Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Frikkels se Kluts
Re: Taliban [boodskap #92725 is 'n antwoord op boodskap #92718] So, 09 Mei 2004 22:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

Dis seker maar as jy 'n
> woestynmens is, en die vryhede van 'n oop natuur ken, dan is dit seker
> moeilik om by die beperkinge van die noordelike halfrond aan te pas

My liewe mens, daar is meer ruimtes en ooptes
in die noordelike halfrond as wat daar in die suidelike
halfrond is, bloot omdat daar meer land in die noorde
is as in die suide. En as jy nou wil oop ruimtes en
min bevolking hê, dan is Kanada jou land. Soos
gewoonlik, praat jy natuurlik weer strooi.

Tant Hessie van die Algonquins
Re: Taliban [boodskap #92738 is 'n antwoord op boodskap #92725] Ma, 10 Mei 2004 10:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja my antie, en is dit bewoonbaar deur die jaar? Kan jy orals kom? Is
daar dinge soos natuurrampe.....sneeustorms, hoë winde? Die geweldige
koue? Jammer, jy kan dit maar vir jou hou. In die woestyn word dit wel
in die nag koud, maar dan is dit verby. Van natuurrampe is daar eintlik
geen sprake nie.....en die aaklige wit goed wat hulle sneeu noem? Nee
dankie....gee my eerder sand en hitte. Daarom seker dat julle vrouens
daarbo ook so koud is?
"@rogers.com" wrote in message
news:G0ync.3623$n7P1.2929@twister01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
> Dis seker maar as jy 'n
>> woestynmens is, en die vryhede van 'n oop natuur ken, dan is dit seker
>> moeilik om by die beperkinge van die noordelike halfrond aan te pas
>
> My liewe mens, daar is meer ruimtes en ooptes
> in die noordelike halfrond as wat daar in die suidelike
> halfrond is, bloot omdat daar meer land in die noorde
> is as in die suide. En as jy nou wil oop ruimtes en
> min bevolking hê, dan is Kanada jou land. Soos
> gewoonlik, praat jy natuurlik weer strooi.
>
> Tant Hessie van die Algonquins
>
Re: Taliban [boodskap #92739 is 'n antwoord op boodskap #92721] Ma, 10 Mei 2004 11:09 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
O ek gryp wat jy sê, maar ek dink nie jy verstaan hoe ek my ding sê nie.
mense wat emigreer kanada toe, is meestal gekwalifiseerde mense wat vir 'n
doel soontoe gaan. Bv. dokters, ingenieurs, ens. Sekerlik kan jy nie
vereis om op die platteland te gaan bly as jou werk in die stede is nie?
Hier was 'n dokter wat ons ken wat daar was wat binne 'n jaar weer
teruggekom het want hy sê hulle het hom daar 'gevange' gehou. In die
hospitaal waar hy gewerk het, het hy vir lang tye nie eers die buitelug
gesien nie. Sy gewoonte hier was om in die oggend vroeg 'n ent in die
veld te gaan stap en die natuur in te asem. Daar sal jy van koue vrek as
jy so iets probeer en wat sien jy? Alles wit!
Stad? Nie eers Johannesburg vir my nie. Die Kaap is vir my mooi,
maar te groen! Ek klim nie in 'n vol hysbak nie en as mense rondom my
vasdruk, dan gee ek pad. Plekke in die wêreld wat vir my siel sal werk,
is plekke soos die woestyne van Amerika en die Outback van Australië. Daar's
nie 'n enkele plek in Europa waarvan ek weet wat ek aanvaarbaar vind nie.
Ook nie in Engeland nie....te nat en pap.
..................gelukkig het almal nie goeie smaak nie want dan het almal
in woestyne gebly! He-he!!

"Ellie" skryf in boodskap news:l6onc.3680$KE6.300@newsread3.news.atl.earthlink.net...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:409df190.0@news1.mweb.co.za...
>> Tante, dit het nie altyd met mense te doene nie. Ek weet van 'n paar, en
>> ken een, familie wat Kanada toe is en weer teruggekom het. Almal het
>> dieselfde rede....dis te koud en beknop daar.
>
> Liewe Suidwester, Kanada is dalk koud, maar beknop is dit nie, die land is
> groot, en daar is baie ruimte as jy buite die stede in die prairies wil gaan
> woon, soos hulle se 'big sky'. Ek weer vind die vibe en atmosfeer in New
> York weer vreeslik stimulerend, en sal maklik daar kan woon, ek dink dit is
> maar net wat jy gewoond is. Jy sal seker hou van Arizona of New Mexico,
> half woestynerige met min mense.
>
> Ellie
>
Vorige onderwerp: Max is dood.
Volgende onderwerp: Re: Hin Tutsi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 13:32:35 MGT 2024