Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA debat
Re: VSA debat [boodskap #99417 is 'n antwoord op boodskap #99413] Wo, 13 Oktober 2004 16:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan"skryf

Hy sê o.a. dat Hy nie wil dat een verlore moet gaan nie, maar dit
> bly 'n geloofsaak tussen die mens en God. Selfs tannie is vir Hom
> belangrik, maar op die ou einde is dit nie God se keuse nie, maar tannie
> sin.

Ja, ek weet. Selfs die hare op ons kop is getel. Geen mossie
sal ook verlore gaan nie. In die christelike konteks glo ek dat
selfs of ek sogenaamd "gered" of "verdoem" word, die keuse van God sal wees
en nie van die mens nie. Jy glo blykbaar anders.
Wat glo jy in verband met daardie syfer uit ek dink Openbaring,
waar net 'n sekere getal uitverkorenes werklik gered sal word?

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99418 is 'n antwoord op boodskap #99413] Wo, 13 Oktober 2004 16:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Hoekom dring tannie daarop aan om Christenskap gelyk te stel aan
> ander gelowe? Dit is nie en sal nooit wees. Kom by, die tyd is nou om by te
> kom vir die bespreking. Daar mag raakpunte wees, maar die asbolute,
> fundamentele kern (Jesus Christus vir Christene) verkil. DIT is die PUNT!
> Op die ou einde raak al die "volg jy 'n ander geloof" stomp en oud en is dit
> verby logika... kom ons praat sinvol.

Die fundamentele kern Jesus Christus is natuurlik die
fundamentele kern vir "Christene." Maar as iemand
wat met 'n ander geloof grootgeword het, byvoorbeeld
mense uit die Ooste, in aanraking kom met die Christelike
geloof en daar aanknopingspunte vind sonder om hulle
eie persuasie op te gee, wat sal jy dan sê. Jy is op 'n
dwaalspoor?
As jy so oud soos ek is, en baie mense teengekom het
wat eenvoudig net opgehou het om "Christene" te wees,
en dan na Buddhisme begin te kyk, en dan uitvind dat
hulle in hulle eie oorspronklike "Christenwees" die
essensiële misgekyk het en net op die dop buiteom
gereageer het, dan kyk hulle weer met nuwe oë na
die geestelike lewe en kan mens sien dat iets 'n
verskil maak in hulle lewe.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99419 is 'n antwoord op boodskap #99413] Wo, 13 Oktober 2004 17:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Alweer met Blake, blykbaar is tannie heel opgesmuk met die ou. Dalk moet
> tannie self oor die Bybel begin dink....

Ek herhaal weer. Christen-teoloë neem William Blake
baie ernstig op. Northrop Frye, een baie goeie skrywer
oor William Blake, was 'n Metodiste predikant ( asook
Professor in Engels aan die Universiteit van Toronto.)
Lees sy "Fearful Symmetry" en dan kan ons weer praat
oor die Bybel en wat daar in die Bybel staan. Hy het
nog 'n goeie boek geskryf. "The Great Code." Die
naam kom af van die feit dat William Blake die
Bybel die "great code" genoem het. Alles wat
William Blake geglo het, was volgens hom in die
Bybel.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99420 is 'n antwoord op boodskap #98947] Wo, 13 Oktober 2004 17:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Dat ons weggeneem sal word vanaf die aarde. Fisies? Geestelik? Ek kan nie
> sê nie. Maar dat gelowiges in Jesus die verdrukking sal vryspring.
>
> Die hoofverse in die Bybel waarin die siening gegrond is:
>
> 1 Thessalonians 4
> 16For the Lord himself will come down from heaven, with a loud command, with
> the voice of the archangel and with the trumpet call of God, and the dead in
> Christ will rise first. 17After that, we who are still alive and are left
> will be caught up together with them in the clouds to meet the Lord in the
> air. And so we will be with the Lord forever. 18Therefore encourage each
> other with these words.
>
> Ek kan dit wetenskaplik probeer uitlê, maar dit sal 'n geestesverskynsel in
> my menslike terme probeer vaslê.

Wel, ek sou graag wil hê dat jy dit soveel as moontlik
vir my kan uitlê. Want daardie verse uit die Bybel is
baie belangrik. Daar is soveel besonderhede. Soos
byvoorbeeld "the dead in Christ will rise first." En dan
"we who are still alive... will be caught up."

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99421 is 'n antwoord op boodskap #99418] Wo, 13 Oktober 2004 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:4dWdnRdsedYrxvDcRVn-vA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Hoekom dring tannie daarop aan om Christenskap gelyk te stel aan
>> ander gelowe? Dit is nie en sal nooit wees. Kom by, die tyd is nou om by
> te
>> kom vir die bespreking. Daar mag raakpunte wees, maar die asbolute,
>> fundamentele kern (Jesus Christus vir Christene) verkil. DIT is die
>> PUNT!
>> Op die ou einde raak al die "volg jy 'n ander geloof" stomp en oud en is
> dit
>> verby logika... kom ons praat sinvol.
>
> Die fundamentele kern Jesus Christus is natuurlik die
> fundamentele kern vir "Christene." Maar as iemand
> wat met 'n ander geloof grootgeword het, byvoorbeeld
> mense uit die Ooste, in aanraking kom met die Christelike
> geloof en daar aanknopingspunte vind sonder om hulle
> eie persuasie op te gee, wat sal jy dan sê. Jy is op 'n
> dwaalspoor?

Ek glo enige iemand wat van Christus gehoor het en wat Hy gedoen het en Hom
dan nog steeds nie as alleenwerkende Entiteit in sy saligheid sien nie, is
op 'n dwaalspoor.

> As jy so oud soos ek is, en baie mense teengekom het
> wat eenvoudig net opgehou het om "Christene" te wees,
> en dan na Buddhisme begin te kyk, en dan uitvind dat
> hulle in hulle eie oorspronklike "Christenwees" die
> essensiële misgekyk het en net op die dop buiteom
> gereageer het, dan kyk hulle weer met nuwe oë na
> die geestelike lewe en kan mens sien dat iets 'n
> verskil maak in hulle lewe.

Ek dink dat Christenskap 'n geweldige moeilike pad is. Dit is nie as maklik
voorgehou in die Bybel nie. So as iets anders verbykom wat die pad vir jou
"meer aanvaarbaar" kan maak, dan is dit seker vir party mense 'n geweldge
trekpleister. Maar teen watter koste? Dink so bietjie uit my geloof en
perspektief - al wat ek vir tannie hoef te sê is dat as "iemand" jou van
volkome Christenskap wil weghou, moet hy jou slegs lou en nie heeltemal
"gehook" aan Jesus kry. Dan sit jy op die draad en die wonderlike beloftes
en verlossing van Jesus gaan jou verby. Jy voel dalk beter in jou huidige
bestaan, maar die ewige koste is onmeetbaar.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99422 is 'n antwoord op boodskap #98947] Wo, 13 Oktober 2004 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:sICdnYyhl85AwfDcRVn-sQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>>> Ek wonder soms of die Nuwe Testament werklik
>>> praat van die siel as 'n aparte entiteit.

>> Al ooit gehoor van stof tot stof?
>
> Jy ontwyk 'n baie direkte vraag. "Stof tot stof"
> verwys maar net na die verganklike van die
> sogenaamde liggaam. ( Eintlik is Buddhisme
> baie meer gesofistikeerd in hierdie opsig.

Of dalk maak hulle 'n eenvoudige konsep onnodig kompleks.

> Mens
> leer baie gou dat "geboorte" en "dood" vir
> die Buddhis net name is vir die natuurlike proses
> van wording en verweer. Eintlik, soos almal
> weet, gaan daar daagliks dele van ons liggaam
> dood en word ander dele hernu. Dis alleen die
> konsep van die "ego" wat vir ons laat dink dat
> ons een stuk stof is wat gebore word en dan
> "sterf."

Of dis dalk die besef dat ons werklik 'n wese in 'n "voertuig" is. Dat die
liggaam werklik sterf en ons siele voortbestaan. Die keuse is net waar jou
siel gaan "voortbestaan". Die buddhis kan maar glo wat hy wil, die Bybel is
duidelik wat die liggaam se rol op aarde is.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99427 is 'n antwoord op boodskap #98947] Wo, 13 Oktober 2004 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Dat die getal wel letterlik kan wees, maar slegs van toepassing is op die
> tyd van verdrukking (7 jaar) en dalk selfs van toepassing is slegs op Jode?
> Wie weet?

O. Lekker skuiwergat. Weet nie. Tog staan
dit in die Bybel.
Wat as ek jou vertel dat William Blake selfs
hierdie stuk bybel ernstig opneem?

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99428 is 'n antwoord op boodskap #99427] Wo, 13 Oktober 2004 20:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:gLadncD1B8uQEPDcRVn-hw@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Dat die getal wel letterlik kan wees, maar slegs van toepassing is op die
>> tyd van verdrukking (7 jaar) en dalk selfs van toepassing is slegs op
> Jode?
>> Wie weet?
>
> O. Lekker skuiwergat. Weet nie. Tog staan
> dit in die Bybel.

As tannie volgende keer sê tannie wil weet wat ek glo, sonder om te
kritiseer, is dit die onnosele antwoord wat ek kan verwag?

> Wat as ek jou vertel dat William Blake selfs
> hierdie stuk bybel ernstig opneem?

Goed vir Blake, (dalk) kan ek en hy eendag gesels oor 'n koffie rooibostee
oor wie toe reg was...

Wat maak die getal belangrik? Wat ek wel glo is dat dit van toepassing op
die eindtye, die laaste 7 jaar van verdrukking. Regtig nie vir my 'n
"issue" nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99429 is 'n antwoord op boodskap #99421] Wo, 13 Oktober 2004 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Dink so bietjie uit my geloof en
> perspektief - al wat ek vir tannie hoef te sê is dat as "iemand" jou van
> volkome Christenskap wil weghou, moet hy jou slegs lou en nie heeltemal
> "gehook" aan Jesus kry. Dan sit jy op die draad en die wonderlike beloftes
> en verlossing van Jesus gaan jou verby. Jy voel dalk beter in jou huidige
> bestaan, maar die ewige koste is onmeetbaar.

Weet jy, in wat jy hierbo geskryf het, sit jy nou
die gordel om jou eie keel. Sover dit my aangaan,
gaan die wonderlike beloftes en verlossing van
Jesus vir JOU verby, want jy wyer eenvoudig
om die leer van die liefde as die enigste saligmakende
aspek te erken. Ek weet dat uit jou geloof en
perspektief ek glo verdoem is. Maar uit my
perspektief mis jy die saligmakende funksie
van die geloof dat liefde die saligmakende
faktor is. Soos die Buddhis ook glo dat
boddicitta die saligmakende faktor is. Ek is
nie 'n "Buddhis" nie. Ek is ook nie 'n "Christen"
nie. Maar ek sien dat hulle albei die liefde
as die saligmakende faktor het. Dus sal ek
vir enige Buddhis wat vir my kom preek dat
hulle die enigste waarheid in pag het, ook
vertel dat hulle op 'n dwaalspoor is.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99430 is 'n antwoord op boodskap #99427] Wo, 13 Oktober 2004 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:gLadncD1B8uQEPDcRVn-hw@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Dat die getal wel letterlik kan wees, maar slegs van toepassing is op die
>> tyd van verdrukking (7 jaar) en dalk selfs van toepassing is slegs op
> Jode?
>> Wie weet?
>
> O. Lekker skuiwergat.

'n Skuiwergat impliseer 'n uitkoms uit 'n moeilike situasie. Dit is nie 'n
moeilike situasie nie, eintlik meer van 'n "non-issue". Tannie sal aan my
doen soos die Stones sê: "You make a grown man cry" - en dit alles uit
frustrasie! Tannie skuifel hier rond op soek na moeilikheid. Die logika en
sinvolle opvolg ontbreek...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99431 is 'n antwoord op boodskap #98947] Wo, 13 Oktober 2004 20:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Ek het net nie behoefte aan
> ander se "alternatiewe" Bybel-uitleg nie of alternatiewe filosofieë nie. Op
> die ou einde is dit die Heilige Gees wat mens oortuig. Tannie kom voor as
> iemand wat nog nie oortuig is nie en baie mense se opinies navors om sin te
> maak uit alles. Is dit moontlik dat ek al gevind het waarna tannie soek?

Wel, my seun. Ek sal dit maar aan Swart
Simon oorlaat om op jou laaste vraag te
antwoord.

Tant Hessie van Ararat
Re: VSA debat [boodskap #99433 is 'n antwoord op boodskap #99429] Wo, 13 Oktober 2004 21:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:iumdnVW7m46qEvDcRVn-pg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Dink so bietjie uit my geloof en
>> perspektief - al wat ek vir tannie hoef te sê is dat as "iemand" jou van
>> volkome Christenskap wil weghou, moet hy jou slegs lou en nie heeltemal
>> "gehook" aan Jesus kry. Dan sit jy op die draad en die wonderlike
> beloftes
>> en verlossing van Jesus gaan jou verby. Jy voel dalk beter in jou
>> huidige
>> bestaan, maar die ewige koste is onmeetbaar.
>
> Weet jy, in wat jy hierbo geskryf het, sit jy nou
> die gordel om jou eie keel. Sover dit my aangaan,
> gaan die wonderlike beloftes en verlossing van
> Jesus vir JOU verby, want jy wyer eenvoudig
> om die leer van die liefde as die enigste saligmakende
> aspek te erken.

Tannie - ons stem net eenvoudig nie saam dat liefde die belangrikste aspek
is nie. Ek glo dat liefde uit my geloof in Christus vloei as vrug - Jesus
Christus se velossing eers, dan die vrug. Tannie glo weer dat liefde alles
anders oorheers. Hoe op aarde gaan Jesus dan by my verby? Hy is my Fokus
en ek wil Hom gelukkig maak deur ander lief te hê. maar ek wil nie ander
liefhê omdat dit my sal red nie.

> Ek weet dat uit jou geloof en
> perspektief ek glo verdoem is. Maar uit my
> perspektief mis jy die saligmakende funksie
> van die geloof dat liefde die saligmakende
> faktor is.

WEER - ons stem nie saam nie. Vir my is Jesus Christus die saligmakende
faktor.

> Soos die Buddhis ook glo dat
> boddicitta die saligmakende faktor is. Ek is
> nie 'n "Buddhis" nie. Ek is ook nie 'n "Christen"
> nie. Maar ek sien dat hulle albei die liefde
> as die saligmakende faktor het.

TWAK - Christenskap het nie liefde as "saligmakende faktor" nie. Jesus is
die faktor. Liefde is 'n vrug wat deur my verlossing uitgeleef word. Ek
kan nie liefhê sonder Christus nie, dit is hol liefde.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99434 is 'n antwoord op boodskap #98947] Wo, 13 Oktober 2004 21:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:PdmdnTyP2rhQEvDcRVn-vg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Of dis dalk die besef dat ons werklik 'n wese in 'n "voertuig" is. Dat
> die
>> liggaam werklik sterf en ons siele voortbestaan. Die keuse is net waar
> jou
>> siel gaan "voortbestaan". Die buddhis kan maar glo wat hy wil, die Bybel
> is
>> duidelik wat die liggaam se rol op aarde is.
>
> Jy en die Buddhis stem ooreen dat die liggaam net 'n
> voertuig is. Jy en die Hindoe stem ooreen dat daar 'n
> siel is. Die Buddhis stem nie met julle saam nie.

Regtig, dit is baie interessant, maar kan my min skeel. Voertuig of nie, ek
glo daar is 'n siel. Dit skeel my min "wie saamstem". En ek glo dat Jesus
die enigste weg is na GOD. Dat ek sonder Jesus verlore is. En net daar
verkil ek soos dag en nag van tannie se "buddhis" en "hindoe".

Besef dit en laat dit gaan. Tannie raak of moeg of tannie is aspris.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99435 is 'n antwoord op boodskap #98947] Wo, 13 Oktober 2004 21:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:rq2dnXAhSdK_DPDcRVn-hg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Askies tannie, ek weet wat tannie bedoel, maar dit is eintlik
>> "PRESESSIE",
>> nie "PROSESSIE" nie. Oom Swart Simon het gesê dat 'n "prosessie" met
>> baniere straat-af marsjeer.
>
> Ek wou jou maar net toets.

....sê die toetser, met meervlakkige poste, wie se bene geknoop geraak het
van sirkels stap...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99436 is 'n antwoord op boodskap #98947] Wo, 13 Oktober 2004 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com"skryf

Ek het nou vergeet watter
> teken van die zodiak die sonstelsel in was die
> tweeduisend jaar voor die geboorte van Christus.

Ek het toe opgehou om lui te wees, en gaan
kyk. Dis Aries - die Ram. Die woordeboek sê
Aries is die eerste teken van die zodiak. Ek wonder
hoekom dit die eerste teken van die zodiak is?
(Seker maar omdat die mense in die tweeduisend
jaar voor Christus eers die firmament "verdeel"
het in hierdie tekens?) Maar hoe het hulle geweet
van die presessie?)

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99441 is 'n antwoord op boodskap #98947] Do, 14 Oktober 2004 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:qa6dnb2z4pV4DPDcRVn-hg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Tannie, dit is weereens maar net mense wat sus of so dink. Of probeer
>> verklaar. Ek weet nie of Jesus êrens gesê dat Hy maar van ons praat as
>> vissers sodat ons in die sterreteken inpas nie... dalk was dit lingo.
> Maar
>> ek glo dat die beeld van "vissers van mense" dieper as 'n sterreteken
> strek.
>
> Natuurlik. En dat die volgende vergelyking waar
> beelde van waterdraers gebruik word, sekerlik
> ook dieper gaan strek.

Regtig tannie, vir 'n verligte persoon is tannie maar duister. Kan tannie
nie aanvaar dat almal nie so "verlig" soos tannie wil wees nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99444 is 'n antwoord op boodskap #98947] Do, 14 Oktober 2004 15:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:df2dnftdq-qC6PPcRVn-gg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> So byvoorbeeld word gereken dat die
>> piramides so vroeg soos 10,000 BC gebou kon gewees het. Dit word afgelei
>> van die presisie waarmee die drie piramides die belt van Orion naboots,
>> presies soos dit voorgekom het meer as 10,000 BC. Baie interessante
>> dinge
>> die, maar soos ek verstaan het die jurie nog nie tot 'n besluit gekom
>> nie.
>
> Baie interessant. Maar is sommige van daardie piramides nie
> gebou taamlik lank na 10,000 jare voor Christus nie. Ter
> ere van Faraos waarvan die datums bekend was?

Daar is in baie van die groot piramides min tekens van Faraos, slegs miskien
een of twee skribbelinge. Baie argeoloë glo die Egiptenare het die
piramides geërf. Dit is ook maar net teorieë, en ek dink meeste Egiptoloë
skop baie hard teen die idees. Maar daar is byvoorbeeld al "bewys" dat
erosiemerke op die Sphinks (spelling?) toegeskryf kan word aan watererosie,
van die soort en krag wat slegs voor 10,000 BC teenwoordig was.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99447 is 'n antwoord op boodskap #98947] Do, 14 Oktober 2004 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Op 'n ander noot, ek wonder REGTIG, nie sarkasties nie, waar Afrika sou
> gewees het sonder enige westerse (blanke) invloede. Hoe sou Afrika vandag
> gelyk het?

Daar sou seker ander "lande" in Afrika gewees het,
met uniforme stam-bevolking. Daar sou nie die
helhool van Ruanda-Burundi gewees het nie,
'n skepping van die Belge, en waar die Belge
en tot sekere mate die Franse die een stam teen
die ander stam opgemaak het en toe uiteindelik
afgespeel het nie. Jy kan maar nagaan: hoe die
setlaars van Europa Afrika vir hulle eie doel-
eindes gebruik het.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99449 is 'n antwoord op boodskap #98947] Do, 14 Oktober 2004 20:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Oct 2004 14:42:13 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "Basjan" skryf
>
> Baie argeoloë glo die Egiptenare het die
>> piramides geërf.
> Maar daar is byvoorbeeld al "bewys" dat
>> erosiemerke op die Sphinks (spelling?) toegeskryf kan word aan
> watererosie,
>> van die soort en krag wat slegs voor 10,000 BC teenwoordig was.
>
> Regtig? Ek het, toe ek 25 jaar oud is, op 'n kameel
> na die piramiede van Gizeh (?) gery en in die Sfinks
> ingeloop.
>
> Gloudina
>
>

Was dit 10 000 VC?

DD
Re: VSA debat [boodskap #99450 is 'n antwoord op boodskap #98947] Do, 14 Oktober 2004 20:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 13 Oct 2004 16:38:24 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "basjan" skryf
>
>> Askies tannie, ek weet wat tannie bedoel, maar dit is eintlik "PRESESSIE",
>> nie "PROSESSIE" nie. Oom Swart Simon het gesê dat 'n "prosessie" met
>> baniere straat-af marsjeer.
>
> Ek wou jou maar net toets.
>
> Tant Hessie van Horeb
>

hoe lieg so 'n boedhis!

Ek het jou mos gesê dat
sy nooit met selfrespek
hier kan uitstap nie.

DD
Re: VSA debat [boodskap #99451 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 01:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Dit is 'n interessante stelling, want wat sê mens vir die Afrikaner wat
> gevoel het dat hy 'n "just war" geveg het om behoud van sy eie nasie? Vir
> die Afrikaner wat ook "geboortereg" in Afrika het en slegs wou keer dat sy
> nasie oorrompel word. Wat wou keer dat die land waarin hy deel het en
> waartoe hy gebore is, verval in die trend wat mens 'n "Afrika-tendens" kan
> noem. Hoekom is sy "struggle" nie "just" nie?

As jy die apartheidsbeleid 'n "just struggle" noem, dan
het jy natuurlik 'n probleem. ( Die Boere-oorlog sal ek
argumenteer was 'n just struggle, en ek wag nog vandag
vir Engeland om te sê dat hulle jammer is, en miskien
om selfs reparasies te betaal.)
Die apartheidsbeleid was 'n stupid stupid manier om
te "sorg dat jou nasie nie oorrompel word. nie" 'n Baie
beter manier om te sorg dat jou nasie nie oorrompel
word nie, was om reg en geregtigheid te laat geskied
aan al die land en sy inwoners. Die vaders van apartheid
het juis deur hulle dom dink die wind gesaai en die
warrelwind gemaai. En dis alleen die algehele
Christelike manier waarop die nie-blankes uiteindelik
gereageer het, dat die witmense nie in die see in
gejaag was nie.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99452 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 01:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Of moet ek glo tannie keur die
> duisende WTC moorde goed as deel van 'n "just war"? Massa-moord is tog
> dieselfde, een kant of ander kant toe?

En wat is die bombardemente in Fallujah op
die oomblik anders ook as massamoord.?
En wat is die bombardemente in Gaza anders
as pogings tot massamoord. What is sauce
for the goose is sauce for the gander.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99453 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 01:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> Dalk kan mens sê Afrika sou op sy eie trant voortgeploeter het, dat
> kannabalisme nog algemeen sou gewees het, dat daar nie 'n teerpad sou gewees
> het nie, ens. ens.. Wie weet?

Hier wys die luiperd weer sy kolle ( of strepe.) Onthou,
Noord-Afrika was 'n beskaafde deel van die wêreld
toe jou "wit" voorouers in Europa nog hulle mae blou
geverf het. Kannebalisme word gereeld in die noorde
van Kanada bedryf wanneer daar mense in vliegtuig-
ongelukke beseer word of omkom. En as jy nou
'n teerpad as teken van beskawing beskou, gaan
vertel dit vir die Romeine.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99454 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 01:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

> En dan was daar al hele nasies op "groter" "dwaalspore" - kyk maar na
> Duitsland, die USSR, en so aan. Party kan selfs sover gaan om te sê huidige
> moslems is op net so dwaalspoor, afhangende van jou perspektief.

Ja, maar die apartheidsvaders het hulself
"Christene" genoem. En hulle gemeentes
was "Christelike" gemeentes. Wat hulself
"gered" beskou het deur die bloed van
Christus.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99460 is 'n antwoord op boodskap #99451] Vr, 15 Oktober 2004 06:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:gO2dnd2UyP6Cu_LcRVn-rQ@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Dit is 'n interessante stelling, want wat sê mens vir die Afrikaner wat
>> gevoel het dat hy 'n "just war" geveg het om behoud van sy eie nasie?
>> Vir
>> die Afrikaner wat ook "geboortereg" in Afrika het en slegs wou keer dat
>> sy
>> nasie oorrompel word. Wat wou keer dat die land waarin hy deel het en
>> waartoe hy gebore is, verval in die trend wat mens 'n "Afrika-tendens"
>> kan
>> noem. Hoekom is sy "struggle" nie "just" nie?
>
> As jy die apartheidsbeleid 'n "just struggle" noem, dan
> het jy natuurlik 'n probleem. ( Die Boere-oorlog sal ek
> argumenteer was 'n just struggle, en ek wag nog vandag
> vir Engeland om te sê dat hulle jammer is, en miskien
> om selfs reparasies te betaal.)
> Die apartheidsbeleid was 'n stupid stupid manier om
> te "sorg dat jou nasie nie oorrompel word. nie" 'n Baie
> beter manier om te sorg dat jou nasie nie oorrompel
> word nie, was om reg en geregtigheid te laat geskied
> aan al die land en sy inwoners. Die vaders van apartheid
> het juis deur hulle dom dink die wind gesaai en die
> warrelwind gemaai.

Hier stem ek saam. Ek dink dat die "natuur" van demokrasie en selfs
voorbehoud in 'n "moderne" samelewing die bevolking outomaties sou geskei
het. Nie noodwendig in wit en swart nie, maar in "able" en "unable". Dit
is een van die kardinale tekortkominge van SA, 'n sterk middelklas swart
groep.

> En dis alleen die algehele
> Christelike manier waarop die nie-blankes uiteindelik
> gereageer het, dat die witmense nie in die see in
> gejaag was nie.

En die besef dat die land op die ou einde op 'n steil afdraend is sonder wit
mense se kennis en vermoëns. Ons het mekaar nodig in SA, of ons daarvan hou
of nie.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99461 is 'n antwoord op boodskap #99452] Vr, 15 Oktober 2004 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:ieidnXwlfuMgu_LcRVn-vg@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
> Of moet ek glo tannie keur die
>> duisende WTC moorde goed as deel van 'n "just war"? Massa-moord is tog
>> dieselfde, een kant of ander kant toe?
>
> En wat is die bombardemente in Fallujah op
> die oomblik anders ook as massamoord.?
> En wat is die bombardemente in Gaza anders
> as pogings tot massamoord. What is sauce
> for the goose is sauce for the gander.

My presiese punt, tannie kan nie die een kant 'n "just war" noem en die
anderkant massamoord nie, altwee die partye het skuld. Ek dink daar is 'n
sê-ding wat lui: "What is sauce for the goose is sauce for the gander"

basjan
Re: VSA debat [boodskap #99462 is 'n antwoord op boodskap #99453] Vr, 15 Oktober 2004 06:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:8aadnfNgxN0luvLcRVn-2w@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Dalk kan mens sê Afrika sou op sy eie trant voortgeploeter het, dat
>> kannabalisme nog algemeen sou gewees het, dat daar nie 'n teerpad sou
> gewees
>> het nie, ens. ens.. Wie weet?
>
> Hier wys die luiperd weer sy kolle ( of strepe.) Onthou,
> Noord-Afrika was 'n beskaafde deel van die wêreld
> toe jou "wit" voorouers in Europa nog hulle mae blou
> geverf het.

En toe het die orde van beskawing verander...

> Kannebalisme word gereeld in die noorde
> van Kanada bedryf wanneer daar mense in vliegtuig-
> ongelukke beseer word of omkom.

As noodsaak!!! Nie as algemene stapelvoedsel nie. Besef tannie dat aan die
einde van 1800's daar nog kannebalisme in dele van die Drakensberge was?

> En as jy nou
> 'n teerpad as teken van beskawing beskou, gaan
> vertel dit vir die Romeine.

Die bedoeling tannie, die bedoeling. Ek maak nie een groep sleg nie. Ek
wonder regtig, nie hoogdawerend nie, hoe suidelike Afrika sou gelyk het
vandag, sonder enige "westerse" invloede. Sonder om verdedigend te raak,
gee my tannie se eerlike raaiskoot.

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99463 is 'n antwoord op boodskap #99454] Vr, 15 Oktober 2004 07:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:N9KdncQqWdD-tfLcRVn-iw@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> En dan was daar al hele nasies op "groter" "dwaalspore" - kyk maar na
>> Duitsland, die USSR, en so aan. Party kan selfs sover gaan om te sê
> huidige
>> moslems is op net so dwaalspoor, afhangende van jou perspektief.
>
> Ja, maar die apartheidsvaders het hulself
> "Christene" genoem. En hulle gemeentes
> was "Christelike" gemeentes. Wat hulself
> "gered" beskou het deur die bloed van
> Christus.

En enige van die ander groepe het hulself nie as "reg" beskou nie? Tannie,
hou op moedswillig wees, dit raak nou oud. Ek het tannie mos gesê
Christenwees impliseer nie dat jy alles reg sal doen nie. Enige Christen
sal erken dat hy/sy foute maak, en somtyds selfs grotes daarby...

Maak tannie ooit foute in tannie se verligtheid? Of is tannie op daardie
plek wat tannie 'n absolute volmaakte wandel geniet?

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99464 is 'n antwoord op boodskap #99453] Vr, 15 Oktober 2004 07:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:8aadnfNgxN0luvLcRVn-2w@rogers.com...
>
> "basjan" skryf
>
>> Dalk kan mens sê Afrika sou op sy eie trant voortgeploeter het, dat
>> kannabalisme nog algemeen sou gewees het, dat daar nie 'n teerpad sou
> gewees
>> het nie, ens. ens.. Wie weet?
>
> Hier wys die luiperd weer sy kolle ( of strepe.) Onthou,
> Noord-Afrika was 'n beskaafde deel van die wêreld
> toe jou "wit" voorouers in Europa nog hulle mae blou
> geverf het. Kannebalisme word gereeld in die noorde
> van Kanada bedryf wanneer daar mense in vliegtuig-
> ongelukke beseer word of omkom. En as jy nou
> 'n teerpad as teken van beskawing beskou, gaan
> vertel dit vir die Romeine.

Kom ons gesels bietjie oor die goeie dinge wat blanke Afrikaners in SA (en
Afrika) gedoen het en doen. Mens hoor altyd die negatiewe. Dink tannie
daar is plek vir blankes, of moet hulle liefs die pad vat?

Ons hoef nie saam te stem nie, ek hoor net graag van tannie wat my as blanke
man, wat nie inherent 'n aandeel in apartheid gehad het nie (ek weet mens
kan daaroor argumenteer, maar ek was maar jonk met al die skommelinge) te
doen staan. Ek is geseënd met 'n goeie opleiding, en ja dit was dalk ten
koste van ander, maar wat maak ek nou. Vat ek nou houe omdat ek wit is? Is
dit regtig goed om een boosheid met 'n ander (omgekeerde) boosheid te beveg.
Ek stem saam dat die swart bevloking opgehef moet word. Maar waar plaas dit
die blanke. Moet ons nou suffer vir ons geskiedenis? Terloops, ek is baie
trots op my Suid-Afrikanerskap. Tannie sal nie glo hoe baie mense het 'n
bewondering vir die "boerenasie" nie - nie vir apartheid nie, maar vir ons
wortels. Ek het dit in Duitsland, België en selfs Amerika ondervind. Mense
wat fisies met groot oë met jou gesels oor jou voorsate (die boere) en hul
dade en ook oor jou herkoms uit Afrika. Daar is selfs Europeërs wat my oor
boeregeskiedenis kan vertel! Maar waarnatoe nou, gehasie? Wat as ek vir
tannie sê my wortels lê in Afrika, maar ek wil nie hê my dogter moet daar
opgevoed word nie? Nie net is ek bang dat sy seerkry as vrou nie, maar ek
is bekommerd oor die vlak van opvoeding. Hoe lank gaan SA kompeterend bly?
Sy het 'n Amerikaanse paspoort en ek is innig dankbaar daarvoor. Dit laat
haar ten minste met 'n keuse, maar wat van baie ander?

My broer (mediese dokter) het vertel dat Engeland al hoe strenger raak om SA
dokters te aanvaar, juis omdat die kurrikulum so rondgegooi word. Ons is
dalk vandag nog oraait, maar wat gebeur oor 5, 10, 15 jaar, as die skole so
aangepas is om almal op te hef? Dink tannie nie die swart regering skiet
homself in sy eie voet nie - hef die oombliklike op, ten koste van die
toekoms? Dit is vir my die groot kruksvraag, die moeilike toffie. Moet
mens bereid wees om 'n generasie "op te offer" vir die voordeel van die
generasies van die toekoms? Hoe pas "sustainable management" in die
menslike konteks?

Ek soek nie moeilikheid nie, ek praat net graag hieroor en hoor ander se
gedagtes.

Basjan

PS - die string raak nou so lank dat ons dalk 'n nuwe moet begin, my ou
nuusleser begin nou sukkel om so dwars oor die skerm te skuif.
Re: VSA debat [boodskap #99465 is 'n antwoord op boodskap #99462] Vr, 15 Oktober 2004 11:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

hoe suidelike Afrika sou gelyk het
> vandag, sonder enige "westerse" invloede. Sonder om verdedigend te raak,
> gee my tannie se eerlike raaiskoot.

Heelwaarskynlik 'n baie gesonder maatskappy. Want
die vind van goud en diamante het SA in 'n helhool
verander, waar in die geval van goud duisende en
duisende mense nou onder die grond ploeter, en vir
wat?
Die mense sou minder ekologiese skade aan die
aarde gedoen het. "Westerse" invloede bring
verwoestende ekologiese gevolge vir die natuur.
Kyk maar waar jy daar sit in België. Omtrent
die hele natuurlandskap is oorgeteer. Dit is
besig om hier in Ontario te gebeur, waar die
teerpaaie duisende en duisende akkers grond
per jaar insluk. En ons nie weet wat om met
ons giftige junk te maak nie.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99467 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:O7KdnTcwXJErJfLcRVn-3Q@rogers.com...
>
> Al wat ek gereeld doen, is om beswaar te maak
> teen 'n rigting waar alle ander gelowe as nie-
> belangrik en somtyds uit die bose gesien word,
> en die "Christelike" standpunt as "die enigste
> weg tot saligheid" gepredik word. Dit, tot sy
> uiterste geneem, glo ek is eintlik ketters.

Tannie - ons het dit al bespreek so ek gaan nie te veel herhaal nie. Ek
dink dit is net belangrik om te besef dat tannie selfs die eng geloof van my
as Christen moet aanvaar, gegewe tannie se aanvaardingsbeleid. Dit is wat
ek glo, en daarom word dit "geloof" genoem. vir my is dit klinkklaar, vir
tannie moeilik om te verstaan. Ons praat op die ou einde bymekaar verby.

Tannie se konsep van ketters verskil natuurlik heeltemal van myne, want my
idee van 'n "ketter" is iemand wat die Bybel 180° draai of ignoreer. As dit
geskryf staan in wat ek glo is die Woord van God, wie is ek om dit te draai
om my menslikheid te pas, of my gemoedstoestand in ag te neem? Vir my is 'n
ketter iemand wat sê Jesus is net 'n weg, terwyl Jesus self gesê het Hy is
die alleen weg. Ek kan eenvoudig nie 'n afwatering van God se woorde
aanvaar nie...

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99468 is 'n antwoord op boodskap #99465] Vr, 15 Oktober 2004 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:k5CdnTiN47tgKPLcRVn-hA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> hoe suidelike Afrika sou gelyk het
>> vandag, sonder enige "westerse" invloede. Sonder om verdedigend te raak,
>> gee my tannie se eerlike raaiskoot.
>
> Heelwaarskynlik 'n baie gesonder maatskappy. Want
> die vind van goud en diamante het SA in 'n helhool
> verander, waar in die geval van goud duisende en
> duisende mense nou onder die grond ploeter, en vir
> wat?
> Die mense sou minder ekologiese skade aan die
> aarde gedoen het. "Westerse" invloede bring
> verwoestende ekologiese gevolge vir die natuur.
> Kyk maar waar jy daar sit in België. Omtrent
> die hele natuurlandskap is oorgeteer. Dit is
> besig om hier in Ontario te gebeur, waar die
> teerpaaie duisende en duisende akkers grond
> per jaar insluk. En ons nie weet wat om met
> ons giftige junk te maak nie.

Dis 'n interessante siening en ek respekteer dit. My interpretasie of
skatting is ook maar net wat dit is, 'n skatting. Wat ek wel wil opmerk is
dat ekologiese agteruitgang nie iets is wat beperk is tot westerse denke
nie - 'n mens hoef maar net na plekke soos Indië en selfs China te kyk.
Eersgenoemde volg baie dieselfde pad as bestaansboere in Afrika waar
oor-populasie daartoe lei dat natuurlike hulpbronne oorbenut word, terwyl
laasgenoemde se planne met die reuse dam in die groot riviersisteme (te lui
om name op te kyk!) ook skree van "nie-ekologie".

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99469 is 'n antwoord op boodskap #99389] Vr, 15 Oktober 2004 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Oct 2004 17:13:16 +0200, "Basjan" wrote:

> Ek glo wel dat God ontsteld is, maar dan weer, dit is wat ek glo... as
> Christen deur geloof in Christus gedefinieer word, dan is ongeloof in Jesus
> (dat Hy die Weg is, in Sy eie woorde) tog ontstellend, of hoe?

Nie vir mense wat nie in hom glo nie.
Re: VSA debat [boodskap #99470 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Was die sertifikaat gelyk aan 'n "blanke" matriek-sertifikaat?

Op daardie stadium het elke provinsie sy eie
sertifikate uitgereik, en hulle het hemelsbreed
verskil. ( Die Transvaalse matriek-sertifikaat
was al so maklik dat as my vriende spog met
die baie A's wat hulle kinders kry, ek dit met
'n bietjie sout opgeneem het.)
Maar alle swart skole ( of ten minste al die
privaatskole, wit en swart) het die Cambridge
Matriculation geskryf. Dit het vereis dat swart
studente 'n taamlike strawwe Engelse kursus
(vir iemand wat nie Engels as eerste taal gehad
het nie) moes deurkom. Hulle moes dan ook
Afrikaans op B graad deurkom, en hulle het
dan gewoonlik ook hulle eie Afrika-taal
kon aanbied. Hulle moes egter óf 'n klassieke
óf moderne derde taal leer. In swart skole was
dit dan gewoonlik Latyn. (Waar swart studente
nogal verbasend goed gedoen het.)
Toe die Bantoe-Onderwys die Bantoe Senior
Sertifikaat invoer, was dit heelwaarskynlik nie
so vreeslik verskillend van die Transvaalse
wit sertifikaat nie. Maar die swart studente en
hulle onderwysers het dit gesien as 'n geweldige
verlaging van die standaarde waaraan hulle
gewoond is. Die Cambridge Matriculation
se deurkom het hulle gewys hoe goed of hoe
sleg hulle is. Die Bantoe-Sertifikaat was 'n
joke vir hulle en 'n belediging vir hulle.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99472 is 'n antwoord op boodskap #99469] Vr, 15 Oktober 2004 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:t5hvm0dt2g1tjsn7onqnp373b32cno5gim@4ax.com...
> On Tue, 12 Oct 2004 17:13:16 +0200, "Basjan" wrote:
>
>
> as
>> Christen deur geloof in Christus gedefinieer word, dan is ongeloof in
>> Jesus
>> (dat Hy die Weg is, in Sy eie woorde) tog ontstellend, of hoe?
>
> Nie vir mense wat nie in hom glo nie.

Presies. En ek gee dit aan hulle toe. Maar gee my ook die spasie om
onsteld te wees!

(Ek het eintlik bedoel dat God wel onsteld kan wees, as antwoord op jou
vraag of ek dink God is ontsteld oor mense wat nie glo nie. Maar mens kan
dit deurtrek na "Christen-onsteltenis" ook)

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99473 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 16:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> 'n Hovaardige uitspraak komende van God? Tannie moet onthou Christene
> beskou Jesus as God. Deel van die drie-enige God.

Die geskiedkundige Jesus is alleen "deel van die drie-enige
God" vir sover hy "die Seun" is. En ek is van mening dat
jy "die Seun" deel van daardie drie-enigheid misverstaan
as jy dit net gelyksien aan die geskiedkundige Jesus wat
omtrent tweeduisend jaar gelede geleef het. Boonop, as
jy die mens-wees in alle opsigte van Jesus misken, dan
verstaan jy nie waarop dit gaan nie. En ek kan weer baie
Christen teoloë byhaal wat vir jou hierdie saak sal kan
verduidelik.

Gloudina
Re: VSA debat [boodskap #99474 is 'n antwoord op boodskap #99451] Vr, 15 Oktober 2004 18:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Oct 2004 21:26:22 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
>
> As jy die apartheidsbeleid 'n "just struggle" noem, dan
> het jy natuurlik 'n probleem.

> Die apartheidsbeleid was 'n stupid stupid manier om
> te "sorg dat jou nasie nie oorrompel word. nie"
> Gloudina
>

Dr Van Der Merwe aan Koos Bouwer in die spreekkamer:

"Koos, daar is nie 'n manier wat ek jou kan help met dit wat ek nou
gediagnoseer het nie. Jy het dit ge-erf van jou vooroouers, my maat.
Jy self het ook geen skuld daaraan nie, dit is 'n siekte wat jy ge-erf
het. 'n Siekte waarmee jy opgeskeep gaan sit"

Koos Bouwer aan Dr. Van Der Merwe: "Dankie vir die inligting dokter.
En totsiens. Stuur maar die rekening aan my voorouers."

DD
Re: VSA debat [boodskap #99476 is 'n antwoord op boodskap #98947] Vr, 15 Oktober 2004 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:kKKdnQ2rjb6KYfLcRVn-pQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> die buddhis glo dan nie aan 'n God nie
>
> Maar hy glo wel in buddha, goddelikheid. Dus het
> 'n Buddhis eintlik baie min moeite om hom aan te
> pas by Christelike denke

Bog. Want die Christelike denke berus op Christus!!!!!! Hoeveel keer moet
ek dit herhaal. Buddhisme is radikaal, fundamenteel anders as Christenskap.
Tannie kan maar end kry met die sirkel-argument. Dit is nie net belaglik
nie, dit raak nou vervelig..

'n-redelike-gatvol-Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99477 is 'n antwoord op boodskap #99473] Vr, 15 Oktober 2004 19:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:96CdnWyF7u7iYPLcRVn-pg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> 'n Hovaardige uitspraak komende van God? Tannie moet onthou Christene
>> beskou Jesus as God. Deel van die drie-enige God.
>
> Die geskiedkundige Jesus is alleen "deel van die drie-enige
> God" vir sover hy "die Seun" is.

Natuurlik. Hy is die Seun, van die Vader-Seun-Heilge Gees drie-eenheid. Is
tannie aspris, of verstaan nie nie lekker nie? Tannie is besig om die
ooglopende weer te gee om slinks, ek bedoel slim, te klink...

> En ek is van mening dat
> jy "die Seun" deel van daardie drie-enigheid misverstaan
> as jy dit net gelyksien aan die geskiedkundige Jesus wat
> omtrent tweeduisend jaar gelede geleef het.

Verduidelik asseblief. Dit maak GEEN sin nie. Sien hierbo. Christene glo
dat Jesus van 2000 jaar terug die Jesus van die Drie-eenheid van vandag is.
So eenvoudig soos dit.

> Boonop, as
> jy die mens-wees in alle opsigte van Jesus misken, dan
> verstaan jy nie waarop dit gaan nie. En ek kan weer baie
> Christen teoloë byhaal wat vir jou hierdie saak sal kan
> verduidelik.

Waar het ek selfs eenkeer gesê dat ek Jesus se menswees misken? Die hele
prinsiep van Christene se redding is gebasseer daarop dat Jesus as God mens
geword het en vir my gesterf het. Die dualiteit is deel van die kern!!

Genugtig tannie. Ek is besig om tannie beter te peil. Mens kan nie sommer
stellings uit die lug gryp net om jou eie punt te probeer steun nie. Kom
by, kom by vir die gesprek. Of kan mens dit 'n gesprek noem, want tannie
praat dan met tannie self, die dat tannie eie vrae stel en antwoord?

Basjan
Re: VSA debat [boodskap #99478 is 'n antwoord op boodskap #99477] Vr, 15 Oktober 2004 19:24 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"basjan" skryf

Christene glo
> dat Jesus van 2000 jaar terug die Jesus van die Drie-eenheid van vandag is.
> So eenvoudig soos dit.

En as daardie Christus nie in jou opstaan nie,
dan is jy soos 'n klinkende simbaal.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Dit is oud.
Volgende onderwerp: In Dutch... sorry!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 05:28:31 MGT 2024