Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » PSALM 8
PSALM 8 [boodskap #48728] Do, 23 Augustus 2001 17:28 na volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Jirre,dasie 'n lantie so ver of woes gelee,
sos die sandland wat U nou vi my kom gee,
want selfs in hierie dro annerlikheid
groei die gemsbokkomkommer van u heerlikheid
Re: PSALM 8 [boodskap #48731 is 'n antwoord op boodskap #48728] Do, 23 Augustus 2001 19:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 23 Aug 2001 19:28:20 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:

> Jirre,dasie 'n lantie so ver of woes gelee,
> sos die sandland wat U nou vi my kom gee,
> want selfs in hierie dro annerlikheid
> groei die gemsbokkomkommer van u heerlikheid
>

Heel leesbaar met 'n glimlag saam Kobus, maar net totdat ek weer aan
Gloudina se siening hieroor dink - die feit dat Afrikaanssprekendes
dit (heelwaarskynlik) geskryf het. Dat dit dus nie werklik snaaks (of
oorspronklik) is nie juis daarom en dus selfs spot kan wees.
Ek maak dit nie 'n defnitiewe stelling nie maar sien die moontlikheid
daarvan in. Natuurlik is ek alles behalwe spoilsport maar wonder of
ons nie respek vir die Boek hiermee aantas nie. (Onthou dat iemand
dit geskryf het om geld te maak daarmee)

DD
Re: PSALM 8 [boodskap #48733 is 'n antwoord op boodskap #48731] Do, 23 Augustus 2001 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Al ooit daaraan gedink dat iemand net die "mooiheid" van dit met ons wou
deel? Dit is 'n kinderlike uitdrukking van geloof en moet so gesien word.
Ons maak nie 'n bespotting van die boek, of verloor respek nie; die maak dit
net meer verstaanbaar dalk vir 'n anner nasie? Moenie altyd so diep gaan
delf in iets nie - waardeer liewer iets wat hier reg voor jou is.

Elaine

"Davie Davis" wrote

Natuurlik is ek alles behalwe spoilsport maar wonder of
ons nie respek vir die Boek hiermee aantas nie. (Onthou dat iemand
dit geskryf het om geld te maak daarmee)

DD
Re: PSALM 8 [boodskap #48734 is 'n antwoord op boodskap #48731] Do, 23 Augustus 2001 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Al ooit daaraan gedink dat iemand net die "mooiheid" van dit met ons wou
deel? Dit is 'n kinderlike uitdrukking van geloof en moet so gesien word.
Ons maak nie 'n bespotting van die boek, of verloor respek nie; die maak dit
net meer verstaanbaar dalk vir 'n anner nasie? Moenie altyd so diep gaan
delf in iets nie - waardeer liewer iets wat hier reg voor jou is.

Elaine

"Davie Davis" wrote

Natuurlik is ek alles behalwe spoilsport maar wonder of
ons nie respek vir die Boek hiermee aantas nie. (Onthou dat iemand
dit geskryf het om geld te maak daarmee)

DD
Re: PSALM 8 [boodskap #48736 is 'n antwoord op boodskap #48733] Do, 23 Augustus 2001 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 23 Aug 2001 22:10:14 +0200, "Elaine" wrote:

> Moenie altyd so diep gaan
> delf in iets nie.......
>
> Elaine

Beproef alles en behou dìt wat goed is

DD
Re: PSALM 8 [boodskap #48741 is 'n antwoord op boodskap #48733] Do, 23 Augustus 2001 22:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam met jou Elaine, ek dink nie iemand
het dit gedoen om geld te maak nie.

Pop

Elaine skryf in boodskap news:3b85634c.0@news1.mweb.co.za...
> Al ooit daaraan gedink dat iemand net die "mooiheid" van dit met ons wou
> deel? Dit is 'n kinderlike uitdrukking van geloof en moet so gesien word.
> Ons maak nie 'n bespotting van die boek, of verloor respek nie; die maak dit
> net meer verstaanbaar dalk vir 'n anner nasie? Moenie altyd so diep gaan
> delf in iets nie - waardeer liewer iets wat hier reg voor jou is.
>
> Elaine
>
> "Davie Davis" wrote
>
> Natuurlik is ek alles behalwe spoilsport maar wonder of
> ons nie respek vir die Boek hiermee aantas nie. (Onthou dat iemand
> dit geskryf het om geld te maak daarmee)
>
> DD
>
Re: PSALM 8 [boodskap #48742 is 'n antwoord op boodskap #48731] Do, 23 Augustus 2001 23:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Davie, G (en jy) het alweer die kat aan die stert beet.
Dit is geskryf deur Griekwas - en die wonderlike *kinderlike* werke het lank
braak gelê totdat Randall Wicomb dit weer aan ons bekend gestel het.
Dit is waarom ek dit so geniet, en waarom ek dit so waardeer dat Kobus dit
hier vir ons plaas.
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:s0maot099mueo1u2jeiijmuavtjoj7gptb@4ax.com...
> On Thu, 23 Aug 2001 19:28:20 +0200, "Kobus Pietersen"
> wrote:
>
>> Jirre,dasie 'n lantie so ver of woes gelee,
>> sos die sandland wat U nou vi my kom gee,
>> want selfs in hierie dro annerlikheid
>> groei die gemsbokkomkommer van u heerlikheid
>>
>
> Heel leesbaar met 'n glimlag saam Kobus, maar net totdat ek weer aan
> Gloudina se siening hieroor dink - die feit dat Afrikaanssprekendes
> dit (heelwaarskynlik) geskryf het. Dat dit dus nie werklik snaaks (of
> oorspronklik) is nie juis daarom en dus selfs spot kan wees.
> Ek maak dit nie 'n defnitiewe stelling nie maar sien die moontlikheid
> daarvan in. Natuurlik is ek alles behalwe spoilsport maar wonder of
> ons nie respek vir die Boek hiermee aantas nie. (Onthou dat iemand
> dit geskryf het om geld te maak daarmee)
>
> DD
Re: PSALM 8 [boodskap #48745 is 'n antwoord op boodskap #48742] Vr, 24 Augustus 2001 03:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> Davie, G (en jy) het alweer die kat aan die stert beet.
> Dit is geskryf deur Griekwas - en die wonderlike *kinderlike* werke het lank
> braak gelê totdat Randall Wicomb dit weer aan ons bekend gestel het.
> Dit is waarom ek dit so geniet, en waarom ek dit so waardeer dat Kobus dit
> hier vir ons plaas.

Nee, jy is verkeerd. Dit is NIE geskryf deur "Griekwas" nie.
Dis geskryf deur 'n Afrikaner wat daarop staan dat hy weet
hoe "Griekwas" praat en dink. Ek persoonlik dink dat hy
mense met 'n Griekwa-agtergrond te na kom deur hierdie
verdigsels, en dat wat hy sê ook nie teologies gegrond is nie.
Ek dink kerkmense moet hom begin ondervra oor wat hy met
sekere dinge bedoel. As mens eers met die bybel gaan staan
en lol, dan byt jy miskien meer af as wat jy kan kou.

Gloudina
Re: PSALM 8 [boodskap #48747 is 'n antwoord op boodskap #48728] Vr, 24 Augustus 2001 04:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sover my kennis / geheue strek is dit jy wat met die Bybel lol - wees
asseblief konsekwent. (Al sou jy deurgaans verkeerd wees...)
skryf in boodskap news:3B85CBAA.ED25322C@home.com...
Annette wrote:

> Davie, G (en jy) het alweer die kat aan die stert beet.
> Dit is geskryf deur Griekwas - en die wonderlike *kinderlike* werke het lank
> braak gelê totdat Randall Wicomb dit weer aan ons bekend gestel het.
> Dit is waarom ek dit so geniet, en waarom ek dit so waardeer dat Kobus dit
> hier vir ons plaas.

Nee, jy is verkeerd. Dit is NIE geskryf deur "Griekwas" nie.
Dis geskryf deur 'n Afrikaner wat daarop staan dat hy weet
hoe "Griekwas" praat en dink. Ek persoonlik dink dat hy
mense met 'n Griekwa-agtergrond te na kom deur hierdie
verdigsels, en dat wat hy sê ook nie teologies gegrond is nie.
Ek dink kerkmense moet hom begin ondervra oor wat hy met
sekere dinge bedoel. As mens eers met die bybel gaan staan
en lol, dan byt jy miskien meer af as wat jy kan kou.

Gloudina
Re: PSALM 8 [boodskap #48748 is 'n antwoord op boodskap #48731] Vr, 24 Augustus 2001 06:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis wrote:
>
> On Thu, 23 Aug 2001 19:28:20 +0200, "Kobus Pietersen"
> wrote:
>
>> Jirre,dasie 'n lantie so ver of woes gelee,
>> sos die sandland wat U nou vi my kom gee,
>> want selfs in hierie dro annerlikheid
>> groei die gemsbokkomkommer van u heerlikheid
>>
>
> Heel leesbaar met 'n glimlag saam Kobus, maar net totdat ek weer aan
> Gloudina se siening hieroor dink - die feit dat Afrikaanssprekendes
> dit (heelwaarskynlik) geskryf het. Dat dit dus nie werklik snaaks (of
> oorspronklik) is nie juis daarom en dus selfs spot kan wees.
> Ek maak dit nie 'n defnitiewe stelling nie maar sien die moontlikheid
> daarvan in. Natuurlik is ek alles behalwe spoilsport maar wonder of
> ons nie respek vir die Boek hiermee aantas nie. (Onthou dat iemand
> dit geskryf het om geld te maak daarmee)

Vir die prys wat daai boekie verkoop gaat jy bitter min geld maak. So
van bitter gepraat - julle bly maar 'n ou spul bitterbekke!
Re: PSALM 8 [boodskap #48752 is 'n antwoord op boodskap #48728] Vr, 24 Augustus 2001 08:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Stem saam met G in K.
Prof Hans du Plessis van Potch het die bundel/boek oor Griekwa Psalms die
lig laat sien.
Dit was nadat hy lank navorsing onder die Griekwas gedoen het oor die
Afrikaans wat hulle praat.
Randal Dans-met-die-rooirok (en sy Jacoba) Wicomb had dit maar net kom sing.
Hy't hier op Paul Roos Gim ook Biologie onderrig. Na my tyd.

Thys oppie Bos

skryf in boodskap news:3B85CBAA.ED25322C@home.com...
Annette wrote:

> Davie, G (en jy) het alweer die kat aan die stert beet.
> Dit is geskryf deur Griekwas - en die wonderlike *kinderlike* werke het lank
> braak gelê totdat Randall Wicomb dit weer aan ons bekend gestel het.
> Dit is waarom ek dit so geniet, en waarom ek dit so waardeer dat Kobus dit
> hier vir ons plaas.

Nee, jy is verkeerd. Dit is NIE geskryf deur "Griekwas" nie.
Dis geskryf deur 'n Afrikaner wat daarop staan dat hy weet
hoe "Griekwas" praat en dink. Ek persoonlik dink dat hy
mense met 'n Griekwa-agtergrond te na kom deur hierdie
verdigsels, en dat wat hy sê ook nie teologies gegrond is nie.
Ek dink kerkmense moet hom begin ondervra oor wat hy met
sekere dinge bedoel. As mens eers met die bybel gaan staan
en lol, dan byt jy miskien meer af as wat jy kan kou.

Gloudina
Re: PSALM 8 [boodskap #48754 is 'n antwoord op boodskap #48752] Vr, 24 Augustus 2001 09:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis juis uit Prof du Plessis se bundel waar die stukkies wat hier geplaas
word verskyn, dan nie?
Ek het nie gesê Randall het dit geskryf nie.
Maar bitter min mense het prof se bundel gelees - meer mense het bewus
geword van die Griekwa deur Randall wat van die bundel se skrywes getoonset
en gesing het tydens konserte.
Randall het elk geval baie meer vir Afrikaanse liedjies in die algemeen
gedoen as sommige ander sangers wat vreemde liedjies vertaal en dan as hulle
eie werk die lig te laat sien.
Gee die duiwel wat hom toekom.
Annette

Thys de Wet skryf in boodskap news:9m53h3$l7n$1@news.adamastor.ac.za...
> Stem saam met G in K.
> Prof Hans du Plessis van Potch het die bundel/boek oor Griekwa Psalms die
> lig laat sien.
> Dit was nadat hy lank navorsing onder die Griekwas gedoen het oor die
> Afrikaans wat hulle praat.
> Randal Dans-met-die-rooirok (en sy Jacoba) Wicomb had dit maar net kom sing.
> Hy't hier op Paul Roos Gim ook Biologie onderrig. Na my tyd.
>
> Thys oppie Bos
>
> skryf in boodskap news:3B85CBAA.ED25322C@home.com...
> Annette wrote:
>
>> Davie, G (en jy) het alweer die kat aan die stert beet.
>> Dit is geskryf deur Griekwas - en die wonderlike *kinderlike* werke het lank
>> braak gelê totdat Randall Wicomb dit weer aan ons bekend gestel het.
>> Dit is waarom ek dit so geniet, en waarom ek dit so waardeer dat Kobus dit
>> hier vir ons plaas.
>
> Nee, jy is verkeerd. Dit is NIE geskryf deur "Griekwas" nie.
> Dis geskryf deur 'n Afrikaner wat daarop staan dat hy weet
> hoe "Griekwas" praat en dink. Ek persoonlik dink dat hy
> mense met 'n Griekwa-agtergrond te na kom deur hierdie
> verdigsels, en dat wat hy sê ook nie teologies gegrond is nie.
> Ek dink kerkmense moet hom begin ondervra oor wat hy met
> sekere dinge bedoel. As mens eers met die bybel gaan staan
> en lol, dan byt jy miskien meer af as wat jy kan kou.
>
> Gloudina
>
Re: PSALM 8 [boodskap #48755 is 'n antwoord op boodskap #48742] Vr, 24 Augustus 2001 09:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
me & bobby magee[1]  is tans af-lyn  me & bobby magee[1]
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
"Annette" skryf in boodskap news:...

> Dit is waarom ek dit so geniet, en waarom ek dit so waardeer dat Kobus dit
> hier vir ons plaas.
> Annette
>
Stem saam, Annette en Elaine. Dit maak nie werklik saak wie dit
geskryf het nie - dis tog daar om te geniet, net soos al die ander
gedigte wat hier geplaas word. Dink nou maar aan een van my
gunstelinge, Adam Small - hy skryf in dieselfde trant, en dit pragtige
werke. Gaan so voort, KP - wat het van jou humor geword?

Wat my meer bekommer, is die feit dat Davie sedert sy "terugkoms" lyk
asof hy so na iemand in Kanada begin vry - het selfs haar hart op
galop... Hier kom 'n ding.
Re: PSALM 8 [boodskap #48756 is 'n antwoord op boodskap #48736] Vr, 24 Augustus 2001 09:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mag so wees, maar as jy moeilikheid en trouble en "bespotting" en ja, selfs
satanisme in alles gaan soek, gaan jy niks goed behou nie. Dan jy gaan jy
net 'n suurpruim word.

Elaine

"Davie Davis" wrote

> Beproef alles en behou dít wat goed is
>
> DD
Re: PSALM 8 [boodskap #48758 is 'n antwoord op boodskap #48756] Vr, 24 Augustus 2001 09:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Elaine, wat's vir jou die mooiste, dat hulle jou Saligmaker "Jirre" noem, of
dat hulle jou taal verkrag?
________________________________________________________

"Elaine" skryf in boodskap news:3b861e47.0@news1.mweb.co.za...
> Mag so wees, maar as jy moeilikheid en trouble en "bespotting" en ja, selfs
> satanisme in alles gaan soek, gaan jy niks goed behou nie. Dan jy gaan jy
> net 'n suurpruim word.
>
> Elaine
>
> "Davie Davis" wrote
>
>> Beproef alles en behou dít wat goed is
>>
>> DD
>
Re: PSALM 8 [boodskap #48759 is 'n antwoord op boodskap #48728] Vr, 24 Augustus 2001 11:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jonas wrote:

> Sover my kennis / geheue strek is dit jy wat met die Bybel lol - wees
> asseblief konsekwent. (Al sou jy deurgaans verkeerd wees...)

En ek vra jou nie: vertel my hoe ek met die bybel "lol."Komaan, vertel ons hoe
ek met die bybel lol.

Gloudina
Re: PSALM 8 [boodskap #48760 is 'n antwoord op boodskap #48758] Vr, 24 Augustus 2001 11:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Niemand verkrag my taal nie - hulle praat hom net anners (en baie mooi as jy
my vra). Sê ons Here of spreek ons dit Jirre uit?

Elaine

"Max" skryf in boodskap news:9m56vu$nn2$1@azure.nl.gxn.net...
> Elaine, wat's vir jou die mooiste, dat hulle jou Saligmaker "Jirre" noem, of
> dat hulle jou taal verkrag?
Re: PSALM 8 [boodskap #48763 is 'n antwoord op boodskap #48755] Vr, 24 Augustus 2001 11:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

me & bobby magee wrote:

> Dink nou maar aan een van my
> gunstelinge, Adam Small - hy skryf in dieselfde trant, en dit pragtige
> werke.

Jy het natuurlik 'n geldige argument hier - is wat Adam Small metdie "Bolandse dialek" gedoen het,
enigsins dieselfde as hierdie
"Griekwa-vertalings." Vireers, Adam Small kan pleit dat hy die
reg het om dit te gebruik, omdat hy "sy mense" naboots. Adam
Small se doel met die dialektiese gebruik is ook om op humoristiese
wyse kritiek en repliek te lewer. En mens kan ook vra - gee Adam
Small voor dat hoe hy Kaaps praat, wetenskaplik verwoord kan
word?

Gloudina
Re: PSALM 8 [boodskap #48766 is 'n antwoord op boodskap #48760] Vr, 24 Augustus 2001 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Okay, Ielyn. Jy't 'n punt beet. Ons sal maar saamstem dat ons nie saamstem
nie...
________________________________________________________

"Elaine" skryf in boodskap news:3b863894.0@news1.mweb.co.za...
> Niemand verkrag my taal nie - hulle praat hom net anners (en baie mooi as jy
> my vra). Sê ons Here of spreek ons dit Jirre uit?
>
> Elaine
>
> "Max" skryf in boodskap news:9m56vu$nn2$1@azure.nl.gxn.net...
>> Elaine, wat's vir jou die mooiste, dat hulle jou Saligmaker "Jirre" noem, of
>> dat hulle jou taal verkrag?
>
Re: PSALM 8 [boodskap #48770 is 'n antwoord op boodskap #48731] Vr, 24 Augustus 2001 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
So wat probeer se word dat alle Afrikaans wat nie suiwer gepraat word nie
reg is nie?

Reenen

Davie Davis skryf in boodskap news:s0maot099mueo1u2jeiijmuavtjoj7gptb@4ax.com...
> On Thu, 23 Aug 2001 19:28:20 +0200, "Kobus Pietersen"
> wrote:
>
>> Jirre,dasie 'n lantie so ver of woes gelee,
>> sos die sandland wat U nou vi my kom gee,
>> want selfs in hierie dro annerlikheid
>> groei die gemsbokkomkommer van u heerlikheid
>>
>
> Heel leesbaar met 'n glimlag saam Kobus, maar net totdat ek weer aan
> Gloudina se siening hieroor dink - die feit dat Afrikaanssprekendes
> dit (heelwaarskynlik) geskryf het. Dat dit dus nie werklik snaaks (of
> oorspronklik) is nie juis daarom en dus selfs spot kan wees.
> Ek maak dit nie 'n defnitiewe stelling nie maar sien die moontlikheid
> daarvan in. Natuurlik is ek alles behalwe spoilsport maar wonder of
> ons nie respek vir die Boek hiermee aantas nie. (Onthou dat iemand
> dit geskryf het om geld te maak daarmee)
>
> DD
Re: PSALM 8 [boodskap #48773 is 'n antwoord op boodskap #48748] Vr, 24 Augustus 2001 18:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 24 Aug 2001 08:10:18 +0200, Lou wrote:

>

>
> Vir die prys wat daai boekie verkoop gaat jy bitter min geld maak. So
> van bitter gepraat - julle bly maar 'n ou spul bitterbekke!

Lou, liewer is ek 'n bitterbek versigtige toeskouer as glimlaggende
spottende deelnemer -
In reaksie hierop op my stelling:

net miskien is ek verkeerd - (maw suurpruim!)
maar in dié geval verkies ek dit so

bitter min geld sê jy - 'n kliënt beweer dat sy
kafee die meeste brood in die dorp verkoop.
Wins op 'n brood kan nie veel wees nie - die
totale wins beloop 'n heel aardige bedrag

bitterbek
Re: PSALM 8 [boodskap #48774 is 'n antwoord op boodskap #48770] Vr, 24 Augustus 2001 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 24 Aug 2001 16:50:03 +0200, "Reenen van Niekerk"
wrote:

> So wat probeer se word dat alle Afrikaans wat nie suiwer gepraat word nie
> reg is nie?
>
> Reenen

re - ' In reaksie hierop op my stelling: '
Dit is duidelik dat my gedagtes nie was by wat ek geskryf het nie
maar Reenen, ek dink jy moet weer probeer!

DD
Re: PSALM 8 [boodskap #48779 is 'n antwoord op boodskap #48770] Vr, 24 Augustus 2001 22:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> So wat probeer se word dat alle Afrikaans wat nie suiwer gepraat word nie
> reg is nie?

Nee, Reenen, dit gaan hier nie oor "onsuiwer Afrikaans" nie. Ditgaan oor óf
"Griekwas" wel praat soos hierdie omie sê hulle praat.
En of hy geweld aan die bybelse teks doen. Neem nou byvoorbeeld
dieselfde strofe soos deur Totius geversifikeer. ( Ek dink in alle geval
Totius se Psalm 8 was die oorspronklike inspirasie vir die Griekwa-
psalm.)

Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, O Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.

>>> Jirre,dasie 'n lantie so ver of woes gelee,
>>> sos die sandland wat U nou vi my kom gee,
>>> want selfs in hierie dro annerlikheid
>>> groei die gemsbokkomkommer van u heerlikheid

Totius se gedig wyk nie af van die bybelse Psalm 8 nie.
Die Griekwa-psalm wel.

Gloudina
Re: PSALM 8 [boodskap #48781 is 'n antwoord op boodskap #48752] Sa, 25 Augustus 2001 00:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afro Ozzie  is tans af-lyn  Afro Ozzie
Boodskappe: 37
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
> Randal Dans-met-die-rooirok (en sy Jacoba) Wicomb had dit maar net kom sing.
> Hy't hier op Paul Roos Gim ook Biologie onderrig. Na my tyd.
>
> Thys oppie Bos
>
Wel in my tyd. Na baie dinkwerk deur die chief om die seuns 'n sangklas te
gee wat hulle nie die onderwyser/es mal maak nie, het Randall die
sangonderwyser geword wat die hele skool op die laaste periode van elke
Vrydag vir sang in die skoolsaal geneem. Hy het dit nogal reggekry om die
seuns se aandag te hou veral toe hy klanktoerusting bring en ons na musiek
van Queen en Pink Floyd laat luister het.
Verder het hy met 'n bandopnemer die Boesmanland deurkruis en daarna met
liedjies soos Boesmanland vat my hand ....., ens teruggekom en aan ons
skoolseuns geleer.
Groete
AO
Re: PSALM 8 [boodskap #48802 is 'n antwoord op boodskap #48728] So, 26 Augustus 2001 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen"

uitstekende werk jou attachment !!
Net jammer dat die '@home' mense dit nie kan sien
nie. :-(
Re: PSALM 8 [boodskap #48868 is 'n antwoord op boodskap #48781] Ma, 27 Augustus 2001 09:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hay Afro Oz Old PRG! Watter chief praat jy nou van: Oom Dawie Viljee?

Great oubaas gewees daai.

Thys oppie Bos

"Afro Ozzie" skryf in boodskap news:9m6qq8$fk0$1@austar-news.austarnet.com.au...
>
>>
> Wel in my tyd. Na baie dinkwerk deur die chief om die seuns 'n sangklas te
Re: PSALM 8 [boodskap #48870 is 'n antwoord op boodskap #48728] Ma, 27 Augustus 2001 09:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

So dat jy daar in Kanad nou 'n expert is oor of die Griekwas wel so praat of
nie. Was jy al daar by hulle? Of wanneer laas het jy met een van hulle
gepraat? Seker verlede op die telefoon?

Doen jouself die moeite en kom kuier weer 'n slag. Dan ry jy die
Griewkaland Wes in en draai van die pad af en gaan soek 'n ou mens op en
luister bietjie hoe hulle praat.

Daar is 'n verskil tussen Kaapse Afrikaans (Die wat hie oppie flets gepraat
wo' my bra) en die griekwa en ander streek dialekte van die inheemse mense:
Die Richtersvelders, die Namakwalanders, die Boesmanlanders, die Karoo mense
met hulle donkiekarretjies van die Groot Karoo.

Dr Dirk van Schalkwyk van die WAT vertel my hoeka nou die dag oor sommige
wit Namakwalander se gebruik van die die woord "geheul" as hulle bedoel
'geheel': dit wat deel uitmaak van die groter prentjie, groot is, ens.)

Dit kon hulle taalmense terugspoor na enkele families wat op 'n skere
tydstip in die Kaap geland het vanuit Nederland, en wat dan met verloop van
tyd weggetrek vanaf die Kaap en dus nie deur latere uitspraak en taalgebruik
patrone beinvloed was nie. Dit "eu" klank i.p.v. "ee" het dus lank daarna
nog behoue gebly weens die afsondering vanaf ander sprekers.

Net so is dit dat daar vandag nog sulke taal skatte soos wat die Griekwas
praat voorkom.

Thys oppie Bos.
skryf in boodskap news:3B86D884.57B98FDE@home.com...
Reenen van Niekerk wrote:

> So wat probeer se word dat alle Afrikaans wat nie suiwer gepraat word nie
> reg is nie?

Nee, Reenen, dit gaan hier nie oor "onsuiwer Afrikaans" nie. Ditgaan oor óf
"Griekwas" wel praat soos hierdie omie sê hulle praat.
En of hy geweld aan die bybelse teks doen. Neem nou byvoorbeeld
dieselfde strofe soos deur Totius geversifikeer. ( Ek dink in alle geval
Totius se Psalm 8 was die oorspronklike inspirasie vir die Griekwa-
psalm.)

Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, O Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.

>>> Jirre,dasie 'n lantie so ver of woes gelee,
>>> sos die sandland wat U nou vi my kom gee,
>>> want selfs in hierie dro annerlikheid
>>> groei die gemsbokkomkommer van u heerlikheid

Totius se gedig wyk nie af van die bybelse Psalm 8 nie.
Die Griekwa-psalm wel.

Gloudina
Re: PSALM 8 [boodskap #48881 is 'n antwoord op boodskap #48728] Ma, 27 Augustus 2001 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Dr Dirk van Schalkwyk van die WAT vertel my hoeka nou die dag oor sommige
> wit Namakwalander se gebruik

> Net so is dit dat daar vandag nog sulke taal skatte soos wat die Griekwas
> praat voorkom.
>

Natuurlik is ek bewus van die "taalskatte" wat daar in
SA voorkom. En dis juis dáárom dat mens wonder
of 'n Afrikaans-sprekende Afrikaner se verdigtings nie
mense die verkeerde indruk gee van die grammatikale
en stilistiese strukture van "Griekwa-Afrikaans" nie.
Hoekom vra jy nie vir Dr. Dirk van Schalkwyk wat hy
van die pogings dink nie. Hy is 'n wetenskaplike.

Gloudina
Re: PSALM 8 [boodskap #48885 is 'n antwoord op boodskap #48728] Ma, 27 Augustus 2001 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Woordeboekmaker/Leksikograaf: Nie wetenskaplike nie...
Verskil sal jy saamstem. Die een maak woordeboeke, die ander maak woorde
oor boeke en boeke vol boeke oor atome ens.

"small things amuse small minds
that's why the scientists are so fascinated by the atom"

Ek sal hom nietemin vra.

Empiries sal ek dan 'n baie resente versie van die leksikografiese variante
van die mees resente konklusie kan weergee van die eksakte konklusies
waartoe die wetenskaplikes gespring het.

En dit oor 'n geneul
oor die mense geheul
nie daarvan hou
hoe hans plesie
oor die griekwas se
praat meddie jirre
op oor kom val
wat mêse
daavan sê
bly ma 'n geblê
oorie taal wat ons praat
of nie
oorie klank wat ons klink
of drie
h'it makkie sakie
ons is g'n niemand se hans
kakie

Thys oppie Bos (Paai straal van kwadraadgeit) skryf in boodskap news:3B8A382B.412AC4E1@home.com...
Hoekom vra jy nie vir Dr. Dirk van Schalkwyk wat hy
van die pogings dink nie. Hy is 'n wetenskaplike.
Re: PSALM 8 [boodskap #48890 is 'n antwoord op boodskap #48728] Ma, 27 Augustus 2001 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Woordeboekmaker/Leksikograaf: Nie wetenskaplike nie...
> Verskil sal jy saamstem.

Maar ek weet genoeg van die taalbesigheid om te weetdat die leksiograaf by HAT
dinge wetenskaplik sal
benader en die materiaal respekteer, en nie soos die
professor los en vas met die bestaande taalgoed speel
nie ( bo en behalwe dat hy ook los en vas met die
oorspronklike bybeltekse speel.)

Gloudina
Re: PSALM 8 [boodskap #48922 is 'n antwoord op boodskap #48868] Ma, 27 Augustus 2001 22:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afro Ozzie  is tans af-lyn  Afro Ozzie
Boodskappe: 37
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Volle Lid
As ek reg onthou was hy net daar tot einde 1974 dus my st 6 jaar. Daarna was
dit Japie Coetzee (Met Moonshine De Jongh as onderhoof). Ek was van 1974 tot
1978 daar. En in Prima.
Groete
AO

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9md2mi$2ce0$1@news.adamastor.ac.za...
> Hay Afro Oz Old PRG! Watter chief praat jy nou van: Oom Dawie Viljee?
>
> Great oubaas gewees daai.
>
> Thys oppie Bos
> "Afro Ozzie" wrote in message
> news:9m6qq8$fk0$1@austar-news.austarnet.com.au...
>>
>>>
>> Wel in my tyd. Na baie dinkwerk deur die chief om die seuns 'n sangklas
te
>
Re: PSALM 8 [boodskap #48929 is 'n antwoord op boodskap #48868] Di, 28 Augustus 2001 00:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Praat jy van langDawid of mooiDawid Thysman?

Pop

Thys de Wet skryf in boodskap news:9md2mi$2ce0$1@news.adamastor.ac.za...
> Hay Afro Oz Old PRG! Watter chief praat jy nou van: Oom Dawie Viljee?
>
> Great oubaas gewees daai.
>
> Thys oppie Bos
> "Afro Ozzie" wrote in message
> news:9m6qq8$fk0$1@austar-news.austarnet.com.au...
>>
>>>
>> Wel in my tyd. Na baie dinkwerk deur die chief om die seuns 'n sangklas
te
>
Re: PSALM 8 [boodskap #48943 is 'n antwoord op boodskap #48728] Di, 28 Augustus 2001 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja Zaradina...
skryf in boodskap news:3B8A4F1B.D5C24B15@home.com...
>
>
> Thys de Wet wrote:
>
>> Woordeboekmaker/Leksikograaf: Nie wetenskaplike nie...
>> Verskil sal jy saamstem.
>
> Maar ek weet genoeg van die taalbesigheid om te weetdat die leksiograaf by HAT
> dinge wetenskaplik sal
> benader en die materiaal respekteer, en nie soos die
> professor los en vas met die bestaande taalgoed speel
> nie ( bo en behalwe dat hy ook los en vas met die
> oorspronklike bybeltekse speel.)
>
> Gloudina
>
Re: PSALM 8 [boodskap #48998 is 'n antwoord op boodskap #48773] Di, 28 Augustus 2001 19:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Laat my dink aan die grappie van die dominie wat by die hemel aankom,
maar kry toe 'n heelwat kleiner plekkie as die Taxi drywer. Op sy
navraag verduidelik Petrus dat hy wat dominie is die mense sondag laat
bid het maar die Taxi drywer het elke dag mense to gebed gedryf.

Net so is die ou dr-proffesor se boekie dalk net dit wat mense nodig het
om bietjie te dink. As jy nie daarvan hou nie - ignoreer dit.

Davie Davis wrote:
>
> On Fri, 24 Aug 2001 08:10:18 +0200, Lou wrote:
>
>>
>
>>
>> Vir die prys wat daai boekie verkoop gaat jy bitter min geld maak. So
>> van bitter gepraat - julle bly maar 'n ou spul bitterbekke!
>
> Lou, liewer is ek 'n bitterbek versigtige toeskouer as glimlaggende
> spottende deelnemer -
> In reaksie hierop op my stelling:
>
> net miskien is ek verkeerd - (maw suurpruim!)
> maar in dié geval verkies ek dit so
>
> bitter min geld sê jy - 'n kliënt beweer dat sy
> kafee die meeste brood in die dorp verkoop.
> Wins op 'n brood kan nie veel wees nie - die
> totale wins beloop 'n heel aardige bedrag
>
> bitterbek
Re: PSALM 8 [boodskap #49006 is 'n antwoord op boodskap #48755] Di, 28 Augustus 2001 20:45 Na vorige boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
me & bobby magee wrote:
>
> Wat my meer bekommer, is die feit dat Davie sedert sy "terugkoms" lyk
> asof hy so na iemand in Kanada begin vry - het selfs haar hart op
> galop... Hier kom 'n ding.

Ek't dieselfde ding gesien - heelmoontlik is ons Davie nie meer Dawie
nie, seker ook nou hergebore met 'n nuwe karma.

Sal tog bietjie on Dajanews gaan kyk.
Vorige onderwerp: Psalm 8 berymd deur TOTIUS (J.D. du Toit)
Volgende onderwerp: Psalm 121
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 18:18:39 MGT 2024