Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA debat
Re: VSA debat [boodskap #99479 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 19:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Ja, hulle het besluit dat die kans groot is dat Jesus die Messias is,

Sien, net hier trek jy jou in jou eie "redenerings"
vas. En word dinge belaglik. Jy sê dat hulle "besluit
het dat die kans groot is dat Jesus die Messias is."
As jy soiets uiter, dan weet ek jy verstaan eenvoudig
nie wat Christen teoloë bedoel wanneer hulle sê
dat God mens geword het nie.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99481 is 'n antwoord op boodskap #99479] Vr, 15 Oktober 2004 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:3IudnXIu0Jh1u-3cRVn-jg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Ja, hulle het besluit dat die kans groot is dat Jesus die Messias is,
>
> Sien, net hier trek jy jou in jou eie "redenerings"
> vas. En word dinge belaglik. Jy sê dat hulle "besluit
> het dat die kans groot is dat Jesus die Messias is."
> As jy soiets uiter, dan weet ek jy verstaan eenvoudig
> nie wat Christen teoloë bedoel wanneer hulle sê
> dat God mens geword het nie.

Waar, o waar val tannie uit. Tannie maak stellings sonder substans. Gaan
haal my hele sin in konteks, genadiglik, tannie, neem deel aan die gesprek!
Wat ek gesê het: "Ja, hulle het besluit dat die kans groot is dat Jesus die
Messias is, siende dat Hy AL (ek herhaal, AL die HONDERDE) OT profesieë
vervul het, dat Hy deur Sy wandel, wonderwerke en sterfte aan die kruis dit
bewys het en dan nog ook uit die dood opgestaan het. "

wat tannie antwoord: " As jy soiets uiter, dan weet ek jy verstaan eenvoudig
nie wat Christen teoloë bedoel wanneer hulle sê dat God mens geword het
nie."

Kan tannie sien dat tannie nie eers op dieselfde sonnestelsel is nie?

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99482 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Tannie ek is sommer nuuskierig, as groentjie op die nuusgroep, hoekom is
> tannie in Kanada?

Omdat die man met wie ek getroud is, verkies het
om in Kanada te bly in die afgelope dekades.
Omdat ons hele gesin Kanadese burgers is.
Omdat Kanada 'n oulike plek is om in te
bly.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99483 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 21:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:xeqdncl6nOe9u-3cRVn-2A@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Die "besinning" is waar die groot gevaar lê.
> dit is
>> wanneer jy die hele grote wonderlikheid mis! Jesus het gesê geloof soos
>> kinders tannie, soos kinders. Tannie is 'n mens, tannie dink dalk tannie
> is
>> 'n "goddelikheid
>
> Sodra jy so hooghartig begin praat, dan ek weet jy
> is eintlik op 'n dwaalspoor.

Waar is die hooghartigheid! Tannie is die een wat gesê het tannie is 'n
god!!!

> Vergewe my, as ek weer tot die dae van apartheid
> terugkeer. Ek het, soos 'n kind, GEWEET dat
> hierdie klomp Christene wat so apartheid gepredik
> het, met die duiwel geheul het. Ek hoef dit nie
> uit te gedink het nie. Ek het kinderlik gewéét dat daar
> iets verkeerd is.

Tannie, glo dit of tannie wil of nie, maar een daad maak nie van enige mens
wat in Christus is 'n verlorene nie. Tannie is regtig oor die kop geslaan
oor die apartheid ding, of hoe? Ek vra weer, moes tannie vandag vir iets om
vergifnis vra?

> Ek weet ook nou dat daar iets
> verkeerd is wanneer iemand "in die naam van God"
> ander gelowe veroordeel. En jy kan praat totdat
> jy blou in die gesig is, maar as jy vir my vertel dat
> Buddhiste en hulle geloof in boddhicitta op 'n
> dwaalspoor is, dan sal ek vir jou vertel dat ek
> dink dat jy Christus verloën.

En ek glo dat ek my geloof voluit iutleef, so laat my toe. As ek glo dat
Jesus is die weg is, hoe kan ek dit verloën - dan verloën ek die Here.

> En dat jy God beperk.

Hieroor was ons al - iemand wat sê dat alle gelowe na God lei, skryf ook aan
die Here toe, m.a.w. beperk God. Ek kan dus sê "right back at you".

> En dat jy nie gevul is met die Heilige Gees nie.

Dit is nie vir tannie om te besluit nie.

> Dit het niks te doen met hóé jy glo nie. Dit het
> alles te doen met dat jy hovaardig aan die
> Almagtige dikteer.

Tannie maak my erg deurmekaar: (1) tannie glo dan nie aan God nie, slegs aan
die "god" in elke mens, so vanwaar die gepraat, (2) Hoe op aarde kan ek aan
God dikteer - dit staan in Sy woord geskryf! Ek glo net, ek skryf nie voor
nie.

> En dus eintlik jou eie opinies
> verafgood.

Dit is nie my opinies nie, tannie dis my geloof. En ek verafgod slegs vir
Jesus. Punt. Ek sal die wêreld verafgod deur te sê dat ek nie glo Jesus is
die Weg nie. Ek maak sy sterfte tot niks. En ek glo dat dit alles is.
Verstaan dit en gaan kry rus.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99484 is 'n antwoord op boodskap #99479] Vr, 15 Oktober 2004 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:3IudnXIu0Jh1u-3cRVn-jg@rogers.com...

> As jy soiets uiter, dan weet ek jy verstaan eenvoudig
> nie wat Christen teoloë bedoel wanneer hulle sê
> dat God mens geword het nie.

Ek is volkome gefokus op wat God uiter, nie op wat mense uiter nie. Tannie
kan dalk self begin dink en glo, moenie aan tannie laat voorskryf deur
"teoloë" nie...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99485 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Waar was tannie in die apartheidsjare?

Ek het na Kanada gekom om met my man hier te
kom trou. Al hierdie vrae van jou is dus lokvalle,
dis duidelik.
Jy moet probeer fokus op wat regtig in SA
aangegaan het. Dat die bevolking, wat 90%
nie-blank was, in knegskap gehou is deur
'n blanke elite. Voor 1948 minder subtiel.
Na 1948 al hoe brutaler, met passe en tronke
vir dié wat nie wou gehoorsaam nie, en
uiteindelik gewere en kaspirs in die strate
toe die skoolkinders begin weier het om
die beleid van Bantoe-Onderwys te
gehoorsaam. Enige vrae oor hoe die
swartes deur die wittes "behandel"
is, sneuwel op hierdie goddelose en
onchristelike toestand wat mense geskep
het wat oorweldigend Afrikaner-name
gehad het.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99486 is 'n antwoord op boodskap #99482] Vr, 15 Oktober 2004 21:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:hImdndK8xqXXoO3cRVn-3w@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Tannie ek is sommer nuuskierig, as groentjie op die nuusgroep, hoekom is
>> tannie in Kanada?
>
> Omdat die man met wie ek getroud is, verkies het
> om in Kanada te bly in die afgelope dekades.
> Omdat ons hele gesin Kanadese burgers is.
> Omdat Kanada 'n oulike plek is om in te
> bly.

Ek dink Kanada is 'n gawe plek, ek verlang selfs na Amerika!

Sou tannie verkies het om SA te bly, as die keuse slegs tannie sin was?

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99487 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 21:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

maar Jesus het die wet vernietig, ek is nie meer
> 'n "judge" nie, ek hoef slegs Sy verlossing my eie te maak.

Presies. Presies. Nou HOEKOM sit jy en oordeel
jy aanhoudend oor wie "gered" is en wie "reg glo."

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99488 is 'n antwoord op boodskap #99481] Vr, 15 Oktober 2004 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Wat ek gesê het: "Ja, hulle het besluit dat die kans groot is dat Jesus die
> Messias is, siende dat Hy AL (ek herhaal, AL die HONDERDE) OT profesieë
> vervul het, dat Hy deur Sy wandel, wonderwerke en sterfte aan die kruis dit
> bewys het en dan nog ook uit die dood opgestaan het. "

So hulle het nou vóór sy sterwe aan die kruis besluit
dat hy die Messias is omdat hy aan die kruis gesterf
het?
Ek dink jy verkoop die volgelinge van Christus kort
deur te vertel dat hulle alleen vir Christus gevolg het
omdat hy die profesieë vervul het. Ek dink hulle het
hom gevolg as gevolg van die leer wat hy gepredik
het.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99489 is 'n antwoord op boodskap #99483] Vr, 15 Oktober 2004 21:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Tannie is die een wat gesê het tannie is 'n
> god!!!

Kan jy nou PRESIES, vers en kapittel, vir my
aanhaal waar ek gesê het ek is 'n god. Ek wag.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99490 is 'n antwoord op boodskap #99483] Vr, 15 Oktober 2004 22:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Ek vra weer, moes tannie vandag vir iets om
> vergifnis vra?

Ja. En ek kan jou verseker dat die deursnee Buddhis
hierdie proses van vergiffenis vra, baie baie ernstig
opneem. Hulle het yogas wat daarop gemik is om,
soos die Christen sal sê, "skoongewas te word in
die bloed van die Lam." As vergiffenis vra nou een
van jou maatstawwe is van geestelike erns, dan
raai ek jou aan om Buddhis te word.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99491 is 'n antwoord op boodskap #99486] Vr, 15 Oktober 2004 22:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Sou tannie verkies het om SA te bly, as die keuse slegs tannie sin was?

Ja. As ek nie gaan trou het met 'n man wat alreeds besluit
het dat hy nie met 'n goeie gewete in SA kan bly nie, dan
sou ek aangegaan het om skool te hou in SA.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99492 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 22:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Ek probeer slegs uitvind hoe hard tannie
> geveg het vir dit waaroor tannie so op ons almal neerdaal, dit terwyl meeste
> wit SA'ners dit nog met uitleef in SA.

Ek sal dit moet oorlaat aan my wit en swart kollegas
om te oordeel "hoe hard ek geveg het." Ek was
duidelik nie so militant soos sommige ander later
nie. Ek het egter my oortuigings openlik bespreek
met byvoorbeeld die NG Kerk predikant wat
vir my kom vra het hoekom hy my nie in sy kerk
sien in Amanzimtoti nie. Die apartheids-ingestuurde
wit prinsipale van die skool het duidelik geweet wat
my opinies was. En weet jy, op 'n snaakse manier
het hulle my meer gerespekteer as dié wit onderwysers
wat maar net daar was om joppies in Bantoe-Onderwys
te kry.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99493 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 22:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Het tannie 'n tuinjong gehad? Wat van 'n skoonmaker in die huis? Indien
> enige van die twee, wat het tannie hom/haar betaal?

Ek het grootgeword in 'n huis waar ons ons eie
huiswerk gedoen het. My ma het egter 'n was-
vrou gehad, en hopelik het sy haar goed betaal.
Hulle was eintlik baie goeie vriende, en in die
laaste jare het my ma altyd gesê hoe jammer dit
is dat sy nie vir Griet kon uitnooi om langs haar
op 'n stoel te sit terwyl hulle alles en nog wat
bespreek nie.
Uiteindelik, toe my ma en pa baie oud was,
het dieselfde Griet ingekom en huiswerk
gedoen.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99495 is 'n antwoord op boodskap #99493] Vr, 15 Oktober 2004 23:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"

"basjan" skryf

> Het tannie 'n tuinjong gehad? Wat van 'n skoonmaker in die huis? Indien
> enige van die twee, wat het tannie hom/haar betaal?

Ek het grootgeword in 'n huis waar ons ons eie
huiswerk gedoen het. My ma het egter 'n was-
vrou gehad, en hopelik het sy haar goed betaal.
Hulle was eintlik baie goeie vriende, en in die
laaste jare het my ma altyd gesê hoe jammer dit
is dat sy nie vir Griet kon uitnooi om langs haar
op 'n stoel te sit terwyl hulle alles en nog wat
bespreek nie.

Hoekom kon jou ma haar nie nooi nie Gloudina? Ons het jarre gelede in Kwa
Zulu gewoon, en ons het n nanny gehad vir ons kind, en my man, wat n
Amerikaner was, was baie ongelukkig met n siel in die huis wat moes huiswerk
doen, en ons het haar natuurlik ekstra goed betaal, en saans het sy soms vir
ons baba gebabysit, en dan het sy haar suster oorgenooi, ons het die tv vir
hulle aangeskakel en gese hulle kan eet wat h ulle wil, maar as ons
terugkom, sit hulle twee albei opdie vloer, ons kon nie verstaan hoekom
hulle nie op die bank wou sit nie. Al het ons hoe mooi vir hulle gese om
dit te doen. Sy was so n liewe siel en het my kind agter op haar rug
vasgemaak met n kombers en vir haar gesing. Sy was nog baie jonk en sy het
swaar trane gehuil toe ons terug Amerika toe gegaan het. Het toe nog nooit
weer n skoonmaker gehad hier nie, kry so elke maand n diensmaatskappy in om
goed skoon te maak, en hulle hardloop deur die huis in drie uur, en kos n
fortuin! :-)

Ellie
Re: VSA debat [boodskap #99497 is 'n antwoord op boodskap #99495] Sa, 16 Oktober 2004 01:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Hoekom kon jou ma haar nie nooi nie Gloudina?

Dis wat ek altyd vir my ma gevra het. Ek het toe al
skoolgehou in swart skole, en my ma het geweet
hoe ek oor dié dinge voel. Maar sy het net altyd
gesê sy kan dit nie doen nie. "Wat sal die mense
daarvan sê." En ek twyfel selfs of Griet sou
toegestem het om saam met haar op die agter-
stoep te sit. Dit laat mens so hartseer voel,
dat daar so 'n ingeburgerde meerderheids-
en minderheidsgevoel in die maatskappy was.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99498 is 'n antwoord op boodskap #99495] Sa, 16 Oktober 2004 01:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

ons het die tv vir
> hulle aangeskakel en gese hulle kan eet wat h ulle wil, maar as ons
> terugkom, sit hulle twee albei opdie vloer, ons kon nie verstaan hoekom
> hulle nie op die bank wou sit nie.

Wel, bo en behalwe dat dit seker maar die gewoonte
was om nie op die witmense se banke te sit nie, is
daar ook die gewoonte by Zoeloes dat die mindere
laer as die meerdere moet wees. As jy staan, sal
hulle moet sit om respek te bewys.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99506 is 'n antwoord op boodskap #99487] Sa, 16 Oktober 2004 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:QJydnWGWH_cZ2e3cRVn-sw@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> maar Jesus het die wet vernietig, ek is nie meer
>> 'n "judge" nie, ek hoef slegs Sy verlossing my eie te maak.
>
> Presies. Presies. Nou HOEKOM sit jy en oordeel
> jy aanhoudend oor wie "gered" is en wie "reg glo."

Tannie, ek oordeel regtig nie. VERSTAAN dit asseblief. As ek vra wat
tannie glo, sê tannie dat alle gelowe 'n weg na die Here kan wees. Ek glo
weer dat daar slegs een weg is. Dit is so eenvoudig soos dit. Ons altwee
"oordeel" dan, volgens tanie se interpretasie. Tannie dat almal maar oraait
is, ek dat net mense wat Jesus het, oraait is. Ek dink ons altwee begin nou
dinge herhaal wat ons oor en oor bespreek het. Ek gaan nou hier afsluit,
dit was regtig lekker om oor al die dinge te kon praat. Ek bedoel dit! Ons
sal seker maar van mekaar verskil, maar dit raak dalk vir ons altwee
afbrekend om so na mekaar te hap.

Dankie vir die gesels!

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99507 is 'n antwoord op boodskap #98947] Sa, 16 Oktober 2004 07:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:5Nydnf0vCei92O3cRVn-uw@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>
>> 38But if I do them, even though you do not believe Me or have faith in
>> Me,
>> [at least] believe the works and have faith in what I do, in order that
> you
>> may know and understand [clearly] that the Father is in Me, and I am in
> the
>> Father [One with Him].
>
> Dit som alles perfek op.

Die doel in die vers is belangrik, die volle vers:

John 10:

38But if I do them, even though you do not believe Me or have faith in Me,
[at least] believe the works and have faith in what I do, in order that you
may know and understand [clearly] that the Father is in Me, and I am in the
Father [One with Him].

Geparafraseer: "Glo dan die werke wat ek doen, al wil julle nie in My
(Jesus) glo nie, SODAT julle kan verstaan dat die Vader in My is en Ek in
die Vader." m.a.w. Jesus se werke as Seun van God moet as oortuiging dien
dat Hy is Wie Hy sê Hy is. Hy praat hier met Jode wat in terme van die wet
dink, en dus in terme van die wet aangespreek word. Ek dink die konteks is
uiters belangrik. Jesus verduidelik basies dat Hy alles doen wat hulle wet
vereis en selfs dat Hy al die profesieë vervul het.

Ek herhaal my vorige pos:

Ek dink ons altwee begin nou
dinge herhaal wat ons oor en oor bespreek het. Ek gaan nou hier afsluit,
dit was regtig lekker om oor al die dinge te kon praat. Ek bedoel dit! Ons
sal seker maar van mekaar verskil, maar dit raak dalk vir ons altwee
afbrekend om so na mekaar te hap.

Dankie vir die gesels!

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99509 is 'n antwoord op boodskap #99489] Sa, 16 Oktober 2004 07:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:J5qdndFknusX2-3cRVn-sw@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Tannie is die een wat gesê het tannie is 'n
>> god!!!
>
> Kan jy nou PRESIES, vers en kapittel, vir my
> aanhaal waar ek gesê het ek is 'n god. Ek wag.

Gaan lees een van ons honderd verwisselinge, waar tannie gestel het dat die
buddhis nie aan God glo nie maar aan die "goddelike natuur" in hom. Dat die
self ook net "verbeelding" is, dus streef die buddhis na sy goddelike wese.
Dit was tannie se verduideliking. Ek glo nie dat ek 'n god is nie, maar
volmaak en verhef word in die gees deur Christus, ons kardinale verkil.

Ek dink ons altwee begin nou
dinge herhaal wat ons oor en oor bespreek het. Ek gaan nou hier afsluit,
dit was regtig lekker om oor al die dinge te kon praat. Ek bedoel dit! Ons
sal seker maar van mekaar verskil, maar dit raak dalk vir ons altwee
afbrekend om so na mekaar te hap.

Dankie vir die gesels!

Basjan

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99510 is 'n antwoord op boodskap #99490] Sa, 16 Oktober 2004 07:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:LLednd2YB_g72u3cRVn-qQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Ek vra weer, moes tannie vandag vir iets om
>> vergifnis vra?
>
> Ja. En ek kan jou verseker dat die deursnee Buddhis
> hierdie proses van vergiffenis vra, baie baie ernstig
> opneem. Hulle het yogas wat daarop gemik is om,
> soos die Christen sal sê, "skoongewas te word in
> die bloed van die Lam." As vergiffenis vra nou een
> van jou maatstawwe is van geestelike erns, dan
> raai ek jou aan om Buddhis te word.

Nee dankie, dit sou beteken om nie aan 'n God te glo nie en Jesus nie as die
enigste Saligmaker te beskou nie. En dit sou so goed vir my wees soos om
teen God te kies. Ons verkil tannie, ons altwee kan dit maar aanvaar.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99511 is 'n antwoord op boodskap #99488] Sa, 16 Oktober 2004 07:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:orqdncleW-up2-3cRVn-3w@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Wat ek gesê het: "Ja, hulle het besluit dat die kans groot is dat Jesus
> die
>> Messias is, siende dat Hy AL (ek herhaal, AL die HONDERDE) OT profesieë
>> vervul het, dat Hy deur Sy wandel, wonderwerke en sterfte aan die kruis
> dit
>> bewys het en dan nog ook uit die dood opgestaan het. "
>
> So hulle het nou vóór sy sterwe aan die kruis besluit
> dat hy die Messias is omdat hy aan die kruis gesterf
> het?
> Ek dink jy verkoop die volgelinge van Christus kort
> deur te vertel dat hulle alleen vir Christus gevolg het
> omdat hy die profesieë vervul het. Ek dink hulle het
> hom gevolg as gevolg van die leer wat hy gepredik
> het.

Goeie punt, tannie het gelyk dat Sy wandel en leer ook oortuigend was, maar
Hy het wel ook die profesieë vervul, ek vermoed vir ongelowiges, maar veral
vir die Jode, meeste van wie nog steeds nie glo nie. En dit is 'n groot
tragedie. Jesus se wandel, vervulling, sterfte en opstaan uit die dode maak
die hele "pakkie"!

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99512 is 'n antwoord op boodskap #99478] Sa, 16 Oktober 2004 07:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:LPSdndM6kJlIv-3cRVn-2Q@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Christene glo
>> dat Jesus van 2000 jaar terug die Jesus van die Drie-eenheid van vandag
> is.
>> So eenvoudig soos dit.
>
> En as daardie Christus nie in jou opstaan nie,
> dan is jy soos 'n klinkende simbaal.

Dis reg! En dit is vir my Sy Verlossing in my. Nie net 'n uitleef van
liefde nie, maar die ware, lewende Jesus wat deur Sy Gees in my woonplek
vind...

basjan
Re: VSA debat [boodskap #99513 is 'n antwoord op boodskap #98947] Sa, 16 Oktober 2004 07:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:S8WdnYJWnJkvffLcRVn-vw@rogers.com...
>
> "Niemand kom tot die Vader
> behalwe deur my nie" dan kan baie mense dit
> opneem as darem 'n baie hovaardige uitspraak.

Die "hovaardigheid" aantyging hou geen water nie. Dit vereis dat (1) ek
trots is op wat ek gedoen het (2) dat ek dit selfs gedoen het (3) dat ek bly
is ek het dit en ek kan my skat van ander bewaar.

Ek kan NEE antwoord op al DRIE vereistes. Nee, ek is nie trots nie, want ek
het dit nie gedoen nie. Nee, Jesus het my gred, nie ek nie. Nee, ek is
hartseer dat almal nie in Jesus wil glo of glo nie, ek bid dat dit almal se
deel kan word, dit is nie vir my om te hou alleen of te "stoor" nie.

Geen hovaardigheid nie, ek is niks beter as enige ander mens nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99514 is 'n antwoord op boodskap #98947] Sa, 16 Oktober 2004 07:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:xeqdncl6nOe9u-3cRVn-2A@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Die "besinning" is waar die groot gevaar lê. dit is
>> wanneer jy die hele grote wonderlikheid mis! Jesus het gesê geloof soos
>> kinders tannie, soos kinders. Tannie is 'n mens, tannie dink dalk tannie is
>> 'n "goddelikheid
>
> Sodra jy so hooghartig begin praat, dan ek weet jy
> is eintlik op 'n dwaalspoor.

Die "hovaardigheid" aantyging hou geen water nie. Dit vereis dat (1) ek
trots is op wat ek gedoen het (2) dat ek dit selfs gedoen het (3) dat ek bly
is ek het dit en ek kan my skat van ander bewaar.

Ek kan NEE antwoord op al DRIE vereistes. Nee, ek is nie trots nie, want ek
het dit nie gedoen nie. Nee, Jesus het my gred, nie ek nie. Nee, ek is
hartseer dat almal nie in Jesus wil glo of glo nie, ek bid dat dit almal se
deel kan word, dit is nie vir my om te hou alleen of te "stoor" nie.

Geen hovaardigheid nie, ek is niks beter as enige ander mens nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99515 is 'n antwoord op boodskap #99491] Sa, 16 Oktober 2004 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:sM6dnVeITq2u1e3cRVn-hg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Sou tannie verkies het om SA te bly, as die keuse slegs tannie sin was?
>
> Ja. As ek nie gaan trou het met 'n man wat alreeds besluit
> het dat hy nie met 'n goeie gewete in SA kan bly nie, dan
> sou ek aangegaan het om skool te hou in SA.

Ek respekteer dit. Ek mis die plek ook.

basjan
Re: VSA debat [boodskap #99521 is 'n antwoord op boodskap #99512] Sa, 16 Oktober 2004 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf in boodskap news:ckqhm7$j4d$1@solaris.cc.vt.edu...

"@rogers.com" skryf in boodskap news:LPSdndM6kJlIv-3cRVn-2Q@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Christene glo
>> dat Jesus van 2000 jaar terug die Jesus van die Drie-eenheid van vandag
> is.
>> So eenvoudig soos dit.
>
> En as daardie Christus nie in jou opstaan nie,
> dan is jy soos 'n klinkende simbaal.

Dis reg! En dit is vir my Sy Verlossing in my. Nie net 'n uitleef van
liefde nie, maar die ware, lewende Jesus wat deur Sy Gees in my woonplek
vind...

basjan

Basjan, ek het nie elke woord gevolg tussen jou en die tannie nie, maar
meeste, en ek wil net virjou se dat ek jou baie hoog ag, vir die wyse wat jy
opgetree het hier, sonder om te vloek of ongeduldig of beledegend te wees,
ek dink jy is n baie goeie voorbeeld van iemand wat sy geloof uitleef. Had
ek nou n hoed gedra, dan sou ek die hoed nou vir jou afgehaal het hoor! :-)

Ellie
Veel landig [boodskap #99522 is 'n antwoord op boodskap #99515] Sa, 16 Oktober 2004 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf in boodskap news:ckqi9n$jsj$1@solaris.cc.vt.edu...

"@rogers.com" skryf in boodskap news:sM6dnVeITq2u1e3cRVn-hg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Sou tannie verkies het om SA te bly, as die keuse slegs tannie sin was?
>
> Ja. As ek nie gaan trou het met 'n man wat alreeds besluit
> het dat hy nie met 'n goeie gewete in SA kan bly nie, dan
> sou ek aangegaan het om skool te hou in SA.

Ek respekteer dit. Ek mis die plek ook.

basjan

Snaaks Gloudina, ek ook. As ek nie met n Amerikaner getrou het nie, sou ek
ook in S.A. gebly het. Maar nou is ek nie spyt nie, want ek dink die
ondervinding om in verskeie lande te kon woon bring wysheid en geduld en
aanvaarding, soos ander mense op hierdie groep wat ook meerlandig is, sal
verstaan. Soos ek altyd se, my persoonlike leuse is 'bloom where you are
planted' (wat ek kon vertaal as 'bloei waar jy geplant is, maar dit klink
erg verkeerd :-).

Ellie
Re: Veel landig [boodskap #99525 is 'n antwoord op boodskap #99522] Sa, 16 Oktober 2004 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Snaaks Gloudina, ek ook. As ek nie met n Amerikaner getrou het nie, sou ek
> ook in S.A. gebly het.

Ek is natuurlik met 'n Afrikaner getroud, en bly
nogtans in Kanada. Ek is egter baie baie gelukkig
hier. Dis 'n besadigde plek, met 'n ryk mengsel
van kulture. En die sogenaamde koue weer wat
mens nou hier het in teenstelling met SA, is ook
maar net 'n relatiewe een. Ek is warmer binnekant
in Kanada se koudste winter as wat ek in SA se
winters is.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99529 is 'n antwoord op boodskap #99488] Sa, 16 Oktober 2004 17:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Goeie punt, tannie het gelyk dat Sy wandel en leer ook oortuigend was, maar
Hy het wel ook die profesieë vervul, ek vermoed vir ongelowiges, maar veral
vir die Jode, meeste van wie nog steeds nie glo nie. En dit is 'n groot
tragedie. Jesus se wandel, vervulling, sterfte en opstaan uit die dode maak
die hele "pakkie"!

Basjan

"@rogers.com" skryf in boodskap news:orqdncleW-up2-3cRVn-3w@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Wat ek gesê het: "Ja, hulle het besluit dat die kans groot is dat Jesus
> die
>> Messias is, siende dat Hy AL (ek herhaal, AL die HONDERDE) OT profesieë
>> vervul het, dat Hy deur Sy wandel, wonderwerke en sterfte aan die kruis
> dit
>> bewys het en dan nog ook uit die dood opgestaan het. "
>
> So hulle het nou vóór sy sterwe aan die kruis besluit
> dat hy die Messias is omdat hy aan die kruis gesterf
> het?
> Ek dink jy verkoop die volgelinge van Christus kort
> deur te vertel dat hulle alleen vir Christus gevolg het
> omdat hy die profesieë vervul het. Ek dink hulle het
> hom gevolg as gevolg van die leer wat hy gepredik
> het.
>
> Gloudina
>
Re: VSA debat [boodskap #99531 is 'n antwoord op boodskap #98947] Sa, 16 Oktober 2004 17:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:xeqdncl6nOe9u-3cRVn-2A@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Die "besinning" is waar die groot gevaar lê.
> dit is
>> wanneer jy die hele grote wonderlikheid mis! Jesus het gesê geloof soos
>> kinders tannie, soos kinders. Tannie is 'n mens, tannie dink dalk tannie
> is
>> 'n "goddelikheid
>
> Sodra jy so hooghartig begin praat, dan ek weet jy
> is eintlik op 'n dwaalspoor.

Waar is die hooghartigheid! Tannie is die een wat gesê het tannie is 'n
god!!!

> Vergewe my, as ek weer tot die dae van apartheid
> terugkeer. Ek het, soos 'n kind, GEWEET dat
> hierdie klomp Christene wat so apartheid gepredik
> het, met die duiwel geheul het. Ek hoef dit nie
> uit te gedink het nie. Ek het kinderlik gewéét dat daar
> iets verkeerd is.

Tannie, glo dit of tannie wil of nie, maar een daad maak nie van enige mens
wat in Christus is 'n verlorene nie. Tannie is regtig oor die kop geslaan
oor die apartheid ding, of hoe? Ek vra weer, moes tannie vandag vir iets om
vergifnis vra?

> Ek weet ook nou dat daar iets
> verkeerd is wanneer iemand "in die naam van God"
> ander gelowe veroordeel. En jy kan praat totdat
> jy blou in die gesig is, maar as jy vir my vertel dat
> Buddhiste en hulle geloof in boddhicitta op 'n
> dwaalspoor is, dan sal ek vir jou vertel dat ek
> dink dat jy Christus verloën.

En ek glo dat ek my geloof voluit iutleef, so laat my toe. As ek glo dat
Jesus is die weg is, hoe kan ek dit verloën - dan verloën ek die Here.

> En dat jy God beperk.

Hieroor was ons al - iemand wat sê dat alle gelowe na God lei, skryf ook aan
die Here toe, m.a.w. beperk God. Ek kan dus sê "right back at you".

> En dat jy nie gevul is met die Heilige Gees nie.

Dit is nie vir tannie om te besluit nie.

> Dit het niks te doen met hóé jy glo nie. Dit het
> alles te doen met dat jy hovaardig aan die
> Almagtige dikteer. En dus eintlik jou eie opinies
> verafgood.

Dit is nie my opinies nie, tannie dis my geloof. En ek verafgod slegs vir
Jesus. Punt. Ek sal die wêreld verafgod deur te sê dat ek nie glo Jesus is
die Weg nie. Ek maak sy sterfte tot niks. En ek glo dat dit alles is.
Verstaan dit en gaan kry rus.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99532 is 'n antwoord op boodskap #99489] Sa, 16 Oktober 2004 17:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:J5qdndFknusX2-3cRVn-sw@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Tannie is die een wat gesê het tannie is 'n
>> god!!!
>
> Kan jy nou PRESIES, vers en kapittel, vir my
> aanhaal waar ek gesê het ek is 'n god. Ek wag.

Gaan lees een van ons honderd verwisselinge, waar tannie gestel het dat die
buddhis nie aan God glo nie maar aan die "goddelike natuur" in hom. Dat die
self ook net "verbeelding" is, dus streef die buddhis na sy goddelike wese.
Dit was tannie se verduideliking. Ek glo nie dat ek 'n god is nie, maar
volmaak en verhef word in die gees deur Christus, ons kardinale verkil.

Ek dink ons altwee begin nou
dinge herhaal wat ons oor en oor bespreek het. Ek gaan nou hier afsluit,
dit was regtig lekker om oor al die dinge te kon praat. Ek bedoel dit! Ons
sal seker maar van mekaar verskil, maar dit raak dalk vir ons altwee
afbrekend om so na mekaar te hap.

Dankie vir die gesels!

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99533 is 'n antwoord op boodskap #99490] Sa, 16 Oktober 2004 17:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:LLednd2YB_g72u3cRVn-qQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Ek vra weer, moes tannie vandag vir iets om
>> vergifnis vra?
>
> Ja. En ek kan jou verseker dat die deursnee Buddhis
> hierdie proses van vergiffenis vra, baie baie ernstig
> opneem. Hulle het yogas wat daarop gemik is om,
> soos die Christen sal sê, "skoongewas te word in
> die bloed van die Lam." As vergiffenis vra nou een
> van jou maatstawwe is van geestelike erns, dan
> raai ek jou aan om Buddhis te word.

Nee dankie, dit sou beteken om nie aan 'n God te glo nie en Jesus nie as die
enigste Saligmaker te beskou nie. En dit sou so goed vir my wees soos om
teen God te kies. Ons verkil tannie, ons altwee kan dit maar aanvaar.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99534 is 'n antwoord op boodskap #99490] Sa, 16 Oktober 2004 17:12 Na vorige boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:LLednd2YB_g72u3cRVn-qQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Ek vra weer, moes tannie vandag vir iets om
>> vergifnis vra?
>
> Ja. En ek kan jou verseker dat die deursnee Buddhis
> hierdie proses van vergiffenis vra, baie baie ernstig
> opneem. Hulle het yogas wat daarop gemik is om,
> soos die Christen sal sê, "skoongewas te word in
> die bloed van die Lam." As vergiffenis vra nou een
> van jou maatstawwe is van geestelike erns, dan
> raai ek jou aan om Buddhis te word.

Ek is volkome gefokus op wat God uiter, nie op wat mense uiter nie. Tannie
kan dalk self begin dink en glo, moenie aan tannie laat voorskryf deur
"teoloë" nie...

Basjan
Vorige onderwerp: Re: Dit is oud.
Volgende onderwerp: In Dutch... sorry!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 09:13:42 MGT 2024