Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor dimensies, chaos en nog wat.
Oor dimensies, chaos en nog wat. [boodskap #9868] Vr, 27 Junie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
At, noudat ek terug kan skakel in die kring in,
wil ek 'n paar versoeke rig en vrae vra.
(1) Jy sê: "Die natuur reflekteer ons skeppings
vir ons terug." Jy praat dan van die Euphorbia
venenata, van hou oud hulle kan word, van die groei
na 'n paar millimeters reën, van 'n insnoering in
hulle arms. Hoekom is "hulle verhaal van die laaste
30 jaar skrikwekkend"? Kan hierdie plante ook groei
waar daar meer water is?
(2) Dis vir my fassinerend dat jy chaos-teorie so
gebruik in jou veld, wat tog dan seker plantkunde en
sekondêr opvoedkunde is? Ek weet min daarvan. Kan
jy verder uitwei. Kan jy ook verder nog uitwei oor
"Eddington en Progogine se bydraes."
(3) Het chaos-teorie 'n boodskap vir diegene wat
wetenskaplik die SA bestel in die laaste halfeeu wil
bekyk, nadat daar so herhaaldelik taamlik drasties
aan bestaande stelsels gepeuter is?
Daar is nog baie ander dinge wat ek wil vra, maar
hierdie is vireers genoeg. Dankie, Vira, dat jy so 'n
gesprek begin het. Ek wil aanbeveel dat jy begin om
die Engelse digter en beeldende kunstenaar William
Blake (1757- 1827) te begin bestudeer. Hy het sy eie
werk geillustreer. Ek glo hy is die digter en filosoof
en kunstenaar vir die een-en-twintigste eeu. Hy het
gerebelleer teen die meganistiese denke van Newton
en sy tydperk, en het 'n mens voorberei vir Einstein.
Wie weet is At se chaos-teorie ook daar, mens is net
te dom om dit raak te sien.
Gloudina
Re: Oor dimensies, chaos en nog wat. [boodskap #9877 is 'n antwoord op boodskap #9868] Ma, 30 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Haai Gloudina,

At is seker al weg, want die universiteit het vasgemaak vir die winter.

Izak Bouwer wrote in article
...
>
>

> (3) Het chaos-teorie 'n boodskap vir diegene wat
> wetenskaplik die SA bestel in die laaste halfeeu wil
> bekyk, nadat daar so herhaaldelik taamlik drasties
> aan bestaande stelsels gepeuter is?

Ek dink wel so. My kennis van Prigogine et al is beperk tot wat ek by ander
gehoor het, maar mens kan ook kyk na wat Popper oor die saak te sê gehad
het.

Popper se denke het al in die dertigerjare tekens begin toon van idees wat
later in die chaosteorie ge-artikuleer is. Hy het ook ten minste een
artikel geskryf wat handel oor die effek van mag wanneer dit inmeng met
sosiale stelsels - die monster wat hy ontleed het was spesifiek Nazi
Duitsland, as ek reg onthou, maar ook met verwysing na Stalinisme ens.

Teen die tagtigerjare het hy (saam met ander) sy fasinerende evolusionêre
epistemologie ontwikkel, waarin hy evolusie en chaosidees op die denke van
toepassing maak.

Toegepas op SA in die tweede helfte van die twintigste eeu, moet ek meld
dat dit 'n fout sou wees om met "die laaste halfeeu" te suggereer dat ons
praat van "die afgelope halfeeu".

Die "peuter met bestaande stelsels" het geensins 'n einde gekry nie, en dit
gaan nie hier bloot om "herstel" van stelsels wat onder die vorige bedeling
verwring is nie.

Op die ou einde gaan dit daaroor dat magshebbers van oordeel is dat hulle
die beste weet vir ander mense. In hierdie opsig verskil die Bengus en die
Metcalfes hoegenaamd nie van die Verwoerds van die wêreld nie.

Maar ons moet ons nie mislei dat dit net in Suid-Afrika is waar hierdie
tipe ding gebeur nie. Daar naby jou in New Foundland moes die Hooggeregshof
'n jaar of wat gelede die owerhede sterk oor die vingers raps weens hul
inmenging met gesinsaangeleenthede - nadat 'n gesin se kinders vir tien
maande onregmatiglik van die ouers verwyder was. Uit die VSA kom
regeringsverslae dat meer as 60% van die gevalle waar kinders verwyder word
onregmatig is en Swede is deur die Europese kommissie vir menseregte
skuldig bevind aan soortgelyke vergrype.

Hier by ons het Mary Metcalfe (onderwysminister in Gauteng jou totalitêre
deng) onlangs die aansoek van 'n gesin afgekeur om hul kinders tuis te
onderrig. (Anders as in Kanada, moet mens hier "toestemming" van die
regering kry - dis nou as jy jou aan die wet steur en wetgehoorsaam wil
wees.) Sy het dit gedoen op grond van feitlik geen inligting nie, maar die
rede wat sy aangee is dat sy "firmly believe" dat dit in die beste belang
van die betrokke kinders is om skole by te woon.

Verwoerd het net so firmly gebelieve dat sy beleid in die beste belang van
swart kinders was.

Groete, Leendert
Re: Oor dimensies, chaos en nog wat. [boodskap #9878 is 'n antwoord op boodskap #9868] Ma, 30 Junie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Haai Gloudina,

Nog bietjie oor dieselfde onderwerp, as jy hierdie lees in die konteks van
die vorige boodskap.

Izak Bouwer wrote in article
...
>
>

> (3) Het chaos-teorie 'n boodskap vir diegene wat
> wetenskaplik die SA bestel in die laaste halfeeu wil
> bekyk, nadat daar so herhaaldelik taamlik drasties
> aan bestaande stelsels gepeuter is?

Ek reken dat die "gepeuter met stelsels" wat ons in Suid-Afrika (ge) sien
(het) ook gesien moet word in die konteks van soortgelyke ontwikkelings in
Nazi-Duitlsand, USSR en ander totalitêre regimes. Ek dink ook dat dit
verband hou met die wetenskaplike determinisme wat teen die middel van
hierdie eeu hoogty gevier het, veral in die fisiese wetenskappe (Mense wat
dink dat Einstein se uitspraak "Der Herr Gott wuerfeld nicht" 'n belydenis
van geloof in 'n persoonlike god is, maak 'n fout. Hy het dit self uitgelê
as 'n belydenis van sy geloof in determinisme.)

In elk geval, ek vermoed dat totalitêre sosiale stelsels bloot 'n
toepassing is van wetenskaplike hubris, gebore uit determinisme, op die
samelewing.

Ons moet ook nie dink dat hierdie "gepeuter" beperk was tot samelewings
waar die politieke stelsel totalitêr was nie. Soos ek in my ander boodskap
aandui was dit lekker deurgesuur in die mees "liberale" demokratiese
samelewings.

Ons eie nuwe en "open democratic" regering het natuurlik veel van sy eie
sosiale idees agter die ystergordyn gaan haal.

In 'n verhandeling wat onlangs vir eksaminering aanvaar is argumenteer ek
(met verwysing na Van Peursen, wat voorspel het dat hierdie dinge tot 'n
etiese krisis in die sosiale wetenskappe moet lei) dat hierdie "gepeuter"
inderdaad die oorsaak is van 'n wêreldwye etiese krisis in die onderwys.
Een manifestasie hiervan is dat, in verskeie lande, die meeste grondwetlike
hofsake hul oorsprong in die onderwys het.

Wat erger is, is dat daar gesaghebbende bewyse is dat, in die geval van die
tuisonderwys in besonder, die "gepeuter" gegrond is op niks anders as
onkunde nie. Die peuteraars is bewysbaar onkundig beide oor die wet wat
hulle op die tuisonderwys moet toepas, en oor die verskynsel waarop hulle
dit moet toepas. Dis nou in lande soos die VSA, Kanada en Australië, waar
die peuteraars veel meer hofsake verloor as wat hulle wen wanneer hul
gepeuter uitgedaag word.

In ons eie "open democratic society characterised by freedom and equality"
het die regerende party (would you bloody believe it!) uitdruklik in die
parlement erken dat hul wetgewing oor tuisonderwys gegrond is in hul
onkunde oor die aangeleentheid. (Die argument is: ons weet nie hoe hierdie
ding werk nie, so ons moet dit beheer, sonder die nodige kennis om dit te
beheer.) Aangesien die betrokke wetgewing peuterend par excellence van aard
is, grond hulle hier willens en wetens hul gepeuter op selferkende onkunde.

Ek kom tot die gevolgtrekking (in die verhandeling) dat hierdie gepeuter,
op grond van onkunde, vlakke van strukturele geweld meebring wat
vergelykbaar is met die strukturele geweld wat ons onder die vorige
bedeling gehad het.

Jy kan gerus kyk na Van Peursen (Cultuur in Stroomversnelling is die
populêrgeskrewe weergawe van sy werk) vir agtergrond oor toepassings van At
se idees in die sosiale domein. Nie dat At nie al baie oor die saak gedink
het nie - spesifiek oor die kwesie van apartheid e.d.m.

Groete, Leendert
Re: Oor dimensies, chaos en nog wat. [boodskap #9887 is 'n antwoord op boodskap #9868] Wo, 02 Julie 1997 00:00 Na vorige boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 6/27/97 7:46PM, in message , Izak Bouwer
wrote:

> Dankie, Vira, dat jy so 'n
> gesprek begin het. Ek wil aanbeveel dat jy begin om
> die Engelse digter en beeldende kunstenaar William
> Blake (1757- 1827) te begin bestudeer. Hy het sy eie
> werk geillustreer. Ek glo hy is die digter en filosoof
> en kunstenaar vir die een-en-twintigste eeu. Hy het
> gerebelleer teen die meganistiese denke van Newton
> en sy tydperk, en het 'n mens voorberei vir Einstein.
> Wie weet is At se chaos-teorie ook daar, mens is net
> te dom om dit raak te sien.
> Gloudina
>
Hello, en bly jy's terug, Gloudina

Dankie hiervoor. Been there, done that. Blake was inderdaad een van die digters
op wie ek gekonsentreer het in Eng.Lit. nagraadse studie. 'n Ander wat my net
so veel fasineer is die Ierse digter, WB Yeats. Hy het 'n definitiewe
"chaos-teorie" gehad, wat gegrond is op die 19de eeuse "Hermetic" geloof. Dit
is deur hierdie Forum waar ek geleer het van "Chaos", en my begrip daarvan stem
(dink ek) baie ooreen met At s'n, alhoewel dit van 'n heeltemaal ander bron
kom. Dalk is daar êrens dieselfde wortel.

"Things fall apart; the centre cannot hold;
Mere anarchy is loosed upon the world,
The blood-dimmed tide is loosed, and everywhere
The ceremony of innocence is drowned;
The best lack all conviction, while the worst
Are full of passionate intensity



.. twenty centuries of stony sleep
Were vexed to nightmare by a rocking cradle,
And what rough beast, its hour come round at last,
Slouches towards Bethlehem to be born?"
Vorige onderwerp: Re: Oor dimensies, chaos en so meer.
Volgende onderwerp: Net nog maar Engels en Zoeloe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 01:44:50 MGT 2024