Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Die Kerk se Dilemma (i)
Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48036] So, 12 Augustus 2001 19:18 na volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die wêreld-media, anti-christene en ewolusieleer is oënskynlik besig om
groot sukses te behaal met die afwatering van die werklikheid van God. By
media kan ons ook met gerustheid die Internet byvoeg.

Waar die lug van menings vantevore die forum van koerante, televisie en
reaksionêres was, kan net omtrent enigeen vandag sy opinie op die Internet
gee - gevraagd of ongevraagd. Ons het persepsies ons hele lewe lank gehad
wat slegs deur 'n paar oomblike van "surf" afgeskiet kan word. Ek het
byvoorbeeld nooit geweet dat daar wêreldwyd so 'n haat onder "Christene" was
vir die Evangelie nie. In terme van ons nuwe Grondwet is die Christelike
geloof nou op dieselfde vlak as die van Moslems, Buddiste, Sataniste,
Kommunisme en elke ander gogga wat nou uit die houtwerk kruip. Nog nooit
tevore het die Kerk voor so 'n groot uitdaging te staan gekom nie. Sy
voorheen Regeringgegewe immuniteit is nou skielik van hom ontneem.

Maar kan hy die mas opkom?

Vandag het ons te doen met die Nuwe Heiliges. In die Nuwe Suid-Afrika het
hulle soos paddastoele onder die Afrikaner volk opgeskiet, en ons ouers word
nou tot in die hel verdoem oor hul engheid en rassisme. Hulle engheid
deurdat hulle ons met Bybelsgefundeerde waarhede grootgemaak het; rassisme
deurdat hulle die eenvoudige aksioom geglo het van "soort behoort by soort".
My eie vader was onwrikbaar in sy geloof in apartheid maar, sover ek kan
onthou, het hy nooit enige mens op 'n persoon-tot-persoonvlak van sy
menswaardigheid ontneem nie. Daar gelaat.

Tot die Kerk word ook oorval met die Nuwe Heiliges. Daar is 'n humanistiese
gebloei in die Sinodes, daar word gebloei in die Kerkraad en daar word
gebloei van die kansel af - en terug. Waarom? Om die Christelike idioom
vir eens en ewig te begrawe en aandeel te hê in die geestelike verbastering
van die geloof wat dan uiteindelik kan lei tot die New Age era.

Ter wille van oorlewing van die Kerk, word die Ware Bloed maar agtertoe
skuif.

Die Kerk is besig om homself in 'n hoek te verf.

Maar hy kom nou ook voor in 'n ander gewaad.

.
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48037 is 'n antwoord op boodskap #48036] So, 12 Augustus 2001 20:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Grahame wrote:

> Die Kerk is besig om homself in 'n hoek te verf.
>

So wat dink jy van "Geloofsverklaring 2000"?
Ek is op die oomblik besig om " Soos ons in die
2000's glo" deur Frits Gaum te lees. Soos jy
weet, is Frits Gaum die afgelope veertien jaar
die redakteur van Die Kerkbode. Geloofsverkla-
ring 2000" is glo saamgestel deur die lidmate
van die ses gerefermeerde kerke in SA.
Ek het nie geweet nie: In 1999 was die
Kerkbode 150 jaar oud.

Gloudina
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48060 is 'n antwoord op boodskap #48036] Ma, 13 Augustus 2001 06:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Grahame wrote:
>
> Maar kan hy die mas opkom?
> [/color]
> Tot die Kerk word ook oorval met die Nuwe Heiliges. Daar is 'n humanistiese
> gebloei in die Sinodes, daar word gebloei in die Kerkraad en daar word
> gebloei van die kansel af - en terug. Waarom? Om die Christelike idioom
> vir eens en ewig te begrawe en aandeel te hê in die geestelike verbastering
> van die geloof wat dan uiteindelik kan lei tot die New Age era.

Ja Swaer, maar is dit nie maar waar in alle afdelings van ons
samelewing nie - die klomp politici - want dis wat hulle is - span hul
seile na die wind - is nou weereens besig om hulle strategie"e aan te
pas na waar die meeste voordeel vandaan kom. Dit is nou mense soos
Boetman, sommige kerk-leiers, akteurs en musici - die leis is oneindig.
Dis net sommige het die wind voel draai voor die ander - nou is hulle
los voor en in die Mercedes 4x4 seats.

Maar imagine jy het in Italie gebly - daar verander die spul hulle
regering meer dikwels as hulle ondeklere. Dit meot hel wees om heeltyd
na 'n nuwe regerings-elite op te pellie.
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48061 is 'n antwoord op boodskap #48036] Ma, 13 Augustus 2001 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
> Geloofsverkla-
> ring 2000" is glo saamgestel deur die lidmate
> van die ses gerefermeerde kerke in SA.

gefermenteerd is eerder na aan die waarheid :)
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48070 is 'n antwoord op boodskap #48060] Ma, 13 Augustus 2001 07:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Lou wrote:
> die leis is oneindig.

leis? Lys? AAARGGHHH!!!! Die spelling virus is op my PC!!!!
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48079 is 'n antwoord op boodskap #48036] Ma, 13 Augustus 2001 11:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> @home.com wrote:
>>
> Geloofsverkla-
>> ring 2000" is glo saamgestel deur die lidmate
>> van die ses gerefermeerde kerke in SA.
>
> gefermenteerd is eerder na aan die waarheid :)

Jammer vir die tikfout. Dit moet natuurlik"gereformeerd" wees. Maar is
jou sin verwysend
na 'n opinie oor Geloofsverklaring 2000 wat negatief
is? En indien wel, hoekom sê jy so?

Gloudina
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48084 is 'n antwoord op boodskap #48036] Ma, 13 Augustus 2001 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> @home.com wrote:
>>>
>> Geloofsverkla-
>>> ring 2000" is glo saamgestel deur die lidmate
>>> van die ses gerefermeerde kerke in SA.
>>
>> gefermenteerd is eerder na aan die waarheid :)
>
> Jammer vir die tikfout. Dit moet natuurlik"gereformeerd" wees. Maar is
> jou sin verwysend
> na 'n opinie oor Geloofsverklaring 2000 wat negatief
> is? En indien wel, hoekom sê jy so?
>

Die probleem met nuwe geloofsverklarings laat jou wonder waarom hulle
nou skielik die oue moes weggooi? Daarom gefermeteerd - jy gooi spul
goed in 'n pot, bietjie suiker en gis en dan los jy dit om te 'bubble,
bubble toil and trouble' - WS en dan sien jy wat spring uit. Terloops -
saamgestel deur die lidmate - seker saamgetsel deur die ampsdraers. :)

Wat sê jy van die Geloofsverklaring 2000? Hmm? Of gaat jy die een ook
duck?
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48098 is 'n antwoord op boodskap #48036] Ma, 13 Augustus 2001 15:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> Die probleem met nuwe geloofsverklarings laat jou wonder waarom hulle
> nou skielik die oue moes weggooi? Daarom gefermeteerd - jy gooi spul
> goed in 'n pot, bietjie suiker en gis en dan los jy dit om te 'bubble,
> bubble toil and trouble' - WS en dan sien jy wat spring uit. Terloops -
> saamgestel deur die lidmate - seker saamgetsel deur die ampsdraers. :)
>
> Wat sê jy van die Geloofsverklaring 2000? Hmm? Of gaat jy die een ook
> duck?

Sover ek kan sien, was dit 'n wyd-gesirkuleerde werkstukwaar baie lidmate
hulle opinies uitgedruk het. Dis soos
die inleiding verduidelik. Dis nie ek wat so praat nie.
En jy kan maar ophou om hoity-toity te wees met my.
Jy weet dat ek my nie as 'n sogenaamde "belydende"
Christen voorgee nie. Ek is niks aan jou verskuldig nie.
Te oordeel na al die "belydende" Christene op hierdie
nuusgroep se geklaery, klink dit vir my of die Christendom
in Suid-Afrika 'n groot huisskoonmaak nodig het. Nie net
van ampsdraerkant nie. Die klomp kerklede wat so kla,
klink vir my ook maar na 'n klomp bedorwe brokkies.
Dit kom daarvan as jy "die kerk" as 'n sosiale institusie
wil sien ( 'n erfenis van die apartheidsdae) en nie as die
gemeenskap van gelowiges, soos dit behoort te wees nie.
Die Buddhiste noem hierdie gemeenskap die Sangha,
en hulle vra elke keer as hulle gebede opsê, vir genade
vir die Sangha. Ek dink dis miskien wat sommige mense
op hierdie nuusgroep moet doen. Gaan op julle knieë en
bid vir "Die Kerk." Julle IS die Kerk. Maar as die Kerk
'n klomp klagatte geword het, wat sal daarmee gedoen
moet word? Miskien, omdat julle nóg warm nóg koud
is, sal julle uitgespoeg word, soos Johannes gesê het
van die kerk van die Laodiseërs. (Openbaring 3. vers 16 en
daarna.)

Tant Hessie van die ware kerk van alle gelowiges
versprei oor die aarde.
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48108 is 'n antwoord op boodskap #48036] Ma, 13 Augustus 2001 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem 100% met jou saam. Deur die jare het ek gesien hoe die kerk eers
vir propoganda gebruik is, daarna vir die "ware Christen" en nou vir
enigiemand wat ons net 'n paar sent sal gee asb. Die kerk verander en "chop
en change" soos dit die mens en sinode behaag. Waar gaan ons dan van hier?
Stig ons eie kerke of loof ons maar elkeen uit sy eie kombuis?

Elaine

"Grahame" wrote:
>
> Die Kerk is besig om homself in 'n hoek te verf.
>
> Maar hy kom nou ook voor in 'n ander gewaad.
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48132 is 'n antwoord op boodskap #48061] Di, 14 Augustus 2001 02:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:))) Lou, moet nou nie G se "woord" verdraai nie:)))
Annette

.

Lou skryf in boodskap news:3B777634.6EB4F03@lous.zzn.com...
>
>
> @home.com wrote:
>>
> Geloofsverkla-
>> ring 2000" is glo saamgestel deur die lidmate
>> van die ses gerefermeerde kerke in SA.
>
> gefermenteerd is eerder na aan die waarheid :)
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48133 is 'n antwoord op boodskap #48060] Di, 14 Augustus 2001 02:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel Lou - miskien het die Taljaners 'n punt daar beet - hulle taktiek maak
dat die gatkruipers terug na hul gate kruip:))
Annette

> Grahame wrote:
>>
>> Maar kan hy die mas opkom?
>>
> >
>> Tot die Kerk word ook oorval met die Nuwe Heiliges. Daar is 'n humanistiese
>> gebloei in die Sinodes, daar word gebloei in die Kerkraad en daar word
>> gebloei van die kansel af - en terug. Waarom? Om die Christelike idioom
>> vir eens en ewig te begrawe en aandeel te hê in die geestelike verbastering
>> van die geloof wat dan uiteindelik kan lei tot die New Age era.
>
> Ja Swaer, maar is dit nie maar waar in alle afdelings van ons
> samelewing nie - die klomp politici - want dis wat hulle is - span hul
> seile na die wind - is nou weereens besig om hulle strategie"e aan te
> pas na waar die meeste voordeel vandaan kom. Dit is nou mense soos
> Boetman, sommige kerk-leiers, akteurs en musici - die leis is oneindig.
> Dis net sommige het die wind voel draai voor die ander - nou is hulle
> los voor en in die Mercedes 4x4 seats.
>
> Maar imagine jy het in Italie gebly - daar verander die spul hulle
> regering meer dikwels as hulle ondeklere. Dit meot hel wees om heeltyd
> na 'n nuwe regerings-elite op te pellie.
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48134 is 'n antwoord op boodskap #48108] Di, 14 Augustus 2001 02:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O tog, asseblief nie nog kerke nie!! Ek is seker in die mag der menigte
kerke wat al klaar bestaan sal daar tog een wees wat vir jou aanvaarbaar is.
Dit behoort nogal 'n happening te wees - die dag as al die kerke wat basies
dieselfde geloof aanhang saamsmelt:))))
Soos die Ingelse sal sê: It will only happen when hell freezes over - en
selfs dan twyfel ek of dit sal gebeur:)))
Annette

--
Elaine skryf in boodskap news:3b7821e9.0@news1.mweb.co.za...
> Ek stem 100% met jou saam. Deur die jare het ek gesien hoe die kerk eers
> vir propoganda gebruik is, daarna vir die "ware Christen" en nou vir
> enigiemand wat ons net 'n paar sent sal gee asb. Die kerk verander en "chop
> en change" soos dit die mens en sinode behaag. Waar gaan ons dan van hier?
> Stig ons eie kerke of loof ons maar elkeen uit sy eie kombuis?
>
> Elaine
>
> "Grahame" wrote:
>>
>> Die Kerk is besig om homself in 'n hoek te verf.
>>
>> Maar hy kom nou ook voor in 'n ander gewaad.
>
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48143 is 'n antwoord op boodskap #48036] Di, 14 Augustus 2001 06:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Die probleem met nuwe geloofsverklarings laat jou wonder waarom hulle
>> nou skielik die oue moes weggooi? Daarom gefermeteerd - jy gooi spul
>> goed in 'n pot, bietjie suiker en gis en dan los jy dit om te 'bubble,
>> bubble toil and trouble' - WS en dan sien jy wat spring uit. Terloops -
>> saamgestel deur die lidmate - seker saamgetsel deur die ampsdraers. :)
>>
>> Wat sê jy van die Geloofsverklaring 2000? Hmm? Of gaat jy die een ook
>> duck?
>
> Sover ek kan sien, was dit 'n wyd-gesirkuleerde werkstukwaar baie lidmate
> hulle opinies uitgedruk het. Dis soos
> die inleiding verduidelik. Dis nie ek wat so praat nie.
> En jy kan maar ophou om hoity-toity te wees met my.
> Jy weet dat ek my nie as 'n sogenaamde "belydende"
> Christen voorgee nie. Ek is niks aan jou verskuldig nie.

O hou nie van jou eie medisyne nie ne?

> Te oordeel na al die "belydende" Christene op hierdie
> nuusgroep se geklaery, klink dit vir my of die Christendom
> in Suid-Afrika 'n groot huisskoonmaak nodig het.

He he - weereens die uitsondering wat die reel bewys - duidelik is die
hoeveelheid Christene op die groep te klein om 'n statistiek bruikbare
deursnit van Christene in SA te wees. Verder as nie 'belydende Christen'
het jy duidelik nie 'n voet om op te staan nie?

> Nie net
> van ampsdraerkant nie. Die klomp kerklede wat so kla,
> klink vir my ook maar na 'n klomp bedorwe brokkies.
> Dit kom daarvan as jy "die kerk" as 'n sosiale institusie
> wil sien ( 'n erfenis van die apartheidsdae) en nie as die
> gemeenskap van gelowiges, soos dit behoort te wees nie.

In die tye van verandering glo mense dat die kerk dieselfde moet bly,
dalk iet svir hulel om aan vas te kleef - huisbesoeke, dominee wat mense
pamperlang en lek om die erediens by te woon maar as jy bietjie dieper
delf is die kerk ook gedwing om te verander - baie gemeentes loop dood,
kan nie die predikant bekostig nie, predikante is werkloos ens.

Sal jy se dat die rol wat die kerk in byvoorbeeld Italie en Griekeland
speel ook a.g.v. aprtheid is? :) Die Buddhiste noem hierdie gemeenskap die Sangha,[/color]
> en hulle vra elke keer as hulle gebede opsê, vir genade
> vir die Sangha. Ek dink dis miskien wat sommige mense
> op hierdie nuusgroep moet doen. Gaan op julle knieë en
> bid vir "Die Kerk." Julle IS die Kerk. Maar as die Kerk
> 'n klomp klagatte geword het, wat sal daarmee gedoen
> moet word? Miskien, omdat julle nóg warm nóg koud
> is, sal julle uitgespoeg word, soos Johannes gesê het
> van die kerk van die Laodiseërs. (Openbaring 3. vers 16 en
> daarna.)

Die probleem is ongelukkig dat die 'Kerk' vergeet van sy doel op aarde
en dit meer om die gebou, kerkbesaar, dominie, kerkraad en die geld gaan
as om die verkondiging van die evangelie. Die eindoel - die evangelie
verkondiging - word te maklik net nog 'n taak van die kerk.

Diep van 'n nie-Christen om vir Christene te kom kwoteer uit die Bybel.
Luister net vir die kraai van die haan, Petrus - voordat te laat is.
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48144 is 'n antwoord op boodskap #48108] Di, 14 Augustus 2001 06:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote:
>
> Ek stem 100% met jou saam. Deur die jare het ek gesien hoe die kerk eers
> vir propoganda gebruik is, daarna vir die "ware Christen" en nou vir
> enigiemand wat ons net 'n paar sent sal gee asb. Die kerk verander en "chop
> en change" soos dit die mens en sinode behaag. Waar gaan ons dan van hier?
> Stig ons eie kerke of loof ons maar elkeen uit sy eie kombuis?

Wil jy hê dat die kerk dieslefde bly as eeue terug - nie 'n kans nie -
mense sal soos jy nou - net eenvoudig die kerk verlaat en 'n kerk soek
waar hy aanklank kan vind soos die opgang van die Charismatiese kerke in
SA.

Aangaande die propaganda - vir myself sal dit jare wees voor ek die ou
spul fariseers kan vertrou - eers was apartheid reg - toe is dit
verkeerd. Ons was self te naief en is dit reg dat ons nou die kerk en
die ander leiers in die samemlewing bevraagteken.

Ons het almal groot geword die afgelope paar jaar. Soek jy nou maar 'n
kerk waar jy inpas want dit is duidelik vir jou belangrik - miskien 'n
ander gemeente van dieselfde kerk? Kerke is baie keer 'n refleksie van
die predikant ...

PS: As die gebou te fensie is - wees versigtig - jy sal dalk jou plekkie
in die hierargie moet koop :}
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48162 is 'n antwoord op boodskap #48036] Di, 14 Augustus 2001 10:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
fransd  is tans af-lyn  fransd
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ek vind baie van jou sienswyse interessant... Dit bring egter net weer Die
Woord na vore wat se "JULLE SAL DIE WAARHEID KEN EN DIE WAARHEID SAL JULLE
VRYMAAK"
Ek vind dat alhoemeer gelowiges nie meer op n kerk staatmaak vir hul
saligheid nie, maar self Die Woord begin bestudeer en sodoende die vryheid
van die WAARHEID ontdek...
Groetnis,
Frans.

"Grahame" skryf in boodskap news:3b76d8e1.0@news1.mweb.co.za...
> Die wêreld-media, anti-christene en ewolusieleer is oënskynlik besig om
> groot sukses te behaal met die afwatering van die werklikheid van God. By
> media kan ons ook met gerustheid die Internet byvoeg.
>
> Waar die lug van menings vantevore die forum van koerante, televisie en
> reaksionêres was, kan net omtrent enigeen vandag sy opinie op die Internet
> gee - gevraagd of ongevraagd. Ons het persepsies ons hele lewe lank gehad
> wat slegs deur 'n paar oomblike van "surf" afgeskiet kan word. Ek het
> byvoorbeeld nooit geweet dat daar wêreldwyd so 'n haat onder "Christene" was
> vir die Evangelie nie. In terme van ons nuwe Grondwet is die Christelike
> geloof nou op dieselfde vlak as die van Moslems, Buddiste, Sataniste,
> Kommunisme en elke ander gogga wat nou uit die houtwerk kruip. Nog nooit
> tevore het die Kerk voor so 'n groot uitdaging te staan gekom nie. Sy
> voorheen Regeringgegewe immuniteit is nou skielik van hom ontneem.
>
> Maar kan hy die mas opkom?
>
> Vandag het ons te doen met die Nuwe Heiliges. In die Nuwe Suid-Afrika het
> hulle soos paddastoele onder die Afrikaner volk opgeskiet, en ons ouers word
> nou tot in die hel verdoem oor hul engheid en rassisme. Hulle engheid
> deurdat hulle ons met Bybelsgefundeerde waarhede grootgemaak het; rassisme
> deurdat hulle die eenvoudige aksioom geglo het van "soort behoort by soort".
> My eie vader was onwrikbaar in sy geloof in apartheid maar, sover ek kan
> onthou, het hy nooit enige mens op 'n persoon-tot-persoonvlak van sy
> menswaardigheid ontneem nie. Daar gelaat.
>
> Tot die Kerk word ook oorval met die Nuwe Heiliges. Daar is 'n humanistiese
> gebloei in die Sinodes, daar word gebloei in die Kerkraad en daar word
> gebloei van die kansel af - en terug. Waarom? Om die Christelike idioom
> vir eens en ewig te begrawe en aandeel te hê in die geestelike verbastering
> van die geloof wat dan uiteindelik kan lei tot die New Age era.
>
> Ter wille van oorlewing van die Kerk, word die Ware Bloed maar agtertoe
> skuif.
>
> Die Kerk is besig om homself in 'n hoek te verf.
>
> Maar hy kom nou ook voor in 'n ander gewaad.
>
> .
>
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48170 is 'n antwoord op boodskap #48036] Di, 14 Augustus 2001 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> Diep van 'n nie-Christen om vir Christene te kom kwoteer uit die Bybel.

Ja, en is dit nie miskien omdat ek in die gemeenskap van dieheiliges glo en
sommige van julle hier op die nuusgroep nie?
Omdat ek 'n dieper konsep het van wat "die kerk" of die
"Sangha" beteken?
Luister, lank gelede moes my pa as ouderling dien in 'n
gemeente waar die jongerige NG predikant drie kinders
verwek het by drie verskillende vroue ( bo en behalwe nou
sy eie vrou.) En waar hy op die kansel gestaan en spog het
hoe hy 'n bokser was en nog sy ding kan doen. My pa en
die ander ouderlinge, nadat hulle raad gesoek het by professore
van die Kweekskool op Stellenbosch, het die man gekonfronteer
en aangedui dat hy moet bedank. Maar hulle het nie kwaad
gepraat van die kerk nie. Hulle het geweet hulle IS die kerk.
(Daarna het 'n blinde predikant vir 'n rukkie daar waargeneem,
en geharde kwaaijongens het bekeerd geraak.)

Gloudina

>
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48174 is 'n antwoord op boodskap #48162] Di, 14 Augustus 2001 11:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"fransd"
> Ek vind baie van jou sienswyse interessant... Dit bring egter net weer Die
> Woord na vore wat se "JULLE SAL DIE WAARHEID KEN EN DIE WAARHEID SAL JULLE
> VRYMAAK"

Waarvan vrijmaak??

> Ek vind dat alhoemeer gelowiges nie meer op n kerk staatmaak vir hul
> saligheid nie, maar self Die Woord begin bestudeer en sodoende die vryheid
> van die WAARHEID ontdek...

Je eigen waarheid maken bedoel je
De teksten kan je op verschillende wijze uitleggen.

grt emmy

> Groetnis,
> Frans.
> "Grahame" wrote in message
> news:3b76d8e1.0@news1.mweb.co.za...
>> Die wêreld-media, anti-christene en ewolusieleer is oënskynlik besig om
>> groot sukses te behaal met die afwatering van die werklikheid van God. By
>> media kan ons ook met gerustheid die Internet byvoeg.
>>
>> Waar die lug van menings vantevore die forum van koerante, televisie en
>> reaksionêres was, kan net omtrent enigeen vandag sy opinie op die Internet
>> gee - gevraagd of ongevraagd. Ons het persepsies ons hele lewe lank gehad
>> wat slegs deur 'n paar oomblike van "surf" afgeskiet kan word. Ek het
>> byvoorbeeld nooit geweet dat daar wêreldwyd so 'n haat onder "Christene" was
>> vir die Evangelie nie. In terme van ons nuwe Grondwet is die Christelike
>> geloof nou op dieselfde vlak as die van Moslems, Buddiste, Sataniste,
>> Kommunisme en elke ander gogga wat nou uit die houtwerk kruip. Nog nooit
>> tevore het die Kerk voor so 'n groot uitdaging te staan gekom nie. Sy
>> voorheen Regeringgegewe immuniteit is nou skielik van hom ontneem.
>>
>> Maar kan hy die mas opkom?
>>
>> Vandag het ons te doen met die Nuwe Heiliges. In die Nuwe Suid-Afrika het
>> hulle soos paddastoele onder die Afrikaner volk opgeskiet, en ons ouers word
>> nou tot in die hel verdoem oor hul engheid en rassisme. Hulle engheid
>> deurdat hulle ons met Bybelsgefundeerde waarhede grootgemaak het; rassisme
>> deurdat hulle die eenvoudige aksioom geglo het van "soort behoort by soort".
>> My eie vader was onwrikbaar in sy geloof in apartheid maar, sover ek kan
>> onthou, het hy nooit enige mens op 'n persoon-tot-persoonvlak van sy
>> menswaardigheid ontneem nie. Daar gelaat.
>>
>> Tot die Kerk word ook oorval met die Nuwe Heiliges. Daar is 'n humanistiese
>> gebloei in die Sinodes, daar word gebloei in die Kerkraad en daar word
>> gebloei van die kansel af - en terug. Waarom? Om die Christelike idioom
>> vir eens en ewig te begrawe en aandeel te hê in die geestelike verbastering
>> van die geloof wat dan uiteindelik kan lei tot die New Age era.
>>
>> Ter wille van oorlewing van die Kerk, word die Ware Bloed maar agtertoe
>> skuif.
>>
>> Die Kerk is besig om homself in 'n hoek te verf.
>>
>> Maar hy kom nou ook voor in 'n ander gewaad.
>>
>> .
>>
>
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48178 is 'n antwoord op boodskap #48036] Di, 14 Augustus 2001 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tosca  is tans af-lyn  Tosca
Boodskappe: 35
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Wat is die 'gemeenskap van die heiliges'?

Tosca
*******************************
> Ja, en is dit nie miskien omdat ek in die gemeenskap van dieheiliges glo en
> sommige van julle hier op die nuusgroep nie?
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48185 is 'n antwoord op boodskap #48036] Di, 14 Augustus 2001 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Tosca wrote:

> Wat is die 'gemeenskap van die heiliges'?
>

Ek bedoel daardie mense wat die "sacred" soek in
die ondermaanse.

Gloudina
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48205 is 'n antwoord op boodskap #48144] Di, 14 Augustus 2001 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lou

Ek is duidelik nie reg verstaan nie :) Die vraag is nie of die kerk
onveranderd moes bly nie - natuurlik nie. As ek nou nog gekasty moet word
oor goed soos broeke kerk toe dra... Maar broeke en hoede en dans en die
vroue se "stand" in die kerk is minor wanneer dit kom by goed soos die
nagmaal, die doop, die huwelik, ens.
Ek verstaan dat die predikant die beeld van die kerk uitdra en dat my
predikant duidelik die pot sleg missit wanneer die by seker goed kom - in my
oë anyway. Ek gaan egter nog steeds kerk toe, want ek is lief vir die res
van "my gemeente".
Aangaande die propaganda - ek het meer as een predikant al daaroor
gekonfronteer. Slegs een het die guts gehad om vir my te sê dat "die kerk"
gebruik is vir die doel, en dat dit "die kerk" soos ons dit ken jare gaan
vat om te herstel van die skade wat aangerig is in die proses.

Elaine

"Lou" wrote

> Aangaande die propaganda - vir myself sal dit jare wees voor ek die ou
> spul fariseers kan vertrou - eers was apartheid reg - toe is dit
> verkeerd. Ons was self te naief en is dit reg dat ons nou die kerk en
> die ander leiers in die samemlewing bevraagteken.
>
> Ons het almal groot geword die afgelope paar jaar. Soek jy nou maar 'n
> kerk waar jy inpas want dit is duidelik vir jou belangrik - miskien 'n
> ander gemeente van dieselfde kerk? Kerke is baie keer 'n refleksie van
> die predikant ...
>
> PS: As die gebou te fensie is - wees versigtig - jy sal dalk jou plekkie
> in die hierargie moet koop :}
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48238 is 'n antwoord op boodskap #48036] Wo, 15 Augustus 2001 05:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Diep van 'n nie-Christen om vir Christene te kom kwoteer uit die Bybel.
>
> Ja, en is dit nie miskien omdat ek in die gemeenskap van dieheiliges glo en
> sommige van julle hier op die nuusgroep nie?
> Omdat ek 'n dieper konsep het van wat "die kerk" of die
> "Sangha" beteken?

As iemand aanhaal uit iets waarin hy nie glo nie hoe geloofwaardig is
hy?

> Luister, lank gelede moes my pa as ouderling dien in 'n
> gemeente waar die jongerige NG predikant drie kinders
> verwek het by drie verskillende vroue ( bo en behalwe nou
> sy eie vrou.) En waar hy op die kansel gestaan en spog het
> hoe hy 'n bokser was en nog sy ding kan doen.

En? Dit het wat te doen met die onderwerp? Predikante is ook maar mense
- jy sal dus van goed tot sleg kry - hopelik meestal goed
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48239 is 'n antwoord op boodskap #48036] Wo, 15 Augustus 2001 05:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wat is die ondermaanse? Alles onder die maan?

@home.com wrote:
>
> Tosca wrote:
>
>> Wat is die 'gemeenskap van die heiliges'?
>>
>
> Ek bedoel daardie mense wat die "sacred" soek in
> die ondermaanse.
>
> Gloudina
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48274 is 'n antwoord op boodskap #48036] Wo, 15 Augustus 2001 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> As iemand aanhaal uit iets waarin hy nie glo nie hoe geloofwaardig is
> hy?
>

Dierbaarheid, Lou. As iemand uit die bybel aanhaal,
en jy betwyfel die geloofwaardigheid van die persoon,
betwyfel jy dan gelyk die geloofwaardigheid van die
bybel? Snaakse, snaakse soort van dink.

Gloudina
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48275 is 'n antwoord op boodskap #48036] Wo, 15 Augustus 2001 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> Wat is die ondermaanse? Alles onder die maan?

So leer ons elke dag 'n nuwe woordjie, selfs al is ditnie aan
moedersknie nie, né ou Lou.

Gloudina
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48335 is 'n antwoord op boodskap #48036] Do, 16 Augustus 2001 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> As iemand aanhaal uit iets waarin hy nie glo nie hoe geloofwaardig is
>> hy?
>>
>
> Dierbaarheid, Lou. As iemand uit die bybel aanhaal,
> en jy betwyfel die geloofwaardigheid van die persoon,
> betwyfel jy dan gelyk die geloofwaardigheid van die
> bybel? Snaakse, snaakse soort van dink.
>
> Gloudina

Nee dommie, jy probeer jou argumente staaf deur verse uit die Bybel aan
te haal, dit is nou die bybel waarin JY nie glo nie - dus neem ek jou
argumente met 'n knippie sout! As ek nou my argumente begin staaf met
aanhalings uit die Koran hoe geloofwaardig is ek dan? En duidelik
verstaan jy nie meer afrikaans nie want as jy my woorde bo lees sal jy
duidelik sien dat ek nie die Bybel se geloofwaardigheid betwyfel nie
maar JOUNE! Lees die volgende stuk dus weer stadig:

>> As iemand aanhaal uit iets waarin hy nie glo nie hoe geloofwaardig is
>> hy?

Jy is nou soos die omie wat sy valstande by die eetplek langs die pad
vergeet het - en toe hy inderhaas terug jaag is daar 'n klein seuntjie
wat die tande gekry en in sy mond gesit het en toe soos die omie gesê
het: 'Daar sit die klein donner met my eie tanne vir my en lag'.
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48336 is 'n antwoord op boodskap #48036] Do, 16 Augustus 2001 06:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Wat is die ondermaanse? Alles onder die maan?
>
> So leer ons elke dag 'n nuwe woordjie, selfs al is ditnie aan
> moedersknie nie, né ou Lou.

Jy steeds nie gesê wat dit beteken nie - sekerlik Argaiese Afrikaans :0
Re: Die Kerk se Dilemma (i) [boodskap #48374 is 'n antwoord op boodskap #48036] Do, 16 Augustus 2001 13:00 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek het gedog die wat met die maan gepla is:))))
Annette

Danielle skryf in boodskap news:ii2kntg3a6u6nfp2hsitlemg522o7qgk4h@4ax.com...
> On Wed, 15 Aug 2001 07:32:02 +0200, Lou wrote:
>
>> Wat is die ondermaanse? Alles onder die maan?
>
> Miskien "moonies"? :-))
>
> (Sun Myung Moon se Unification Kerk)
Vorige onderwerp: PSALM 121
Volgende onderwerp: Ons kerke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 22:48:48 MGT 2024