Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Af)  | Onbeantwoorde boodskappe (Aan)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: verhalend
verhalend [boodskap #145088] Sa, 20 April 2024 19:12
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verhalend
Afbreking: ver•ha•lend
Samestelling: verhaal + -end


Byvoeglike naamwoord: verhalend
Attributief: verhalende

Betekenis:
• Wat 'n verhaal/ storie vertel.

Gebruik:
• Die bundel bevat 'n reeks verhalende gedigte.

Sinoniem:
• anekdoties
• epies
• vertellend

Afgelei:
• • verhalenderwys

Vertaling:
Engels: narrative, epic
Nederlands: verhalend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: loodsstudie
loodsstudie [boodskap #145087] Sa, 20 April 2024 18:58
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
loodsstudie
Afbreking: loods•stu•die
Samestelling: loods + studie


Selfstandige naamwoord: loodsstudie
Meervoud: loodsstudies

Betekenis:
• 'n Klein, voorlopige studie om 'n konsep te toets voordat 'n groter studie aangepak word.

Gebruik:
• Die loodsstudie het getoon dat pasiënte wat die medikasie geneem het "beduidend minder" simptome as die kontrolegroep gehad het.

Sinoniem:
• proefstudie

Vertaling:
Engels: pilot study
Nederlands: proefstudie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: sopraan
sopraan [boodskap #145086] Sa, 20 April 2024 18:19
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sopraan
Afbreking: so•praan


Selfstandige naamwoord: sopraan
Meervoud: soprane
Verkleinwoord: sopraantjie
Meervoud van verkleining: sopraantjie

Betekenis:
• Die hoogste sangstem, selfs hoër as alt.
• Iemand (gewoonlik 'n vrou) wat met so 'n hoë/ skel stem sing.

Gebruik:
• Die opvoering is 'n duo vir sopraan en klavier.
• Sy is 'n bekende sopraan.

Hiponiem:
• mezzosopraan
• seunsopraan

Afgelei:
• sopraanblokfluit
• sopraanparty
• sopraansang
• sopraansanger
• sopraansleutel
• sopraansolo
• sopraanstem

Afkorting:
• sopr.

Verwant:
• alt
• bariton
• bas
• tenoor

Vertaling:
Engels: soprano, treble
Nederlands: sopraan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: innooi
innooi [boodskap #145085] Sa, 20 April 2024 18:02
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
innooi
Afbreking: in•nooi
Samestelling: in + nooi


Werkwoord: nooi in, innooi
Verlede tyd: het ingenooi

Betekenis:
• Om na binne te nooi.

Gebruik:
• Moenie ongeskik wees nie, nooi die mense in.

Sinoniem:
• binnevra
• inroep

Antoniem:
• uitnooi

Vertaling:
Engels: to invite in
Nederlands: binnen nodigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: beenmeel
beenmeel [boodskap #145084] Sa, 20 April 2024 17:55
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beenmeel
Afbreking: been•meel
Samestelling: been + meel


Selfstandige naamwoord: beenmeel
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Poeier van gemaalde bene.

Gebruik:
Beenmeel word onder andere as dieetaanvulling vir vee en as 'n organiese kunsmis vir plante gebruik.

Vertaling:
Engels: bone meal
Nederlands: beendermeel, beenderenmeel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kanto
kanto [boodskap #145083] Sa, 20 April 2024 16:27
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kanto
Afbreking: kan•to


Selfstandige naamwoord: kanto
Meervoud: kanto's
Verkleinwoord: kanto'tjie
Meervoud van verkleining: kanto'tjies

Betekenis:
• 'n Afdeling van 'n lang, verhalende gedig.
• Bedaarde sangwyse; koraalgesang.

Gebruik:
• Die gemiddelde kanto in die Goddelike Komedie is 142 reëls, terwyl die kanto's in Os Lusíadas gemiddeld 882 reëls lank is.
• Die koor sing 'n geestelike kanto.

Wisselvorm:
• canto

Verwant:
• Kantiek

Vertaling:
Engels: canto
Nederlands: canto

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: deurgrond
deurgrond [boodskap #145082] Sa, 20 April 2024 08:36
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deurgrond
Afbreking: deur•grond
Samestelling: deur + grond


Werkwoord: deurgrond
Verlede tyd: het deurgrond

Betekenis:
• Om tot op die bodem te deursoek; 'n grondig begrip van iets of iemand te kry.

Gebruik:
Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. [Psalms 139:23]

Sinoniem:
• begryp
• bepaal
• evalueer
• meet
• ondersoek
• peil
• vasstel
• verstaan

Verwant:
• ondeurgrondelik

Vertaling:
Engels: to see through, comprehend, unravel
Nederlands: doorgronden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: pitsweer
pitsweer [boodskap #145081] Vr, 19 April 2024 17:50
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pitsweer
Afbreking: pit•sweer
Samestelling: pit + sweer


Selfstandige naamwoord: pitsweer
Meervoud: pitswere
Verkleinwoord: pitsweertjie
Meervoud van verkleining: pitsweertjies

Betekenis:
• Harde sweer waarvan die pit uitgedruk kan word as dit ryp is, dikwels die resultaat van 'n ontsteekte haarfolikel.

Gebruik:
• Jy kan die pitsweer liggies met 'n antiseptiese middel was, maar moenie daaraan druk nie.
Pitswere ontstaan soms as gevolg van 'n tekort aan yster en dit kan help om rosyne te eet.

Sinoniem:
• bloedvint
• pitseer

Vertaling:
Engels: boil, furuncle
Nederlands: steenpuist, furunkel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: koorsblaar
koorsblaar [boodskap #145080] Vr, 19 April 2024 14:23
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Koorsblaar.
'n Koorsblaar.
koorsblaar
Afbreking: koors•blaar
Samestelling: koors + blaar


Selfstandige naamwoord: koorsblaar
Meervoud: koorsblare
Verkleinwoord: koorsblaartjie
Meervoud van verkleining: koorsblaartjies

Betekenis:
• Seer plek op die lip of binne die mond, veroorsaak deur hitte, wrywing, 'n tipe herpes, ens.

Gebruik:
• As my gestel af is kry ek maklik koorsblare.

Vertaling:
Engels: blister, cold sore, oral herpes
Nederlands: koortslip

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: swartkoppie
swartkoppie [boodskap #145079] Vr, 19 April 2024 13:42
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Swartkoppies op 'n persoon se neus.
Swartkoppies op 'n persoon se neus.
swartkoppie
Afbreking: swart•kop•pie
Samestelling: swart + koppie


Selfstandige naamwoord: swartkoppie
Meervoud: swartkoppies

Betekenis:
• 'n Haarsakkie (of haarfollikel) wat deur vet verstop is.

Gebruik:
• 'n Ou boereraat teen swartkoppies is om koeksoda of Engelse sout by jou gesigwas te meng voordat jy jou gesig was.

Sinoniem:
• bergkanarie
• vetpuisie

Vertaling:
Engels: blackhead
Nederlands: mee-eter

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: puisie
puisie [boodskap #145078] Vr, 19 April 2024 12:56
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Gesig met puisies.
'n Gesig met puisies.
puisie
Afbreking: pui•sie


Selfstandige naamwoord: puisie
Meervoud: puisies
Verkleinwoord: puisietjie
Meervoud van verkleining: puisietjies

Betekenis:
• Klein etter gevulde swelsel op die vel.

Gebruik:
• Sy het 'n lekker vet, ryp puisie op haar gesig uitgedruk.

Hiponiem:
• steenpuisie
• vetpuisie

Afgelei:
• puisieagtig
• puisiebyter
• puisierig
• puisie-uitslag

Vertaling:
Engels: pimple, boil, pustule
Nederlands: puist, pukkel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: opsweep
opsweep [boodskap #145077] Do, 18 April 2024 20:22
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opsweep
Afbreking: op•sweep
Samestelling: op + sweep


Werkwoord: sweep op, opsweep
Verlede tyd: het opgesweep

Betekenis:
• Om mense emosioneel aan te moedig (tot aksie of verset).

Gebruik:
• Die politikus het die skare tot massa-aksie opgesweep.

Sinoniem:
• aanblaas
• aanhits
• aanspoor
• aanvuur
• ophits
• oprui
• opsteek
• opstook

Antoniem:
• kalmeer

Afgelei:
• opswepery
• opsweping

Vertaling:
Engels: to whip up, incite
Nederlands: opzwepen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: teenspoedig
teenspoedig [boodskap #145076] Do, 18 April 2024 19:57
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teenspoedig
Afbreking: teen•spoe•dig
Samestelling: teenspoed + -ig


Byvoeglike naamwoord: teenspoedig
Vergrotende trap: teenspoediger
Oortreffende trap: teenspoedigste
Attributief: teenspoedige

Betekenis:
• Wat met mislukking gepaard gaan.

Gebruik:
• Die eerste helfte van die wedstryd was teenspoedig.
• Die wrak van die teenspoedige vliegtuig is nooit gevind nie.

Wisselvorm:
• teëspoedig

Sinoniem:
• noodlottig
• ongelukkig
• ongunstig
• onvoorspoedig
• rampspoedig

Antoniem:
• voorspoedig

Vertaling:
Engels: ill-fated, unfortunate, unprosperous, unlucky
Nederlands: ongunstig, noodlottig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: reinheid
reinheid [boodskap #145075] Do, 18 April 2024 18:54
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
reinheid
Afbreking: rein•heid
Samestelling: rein + -heid


Selfstandige naamwoord: reinheid
Meervoud: reinhede

Betekenis:
• Die toestand van rein wees; skoon en netjies, of sedelik suiwer.

Gebruik:
• Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges 'n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid. [1 Timoteus 4:12]

Sinoniem:
• higiëne
• netheid
• sindelikheid
• skoonheid
• kuisheid
• onskuld
• suiwerheid
• smetteloosheid

Antoniem:
• reinheidswet

Afgelei:
• geslagsreinheid
• reinheidswet

Vertaling:
Engels: cleanness, purity, chastity, virtue
Nederlands: reinheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: kasset
kasset [boodskap #145074] Do, 18 April 2024 18:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Oudiokasset.
'n Oudiokasset.
kasset
Afbreking: kas•set


Selfstandige naamwoord: kasset
Meervoud: kassette
Verkleinwoord: kassetjie
Meervoud van verkleining: kassetjies

Betekenis:
• 'n Kassie met 'n magnetiese band waarop klank en video opgeneem en herspeel word. Later ook gebruik om digitale data te stoor.

Gebruik:
• In die ou dae is musiek op plate en kassette opgeneem en in winkels verkoop.

Hiponiem:
• oudiokasset
• videokasset

Afgelei:
• kassetbandmasjien
• kassetspeler
• radiokassetspeler

Vertaling:
Engels: cassette
Nederlands: cassette

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: baiekeer
baiekeer [boodskap #145073] Do, 18 April 2024 17:38
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
baiekeer
Afbreking: bai•e•keer
Samestelling: baie + keer


Bywoord: baiekeer

Betekenis:
• Verskeie kere; keer op keer; oor en oor.

Gebruik:
• Ouderdom is baiekeer in die kop, nie in die lyf nie.

Sinoniem:
• baiemaal
• dikwels
• herhaaldelik
• meermale
• menigmaal
• telkens
• veelmaals

Vertaling:
Engels: frequently, often
Nederlands: vaak

Nota:
• Kan ook los geskryf word: "baie keer".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: firma
firma [boodskap #145072] Do, 18 April 2024 13:07
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
firma
Afbreking: fir•ma


Selfstandige naamwoord: firma
Meervoud: firmas
Verkleinwoord: firmatjie
Meervoud van verkleining: firmatjies

Betekenis:
• 'n Besigheid of sake-onderneming waarby finansies ter sake is.

Gebruik:
• Die myn lewer die grootste deel van die firma se produksie.

Sinoniem:
• bedryf
• besigheid
• handelsonderneming
• handelsorganisasie
• handelsaak
• maatskappy
• onderneming
• organisasie
• saak
• sakeonderneming
• vennootskap

Hiponiem:
• argiteksfirma
• groothandelsfirma
• handelsfirma
• ingenieursfirma
• juweliersfirma
• masjienboufirma
• prokureursfirma
• regsfirma
• sekuriteitsfirma
• swendelfirma
• swendelmakelaarsfirma
• uitgewersfirma

Afgelei:
• firmablad
• firmanaam
• firmapapier
• firmaplaat

Vertaling:
Engels: firm, company
Nederlands: firma

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: konsulêr
konsulêr [boodskap #145071] Do, 18 April 2024 12:47
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
konsulêr
Afbreking: kon•sul•êr
Samestelling: konsul + -êr


Byvoeglike naamwoord: konsulêr
Attributief: konsulêre

Betekenis:
• Betreffende 'n konsul of konsulaat.

Gebruik:
• Iran het Israel met hommeltuie en missiele aangeval in reaksie op Israel se aanval op 'n Iranse konsulêre gebou in Sirië.

Vertaling:
Engels: consular
Nederlands: consulair

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: omseil
omseil [boodskap #145070] Do, 18 April 2024 12:27
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omseil
Afbreking: om•seil
Samestelling: om + seil


Werkwoord: omseil
Verlede tyd: het omseil

Betekenis:
• (figuurlik) Om 'n probleem te ontwyk.
• Om langs 'n omweg te seil.

Gebruik:
• Hy het my vraag omseil.
• Die skip het die Kaap omseil.

Sinoniem:
• ontduik
• ontwyk
• vermy
• vryspring
• omvaar

Afgelei:
• omseiling

Vertaling:
Engels: to bypass, get around; to sail around
Nederlands: omzeilen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: deïnstalleer
deïnstalleer [boodskap #145069] Do, 18 April 2024 12:12
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deïnstalleer
Afbreking: de•ïn•stal•leer
Samestelling: de- + installeer


Werkwoord: deïnstalleer
Verlede tyd: het gedeïnstalleer

Betekenis:
• Om iets wat geïnstalleer is te verwyder.

Gebruik:
• As jy nie 'n lisensie het nie moet jy die program deïnstalleer.

Afgelei:
• deïnstallasie
• deïnstallering
• deïnstalleerder

Vertaling:
Engels: to uninstall
Nederlands: de-installeren, verwijderen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: vleierig
vleierig [boodskap #145068] Do, 18 April 2024 11:02
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vleierig
Afbreking: vlei•e•rig
Samestelling: vlei + -erig


Byvoeglike naamwoord: vleierig
Attributief: vleierige

Betekenis:
• Wat graag vlei (al te vriendelik en onderdanig is).
• Soos 'n moeras of vleiland.

Gebruik:
• As sy so vleierig is, moet jy weet sy soek iets by jou.
• Die gebied is nat en vleierig.

Sinoniem:
• flikflooierig
• kruiperig
• stroperig
• vleiend
• moerasagtig
• natterig
• vleiagtig

Vertaling:
Engels: flattering, coaxing, sugary; swampy, marshy
Nederlands: vleierig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onsinnig
onsinnig [boodskap #145067] Wo, 17 April 2024 19:51
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onsinnig
Afbreking: on•sin•nig
Samestelling: onsin + -ig


Byvoeglike naamwoord: onsinnig
Vergrotende trap: onsinniger
Oortreffende trap: onsinnigste
Attributief: onsinnige
Partitief: onsinnigs

Betekenis:
• Sonder enige betekenis of nut.

Gebruik:
• Dit is tog onsinnig om geld te spandeer op dinge wat nie 'n verskil gaan maak nie.

Sinoniem:
• absurd
• belaglik
• gek
• idioties
• kranksinnig
• laf
• simpel
• sinneloos
• verspot

Afgelei:
• onsinnigheid

Vertaling:
Engels: nonsensical, foolish, absurd, idiotic
Nederlands: onzinnig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Irans
Irans [boodskap #145066] Wo, 17 April 2024 18:10
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Irans
Afbreking: I•rans
Samestelling: Iran + -s


Byvoeglike naamwoord: Irans
Attributief: Iranse

Betekenis:
• Van of betreffende die land Iran en sy mense.

Gebruik:
• Die VSA het Iranse wapens onderskep en na die Oekraïne gestuur.

Verwant:
• Iran
• Iraniër
• Irannees

Vertaling:
Engels: Iranian
Nederlands: Iraans

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: Palestyns
Palestyns [boodskap #145065] Wo, 17 April 2024 17:55
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Palestyns
Afbreking: Pa•le•styns
Samestelling: Palestyn + -s


Byvoeglike naamwoord: Palestyns
Attributief: Palestynse

Betekenis:
• Wat op Palestina of die Palestynse volk betrekking het.

Gebruik:
• Israel se besetting van Palestynse gebiede is wyd veroordeel.

Verwant:
• Palestina
• Palestyn

Vertaling:
Engels: Palestinian
Nederlands: Palestijns

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: potdig
potdig [boodskap #145064] Wo, 17 April 2024 16:22
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
potdig
Afbreking: pot•dig
Samestelling: pot + dig


Byvoeglike naamwoord: potdig
Attributief: potdigte

Betekenis:
• Intensiewe vorm van dig; heeltemal dig of volledig toe.
• (figuurlik) Om niks te deel of bekend te maak nie.

Gebruik:
• Maak seker die deure en vensters is potdig.
• Hy het die geheim potdig gehou.

Sinoniem:
• botdig

Verwant:
• potdoof

Vertaling:
Engels: tightly closed, air-tight
Nederlands: potdicht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: oraloor
oraloor [boodskap #145063] Wo, 17 April 2024 15:37
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oraloor
Afbreking: o•ral•oor
Samestelling: oral + oor


Bywoord: oraloor

Betekenis:
• Op al die plekke. Van orals af.

Gebruik:
• Die mense kom van oraloor.

Sinoniem:
• alom
• orals
• rond en bont
• wyd en syd

Antoniem:
• nêrens

Vertaling:
Engels: everywhere, all over
Nederlands: overal

Nota:
• Bywoord van plek.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: rondjaag
rondjaag [boodskap #145062] Wo, 17 April 2024 15:27
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
rondjaag
Afbreking: rond•jaag
Samestelling: rond + jaag


Werkwoord: jaag rond, rondjaag
Verlede tyd: het rondgejaag
Verlede deelwoord: rondgejaagde

Betekenis:
• Om heen en weer en oraloor te jaag.

Gebruik:
• Israel is 'n verjaagde skaap, leeus het hom rondgejaag. [Jeremia 50:17]

Vertaling:
Engels: to chase around
Nederlands: rondjagen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: langbome
langbome [boodskap #145061] Wo, 17 April 2024 14:35
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
langbome
Afbreking: lang•bo•me
Samestelling: lang + bome


Selfstandige naamwoord:
Meervoud: langbome
Verkleinwoord:
Meervoud van verkleining: langboompies

Betekenis:
• 'n Idiomatiese verwysing na 'n begraafplaas, wat tipies met Sipresse of ander hoë bome beplant word.

Gebruik:
• Oom Hendrik is reeds langbome toe. [Hy is dood.]

Vertaling:
Engels: the tall trees, cemetery, graveyard
Nederlands: de hoge bomen, kerkhof

Nota:
• Dikwels ook los geskryf: "lang bome".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: genoegdoening
genoegdoening [boodskap #145060] Wo, 17 April 2024 13:57
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
genoegdoening
Afbreking: ge•noeg•doe•ning
Samestelling: genoeg + doen + -ing


Selfstandige naamwoord: genoegdoening
Meervoud: genoegdoeninge

Betekenis:
• Die tevredenheid of genoeë wat iets bring.
• Voldoening, vergoeding of skadeloosstelling.

Gebruik:
• Ek dink met genoegdoening en dankbaarheid terug aan al die ervaringe waarin ek kon deel.
• 'n Persoon wie se regte geskend is, kan genoegdoening van 'n ander party eis.

Sinoniem:
• bevrediging
• genoeë
• satisfaksie
• tevredenheid
• tevredestelling
• skadeloosstelling
• vergoeding
• voldoening

Vertaling:
Engels: satisfaction, gratification; reparation, indemnification
Nederlands: genoegdoening

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onstuimigheid
onstuimigheid [boodskap #145059] Di, 16 April 2024 20:16
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onstuimigheid
Afbreking: on•stui•mig•heid
Samestelling: onstuimig + -heid


Selfstandige naamwoord: onstuimigheid
Meervoud: onstuimighede

Betekenis:
• Die toestand van onstuimig wees.

Gebruik:
• Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al druis en skuim die waters van die see, al skud die berge deur sy onstuimigheid. [Psalms 46:3]

Sinoniem:
• lewendigheid
• onrustigheid
• toornigheid
• turbulensie
• uitbundigheid
• wildheid
• woeligheid

Antoniem:
• kalmheid
• rustigheid

Spelfout:
• ontstuimigheid

Vertaling:
Engels: turmoil, tempestuousness, unruliness, impetuosity
Nederlands: onstuimigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: weerwraak
weerwraak [boodskap #145058] Di, 16 April 2024 20:02
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
weerwraak
Afbreking: weer•wraak
Samestelling: weer + wraak


Selfstandige naamwoord: weerwraak
Meervoud: weerwrake

Betekenis:
• Straf vir dit wat aan jou gedoen is. Wraak as antwoord op wraak.

Gebruik:
• Uit weerwraak oor die dood van sy broer Asael het Joab hom toe net daar in die maag gesteek, sodat hy gesterf het. [2 Samuel 3:27]

Sinoniem:
• afrekening
• retribusie
• vergelding
• wedervergelding
• wraakneming

Vertaling:
Engels: revenge, retaliation, retribution
Nederlands: weerwraak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: radiaal
radiaal [boodskap #145057] Di, 16 April 2024 19:27
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hoek van 1 radiaal onderspan 'n boog gelyk in lengte aan die radius van die sirkel.
'n Hoek van 1 radiaal onderspan 'n boog gelyk in lengte aan die radius van die sirkel.
radiaal
Afbreking: ra•di•aal


Selfstandige naamwoord: radiaal
Meervoud: radiale

Betekenis:
• Die hoek binne 'n sirkel wat ontstaan as die lengte van die radius (of straal) gelyk is aan die lengte van die boog wat dit onderspan.

Gebruik:
• Die radiaal is die SI-eenheid vir hoeke en in die wiskunde word hoeke meestal in radiale uitgedruk.

Afkorting:
• rad.

Vertaling:
Engels: radian
Nederlands: radiaal


Byvoeglike naamwoord: radiaal
Attributief: radiale

Betekenis:
• Wat vanaf 'n gemeenskaplike punt uitsprei.

Gebruik:
• Die plant se blomme is meerslagtig en radiaal simmetries.

Sinoniem:
• straalsgewys
• uitwaarts

Vertaling:
Engels: radial
Nederlands: radiaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: lofuiting
lofuiting [boodskap #145056] Di, 16 April 2024 18:54
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lofuiting
Afbreking: lof•uit•ing
Samestelling: lof + uiting


Selfstandige naamwoord: lofuiting
Meervoud: lofuitings

Betekenis:
• Die handeling van loof (om lof uit te spreek).

Gebruik:
• Die Onse Vader eindig met 'n wonderlike lofuiting aan God.

Wisselvorm:
• loftuiting (verouderd)

Sinoniem:
• aanprysing
• eulogie
• huldebetoon
• lofprysing
• lofrede
• lofspraak

Vertaling:
Engels: expression of praise
Nederlands: lofuiting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: elokusionis
elokusionis [boodskap #145055] Di, 16 April 2024 18:31
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18863
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
elokusionis
Afbreking: elo•ku•sio•nis


Selfstandige naamwoord: elokusionis
Meervoud: elokusioniste

Betekenis:
• Iemand wat 'n stuk (soos 'n gedig) korrek en met gevoel kan voordra.
• 'n Onderwyser van elokusie (die kuns van korrekte uitspraak).

Gebruik:
• 'n Elokusionis moet 'n mooi stem hê en met volume kan praat.

Sinoniem:
• voordraer
• voordragkunstenaar

Vertaling:
Engels: elocutionist, recitalist
Nederlands: voordrachtskunstenaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Bladsye (2): [ «    1  2]


Tyd nou: Di Apr 30 18:03:59 MGT 2024