Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Eerstejaars
Eerstejaars [boodskap #98814] Di, 28 September 2004 08:59 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Almal is tjoepstil oor die 40% druipsyfer van eerstejaers op universiteite?
Ek het 'n dosente familielid wat sê dit is nie eintlik die ware syfer nie.
Dit is baie hoër. Blykbaar kom die kinders makliker deur die skool en is
nie gereed vir universiteit nie. Dosente word gedwing om hul
slaagpersentasies te verlaag om 'agtergeblewe' studente te help [alhoewel
dit teen die grein van 'n akedemikus werk] word hulle gedwing om dit te doen
alhoewel hulle voor hulle siele weet dat die studente nie die vakvlak bereik
het wat nodig is vir vordering nie, pluk hulle steeds soos vlieë en dit kos
die staat [en uiteindelik die publiek] massas geld.
Nou sê sy dat as jy hierdie studente wat so op staatskoste studeer so op
kampus sien, dan is dit klere uit die boeke uit, selfone en rekenaars van
die beste. Wat het geword van die armgat beursstudente wat jaar na jaar
deurdruk met jeans en ander goedkoop klere en naweke en vakansie moet werk
om op universiteit te kan bly?
Re: Eerstejaars [boodskap #98817 is 'n antwoord op boodskap #98814] Di, 28 September 2004 09:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy praat hier van die X-generasie - ons verstaan blykbaar nie hoe hulle dink
nie.
Gister se koerant vertel van die groot % Gr 1 leerlinge wat nie in staat is
om te leer lees nie, omdat hulle op 7 slegs verstandelik op 3-4 jaar is. Ek
dink dit is laer, want op 3 kon ek al leer om te lees.
Dis glo die armes se kindertjies wat so onnosel is.
Vanoggend op StemSaam was daar iemand wat gepoog het om die punte reg te
roggel - die program het gegaan omdat al hoe meer kinders alle vakke op
"standaard"graad wil doen. net om matriek deur te kom om 'n sertifikaat te
kan toon.
Ek dink die meeste instansies het nou al begin kyk of die "matriek" darem
geslaag is in die hoër graad.
Hierdie hele punteaanpassingsgemors word net 'n al hoe groter albatros.
Gee vir die kind punte vir wat hy/sy weet, en basta.
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:4159280b.0@news1.mweb.co.za...
> Almal is tjoepstil oor die 40% druipsyfer van eerstejaers op universiteite?
> Ek het 'n dosente familielid wat sê dit is nie eintlik die ware syfer nie.
> Dit is baie hoër. Blykbaar kom die kinders makliker deur die skool en is
> nie gereed vir universiteit nie. Dosente word gedwing om hul
> slaagpersentasies te verlaag om 'agtergeblewe' studente te help [alhoewel
> dit teen die grein van 'n akedemikus werk] word hulle gedwing om dit te doen
> alhoewel hulle voor hulle siele weet dat die studente nie die vakvlak bereik
> het wat nodig is vir vordering nie, pluk hulle steeds soos vlieë en dit kos
> die staat [en uiteindelik die publiek] massas geld.
> Nou sê sy dat as jy hierdie studente wat so op staatskoste studeer so op
> kampus sien, dan is dit klere uit die boeke uit, selfone en rekenaars van
> die beste. Wat het geword van die armgat beursstudente wat jaar na jaar
> deurdruk met jeans en ander goedkoop klere en naweke en vakansie moet werk
> om op universiteit te kan bly?
>
Re: Eerstejaars [boodskap #98819 is 'n antwoord op boodskap #98817] Di, 28 September 2004 09:55 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, die probleem word net al groter. Uiteindelik gaan jy met gegradueerdes
sit wat niks weet nie.....maar ek weet nie wat sukkel hulle so nie. Koop
vir elkeen 'n graad in Kanada, hou vir hulle 'n partytjie en stuur hulle die
arbeidsmark in. Hulle gaan tog in elk geval nie werk kry nie en dit is 'n
baie goedkoper proposisie!

"Annette" skryf in boodskap news:cjbae9$m13$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy praat hier van die X-generasie - ons verstaan blykbaar nie hoe hulle
> dink
> nie.
> Gister se koerant vertel van die groot % Gr 1 leerlinge wat nie in staat
> is
> om te leer lees nie, omdat hulle op 7 slegs verstandelik op 3-4 jaar is.
> Ek
> dink dit is laer, want op 3 kon ek al leer om te lees.
> Dis glo die armes se kindertjies wat so onnosel is.
> Vanoggend op StemSaam was daar iemand wat gepoog het om die punte reg te
> roggel - die program het gegaan omdat al hoe meer kinders alle vakke op
> "standaard"graad wil doen. net om matriek deur te kom om 'n sertifikaat te
> kan toon.
> Ek dink die meeste instansies het nou al begin kyk of die "matriek" darem
> geslaag is in die hoër graad.
> Hierdie hele punteaanpassingsgemors word net 'n al hoe groter albatros.
> Gee vir die kind punte vir wat hy/sy weet, en basta.
> --
> Groetnis
> Annette
Vorige onderwerp: Vertel asb
Volgende onderwerp: Hei, Suidwester
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 09:56:53 MGT 2024