Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans - webwerf
Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans - webwerf [boodskap #49163] Vr, 31 Augustus 2001 14:00 na volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat het geword van die Stigting van Afrikaans? Hulle staan nou bekend as
die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans. Wat voer hulle in die mou?
Gaan loer gerus by die nuwe webwerf, te http://www.afrikaans.com/. Oop vir
kommentaar :)).
Re: Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans - webwerf [boodskap #49164 is 'n antwoord op boodskap #49163] Vr, 31 Augustus 2001 14:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat is dit? 'n Advertensie?
Volgens my beskeie mening ( vmbm) al wat hulle met hulle vorige storie
gedoen het was om geld in te samel - vir wat nou weer?
Dus, a-la ons Nuwe Verbeterde SA , word die naam verander en die ou in die
mou voerdery gaan maar net aan?
Annette

--
> Wat het geword van die Stigting van Afrikaans? Hulle staan nou bekend as
> die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans. Wat voer hulle in die mou?
> Gaan loer gerus by die nuwe webwerf, te http://www.afrikaans.com/. Oop vir
> kommentaar :)).
>
Re: Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans - webwerf [boodskap #49348 is 'n antwoord op boodskap #49164] Ma, 03 September 2001 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Leuce skryf:
Wat het geword van die Stigting van Afrikaans? Hulle staan nou bekend as
die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans. Wat voer hulle in die mou?
Gaan loer gerus by die nuwe webwerf, te http://www.afrikaans.com/.

Tannie Annette antwoord:
Volgens my beskeie mening al wat hulle met hulle vorige storie gedoen het
was om geld in te samel - vir wat nou weer? Dus, a-la ons Nuwe Verbeterde SA
, word die naam verander en die ou in die mou voerdery gaan maar net aan?

Leuce:
Die hoofding waarvoor geld nog altyd in die SvA ingesamel is, was
geletterdheidsprogramme. Dis nog steeds die geval. Oor die
naamsverandering lewer ek nie nou kommentaar nie... jy't waarskynlik 'n punt
beet... maar dit maak egter geen afbreek aan die sukses en die oogmerke van
die organisasie nie. Wat dink jy?
volgens my beskeie mening [boodskap #49349 is 'n antwoord op boodskap #49164] Ma, 03 September 2001 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette:
Volgens my beskeie mening ( vmbm)...

Leuce:
"volgens my beskeie mening" is 'n gruwelike anglisisme :)). Die korrekter
(en baie korter) Afrikaans vir "in my humble opinion" is "myns insiens".
Re: volgens my beskeie mening [boodskap #49351 is 'n antwoord op boodskap #49349] Ma, 03 September 2001 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Voetleuce wrote:

> "volgens my beskeie mening" is 'n gruwelike anglisisme :)). Die korrekter
> (en baie korter) Afrikaans vir "in my humble opinion" is "myns insiens".

Dankie, Samuel. Hoop jy loer gereeld in. Ons klomp hierhet dit nodig, myns
insiens.

Tant Hessie van die taalkomitee van die Republiek
gestig na die Derde Vryheidsoorlog.
Re: volgens my beskeie mening [boodskap #49475 is 'n antwoord op boodskap #49349] Wo, 05 September 2001 06:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, ek weet Voetluis:))) Maar die mense praat vreeslik anglisisties deesdae
hier, en ek wil tog nie hê hulle verstaan nie wat ek sê nie;)))
Annette

--
> Volgens my beskeie mening ( vmbm)...
>
> Leuce:
> "volgens my beskeie mening" is 'n gruwelike anglisisme :)). Die korrekter
> (en baie korter) Afrikaans vir "in my humble opinion" is "myns insiens".
>
Re: volgens my beskeie mening [boodskap #49476 is 'n antwoord op boodskap #49349] Wo, 05 September 2001 06:38 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Voetluis, verduidelik tog assebleif aan Gloudina waar, wanneer en hoe sy
"myns insiens" taalkundig korrek moet gebruik.
Annette

>
>> "volgens my beskeie mening" is 'n gruwelike anglisisme :)). Die korrekter
>> (en baie korter) Afrikaans vir "in my humble opinion" is "myns insiens".
>
> Dankie, Samuel. Hoop jy loer gereeld in. Ons klomp hierhet dit nodig, myns
> insiens.
>
> Tant Hessie van die taalkomitee van die Republiek
> gestig na die Derde Vryheidsoorlog.
>
Vorige onderwerp: Weet iemand dalk 'n goeie Suidafrikaanse woordeboek en 'n spraakkuns op CD-ROM?
Volgende onderwerp: Afrikaans op laaste tree
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 09:26:44 MGT 2024