Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Woordeboek
 Onderwerp: strelend
strelend [boodskap #145309] Di, 21 Mei 2024 06:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19046
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
strelend
Afbreking: stre•lend
Samestelling: streel + -end


Byvoeglike naamwoord: strelend
Vergrotende trap: strelender
Oortreffende trap: strelendste
Attributief: strelende
Partitief: strelends

Betekenis:
• Wat saggies oor iets streel of stryk, ook figuurlik, aangenaam of vleiend.

Gebruik:
• Sy woorde is so strelend soos olie, maar hulle is swaarde wat reg is om te steek. [Psalms 55:22]

Sinoniem:
• aaiend
• behaaglik
• flikflooiend
• gerusstellend
• helend
• hemels
• saggies
• salwend
• vertroostend
• vleiend

Hiponiem:
• selfstrelend
• sielstrelend
• sinstrelend

Vertaling:
Engels: caressing, coaxing, soothing
Nederlands: strelend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van streel.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: onakkuraat
onakkuraat [boodskap #145310] Di, 21 Mei 2024 07:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19046
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onakkuraat
Afbreking: on•ak•ku•raat
Samestelling: on- + akkuraat


Byvoeglike naamwoord: onakkuraat
Vergrotende trap: onakkurater
Oortreffende trap: onakkuraatste
Attributief: onakkurate

Betekenis:
• Wat nie reg en akkuraat is nie.

Gebruik:
• Die weervoorspelling vir vandag is onakkuraat.

Wisselvorm:
• inakkuraat

Sinoniem:
• foutief
• inkorrek
• onjuis
• onnoukeurig
• verkeerd

Antoniem:
• akkuraat

Afgelei:
• onakkuraatheid

Vertaling:
Engels: inaccurate, incorrect
Nederlands: onnauwkeurig, onjuist

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: dreigbrief
dreigbrief [boodskap #145311] Di, 21 Mei 2024 07:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19046
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dreigbrief
Afbreking: dreig•brief
Samestelling: dreig + brief


Selfstandige naamwoord: dreigbrief
Meervoud: dreigbriewe
Verkleinwoord: dreigbriefie
Meervoud van verkleining: dreigbriefies

Betekenis:
• 'n Brief waarin die geadresseerde gedreig word.

Gebruik:
• Sy het 'n anonieme dreigbrief ontvang wat haar waarsku om haar hond onder beheer te kry, of die gevolge te dra.

Hiponiem:
• koggelbrief

Verwant:
• dreigoproep

Vertaling:
Engels: threatening letter
Nederlands: dreigbrief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
 Onderwerp: opveil
opveil [boodskap #145312] Di, 21 Mei 2024 08:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19046
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opveil
Afbreking: op•veil
Samestelling: op + veil


Werkwoord: veil op, opveil
Verlede tyd: het opgeveil

Betekenis:
• Om op 'n veiling/vendusie aan die hoogste bieër te verkoop.

Gebruik:
• Prinses Diana se klere is vir liefdadigheid opgeveil.

Sinoniem:
• smous
• verkoop
• verhandel
• verkwansel

Afgelei:
• opveiling

Vertaling:
Engels: to auction, sell by auction
Nederlands: op veiling gezet, geveild

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Di, 21 Mei 2024 08:08]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator




Tyd nou: Di Mei 21 08:38:41 MGT 2024