Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » ANC-opvolg-stryd het reeds begin
ANC-opvolg-stryd het reeds begin [boodskap #99067] Ma, 04 Oktober 2004 11:50 na volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek neem aan julle het die twee "opening shots" gesien van wat beloof
om een van die mees fassinerende politieke stryde van die dekade te
word?

Wie Thabo gaan opvolg.

Eerste skoot was die Gauteng ANC wat in 'n besprekingsdokument aan sy
takke gese het om te begin praat oor 'n opvolger.

Tweede skoot was Kgalema Mothlante, die ANC se sekr-genl, wat in 'n
toespraak gese het swart ekonomiese bemagtiging werk nie want 'n
handjievol swart entrepeneurs word oor en oor "bemagtig" en die gewone
mense kry geen voordeel. Mathlante se wortels in naturlik Cosatu.

In die ANC is daar die volgende bree groepe: Robbeneilanders, exiles,
oud-UDF en Cosatu (waarby die SAKP ingesluit is).

Die Eilanders is bejaard en tree uit die politiek, maar het nog
invloed.

Thabo is 'n exile. Die exiles se kern-waarde is in die afrgelope
dekade gedefinieer as liberale demokrasie met steun vir die vrye mark.

Die UDF is pretty much 'n mengsel van sosialiste tot by kapitaliste,
maar hul definierende warde (soos ek dit sien) is waarskynlik
nie-rassigheid. Dit het hulle gedefinieer in die apartheid-tyd en
hulle het geleer wat die langtermyn en morele waarde van werklike
nie-rassigheid is.

Cosatu oorvleuel baie met die UDF-faksie, maar Cosatu is meer die
sosialiste. Hulle het egter ook nie-rassigheid as kern-waarde.

Die kwessie van wanneer die opvolging bespreek word, is ook relevant.
Jacob Zuma as adjunk-pres sal verkies dat dit nooit bespreek word nie.
So kan geen ander kandidaat 'n goeie saak vir homself maak nie.

Terror Lekota sal seker verkies dat dit later bespreek word. Hy wil
dit bespreek want hy wil 'n saak maak, maar later bespreek kan die
buite die regering vir 'n tyd op die rant van sinryke besptreking hou
terwyl hy binne die regering kan werf.
Die buite die regering sal seker sou as moontlik die bespreking wil
begin.

Kandidate sover:

Jacob Zuma. Adj.pres, maar nie Thabo se keuse nie. Hy word oral
ingesleep by beweerde skandale. Dalk werklike skandale, maar niks is
nog bewys nie. Dit is egter modder wat kan vassteek.

Nkosazama Dlamini-Zuma (Jacob se ex). Die enigste vrou. Klaarblyklik
Thabo se keuse. Kan teen haar tel dat sy 'n vrou is.

Terror Lekota. Oud-UDF. Tans minister van verdediging.

Trevor Manual. Oud-UDF. Tans minister van Finansies. Dit kan teen hom
tel dat hy bruin is.

Saki Macozoma. Oud-UDF. Hoog in ANC, maar buite regering. Suksesvolle
sakeman.

Cyril Ramaphosa. Oud-UDF en voormalige baie suksesvolle
sekretaris-genl van Cosatu . Tans buite regering, maar baie hoog in
ANC (het in 2002 die tweede meeste stemme na Manual gekry toe die ANC
se nasionale uitvoerende komitee by die ANC se kongres gekies is).
Suksesvolle sakeman.

Verder word Charles Nqakula, tans minister van sekuriteit ook genoem.
Hy is ook oudf-UDF en SAKP/COsatu.
Re: ANC-opvolg-stryd het reeds begin [boodskap #99069 is 'n antwoord op boodskap #99067] Ma, 04 Oktober 2004 12:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Nkosazama Dlamini-Zuma (Jacob se ex). Die enigste vrou. Klaarblyklik
> Thabo se keuse. Kan teen haar tel dat sy 'n vrou is.

Kan jy bietjie meer van haar agtergrond
vertel. En wat dink jy van haar? Hoekom
sou sy Mbeki se keuse wees? Net omdat
sy 'n vrou is, of omdat sy 'n goeie rekord
het.

Gloudina
Re: ANC-opvolg-stryd het reeds begin [boodskap #99070 is 'n antwoord op boodskap #99069] Ma, 04 Oktober 2004 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Nkosazana Clarice Dlamini Zuma, Dr

www.anc.org.za/people/zuma_nkd.html

www.info.gov.za/gol/gcis_profile.jsp?id=1133

www.dfa.gov.za/docs/speeches/dlamini_zuma.htm

:-)

TJ

"@rogers.com" skryf in boodskap news:ioKdnfIcS8B12_zcRVn-rQ@rogers.com...
>
> "Ferdi Greyling" skryf
>
>> Nkosazama Dlamini-Zuma (Jacob se ex). Die enigste vrou. Klaarblyklik
>> Thabo se keuse. Kan teen haar tel dat sy 'n vrou is.
>
> Kan jy bietjie meer van haar agtergrond
> vertel. En wat dink jy van haar? Hoekom
> sou sy Mbeki se keuse wees? Net omdat
> sy 'n vrou is, of omdat sy 'n goeie rekord
> het.
>
> Gloudina
>
Re: ANC-opvolg-stryd het reeds begin [boodskap #99071 is 'n antwoord op boodskap #99070] Ma, 04 Oktober 2004 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"TJ" skryf

> www.info.gov.za/gol/gcis_profile.jsp?id=1133

Dankie. Dit lyk vir my sy het haar hoërskool-
opleiding gehad op Adams Mission. Natuurlik
nadat die regering dit oorgeneem het van die
Amerikaanse sendelinge.

Gloudina
Re: ANC-opvolg-stryd het reeds begin [boodskap #99072 is 'n antwoord op boodskap #99069] Ma, 04 Oktober 2004 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 4 Oct 2004 08:54:23 -0400, "@rogers.com" wrote:

> "Ferdi Greyling" skryf
>
>> Nkosazama Dlamini-Zuma (Jacob se ex). Die enigste vrou. Klaarblyklik
>> Thabo se keuse. Kan teen haar tel dat sy 'n vrou is.
>
> Kan jy bietjie meer van haar agtergrond
> vertel. En wat dink jy van haar? Hoekom
> sou sy Mbeki se keuse wees? Net omdat
> sy 'n vrou is, of omdat sy 'n goeie rekord
> het.
>
> Gloudina

Sover ek weet exile.
Mediese dokter.
Thabo "keeps a tight reign" en ek sou raai hy like haar omdat sy
saamstem met sy sieninge en uitvoer wat hy verwag.

Sy kom nie baie charismaties oor nie - tot 'n mate wel, maar nie
uitsonderlik nie.

Sy het 'n mate van bevoegdheid en het in haar tyd as minister van
gesondheid wel 'n paar goed gedoen. Sy was nie baie sigbaar in haar
huidige pos van buitelandse sake nie, maa daar moet in ag geneem word
dat dit 'n portefeulje is waarin Thabo self baie sterk deelneem.

Maar sy is nie 'n moerse mover en shaker soos bv. Vali Moosa was nie.

Dit kan wees dat Thabo haar as belangrik sien in sy Nepad-visie.

Persoonlik dink ek nie sy het 'n baie goeie kans nie.

Die gesalfde in 'n demokrasie val gewoonlik uit. Sy het nie of
populistiese of strukturele steun op grondvlak nie.

Suid-Afrika (soos waarskynlik die VSA ook) is op die einde 'n male
chavinist samelewing. 'n Vrou gaan nie in een van die twee plekke in
ons leeftyd die president wees nie. Sorry Hilary...

Dit kan ook wees dat sy 'n soort strooipop-kandidaat gaan wees.

'n Faktor om altyd in ag te neem, is dat die ANC se verkiesingsukses
veral in 1994 en selfs met die ander twee verkiesings, sterk gesteun
het op die organisatoriese vermoe van Cosatu.

Hulle weet hoe om die busse te huur en mense in die saal te kry.
Re: ANC-opvolg-stryd het reeds begin [boodskap #99083 is 'n antwoord op boodskap #99072] Di, 05 Oktober 2004 12:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdietjiekie. Soos gewoonlik is die Beeld se bydrae verouderd en
nie-akkuraat nie.
Jou indeling van die ANC in 3 groepe is nie akkuraat nie. Die UDF en
COSATU/SAKP is bepaald nie 'n enkel groep nie. Lekota is 'n oud-UDF en sien
homself, as voorbeeld, bepaald nie in die COSATU-kring nie.
Om die woord charismaties enigsins te gebruik binne 'n myl van Me Zuma as
sal 'n nuwe betekenis aan die woord gee. Die rede waarom sy nie 'n kans
staan nie is suiwer voorkoms. As jy haar dan nog hoor praat sal jy besef dat
sy stadig praat om haar spaark met die spoed van haar denke te laat
sinkroniseer. (Haar voormalige studente kollegas aan die Univ van Natal se
Mediese Skool bestempel haar as onnodel.)

Ferdietjiekie - as jy mense wil beindruk met jou sg politieke kennis en
insig, probeer gerus 'n ander groep - soos die Beeld-lesers ....
Re: ANC-opvolg-stryd het reeds begin [boodskap #99098 is 'n antwoord op boodskap #99067] Di, 05 Oktober 2004 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling
>
> Ek neem aan julle het die twee "opening shots" gesien van wat beloof
> om een van die mees fassinerende politieke stryde van die dekade te
> word?
>
> Wie Thabo gaan opvolg.
>

> Jacob Zuma.
>
> Nkosazama Dlamini-Zuma
>
> Terror Lekota. Oud-UDF.
>
> Trevor Manual. Oud-UDF.
>
> Saki Macozoma. Oud-UDF.
>
> Cyril Ramaphosa.
> Charles Nqakula, t
>

interessante uitleg. Al wie ek oor positief voel, is Trevor Manual.
Die man het 'n goeie indruk gemaak sover, na hy as uiters
bevraagtekend begin het.
Voor ek gevra word, sal ek eerlik genoeg wees om te erken
dat ek te min kennis van die ander (miskien self van Manual) het om
hulle regverdiggewyse teenoor mekaar te kan opweeg.

Cyril Ramaphosa.het natuurlik 'n groot getal aanhangers.

Nkosazama Dlamini-Zuma?
Slegs Jonas reken dat sy spaark:-)

Jonas:
> As jy haar dan nog hoor praat sal jy besef dat
> sy stadig praat om haar spaark met die spoed van haar denke te laat
> sinkroniseer.

Ek dink weer dat sy nie veel spark het nie, Jonas:-)))

> Ferdi:
> Suid-Afrika (soos waarskynlik die VSA ook) is op die einde 'n male
> chavinist samelewing. 'n Vrou gaan nie in een van die twee plekke in
> ons leeftyd die president wees nie. Sorry Hilary...

> Sorry Hilary
en Winnie

DD
Re: ANC-opvolg-stryd het reeds begin [boodskap #99133 is 'n antwoord op boodskap #99083] Wo, 06 Oktober 2004 09:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
en dan kan Jonas nie eens tel nie
sjym

Ek tel vier, hoeveel tel jy, Ferdi?

"Jonas" skryf in boodskap news:cjt2pi$ba8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ferdietjiekie. Soos gewoonlik is die Beeld se bydrae verouderd en
> nie-akkuraat nie.
> Jou indeling van die ANC in 3 groepe is nie akkuraat nie. Die UDF en
> COSATU/SAKP is bepaald nie 'n enkel groep nie. Lekota is 'n oud-UDF en sien
> homself, as voorbeeld, bepaald nie in die COSATU-kring nie.
> Om die woord charismaties enigsins te gebruik binne 'n myl van Me Zuma as
> sal 'n nuwe betekenis aan die woord gee. Die rede waarom sy nie 'n kans
> staan nie is suiwer voorkoms. As jy haar dan nog hoor praat sal jy besef dat
> sy stadig praat om haar spaark met die spoed van haar denke te laat
> sinkroniseer. (Haar voormalige studente kollegas aan die Univ van Natal se
> Mediese Skool bestempel haar as onnodel.)
>
> Ferdietjiekie - as jy mense wil beindruk met jou sg politieke kennis en
> insig, probeer gerus 'n ander groep - soos die Beeld-lesers ....
>
Re: ANC-opvolg-stryd het reeds begin [boodskap #99152 is 'n antwoord op boodskap #99133] Wo, 06 Oktober 2004 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 6 Oct 2004 11:23:10 +0200, "MoerFie" wrote:

> en dan kan Jonas nie eens tel nie
> sjym
>
> Ek tel vier, hoeveel tel jy, Ferdi?

Jonas is bietjie van 'n joke. Geniet hom.
Re: ANC-opvolg-stryd het reeds begin [boodskap #99153 is 'n antwoord op boodskap #99098] Wo, 06 Oktober 2004 13:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 05 Oct 2004 20:59:15 +0200, DD wrote:

> Cyril Ramaphosa.het natuurlik 'n groot getal aanhangers.

Cyril het impressive vaardighede.

Hy is by uitstek 'n probleem-oplosser.
Re: ANC-opvolg-stryd het reeds begin [boodskap #99181 is 'n antwoord op boodskap #99153] Wo, 06 Oktober 2004 18:45 Na vorige boodskap
Plato  is tans af-lyn  Plato
Boodskappe: 630
Geregistreer: Julie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:

> On Tue, 05 Oct 2004 20:59:15 +0200, DD wrote:
>
>
>
>

Egter nie so maklik om geld te maak as jy jou eie "connection" in die
parlement is nie.
Vorige onderwerp: Hoës se plase nie in grondeis
Volgende onderwerp: Hofsake in 'n ry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 08:10:04 MGT 2024