink jy nie dalk
> Afrikaans is op sy doodsbed nie? Probeer om die vraag so on emosioneel as
> moontlik te beantwoord. Dink aan die feite dat Afrikaans nie meer akademiese
> waarde het nie. Studente draf in Afrikaans klas maar die boeke is in Engels.
> Simpel, nie waar nie?
>
> Afrikaans word ook nie meer in die bestuur van ons land gebruik nie, dus is
> daardie nut ook na sy moer. Min mense lees Afrikaanse literatuur. Dus is
> daai prentjie ook aan het taan.
>
> Dus, hoe nou?
>
Re: Afrikaans op laaste tree [boodskap #49845 is 'n antwoord op boodskap #49827] So, 09 September 2001 15:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien het jy reg Logic - het nou net Pollux in Rapport gelees - en as
sulke "Afrikaanssprekendes " Afrikaans in die openbaar gatmaak - dan is dit
genoeg om 'n mens pessimisties te stem.
Hiervolgens, volgens Pollux, 'n skrywe wat versprei is deur Die Christelike
Nasionale Forum (CNF), die onlangse gestigte beweging wat beweer hulle wil
Afrikaners verenig en Afrikaans dien:
1 September: Gelukwense aan die Versetaksie: Stop Roof en Moord " met die
pragtige aksie wat vandaag (sic) by die Unie Geboue (sic) in Pretoria gehou
is,"
Later is daar die volgende sin: Die Afrikaner is moeg daarvoor dat sy mense
beroof, verkrag en vermoord (sic) word."
En nog later: " Dit is enigmaties dat daardie mense wat nie die regering wil
erken of aan die land se politieke proses wil deelneem nie, die ANC as
regerende party wil aanspreek en wil aandring op 'n politieke oplossing."
Daar word ook gepraat van parlementaire verteenwoordigers.

Vader ons!! Ek loop liewer die see by Clifton in as om my enigsins met
hierdie lot bokse te vereenselwig!
Arrogante lot!!
En wat op dees aarde het Christelik en Nasionaal te doen met 'n beweging wat
Afrikaans wil dien?
Oooooo, wag, ek sien!! Liggie-oomblik hier - Skuus!
Sodra mens die Vereniging van Afrikaners wil voorstaan MOET Christelik en
Nasionaal ook daar wees, en dit gee dan genoeg rede om Afrikaans te "dien"
met nuusvrystellings soos hierbo.
Tyd dat daardie klomp takhare met hulle pseudo oogmerke aan die kaak gestel
word.
Wie op aarde het vir hulle vertel dat net die Afrikaner "se mense" beroof,
verkrag en vermoor word?
Wie gee hulle die reg om namens enige Afrikaner te praat?
Slaan ons alweer terug na ET op sy perdjie wat praat van "my volk"?
Kan ek 'n Amerikaanse ding doen en dié lot hof toe sleep vir naamskending?

Annette

> Ek wil 'n klip in die gras gooi en hoor of iets grom. Dink jy nie dalk
> Afrikaans is op sy doodsbed nie? Probeer om die vraag so on emosioneel as
> moontlik te beantwoord. Dink aan die feite dat Afrikaans nie meer akademiese
> waarde het nie. Studente draf in Afrikaans klas maar die boeke is in Engels.
> Simpel, nie waar nie?
>
> Afrikaans word ook nie meer in die bestuur van ons land gebruik nie, dus is
> daardie nut ook na sy moer. Min mense lees Afrikaanse literatuur. Dus is
> daai prentjie ook aan het taan.
>
> Dus, hoe nou?
>
Oor Afrikaans se toekoms en rol [boodskap #49852 is 'n antwoord op boodskap #49827] So, 09 September 2001 20:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Oor Afrikaans se toekoms en rol
Word geskryf, nuusgroepberigte vol
Maar die taal word gepraat
In die kroeg en op straat
Vir bedreigings voel hul boggerol......

"logic" skryf in boodskap news:3b9b6f55.0@news1.mweb.co.za...
Ek wil 'n klip in die gras gooi en hoor of iets grom. Dink jy nie dalk
Afrikaans is op sy doodsbed nie? Probeer om die vraag so on emosioneel as
moontlik te beantwoord. Dink aan die feite dat Afrikaans nie meer akademiese
waarde het nie. Studente draf in Afrikaans klas maar die boeke is in Engels.
Simpel, nie waar nie?

Afrikaans word ook nie meer in die bestuur van ons land gebruik nie, dus is
daardie nut ook na sy moer. Min mense lees Afrikaanse literatuur. Dus is
daai prentjie ook aan het taan.

Dus, hoe nou?
Re: Afrikaans op laaste tree [boodskap #49871 is 'n antwoord op boodskap #49827] Ma, 10 September 2001 04:49 Na vorige boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Dis snaaks - Latyns is in dieselfde penarie.
Grahame

logic skryf in boodskap news:3b9b6f55.0@news1.mweb.co.za...
> Ek wil 'n klip in die gras gooi en hoor of iets grom. Dink jy nie dalk
> Afrikaans is op sy doodsbed nie? Probeer om die vraag so on emosioneel as
> moontlik te beantwoord. Dink aan die feite dat Afrikaans nie meer akademiese
> waarde het nie. Studente draf in Afrikaans klas maar die boeke is in Engels.
> Simpel, nie waar nie?
>
> Afrikaans word ook nie meer in die bestuur van ons land gebruik nie, dus is
> daardie nut ook na sy moer. Min mense lees Afrikaanse literatuur. Dus is
> daai prentjie ook aan het taan.
>
> Dus, hoe nou?
>
Vorige onderwerp: Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans - webwerf
Volgende onderwerp: Re: Afrikaanse woord gesoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:56:11 MGT 2024